Bofbal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Piktogram wat Bofbal aandui
Die stadion van die Yankees

Bofbal ( Engels : baseball ) is 'n span- en balsport wat veral gewild is in die Verenigde State , Meksiko , die Karibiese gebiede en in groot dele van Asie . Bofbal word ook soms America's Favorite Pastime genoem.

Bofbal het ontstaan uit volksbalspele wat Engelse koloniste in die 17de en 18de eeu na Noord-Amerika gebring het. Hierdie ingevoerde balspele was moontlik afgelei van krieket . Sagtebal is later weer van bofbal afgelei. Bofbal is een van die mees-beoefende sporte ter wereld.

In die VSA is bofbal die belangrikste sport in die somermaande. Teen die einde van September word die seisoen afgesluit met die wereldreeks . Na die bofbalseisoen word Amerikaanse voetbal en basketbal , en in 'n mindere mate yshokkie , die belangrikste sportsoorte.

Reels: Die spel word gespeel deur twee spanne bestaande uit nege spelers elk, die spel duur nege beurte. In elke beurt kry elke span 'n slagbeurt om punte aan te teken. As die verdedigers (die wat op die veld speel) drie keer 'n "out" maak. dan wissel die spanne van posisie. Sentraal in hierdie spel draai dit om die gooier ( pitcher) en die slagman ( batter) . Die gooier moet die bal in 'n denkbeeldige raam gooi. Die raam sit direk bo die tuisplaat. As die gooier ( pitcher) die bal korrek oor die plaat gooi, en die hoogte van die bal is tussen die slagman se bors en kniee, dan roep die skeidsregter "strike". Na drie "outs" wissel die spanne van posisie. Maar dis nie die bedoeling van die slagspan nie. Immers kan jy net punte aanteken as jy die slagspan is. Jy maak 'n punt as jy oor die vier bowwe (" honke ") gehardloop het sonder dat jy uitgeloop word. Jy kan nie uitgeloop word as jy vas op die bof staan nie. Daar is vier bowwe in die vorm van 'n vierkant op die veld geplaas. Maar hoe kom jy op die eerste bof? Deur die bal weg te slaan. Die verdedigende span sal probeer om die geslaande bal te keer en na die eerste bof te gooi. As die bal daar arriveer voor die slagman (die hardloper), dan is dit 'n "out". Die gooier doen sy bes dat die slagman nie die bal kan raakslaan nie.

'n Bofbalgooier in aksie.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]