Bevolkingsdigtheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bevolkingsdighteid(mense per vierkante kilometer) per land, 2015
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) per land, 2006
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) kaart van die wereld in 1994. In vergelyking met die ewenaar lyk dit of die grootste aantal menslike bevolking in die Noordelike Halfrond leef.
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) kaart van die wereld in 1994.
Woestyne rondom die wereld. Vergelyk dit met die ander kaarte hier.

Bevolkingsdigtheid (in Landbou : staande lewende hawe en oes op die lande) is 'n maatstaf van bevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is 'n tipe van hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewende organismes en in die meeste gevalle by mense toegepas. Dit is 'n belangrike geografiese term. [1]

Biologiese bevolkingsdigtheid [ wysig | wysig bron ]

Biologiese bevolkingsdigtheid is die bevolking verdeel deur die totale grondoppervlakte of watervolume, soos dit toepaslik is. [1] Dit is 'n mate van die aantal mense of organismes per eenheid area. Variasies hierop sluit in die bevolking per eenheid woonbare, bewone, produktiewe (of potensieel produktiewe) of gekultiveerde area. 'n Sekere geografiese gebied het 'n drakapasiteit , wat die maksimum bevolking voorstel wat onderhou kan word. Sekere waarnemers van menslike gedrag glo dat die idee van drakapasiteit ook op menslike bevolkings toegepas kan word, en dat omgekeerde bevolkingsgroei kan lei tot 'n " Malthusiese katastrofe "; hierdie standpunt word deur andere betwis.

Lae-densiteit kan 'n uitwissings-spiraal veroorsaak wat verder na verminderde vrugbaarheid kan lei. Dit is vernoem na die wetenskaplike wat dit geidentifiseer het ? die Allee-effek. Voorbeelde van die oorsake hiervan in lae-bevolkingsdigtheid sluit in: [2]

  • Toenemende probleme om seksmaats te kry
  • Toename van inteling

Menslike bevolkingsdigtheid [ wysig | wysig bron ]

Monaco  in Suid-Europa , is tans die rekordhouer as die digsbevolkte nasie in die wereld.
Mongolie  is die land met die ylste bevolking in die wereld. 
Die bevolkingskartogram van die Europese- Unie gebruik gebiede en kleure om die bevolking aan te dui.

Met die berekening van mense word die bevolkingsdigtheid volgens die aantal mense in 'n gebied bepaal. Dit word gewoonlik per vierkante kilometer of vierkante myl bereken (dit kan, byvoorbeeld water- of gletsergebiede insluit, of uitsluit). Oor die algemeen word dit vir 'n distrik-, stad-, land-, vir 'n gebied-, of vir die hele wereld bereken.

Die wereld se bevolking is sowat 7,000,000,000 [3]  en die   Aarde  se totale gebied (insluitende land en water) is 510,000,000 vierkante kilometer (197,000,000 vierkante myl). [4]  Die wereldwye mensbevolkingsdigtheid is dus sowat 7,000,000,000 ÷ 510,000,000 = 13.7 per vierkante kilometer (35 per vierkante myl). Indien net die Aarde se landoppervlakte van 150,000,000 vierkante kilometer (58,000,000 vierkante myl) in ag geneem word, is die mens se bevolkingsdigtheid 47 per vierkante kilometer (120 per vierkante myl) meer. Dit sluit alle vastelande en eilande se grondgebiede asook  Antarktika  in. Met Antarktika uitgesluit, is die bevolkingsdigtheid meer as 50 mense per vierkante kilometer (meer as 130 per vierkante myl). [1]  Meer as die helfte van die aarde se landmassa bestaan uit onherbergsame gebiede, wat nutteloos is vir menslike habitat, soos woestyne en hoe berge. Mense is geneig om rondom seehawens en varswaterbronne saam te trek. Daarom bied die syfer dus nie juis enige behulpsame maatstaf van die mens se bevolkingsdigtheid nie.

Verskeie van die mees digbevolkte gebiede in die wereld is stadstate, mikrostate, en,  afhanklike gebiede . [5] [6]  Hierdie gebiede is relatief klein met hoe verstedelikingsvlakke, met ekonomies gespesialiseerde stadsbevolking wat ook op landelike hulpbronne van buite staatmaak. Dit bewys die verskil tussen hoe bevolkingsdigtheid en oorbevolking.

Stede met hoe bevolkingsdigtheid word, deur sommiges, as oorbevolk beskou, hoewel dit afhang van faktore soos die gehalte van behuising en infrastrukture en toegang tot hulpbronne. [7]  Meeste van die digbevolkte stede is in  Suidoos-Asie Kairo  en  Lagos  in Afrika  en val ook in hierdie kategorie. [8]

Mees digbevolkte lande/streke [ wysig | wysig bron ]

Volgens bewoonde streke [ wysig | wysig bron ]
Streek Bevolking Gebied per vierkante kilometer Digthteid

(Bevolking per vierkante kilometer)

Indo-Gangetic Plain (Punjab, Pakistan tot  Bangladesj  en  Assam ) 1 miljard 1,000,000 1000
Groter Noord-Chinese Vlaktes 600 miljoen 700,000 857
Sichuan Basin 110 miljoen 250,000 440
Java (eiland) 145 miljoen 130,000 1115
Taiheiyo Belt (Japan) 85 miljoen 60,000 1417
Suid-oos Chinese kus ( Guangdong , Hongkong , Fujian ) 140 miljoen 100,000 1400
Nyldelta 50 miljoen 50,000 1000
Suid-Indie ( Tamil Nadu Tamil , Pondicherry,  Bangalore  en  Kerala ) 120 miljoen 170,000 706
Wes-Indiese Kus (Maharashtra en Gujarat Kus) 70 miljoen 100,000 700
Colombiaanse Andes ( Colombia ) 40 miljoen 170,000 235
Noord-Europa ( Benelux , Noordryn-Wesfale ) 44 miljoen 110,000 400
Noord-Oos Amerikaanse Kus 45 miljoen 100,000 450
Suid-Sentraal  Engeland 40 miljoen 60,000 667
Sentraal-  Meksiko 40 miljoen 100,000 400
Luzo -eiland 50 miljoen 105,000 476
Suid-Korea 50 miljoen 100,000 500
Suidoostelike Brasiliaanse Kus 50 miljoen 100,000 500
Volgens politieke grense [ wysig | wysig bron ]
Bevolking meer as 1,000,000
Rangorde Land/streek Bevolking Gebied per vierkante kilometer Bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer
1 Vlag van Singapoer  Singapoer 5,535,000 719 7698
2 Vlag van Hongkong  Hongkong 7,234,800 1,104 6553
3 Palestinian flag  Palestynse Owerheid 1,816,379 360 5045
4 Vlag van Bahrein  Bahrein 1,234,567 750 1646
5 Vlag van Bangladesj  Bangladesj 157,457,000 147,570 1067
6 Vlag van Republiek van China  Republiek van China (R.O.C) 23,361,147 36,190 646
7 Vlag van Mauritius  Mauritius 1,288,000 2,040 631
8 Vlag van Libanon  Libanon 5,851,000 10,452 560
9 Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 51,529,338 99,720 517
10 Vlag van Rwanda  Rwanda 11,262,564 26,338 428
Met 'n bevolking meer as 10,000,000
Rangorde Land/streek Bevolking Gebied per vierkante killometer Bevolkinsdigtheid per vierkante kilometer
1 Vlag van Bangladesj  Bangladesj 157,457,000 147,570 1067
2 Vlag van Republiek van China  Republiek van China (R.O.C) 23,361,147 36,190 646
3 Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 51,529,338 99,720 517
4 Vlag van Rwanda  Rwanda 11,262,564 26,338 428
5 Vlag van Nederland  Nederland 16,919,139 41,526 407
6 Vlag van Indië  Indie 1,263,680,000 3,185,263 397
7 Vlag van Haïti  Haiti 10,413,211 27,750 375
8 Vlag van België  Belgie 11,239,755 30,528 368
9 Vlag van Filippyne  Filippyne 102,078,300 300,076 340
10 Vlag van Japan  Japan 127,290,000 377,944 337

Ander metodes van meting  [ wysig | wysig bron ]

Hoewel rekenkundige digtheid die algemeenste manier van meting vir bevolkingsdigtheid is, is daar verskeie ander metodes ontwikkel om 'n meer akkurate meting van bevolkingsdigtheid oor 'n spesifieke gebied te meet.

  • Rekenkundige digtheid : Die totale aantal mense/gebied of land (gemeet in vierkante kilometer of vierkante myl).
  • Fisiologiese digtheid: Die totale bevolking/gebied van landbougrond.
  • Landboudigtheid : Die totale landelike bevolking/gebied van landbougrond.
  • Residensiele digtheid : Die aantal mense wat in 'n beboude gebied/totale gebied van 'n land se residensiele gebied bly.
  • Stedelike digtheid : Die aantal mense wat in 'n stedelike gebied/totale stedelike gebied van 'n land bly.
  • Ekologiese optimum : Die bevolkingsdigtheid wat deur natuurlike hulpbronne gesteun word.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 Matt Rosenberg Population Density .
  2. Minimum viable population size .
  3. U.S. & World Population Clocks .
  4. World Geargiveer 5 Januarie 2010 op Wayback Machine .
  5. Department of Economic and Social Affairs Population Division (2009). "World Population Prospects, Table A.1" (PDF) . 2008 revision. United Nations . Besoek op 12 Maart 2009 . {{ cite journal }} : Cite journal requires |journal= ( hulp )
  6. The Monaco government uses a smaller surface area figure resulting in a population density of 18,078 per km 2
  7. Human Population .
  8. The largest cities in the world by land area, population and density .