in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aleksander II Nikolajewitsj
(
Russies
: Александр II Николаевич) (
Moskou
,
29 April
1818
?
Sint Petersburg
,
13 Maart
1881
) was van
1855
tot met sy sluipmoord in 1881
keiser
van
Rusland
.
Aleksander II se hervormings het groot byval gevind. Hy begenadig in 1856 die
Dekabriste
en skaf in 1861
lyfeienskap
af, wat hom die bynaam "Bevryder van Rusland" besorg. Dit word egter veral uit ekonomiese oorwegings gedoen. Aleksander wil ’n groot klas onafhanklike en selfstandige boere skep en daarnaas ’n groep mense wat Rusland se nywerheidsbehoeftes kan bevredig. Hy voer ook gedeeltelike selfbestuur in met die skep van
zemstwo
's. Dit word egter net in die sentrale dele gedoen omdat Aleksander bang is dit versterk die separatistiese idees in die grensgebiede. Hy verbeter ook regspraak, verslap sensuur en verkort in 1859 die
diensplig
in die leer van 25 tot 15 jaar.
Hy voer ook hervormings deur in die
onderwys
. Danksy hom word in die 1860's nuwe universiteite gestig. Tussen
1867
en
1869
voer hy kerklike hervormings deur. Die "Tsaar-bevryder" bring ook ’n einde aan die willekeur van die burokrasie en polisie. So verander hy Rusland geleidelik van ’n polisiestaat in ’n regstaat geskoei op die Europese model.
Na die tweede Poolse opstand in
1863
, wat hy hardhandig onderdruk, word sy politiek behoudender. Tydens sy bewind is Rusland se grondgebied aansienlik uitgebrei, veral in Asie. Die keiser bedwing die opstandige stamme van die
Kaukasus
. Die toenemende aanslae van die
nihiliste
beantwoord hy met streng polisiemaatreels. Terselfdertyd laat hy egter ’n soort grondwet ontwerp wat verteenwoordiging van die zemstvo's in die regering moontlik maak. Die dag waarop hy die plan goedkeur, sterf hy na ses mislukte aanslae in ’n sluipmoordaanval deur die rewolusionere
Narodnaja Wolja
. Sy beleidrigtings was taamlik teenstrydig, en dit het veroorsaak dat die konserwatiewe hom te liberaal gevind het en die liberale te konserwatief. Hy word opgevolg deur sy meer konserwatiewe seun
Aleksander III
.
Aleksander was sedert
1841
getroud met Marie van Hesse-Darmstadt (Maria Aleksandrowna), dogter van
Lodewyk II van Hesse-Darmstadt
. Uit die huwelik is agt kinders gebore:
Marie is op 3 Junie 1880 oorlede. Op 18 Julie
[
O.S.
6 Julie]
1880 het Aleksander II en sy minnares, Katharina Dolgoroekowa, in die geheim 'n
morganatiese huwelik
op
Tsarskoje Selo
aangegaan.
[1]
Dit het 'n groot skande aan die hof en in sy familie veroorsaak, deels omdat dit binne die routydperk van 40 dae na sy eerste vrou se dood was.
[1]
Aleksander het aan sy tweede vrou die titel prinses Joerijefskaja gegee en wettige status aan hulle kinders verleen.
[1]
Voor die huwelik het hulle vier kinders gehad:
- Prins Georgi Aleksandrowitsj Joerijefski
- Prinses Olga Aleksandrowna Joerijefskaja
- Prins Boris Aleksandrowitsj Joerijefski
- Prinses Katharina Aleksandrowna Joerijefskaja
- Radzinsky, Edvard,
Alexander II: The Last Great Tsar
. New York: The Free Press, 2005.
- David G. Rowley,
Exploring Russia's Past: Narrative, Sources, Images
(2006)
- Moss, Walter G.,
Alexander II and His Times: A Narrative History of Russia in the Age of Alexander II, Tolstoy, and Dostoevsky
. Londen: Anthem Press, 2002 (
aanlyn
Geargiveer
17 September 2006 op
Wayback Machine
beskikbaar)
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel
nl:Alexander II van Rusland
Tsesarewitsji van Rusland
|
---|
|
Groothertoe van Rusland
|
---|
|
1
Titel toegeken deur groothertog Kirill Wladimirowitsj as aanspraakmaker op die troon.
2
Titel toegeken deur groothertog Wladimir Kirillowitsj as aanspraakmaker op die troon.
|