in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Kind
(meervoud:
kinders
) is 'n jong persoon wat nog nie
volwassenheid
bereik het nie, of 'n persoon wat nog nie puberteit bereik het nie. 'n Babatjie wat nog nie gebore is nie word soms al 'n kind genoem. Iemand kan ook sy/haar ouers se kind genoem word, ongeag van hoe oud die persoon is.
Elke kind het 'n biologiese
pa
en 'n
ma
(die ouers). As die ouers ook ander kinders het, is hulle
broers
en
susters
van mekaar. Soms word peetouers vir kinders aangewys. Indien die ouers nie meer na die kind kan omsien nie, neem die peetouers die verantwoordelikheid (voogskap) oor.
'n Kind wat beide sy ouers verloor het is 'n
weeskind
. Sulke kinders kan deur hulle peetouers of die res van die familie (soos 'n ouma, oupa, oom of tannie) grootgemaak word. Indien nie, word die kind in 'n weeshuis geplaas. Kinders kan ook deur 'n proses van aanneming na ander gesinne uitgeplaas word.
Wanneer twee mense
trou
, en een (of beide) het voor die troue 'n kind by iemand anders, word die kind deur sy nie-biologiese ouer 'n
stiefkind
genoem. As beide ouers kinders het, is die kinders van elke ouer
stiefbroers
of
stiefsusters
van mekaar.
In meeste lande word kinders op 'n voorafbepaalde ouderdom
skool
toe gestuur. Kleiner kinders kan na speelgroepe of kleuterskole gestuur word terwyl hulle ouers werk. In ander lande (minder algemeen) werk kinders in fabrieke of saam met hulle ouers of voogde op lande.
|
Sien
kind
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|