Finland
(
Fins
:
Suomi
, [suo?mi],
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
Sweeds
:
Finland
, [?f?nland],
luister
(
hulp
·
inligting
)
), amptelik die
Republiek Finland
(Fins:
Suomen tasavalta
, Sweeds:
Republiken Finland
,
luister na albei
(
hulp
·
inligting
)
), is 'n
land
in
Noord-Europa
wat in die ooste aan die
Russiese Federasie
, in die noordweste aan
Swede
en in die noorde aan
Noorwee
grens. Ten suide word dit van
Estland
geskei deur die
Finse Golf
. Wes vind mens die
Botniese Golf
en suidwes die
Oossee
wat Finland van sy buurland Swede skei. Net in die noordweste het die twee lande 'n gemeenskaplike landgrens.
Finland word, net soos
Ysland
, soms beskryf as 'n
Skandinawiese
land, hoewel Skandinawie streng gesproke beperk is tot Swede, Noorwee en
Denemarke
. Ook in
taalkundige
opsig verskil Finland van sy Skandinawiese buurlande omrede Fins, net soos die nouverwante
Esties
en ook
Hongaars
, tot die nie-
Indo-Europese
Fins-Oegriese taalfamilie
behoort. Die huidige Sweedssprekende minderheid van sowat ses persent van die bevolking is 'n erfenis uit die tydperk van die Sweedse heerskappy waaronder Finland tussen 1150 en 1809 gestaan het. Sweedssprekendes vorm in sommige dorpe langs die suid- en ooskus en op die outonome
Aland
-eilande selfs die meerderheid. 'n Groter aantal dorpe en stede is tweetalig, soos byvoorbeeld Helsinki en
Turku
, en gebruik Sweedse naas Finse plek- en straatname. Die hoofstad en grootste stad is
Helsinki
(
Helsingfors
in Sweeds). Die Finse Republiek het in 1917 totstand gekom nadat die land sedert die twaalfde eeu deur Swede en later Rusland oorheers is.
Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste noorderbreedtegraad behoort Finland saam met sy Skandinawiese buurlande Noorwee en Swede, en Rusland, tot die mees noordelike lande op die Europese vasteland. Sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte van sowat 338 000 vierkante kilometer le binne die
Arktiese Sirkel
. Nogtans het die mees noordelike provinsie
Lapland
danksy die Noord-Atlantiese Seestroom 'n sagter
klimaat
as ander gebiede op dieselfde breedtegraad soos
Kanada
en
Siberie
. Vanwee hierdie warm
seestroom
bly
Europa
se Arktiese kuslyn tydens die
winter
ook ysvry.
Die Finse
somers
is warm maar kort, met gemiddelde temperature van 17 °C in die hoofstad Helsinki en 13 °C in Lapland.
[7]
Vanwee die noordelike ligging is die somerdae baie lank, en in die Arktiese gebiede word dit in Junie, wanneer die
middernagson
skyn, glad nie meer nag nie. Daarenteen is die Finse winters lank en koud, met 'n gemiddelde temperatuur van -6 °C in Helsinki gedurende Januarie, terwyl die dae baie kort is. In koue winters raak die oppervlak van die Oossee oor 'n afstand van enkele kilometer vanaf die kuslyn dikwels bevrore sodat ysbrekers benodig word om die hawens oop te hou.
Sneeuvalle
is egter gewoonlik nie swaar nie sodat die verkeer selfs in Lapland nie ontwrig word nie.
Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies. Baie van Finland se groot stede soos
Tampere
,
Jyvaskyla
,
Kuopio
en
Lahti
, is langs van die groot mere gelee. Die grootste konsentrasie van eilande kan na die suidweste van die land aan die Skeermeer, wat tussen die Finland en die eiland Aland gelee is, gevind word.
Die land is 'n demokratiese republiek met 'n direk verkose president, wat maksimaal vir twee ampstermyne van ses jaar mag dien. Finland het in historiese en politieke opsig nou bande met sy buurland Swede. Na die tweede onafhanklikheid van Estland het Finland ook nou betrekkinge met die
Baltiese land
. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (
NAVO
), die
Europese Unie
, die
OESO
en die
OVSE
oorheers.
Geskiedkundige verwysings na Noord-Europa is skaars, en die oorsprong van die name wat aan sy volke en geografiese streke gegee is, is onduidelik; daarom is die etimologiee van die name twyfelagtig. Name soos
Fenni
,
Phinnoi
,
Finnum
en
Skrithfinni
/
Scridefinnum
verskyn in 'n paar geskrewe tekste vanaf ongeveer twee millennia gelede in verband met mense wat in 'n noordelike deel van Europa gewoon het, maar die werklike betekenis van hierdie terme is debatteerbaar. Daar is voorgestel dat hierdie nie-
Oeraalse
etnoniem van 'n
Germaanse taaloorsprong
en verwant is aan woorde soos
finthan
(Oud-Hoogduits) "vind", "kennis neem";
fanthian
(Oud-Hoogduits) "kontroleer", "probeer"; asook
fendo
(Oud-Hoogduits) en
vende
(Oud-Middelduits) "voetganger", "swerwer".
[8]
'n Ander etimologiese interpretasie assosieer hierdie etnoniem met
fen
in 'n meer toponimiese benadering. Weer 'n ander teorie postuleer dat die woorde
Finn
en
Kven
verwant is. Die Yslandse
Edda
en
Noorse Sagas
(11de tot 14de eeue), van die oudste skriftelike bronne wat waarskynlik in die naaste omgewing ontstaan het, gebruik woorde soos
finnr
en
finnas
teenstrydig. Dit lyk egter asof hulle meestal na noordelike bewoners met 'n swerwende leefstyl verwys. Huidige taalkundige navorsing ondersteun die hipotese van 'n etimologiese verwantskap tussen die Finse en die Samitale, asook ander moderne Oeraalse tale. Dit ondersteun ook die hipotese van ’n gemeenskaplike etimologiese oorsprong van die toponieme
Sapmi
(Samies vir Lapland) en
Suomi
(Fins vir Finland), asook die Finse en Samiese name vir die Finse en Samiese tale (
suomi
en
saame
). Onlangse navorsing het ouer hipoteses oor verbintenisse met die name
Hame
(Fins vir Tavastia)
[8]
en die Voor-
Baltiese
woord
*?eme
/
Slawiese
woord
земля (zemlja)
wat "land" beteken, weerle.
[8]
[9]
Hierdie navorsing ondersteun ook die vroeere hipotese dat die benaming
Suomi
sy oorsprong in die benaming vir Suidwes-Finland het (Kern-Finland,
Varsinais-Suomi
) en later vir hulle taal en nog later vir die hele gebied van die moderne Finland. Dit is egter nie bekend hoe, hoekom en wanneer dit gebeur het nie. Petri Kallio het voorgestel dat die naam
Suomi
dalk selfs vroeere Indo-Europese eggo's met die oorspronklike betekenis van "land" of "mens" dra,
[10]
maar hy het sy hipotese intussen weerle.
[9]
Die eerste bekende verwysing na Finne is in die
Ou Engels
-gedig
Widsith
wat in die 10de eeu saamgestel is, al word geglo dat die inhoud ouer is. Onder die eerste geskrewe bronne wat moontlik na Wes-Finland as die land van die Finne verwys, is ook twee runestene. Een van hulle is in Soderby, Swede, met die inskrywing
finlont
(U 582), en die ander is in
Gotland
, 'n Sweedse
eiland
in die
Oossee
, met die inskrywing
finlandi
(G 319 M) wat dateer uit die 11de eeu.
Met 'n oppervlakte van 338 455 vierkante kilometer is Finland effens kleiner as
Duitsland
, maar behoort met sy bevolking van 5,6 miljoen tot die ylsbevolkte gebiede in Europa. Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste breedtegrade is dit ook een van die mees noordelike lande ter wereld ? sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte le binne die Arktiese Sirkel, en meer as 30 persent van alle mense op Aarde, wat noord van die 60ste breedtegraad leef, is
Finne
.
[11]
In 'n noord-suidelike rigting strek Finland oor 'n afstand van 1 160 kilometer vanuit Nuorgam tot Hanko aan die suidkus, terwyl die land sy grootste wydte in 'n wes-oostelike rigting met 540 kilometer tussen Ilomantsi en Narpes bereik. Vir geografiese doeleindes word na alle gebiede noord van die Oulujarvi as "Noord-Finland" verwys sodat ook
Oulu
, wat eintlik in Sentraal-Finland gelee is, as 'n Noord-Finse stad beskou word, terwyl die landskap rondom
Jyvaskyla
ondanks sy suidelike ligging as "Sentraal-Finland" bekend staan.
Finland se langste grenslyn met 'n buurland is die oostelike grens met die Russiese Federasie. In die noorde grens Finland oor 'n afstand van meer as 716 kilometer aan Noorwee, terwyl die grens met Swede (536 kilometer) in die noordweste deur die riviere Konkamaeno, Muonionjoki (Sweeds:
Muonio alv
) en Tornionjoki (
Torne alv
) gevorm word.
In die weste grens Finland aan die Botniese Golf en in die suide aan die Finse Golf wat albei deel uitmaak van die Oossee. Byna alle Finse riviere mond in hierdie see uit, met uitsondering van die land se uiterste noordooste anderkant die Maanselka wat in die
Arktiese Oseaan
dreineer. Vanwee die lae verdamping en die bestendige toevoer van soet water is die soutgehalte van Finland se seewaters aansienlik laer as die van ander seegebiede: met 'n saliniteit van minder as 0,3 persent word in die noordelike Botniese Golf ook soetwatervisse aangetref.
Die opvallendste kenmerk van Finland se landskap is die rykdom aan mere wat aan hierdie Skandinawiese land die bynaam "Land van duisend mere" besorg het. Volgens amptelike statistieke word slegs waterliggame met 'n oppervlakte van ten minste 500 vierkante meter as 'n meer beskou ? nogtans beraam die Finse Departement van Omgewingsake die totale aantal mere in die land op 187 888, waarvan sowat 56 000 'n oppervlakte van ten minste een hektaar het.
[14]
Die
Saimaameer
is Finland se grootste meer en naby die grens met Rusland gelee, terwyl die
Paijannemeer
die diepste en waterrykste meer is en die
Inarimeer
die grootste meer in
Sapmi
.
Die totale kuslengte van Finse mere beloop ten minste 186 700 kilometer, die aantal binnelandse eilande word op 98 050 beraam.
[15]
Oer- en vroee geskiedenis
[
wysig
|
wysig bron
]
Die vroegste bekende en deur vondste bevestigde nedersetting op die gebied van die huidige Finland dateer aan die einde van die laaste
Ystydperk
sowat 8500 v.C. Die vroegste inwoners van Finland se oorsprong en taal is onbekend. Deur die volgende duisende jare se migrasie is nuwe
kulture
ingevoer en ten minste teen 5000 v.C. het die inwoners van Finland veral vroee
Fins-Oegriese tale
gepraat. Teen 3200 v.C. het emigrante van die
Baltiese gebied
, wat 'n vroee
Indo-Europese taal
gepraat het, na Finland inbeweeg, geleidelik met die inheemse bevolking vermeng en na hulle taal oorgeskakel. Die emigrante se taalinvloed was verantwoordelik vir die verskil tussen die Oer-Finse taal langs die kus en
Samies
in die binneland.
Die Finstalige bevolking se wortels is tot op hede onseker en is onderworpe aan herhaaldelike kontroverses. Volgens tradisionele menings word die gebied oos van die
Oeralgebergte
of die gebied rondom die
Wolgakronkel
as die Finne se oorspronklike tuisland beskou. In die nuwer navorsing oorheers die mening, dat die Finne se voorsate duisende jare gelede in party golwe uit verskeie rigtings migreer het, 'n Jagter-
landboukultuur
gevestig en die as versamelaars lewende
Sami
na noorde verdring of met hulle vermeng het.
Finland se bevolking in die
Steentydperk
was
Jagter-versamelaars
. Die suidweste is gekenmerk deur die Suomusjarvi-kultuur, wat tussen omtrent 5000 en 4200 v.C. deur die Kamkeramiekkultuur vervang is. Teen sowat 3200 v.C. word uitlopers van die Toubekerkultuur langs die suidwestelike kus vermoed, wat teen sowat 2300 v.C. in die Kiukainen-steengrafkultuur oorgaan.
Met die
Bronstydperk
rondom 1700 v.C. het, vanaf die kusgebiede, landbou en
veeteelt
gepaard gegaan. Van 100 v.C. af het die handel met
Sentraal-Europa
gegroei. Die
Romeinse
geskiedskrywer
Tacitus
maak melding van die
Fenni
, 'n volk in die noorde van Finland waarmee hy waarskynlik die Sami (Lappe) bedoel. Tydens die
Volksverhuising
was die Finse kusgebiede danksy handel langs die
Oossee
welvarend, wat tydens die
Wikingstydperk
van die 8ste eeu aanhou groei het. Teen die draai van die millennium het deur handelskontakte met die ooste die betrekkinge van Oos-Finland met
Nowgorod
gegroei. Met die handelskontakte het die Finse bevolking in kontak gekom met die
Christendom
, in die weste met die
Rooms-Katolieke
, in die ooste met die
Oosters-Ortodokse Kerk
.
Die skakeling van Wes-Finland met
Swede
het geleidelik gebeur. Die opkomende magte Swede en Nowgorod het om politieke, ekonomiese en godsdienstige redes om die Finne se gebied gewedywer. Albei lande het van die 12de eeu af verskeie meer of minder militere
Kruistogte
na die gebied onderneem. Die grens tussen albei magte en daarmee Finland se oostelike grens is in 1323 met die Verdrag van Noteborg vir die eerste keer bepaal.
Die
kerk
se aktiwiteite, die migrasiebewegings van Sweedse setlaars asook die rykswette en owerhede het daartoe bygedra dat die nuwe gebiede as
Osterland
een van die vier vaste landsdele van Swede geword het. Van 1362 af het Osterland die reg gehad om aan die Sweedse koningsverkiesing deel te neem. Finland se kerstening is met die stigting van die Domkapitel Turku in 1276 amptelik afgesluit, die ou Finse mitologie het egter nog oor eeue heen langs die Christendom bly bestaan.
Tydens die
Middeleeue
het in Finland 'n samelewing met stande volgens die Europese manier, 'n stedelike wese en 'n Rooms-Katolieke kerkorganisasie ontstaan. Van die einde van die 14de tot sy ontbinding aan die begin van die 16de eeu was Finland as deel van Swede ook 'n deel van die
Kalmarunie
. Tydens die heerskappy van
Gustaaf I Wasa
van 1523 tot 1560 het Swede in 'n sterk sentrale staat ontwikkel, wat die grondslag vir die ryk se status as 'n groot mag in die 17de eeu gevorm het. Ook onder Gustaaf Wasa is gedurende die
Protestantse Hervorming
die Katolisisme met die
Lutheranisme
vervang.
As 'n groot mag het Swede daarin geslaag om sy grondgebied in oorloe teen
Denemarke
,
Pole
en
Rusland
rondom die Oossee uit te brei. Finland, wat in die tydperk oorlogsdade gespaar gebly het, is nouer by die ryksadministrasie geintegreer. Onder die goewerneur-generaal
Per Brahe
is verskeie stede gestig, in Turku die akademie en 'n hof ingerig en 'n posdiens van stapel gestuur.
Gedurende die 18de eeu het Swede se mag gekrimp, veral tydens die
Groot Nordiese Oorlog
(1700?1721), toe Finland beset is (Groter woede, 1714?1721). Na die ondertekening van die Vrede van Nystad is die besetting van Finland beeindig, maar ook Swede se status as 'n groot mag. Tydens 'n verdere Russies-Sweedse oorlog (1741?1743) is Finland weer beset (Kleiner woede), en in die daaropvolgende vrede is die Russiese westelike grens na die
Kymijoki
-rivier verskuif.
Tydens die Vierde Napoleontiese Oorlog het Rusland onder
Aleksander I
met
Frankryk
teen
Groot-Brittanje
en sy bondgenoot Swede geallieer. In 1808 het Rusland Swede aangeval en daarmee die Finse Oorlog begin, waarna Swede in die Verdrag van Fredrikshamn in 1809 talle gebiede aan Rusland moes afstaan. Onder die gebiede was naas die huidige Suid-Finland, wat destyds as Kern-Finland beskou is, ook die
Aland
-eilande, asook dele van
Lapland
en
Vasterbotten
. Uit die en die reeds in 1721 en 1743 verowerde gebiede is die Groothertogdom Finland gevorm, wat deel van die
Russiese Ryk
gevorm, maar 'n groot mate aan politieke outonomie geniet het. Veral die ou Sweedse wette en die destydse grondwet het van krag gebly. Ook die
Gregoriaanse kalender
, wat in 1753 in Swede ingevoer is, het in Finland in gebruik gebly.
[18]
In 1812 is Helsinki as hoofstad geproklameer, voorheen was dit Turku.
Die eerste helfte van die 19de eeu is gekenmerk deur 'n sekere politieke stillstand. Na die landdag van Porvoo in 1809, waarmee die Groothertogdom Finland gestig is, is die landdag as verteenwoordiger van die stande tot in 1863 nie meer deur die tsaar byeengeroep nie, die politiek het op administrasie gefokus terwyl die regsituasie onveranderd gebly het. In die tydperk het ook 'n Finse nasionale bewussyn ontwikkel en daar was tientalle pogings ter versterking van die Finse identiteit, maar aanvanklik was dit nie teen die tsaar se heerskap gerig nie.
In die tweede helfte van die 19de eeu het die Finse politiek aan die gang gekom, veral danksy meer vryhede onder tsaar
Aleksander II
. Die verwydering van ou ekonomiese beperkings het die ekonomie aangewakker. Van die 1860's af het die industrialisasie versnel, aangehits deur die
houtbedryf
en die stigting van talle saagmeulens. Die vereiste wetgewende aktiwiteite is deur die van 1863 af gereelde byeenroeping van die landdag vergemaklik.
Die versterkte Finse nasionale bewussyn is van die einde van die 19de eeu af deur Russiese pogings van sentralisasie van die Ryk en die russifisering van die ryksgebiede teengestaan. Die sogenoemde Februariemanifest van tsaar
Nikolaas II
van 1899 het Finland se outonomie aansienlik beperk. Dit het tot 'n taai politieke konflik gelei, wat in die
sluipmoord
op die generaal-goewerneur Nikolaj Bobrikof in 1904 en, gepaardgaande met die
Russiese Rewolusie van 1905
, in 'n volskaalse algemene staking in
herfs
1905 geeskaleer het. In gevolge die algemene staking het Nikolaas die herinstelling van die outonomie en die stigting van 'n niestande volksvergadering belowe.
In 1905 het tsaar Nikolaas II die Finse senaat opdrag gegee om 'n nuwe wet oor die algemene mansstemreg uit te vaardig. Vanwee die protes op die strate en die Sosiaaldemokrate se houding het die aangewese komitee ook die vrouestemreg in sy wetsontwerp opgeneem. Op 20 Julie 1906 het Nikolaas II die wet goedgekeur.
[19]
Daarmee het Finland die eerste Europese land geword om aktiewe vrouestemreg op nasionale vlak in te voer, en wereldwyd na
Nieu-Seeland
en
Australie
die derde land.
[20]
Wat die passiewe stemreg betref is Finland se leidende posisie selfs duideliker: Vir die eerste keer wereldwyd is vroue tot die parlement verkies. In 1907 het al die Finne van 24 jaar en ouer gelyke stemreg vir die nuutgestigte parlement geniet. Die politieke en sosiale konflikte, wat tydens die algemene staking na vore getree het, kon egter nie opgelos word nie. In 1909 is die pogings van russifisering hervat. Met die uitbreek van die
Eerste Wereldoorlog
, waaraan Finse soldate, met uitsondering van enkele vrywilligers, nie deelgeneem het nie, het die politieke lewe vir 'n rukkie tot stilstand gekom.
Onafhanklikheid en oorloe
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die
Februarie-rewolusie
in Rusland, die afsetting van die tsaar en die gepaardgaande einde van die personele unie het die strewe na onafhanklikheid aansienlik gegroei. Nadat na die
Oktober-rewolusie
die nuwe Russiese regering aan Rusland se volke die reg op sesessie ingestaan het, het die Finse parlement op 6 Desember 1917 Finland se onafhanklikheid verklaar. Dit is op 31 Desember 1917 deur die
Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
en daarna deur talle ander lande erken. Die losmaakproses van Rusland is deur groot interne konflikte begelei, wat op 27 Januarie 1918 tot 'n sosialistiese staatsgreeppoging gelei het. In die driemaandse
Finse Burgeroorlog
het die burgerlike "Wit Wag" geseevier.
In 1919 het Finland 'n republikeinse grondwet goedgekeur. In 1920 is met die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek die Vrede van
Dorpat
onderteken, waarvolgens Finland in die grense van die ou Groothertogdom herstel is, maar bykomend met die
Petsamo
-streek en sy ysvrye toegang tot die
Noorse See
. Wat Swede betref het 'n konflik ontstaan rakende die strategies belangrike
Alandeilande
. In 1921 het die
Volkebond
ten gunste van Finland beslis onder voorwaarde dat die eilande 'n aansienlike outonomie geniet.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Winteroorlog
.
Die
Molotof-Ribbentrop-verdrag
, wat in 1939 onderteken is, het Finland aan die Sowjetse belangesfeer toegewys. In herfs 1939 het die Sowjetunie Finland met gebiedsaansprake in die Kareliese landengte gekonfronteer en beweerde ononderhandelbare veiligheidskwessies vir
Leningrad
aangevoer. Finland het die aansprake verwerp, waarvolgens die
Rooi Leer
op 30 November 1939 die buurland aangeval het met die vermeende doel om die hele Finse grondgebied te beset. Die militere aanval (Winteroorlog) is aanvanklik gestuit deur die numeries en materieel minder toegeruste Finse gewapende magte. Eers na 'n beslissende Sowjetse offensief in Februarie 1940 het die Sowjetse soldate die Finse posisies oorwin. Op 13 Maart 1940 is die Vrede van Moskou gesluit, waarvolgens Finland sy onafhanklikheid bewaar het, maar groot dele van Karelie moes afstaan, waaronder die destyds tweede grootste stad van die land
Wyborg
. Die Finne het sowat 70 000 mense verloor; die Sowjetse verliese is tot op hede onbekend.
Toe
Nazi-Duitsland
op 22 Junie 1941 die nieaanvalsverdrag gebreek en die
Sowjetunie aangeval het
, het Finland in samewerking met Nazi-Duitsland die oorlog toegetree, wat in Finland
Voortsettingsoorlog
genoem word. Die Finse gewapende magte kon nie net die verlore gebiede herwin nie, maar ook groot dele van die Sowjetse Oos-Karelie beset. Met die suksesse het dit haalbaar gelyk om die deur baie Finne as volksgenote beskoude
Oosseefinstalige
volksgroepe van die gebied in 'n Groot-Finland te verenig. In 1944 moes Finland egter na suksesse deur die Rooi Leer uit hierdie gebiede onttrek en het weereens die bedreiging van Sowjetse besetting in die gesig gestaar. Op 19 September 1944 het hulle in
Moskou
'n aparte vredesverdrag onderteken wat die Voortsettingsoorlog beeindig het. Die verlies aan grondgebied uit die Winteroorlog is bevestig, boonop moes die Petsamo-gebied afgestaan word.
In die aparte vredesverdrag het Finland ingestem om die Duitse troepe uit die land te verdryf, waarvolgens die Fins-Duitse
Laplandoorlog
gevolg het, waartydens die onttrekkende Duitse soldate groot dele van
Lapland
heeltemal verwoes het. Op 27 April 1945 het die oorlog met die onttrekking van die laaste Duitse soldate uit
Kilpisjarvi
geeindig. Die toestand van oorlog met die
Geallieerdes
is uiteindelik beeindig deur die Paryse Vredesverdrag van 1947.
Gedurende die naoorlogse tydperk en veral tydens die
Koue Oorlog
het Finland 'n besondere posisie in die spanningsveld tussen die blokke ingeneem. Die land het in die oorlog sy onafhanklikheid en die
vryemarkekonomiestelsel
bewaar, maar die Sowjetunie het 'n groot invloed op die Finse politiek uitgeoefen. Enersyds het Finland 'n streng neutraliteitsbeleid gevoer, andersyds het hulle, veral onder president
Juho Kusti Paasikivi
'n versoeningsbeleid met die Sowjetunie nagestreef. In 1948 is met die Sowjetunie 'n vriendskaps- en samewerkingsooreenkoms onderteken, wat tot die einde van die Sowjetunie van krag gebly het nadat dit verskeie kere verleng is. Konflikte met die oostelike buurland is deur intensiewe, veral nieamptelike kontakte van die Finse politiek met Moskou voorkom. Hierdie beleid, wat verskeie kere die indruk van afwagtende gehoorsaamheid geskep het, is veral deur
Wes-Duitse
politici van
CDU
/
CSU
pejoratief
"
Finlandisasie
" genoem.
Die invloedrykste politikus in die naoorlogse Finland was
Urho Kekkonen
, wat van 1956 tot 1982 as president van Finland gedien het. Hy het vir 'n outokratiese leierskapstyl op die president se destyds uitgebreide grondwetlike mag staat gemaak en die betrekkinge met die Sowjetunie as sy privaat aangeleentheid beskou. In 1973 het hy sy ampstermyn deur 'n parlementere uitsonderingswet laat verleng, hoewel daar min twyfel was dat hy in die algemene verkiesings herkies sou word. Derhalwe is Kekkonen se ampstermyn algemeen deur 'n tekort aan demokrasie gekenmerk. Die president kon in die tydperk egter deurgaans staat maak op die meerderheid kiesers se ondersteuning. Een van sy grootste suksesse was glo die
KVSE
-konferensie in Helsinki in 1975, wat, benewens sy invloed op die proses van verstaan in Europa ook Finland se status as 'n neutrale land onderstreep het.
Die
Ontbinding van die Sowjetunie
het Finland, wie se ekonomie grootliks op oosterse handel staatgemaak het, aan die begin van die 1990's in 'n erge ekonomiese krisis gedompel. Terselfdertyd het die land groter ruimte in sy buitelandse beleid verkry. In 1992 het Finland oor sy aansluiting by die
Europese Gemeenskap
begin onderhandel, en het in 1995 'n volle lid van die huidige Europese Unie geword. Op 1 Januarie 2002 was Finland een van twaalf lande wat die
euro
as
geldeenheid
ingevoer het; dit het die
Finse mark
vervang.
Deur die toenemende
Globalisering
het in die 2000's Finland se afhanklikheid van die wereldmark gegroei. Die Groot Depressie 2009/10 het Finland redelik erg getref; in 2009 het die
bruto binnelandse produk
met 8,3% gekrimp. Ondanks die daaropvolgende jare se ekonomiese herstel was die BBP in 2016 (aangepas vir inflasie) steeds minder as die in 2008.
[21]
Die
Russiese inval in Oekraine sedert 2022
is ook in Finland as 'n keerpunt beskou.
[22]
In meningspeilings na die begin van die Russiese inval in Oekraine het 'n groot meerderheid Finne 'n aansluiting by
NAVO
ondersteun.
[23]
[24]
[25]
Op 12 Mei 2022 het beide die eerste minister
Sanna Marin
en die destydse president
Sauli Niinisto
in 'n gesamentlike verklaring vir Finland se toetreding tot NAVO "sonder versuim" gepleit;
[26]
na 'n aankondiging op 15 Mei
[27]
het Finland en Swede op 18 Mei gesamentlik aansoek gedoen vir NAVO-lidmaatskap.
[28]
Op 5 Julie 2022 het al 30 die NAVO-ambassadeurs die toetreeprotokolle onderteken en tot 31 Maart 2023 het al die NAVO-lidlande se parlemente die protokolle goedgekeur. Op 4 April 2023 het Finland 'n NAVO-lidland geword.
[29]
Na Swede se toetreding op 7 Maart 2024 is al die Skandinawiese lande vir die eerste keer sedert die ontbinding van die
Kalmarunie
in 1523 weer lede van een (en dieselfde) militere alliansie.
[30]
[31]
In administratiewe opsig bestaan Finland uit 19 streke (
Fins
:
maakunta
;
Sweeds
:
landskap
), waarvan Aland vanwee sy unieke geskiedenis en Sweedse bevolkingsmeerderheid 'n uitgebreide outonomie geniet en oor sy eie regering en wetgewing beskik.
Romeinse geskiedskrywers het na die bewoners van die Noordoos-Europese oerwoude as
fenni
verwys. Die gebied was steeds yl bevolk ? historici beraam die
fenni
-bevolking op sowat 100 000, en hierdie syfer het net geleidelik gestyg tot 400 000 in die 17de eeu en omstreeks een miljoen teen die begin van die Russiese heerskappy in die vroee 19de eeu.
[32]
In die tweede helfte van die 20ste eeu het Finland daarenteen 'n vinnige bevolkingsgroei ervaar sodat die bevolking in 1950 die vier-miljoenkerf oorskry, en danksy die relatief hoe geboortesyfer het die Finse bevolking in 1991 reeds vyf miljoen beloop. In de vroee 21ste eeu het die jaarlikse bevolkingsgroei na 0,3 persent afgeneem. Die totale bevolking het in 2024 5 626 414 beloop.
[1]
In vergelyking met ander Europese lande word Finland se bevolking deur 'n relatief mono-etniese struktuur gekenmerk ? naas inheemse
etniese groepe
(91 persent Finssprekende en 5,4 persent Sweedssprekende Finne, naas sowat 17 000
Sami
of
Samit
) was die aandeel buitelanders in 2008 nog beperk tot minder as drie persent. Van die altesaam 143 256 buitelanders in laat 2008 was onder meer 26 909 Russiese, 22 604 Estlandse en 8 439 Sweedse burgers.
[33]
Finland se "ekonomiese wonder"
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die ekonomiese ontwikkeling van Finland in die 20ste eeu word dikwels as 'n "ekonomiese wonder" verwys.
[34]
Alhoewel die industrialisering reeds in die 19de eeu begin het (
katoenspinnerye
,
papiermeule
en
ysterverwerking
was in hierdie periode die belangrikste nywerhede wat veral in
Tampere
, die "Finse
Manchester
", gekonsentreer was), het Finland tot in die 20ste eeu een van die armste lande in Europa met 'n oorwegend agrariese bevolking gebly. Nog omstreeks 1950 het drie derdes van die Finne in landelike gebiede gewoon, terwyl die nywerheidsektor slegs sowat 'n kwart van alle werkgeleenthede verteenwoordig het en die maandelikse inkomste van werkers laer as die gemiddeld in Europa was.
Dit was juis die reparasies, wat Finland na die
Tweede Wereldoorlog
aan die Sowjetunie moes betaal, wat die aanleiding vir die eerste Finse ekonomiese wonder gegee het. Die land was destyds genoodsaak om sy nywerhede op 'n grootskaalse manier uit te brei en te herstruktureer om aan
Moskou
se eise te kan voldoen. Binne 'n relatief kort tydperk het die land sy nywerheidsektor gediversifiseer en sy afhanklikheid van die enigste beduidende uitvoerproduk ?
hout
? aansienlik verminder. Die Finse bruto geografiese produk (BGP) het in die periode tussen 1950 en 1974 met gemiddeld vyf persent gegroei. In die 1980's het die tempo van groei selfs versnel tot jaarliks ses persent.
Binne twee dekades het Finland danksy sy groot uitvoere na die destydse Sowjetunie en die Europese Ekonomiese Gemeenskap van 'n
landbouekonomie
tot een van die mees gevorderde nywerheidslande in Europa ontwikkel. Een van Finland se belangrikste maatskappye,
Nokia
, is eksemplaries van die omvattende herstrukturering wat in die Finse ekonomie geimplementeer is. Nokia is genoem na 'n klein dorpie naby Tampere waar die maatskappy oorspronklik sy hoofkwartier gehad het. Aanvanklik was Nokia niks meer as 'n gewone klein sakeonderneming wat byna honderd jaar lank in die tradisionele hout- en papierbedryf gewortel was nie. Eers danksy die samesmelting met 'n
rubberfabriek
in 1965 het Nokia sy produkportfolio begin uitbrei. In die volgende jare het Nokia 'n aantal bekende ondernemings uit die elektroniese bedryf ? waaronder vervaardigers van kabels en televisietoestelle soos Salora en Luxor en die IT-afdeling van die Sweedse maatskappy Ericsson ? oorgeneem en steeds meer kennis op hierdie gebied versamel. Papier en rubberskoene is steeds deur Nokia vervaardig, tog het die maatskappy ook begin om televisietoestelle, selfone en skyfies te ontwikkel en uiteindelik tot een van die beduidendste internasionale ondernemings in die elektroniese en inligtingstegnologiebedryf gegroei. Tussen 1998 en 2011 was dit selfs die wereldmarkleier in die selfoonbedryf.
[35]
Ander beduidende Finse maatskappye is die petrochemiese reus Neste Oy wat in 1948 gestig is en vandag as een van die leidende ontwikkelaars en vervaardigers van skoon brandstowwe bekend staan en 'n netwerk van moderne vulstasies in die
Baltiese lande
,
Pole
en Rusland opgebou het; Kone Oy, die derde grootste vervaardiger van hysbakke ter wereld waarmee onder meer wolkekrabbers in
Manhattan
,
Singapoer
en
Hongkong
toegerus is; Valmet, een van die beduidendste papiervervaardigers ter wereld wat in 1999 met Rauma tot die nuwe maatskappy Metso saamgesmelt het; en Vaisala, wat meetinstrumente vir weerkundige doeleindes asook die meting van
radioaktiwiteit
en
osoonkonsentrasies
vervaardig. Sedert die eerste ysbrekers in die 19de eeu in die hawestad Turku ontwikkel is, het ook skeepsbou tot een van die sleutelbedrywe van die Finse ekonomie gegroei. Meer as die helfte van alle ysbrekers wat wereldwyd van stapel loop word in Finland ontwerp. Daarnaas word ook luukse
plesierbote
, spesiale skepe vir siviele en militere doeleindes, jagte en diesel-enjins in Finland vervaardig.
Die
landbousektor
was nog tot in die 1950's die belangrikste bron van inkomste vir die ekonomies aktiewe bevolking. As gevolg van landhervormings was die gemiddelde oppervlakte van plase relatief klein, tog het die verkoop van bosgebiede en werkgeleenthede in die
bosbou
'n bykomende inkomste aan Finse boere verskaf.
[36]
Die landbousektor speel nog steeds 'n beduidende rol in die Finse ekonomie en samelewing ? saam met verwante nywerhede bied hierdie bedryf sowat 300 000 werksgeleenthede en het in 2006 2,6 persent tot Finland se bruto geografiese produk bygedra.
[37]
[38]
Die Finse landbousektor floreer in 'n klimatiese konteks wat met 'n kort groeiperiode, onreelmatige reenval en suur moerasgrond allesbehalwe gunstige omstandighede vir intensiewe boerdery skep. Die landbouoppervlakte is dan ook beperk tot 2,2 miljoen hektaar of 6,5 persent van Finland se totale oppervlakte. Die Finse
graangebiede
in die suidelike en westelike kusstreke is die mees noordelike ter wereld ? hier word veral
gars
,
hawer
en
koring
verbou en daarnaas ook
varke
geteel. Die graanopbrengs per hektaar is laer as in
Sentraal-Europa
. Die
kwik
daal dikwels enkele dae na die oestyd vir die eerste keer benede vriespunt.
Boere in Sentraal- en Oos-Finland spits hulle veral op
beesteelt
toe; suiwelprodukte verteenwoordig meer as 40 persent van die totale landbouproduksie. Lapland asook dele van Nordosterbotten en Kainuu is tradisionele
rendierteeltgebiede
. Finland se rendiertelers beskik altesaam oor meer as 200 000 diere.
[39]
In teenstelling met Swede en Noorwee is rendierteelt in Finland geen voorreg vir die inheemse Sami-minderheid nie, sodat hierdie beroep ook vir die meerderheidsbevolking toeganklik is.
Met die Finse toetreding tot die Europese Unie (EU) het die Finse landbousektor ingrypende veranderings ondergaan. Die nasionale mark vir landbouprodukte was voorheen danksy 'n proteksionistiese beleid beskerm teen invoere. Na 1995 het die pryse vir produsente skielik met meer as 'n derde gedaal. Die Gemeenskaplike Landboubeleid van die EU maak nogtans voorsiening vir die bewaring van die landbousektor in alle Europese geweste en finansiele steun vir gebiede wat as gevolg van strukturele en natuurlike omstandighede benadeel is. Finse boere trek sodoende voordeel uit die EU se praktyk van subsidiering, terwyl die plaaslike landbousektor 'n merkwaardige konsentrasieproses ondergaan: Die aantal boerderye, wat in die 1990's nog sowat 100 000 beloop het, het verminder tot byna 80 000 in 2000 en 65 802 in 2008. Die gemiddelde oppervlakte (15 hektaar in die 1990's) het toegeneem tot 28 hektaar in 2000 en 35 hektaar in 2008.
[40]
Houtverwerkingsaanlegte bied sowel werksgeleenthede asook 'n bron van inkomste vir boseienaars ? 58 persent van die Finse bosgebiede is in privaat besit, en een uit elke vyf Finse gesinne beskik oor bosgrond. Jaarliks word sowat 60 miljoen kubieke meter hout gekap, tog maak die Finse houtbedryf op volhoubare wyse gebruik van inheemse houtbronne. Nogtans bly die kap van bome in Noord-Finse oerwoude omstrede.
[41]
In die 1980's het Finland 'n enorme ekonomiese insinking beleef nadat die land sy uitvoermarkte in
Oos-Europa
verloor het en tegelykertyd ook die binnelandse vraag ineengestort het. Hoe rentekoerse en 'n geweldige publieke skuldlas het die krisis verskerp. Die werkloosheidsyfer het van drie tot meer as twintig persent gestyg en was saam met die van
Spanje
die hoogste in Europa.
Die Finse ekonomie het eers na drie krisisjare in 1992 geleidelik begin herstel, en teen die middel van die negentigerjare het selfs 'n groot opswaai ingetree wat dikwels as die tweede ekonomiese wonder in Finland beskryf word. Veral die devaluasie van die Finse markka het 'n gunstige invloed op die uitvoersektor uitgeoefen ? tussen 1993 en 1995 het die uitvoere met jaarliks 13 persent gestyg en sodoende ook die nywerheidsproduksie gestimuleer. Die staatsektor is met effektiewe besuinigingsmaatreels gestabiliseer, terwyl die Finse staat met die privatisering van staatsbeheerde ondernemings 'n inkomste van twintig miljard markka verdien het. Die beduidendste openbare ondernemings, wat vanaf 1994 geleidelik geprivatiseer is, was die Finse Telekom (TELE); die Finse spoorwegmaatskappy VR; Rautaruukki, die tweede grootste staalvervaardiger in Skandinawie; die chemiese reus Kemira; en die energieverskaffer Imatran Voima.
Die konsolidasieproses in die staatssektor was reeds in 1996 afgesluit, en die inflasiekoers was vanaf 1994 enkele jare lank net omstreeks een persent. Finland het aan alle voorwaardes vir die invoering van die Europese geldeenheid Euro voldoen. Sowel verbruikers asook ondernemings het voordeel uit die omskakeling na die Euro getrek ? voedselpryse is aansienlik verlaag sodat die besteebare inkomste van Finne aan die toeneem was en die aanleiding tot verdere ekonomiese groei gegee het. Die winste van ondernemings het in hierdie periode sterk gestyg.
In 2015 was Finland opnuut besig om op 'n ekonomiese krisis af te stuur nadat sy ekonomie in die derde kwartaal die slegste gevaar het in die Eurosone en met 0,6 persent gekrimp het.
[42]
Werkloosheid het toegeneem van 6,2 persent vroeg in 2008 tot 9,5 persent vroeg in 2016.
Die land se ekonomiese moeilikhede het voortgespruit uit 'n sterk dalende vraag na Finse goedere in Rusland, 'n verlaagde internasionale mededingendheid weens hoe arbeidskoste, en die agteruitgang van Nokia, Finland se vroeere nywerheidsreus. Naas Nokia kon ook die Finse papierbedryf nie meer die uitdaging bemeester wat 'n nuwe generasie slimfone en e-boeklesers gebied het nie ? die vervanging van gedrukte media deur internetdienste, digitale koerantuitgawes en e-boeke.
[43]
Daarnaas het die Finse staatsuitgawes, wat persentasiegewys onder die hoogstes in Europa gereken word, sorgwekkende vlakke bereik.
Staatshoofde van Finland sedert Oktober 1918:
Ander bekende (politieke) persoonlikhede
Finse politieke partye
- KESK
(Sentrumparty; gematig regs)
- SDP
(Sosiaal-demokrate)
- LKP
(Liberale Volksparty; liberaal)
- KD
(Christen-demokrate)
- SFP
(Sweedse Volksparty; gematig regs, party vir die Sweedse minderheid)
- KOK
(Nasionale Koalisieparty; sentraal-regs)
- VAS
(Linkse Volksparty; links-sosialisties)
- IKL
([1932?1944] Patriotiese Beweging; fascisties)
- ML
([1906?1965] Agrariese Liga; gematig regs; vanaf 1965 = Sentrumparty)
- SKDL
([1944?1991] Volksdemokratiese Party; links-sosialisties/kommunisties)
Die suidweste van Finland is eers vanaf die middel van die 12de eeu gekersten. Henrik, biskop van Uppsala in Swede, het in 1156 tydens 'n sendingreis die martelaardood gesterf en is in die voorganger van die huidige kerk te Nousiainen begrawe. Afgesien van 'n sendingsbisdom is die eerste bisdom van Finland eers in 1276 in Turku (Abo) gestig.
Die wereldlike en sakrale houtgeboue uit die Romaanse periode het nie bewaar gebly nie. Die steengeboue uit hierdie tydperk, waaronder 125 middeleeuse steenkerke, is merendeels van
veldstene
gebou en vanwee hul eenvoudige binneruimtes sonder versierings moeilik om te dateer. Die voorganger van Turku se huidige domkerk is in die eerste helfte van die 13de eeu as houtkerk opgerig.
Die sakrale boukuns van Aland, waaronder die veldsteensaal van Hammarland (laat 14de eeu) en die steensakristie in Finstrom uit die tweede helfte van die 13de eeu, wat deel uitmaak van 'n houtkerk, word eweneens by die Romaanse stylperiode gereken.
[44]
Verskeie
sportsoorte
is gewild in Finland.
Pesapallo
, die Finse ekwivalent van die Amerikaanse
bofbal
, is Finland se nasionale sportsoort,
[47]
[48]
hoewel die gewildste sport in terme van toeskouers
yshokkie
is.
[49]
Ander gewilde sportsoorte sluit in
atletiek
,
heg-en-steg-ski
,
skansspring
,
sokker
,
vlugbal
en
basketbal
.
[50]
Sokker is die mees uitgeoefende spansport volgens aantal deelnemers in die land.
[51]
[52]
Die Finse nasionale basketbalspan het groot openbare aandag ontvang.
[53]
In terme van verowerde medaljes en goue medaljes per inwoners is Finland die bespresterende land in die Olimpiese geskiedenis.
[54]
Finland het tydens die
Olimpiese Somerspele 1908
vir die eerste keer op sy eie deelgeneem. Tydens die
Olimpiese Somerspele 1908
het die oorspronklike "Vlieende Fin"
Hannes Kolehmainen
drie goue medaljes gewen. Gedurende die 1920's en 1930's het Finse langafstandlopers die Olimpiese Spele oorheers, en
Paavo Nurmi
het altesaam nege Olimpiese goue medaljes gewen en tussen 1921 en 1931 22 amptelike wereldrekords opgestel. Na Nurmi word dikwels as die grootste Finse sportlui en een van die grootste atlete van alle tye verwys. Die
Olimpiese Somerspele 1952
is in Helsinki aangebied.
Die
spiesgooi
-item het aan Finland nege Olimpiese goue medaljes, vyf wereldbekertitels, vyf Europese kampioenskaptitels en 24 wereldrekords besorg. Finland het ook 'n noemenswaardige geskiedenis wat
kunsskaats
betref. Finse skaatsers het agt wereldbekertoernooie en 13 juniorwereldbekertoernooie in gesinchroniseerde skaats gewen.
Finse deelnemers het aansienlike sukses behaal in
motorsport
. In die
Wereldtydrenkampioenskap
het Finland agt wereldkampioene opgelewer, meer as enige ander land.
[55]
In
Formule Een
het Finland die meeste wereldbekertoernooie per inwoners gewen, met
Keke Rosberg
,
Mika Hakkinen
en
Kimi Raikkonen
wat al die titel gewen het.
[56]
Van die gewildste ontspanningsporte en aktiwiteite sluit in
Nordiese stap
,
naelloop
,
fietsry
en
ski
.
Vloerbal
is die gewildste jeug- en werkpleksport.
[57]
[58]
- ↑
1,0
1,1
1,2
(
en
)
"Finland"
.
Central Intelligence Agency
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Surface water and surface water change"
.
OESO
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Arabic became the third largest foreign-language group"
. Statistiek Finland. 29 Maart 2017
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
4,0
4,1
4,2
4,3
(
en
)
"Finland"
.
Internasionale Monetere Fonds
. April 2024
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Human Development Report 2023/2024"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 13 Maart 2024
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Gini coefficient of equivalised disposable income ? EU-SILC survey"
. Eurostat
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Stonehouse, Dr. Bernhard (red.):
Philips' Illustrated Atlas of the World
. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 39
- ↑
8,0
8,1
8,2
(
fi
)
"Suomalais-Ugrilainen Seura"
. Sgr.fi. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 8 Julie 2004
. Besoek op
8 Julie
2004
.
- ↑
9,0
9,1
(
fi
)
"Archived copy"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 Desember 2022
. Besoek op
26 Desember
2022
.
{{
cite web
}}
: CS1 maint: archived copy as title (
link
)
- ↑
(
fi
)
Petri Kallio (1998).
Suomi(ttavia etymologioita)
.
- ↑
(
de
)
Ulrich Quack:
Finnland
. Keulen: Dumont 1997, bl. 19
- ↑
(
en
)
Leslie Li (16 April 1989).
"A Land of a Thousand Lakes"
.
The New York Times
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Statistieke van Finland
- ↑
(
fi
)
"Suomen Jarvet"
. Finse Departement van Omgewingsake. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 September 2007
. Besoek op
30 September
2007
.
- ↑
(
en
)
M. Raatikainen en E. Kuusisto:
The Number and Surface Area of the Lakes in Finland
. In:
Terra
, volume 102, nommer 2, bl. 97?110
- ↑
(
fi
)
Haggren, Georg; Halinen, Petri; Lavento, Mika; Raninen, Sami; Wessman, Anna (2015).
Muinaisuutemme jaljet
. Helsinki: Gaudeamus. p. 109.
ISBN
978-952-495-363-4
.
- ↑
(
en
)
elainpaaase; karhunpaanuija
. finna.fi
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
"Chronologie der Einfuhrung des Gregorianischen Kalenders"
. Kalenderlexikon. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Desember 2017
. Besoek op
1 Desember
2017
.
- ↑
(
en
)
Aura Korppi-Tommola (2012). Blanca Rodriguez-Ruiz, Ruth Rubio-Marin (red.).
A Long Tradition of Equality: Women’s Suffrage in Finland
. pp. 47?60, 51?52.
ISBN
978-90-04-22425-4
.
- ↑
(
en
)
Jad Adams (2014).
Women and the Vote. A World History
. Oxford: Oxford University Press. p. 437.
ISBN
978-0-19-870684-7
.
- ↑
(
fi
)
"Kansantalous"
. Statistiek Finland
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
"Ukraine-Krieg: Treten Schweden und Finnland in die Nato ein?"
. ZDF. 11 Mei 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Ukraine War: Finland to decide on Nato membership in weeks says PM Marin"
.
BBC
. 13 April 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Robbie Gramer (22 April 2022).
"
'Thanks, Putin': Finnish and Swedish Lawmakers Aim for NATO Membership"
.
Foreign Policy
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Joshua Askew (29 April 2022).
"NATO chief says Finland and Sweden could join 'quickly' as both warm to membership"
.
Euronews
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Finland's leaders call for NATO membership 'without delay'
"
. AP NEWS. 12 Mei 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"President Niinisto after the NATO decision: A new era is opening ? the result will be a protected Finland that is part of a stable, strong and responsible Nordic region"
. President van die Republiek Finland. 15 Mei 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
"Finnland und Schweden geben Antrage auf NATO-Beitritt ab"
. Tagesschau. 18 Mei 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Finland joins NATO as 31st Ally"
.
NAVO
. 4 April 2023
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
Ronald D. Gerste (30 Mei 2023).
"Unabhangigkeit von Schweden ? Alter Schwede"
. Die Zeit
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
Linda Koponen (28 Februarie 2024).
"Gewinnt die Nato nach Schwedens Beitritt die alleinige Kontrolle uber die Ostsee? Es ist kompliziert ? eine Analyse in Karten"
. Neue Zurcher Zeitung
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
de
)
Quack (1997), bl. 19
- ↑
(
en
)
Statistics Finland ? Foreigners in Finland
- ↑
(
de
)
Quack (1997), bl. 41
- ↑
(
en
)
BBC News, 27 April 2012: Samsung overtakes Nokia in mobile phone shipments. Besoek op 19 November 2014
- ↑
(
de
)
Hier ist Finnland
. Helsinki: Otava 1999, bl. 90
- ↑
(
de
)
Der Fischer Weltalmanach 2009
. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2008, bl. 174
- ↑
(
en
)
"Agriculture"
. Finse Departement van Landbou. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Julie 2012
. Besoek op
30 Julie
2012
.
- ↑
(
fi
)
"Porotalous osana yhteiskuntaa"
. Navorsingsinstituut vir wildteelt en vissery. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Junie 2007
. Besoek op
29 Junie
2007
.
- ↑
(
en
)
Statistics Finland
- ↑
(
fi
)
Greenpeace Finland
- ↑
(
en
)
www.telegraph.co.uk: Finland emerges as the 'new sick man of Europe' as euro's worst performing economy, 13 November 2015. Besoek op 22 November 2015
- ↑
(
en
)
BBC News, 29 Februarie 2016: Finland: The sick man of Europe? Besoek op 1 Maart 2016
- ↑
(
en
)
Rolf Toman:
Romanik. Architektur ? Skulptur ? Malerei
. h.f. ullman/Tandem 2007, bl. 253
- ↑
(
fi
)
"Finland claims first-ever hockey gold at Beijing Olympics"
. Yle. 20 Februarie 2022
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Simon Smale (20 Februarie 2022).
"Finland wins historic Winter Olympics ice hockey gold medal after beating ROC team 2?1 in Beijing final"
.
Australian Broadcasting Corporation
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
fi
)
"Introduction to the game"
. Pesapalloliitto
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
fi
)
"Pesapallo otti sata vuotta sitten syntyaskelia"
. Yle. 14 November 2020
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
fi
)
"Leijonien MM-finaalista historian katsotuin jaakiekko-ottelu Suomessa!"
. MTV. 23 Mei 2016. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 Mei 2016
. Besoek op
23 Mei
2016
.
- ↑
(
fi
)
"Valta vaihtui urheilussa: Suomalaiset arvostavat nyt enemman futista kuin jaakiekkoa"
. HS. 27 Februarie 2014
. Besoek op
18 Mei
2016
.
- ↑
(
fi
)
"Jalkapallo nousi arvostetuimmaksi urheilulajiksi"
. Yle
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
fi
)
"Jalkapallolla eniten harrastajia ? se lyo latkan, hiihto on alamaessa"
. Lansivayl
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Fan power! Finn power! The tournament "begins" on a winning note for Dettman's team"
. FIBA.com. 31 Augustus 2014
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"Olympic Medals per Capita"
. medalspercapita.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Julie 2017
. Besoek op
30 Julie
2017
.
- ↑
(
en
)
Nell Lewis (13 September 2018).
"Why Finland loves rally"
.
CNN
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
Andrew Benson (10 Maart 2008).
"Why are Finnish drivers so good?"
.
The Guardian
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"
'Finnish Sports' in Finland"
. Stuart Allt Web Design
. Besoek op
8 Mei
2024
.
- ↑
(
en
)
"IFF"
. IFF.
- Algemeen
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Finland
.
|
Nordiese lande
|
---|
State
| | |
---|
Outonome lande
| |
---|
Spesiale status/kulturele area
| |
---|
Verwant
| |
---|
Sien ook
| |
---|
|
---|
Volle lede
| | |
---|
Geassosieerde lede
| |
---|
Waarnemers/kantore
| |
---|