Nelson Rolihlahla Mandela
(*
18 Julie
1918
; †
5 Desember
2013
[3]
) was die eerste staatshoof (1994?1999) van 'n volledig demokratiese
Suid-Afrika
. Hy is in 1999 as staatshoof deur
Thabo Mbeki
opgevolg.
Vroeere lewe
Rolihlahla Mandela is op
18 Julie
1918 in
Mvezo
, in die
Transkei
in die destydse
Unie van Suid-Afrika
, gebore. Op die ouderdom van sewe jaar oud in
Qunu
word hy die eerste lid van sy familie wat skool toe gaan. Hier ontvang hy sy Engelse noemnaam, "Nelson", van 'n onderwyseres.
Na matriek studeer Mandela aan die
Universiteit van Fort Hare
, waar hy
Oliver Tambo
ontmoet, 'n lewenslange vriend en later kollega in die stryd ("struggle") om die bevryding van die agtergeblewe volke van Suid-Afrika.
Politieke bedrywighede
Reeds as jeugdige en student verset Mandela hom teen regeringsoptrede wat die swart bevolking hul politieke, maatskaplike en ekonomiese regte ontneem. In
1942
word Mandela lid van die
ANC
en, saam met kamerade soos
Walter Sisulu
en
Oliver Tambo
en verskeie ondersteuners, stig hulle in
1944
die
ANC Jeugliga
.
Die
Afrikaner
-beheerde
Nasionale Party
verkry in
1948
politieke beheer en ontwikkel die
apartheidsbeleid
wat op rasse-segregasie gegrond is. Mandela is prominent in die ANC se versetaksie van
1952
asook die
1955
-kongres waartydens die
Vryheidsmanifes
aangeneem word.
Uit die aard van die saak word die opstandelinge strafregtelik vervolg. Die regspraktyk Mandela & Tambo verleen egter goedkoop en selfs gratis regshulp aan swart beskuldigdes, wat andersins sonder enige regsverteenwoordiging hoegenaamd in die hof sou moes verskyn.
Mandela is immer teen gewelddadige verset. Massa-aksie lei daartoe dat hy en 150 ander op 5 Desember
1956
in hegtenis geneem en van
hoogverraad
aangekla word. Die verhoor duur 5 jaar tot in 1961, maar al die beskuldigdes word vrygespreek.
In
1960
skiet die
SA Polisie
na oproeriges in
Sharpeville
en word die ANC en anti-apartheidsgroepe verbied. Na hierdie gebeurtenis, wat as 'n slagting onder die oproeriges beskou word, besluit Mandela en sy volgelinge om hulle tot gewapende verset te wend.
Inhegtenisname en gevangesetting
In
1961
word Mandela leier van die ANC se gewapende vleuel
Umkhonto we Sizwe
.
Op 5 Augustus
1962
word Mandela in hegtenis geneem, nadat hy 17 maande voortvlugtig was en word in die Johannesburg Fort in gevangenis geplaas.
Op 25 Oktober 1962 is Mandela tot vyf jaar gevangenestraf gevonnis en op 11 Junie
1964
word hy skuldig bevind en uitspraak gelewer betreffende sy verbintenis met terroristebedrywighede. Pres.
P.W. Botha
het hom verskeie kere kwytskelding van sy vonnis aangebied, mits hy geweld afsweer. Hy het dit van die hand gewys, en daardeur 27 jaar lank in die tronk deurgebring. Hy was tussen 1964 en
1982
op
Robbeneiland
gehou. Daarna is hy na
Pollsmoor-gevangenis
oorgedra waar hy tussen 1982 en
1988
gehou is. Daarna, as gevolg van
tuberkulose
is hy na
Drakenstein-gevangenis
oorgedra waar hy van 1988 tot sy vrylating op 11 Februarie
1990
gehou is.
Presidentskap
Huwelike
Egskeiding ontbind sy eerste huwelik van 13 jaar met Evelyn Ntoko Mase in
1957
.
Sy tweede huwelik is met
Winnie Madikizela
, wat na 38 jaar eindig met 'n egskeiding in Maart
1996
.
Sy derde huwelik is op 18 Julie
1998
(Mandela se 80ste verjaarsdag) met Graca Machel (weduwee van die voormalige
Mosambiekse
president, Samora Machel) voltrek.
Na sy vrylating
Mandela word gereken as 'n ikoon in onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hy speel 'n sentrale rol in die
onderhandelinge om apartheid te beeindig
. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te
Robbeneiland
, tree hy op as patriarg om wereldwyd respek te ontlok vir sy
leierskap
. Sy aansien styg ook onder die
wit
Afrikaners
in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die
apartheidsjare
as "vyand" tipeer het.
Saam met
F.W. de Klerk
ontvang Mandela die
Nobelprys vir Vrede
in
1993
.
[4]
Hy oorhandig die
William Webb Ellistrofee
aan
Francois Pienaar
nadat die
Springbokke
die
Rugbywereldbeker 1995
gewen het.
Aftrede
Hy ontluik hierna as voorspraakmaker vir 'n verskeidenheid menseregte-organisasies en -bedrywighede gerig op maatskaplike werksaamhede.
Gedurende Mei
2004
tree hy op in die afvaardiging wat Suid-Afrika by
FIFA
verteenwoordig om die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2010
aan te bied. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging is suksesvol en Mandela word in hierdie opsig beskou as 'n sleutelfiguur.
Mandela kondig op 1 Junie 2004 aan dat hy uit die openbare oog tree "om te gaan rus" ? "hy benodig meer tyd om saam met sy familie deur te bring, privaat te wees en sy boek te voltooi". Hy wou ook meer leeswerk doen.
Afsterwe
Op
5 Desember
2013 maak die president van Suid-Afrika,
Jacob Zuma
, bekend dat Mandela op 95-jarige ouderdom in sy huis in Johannesburg oorlede is.
[5]
Boodskappe van meegevoel stroom hierna vanuit alle dele van die wereld in. In Suid-Afrika is 'n tydperk van nasionale rou afgekondig. Sondag 8 Desember was aangewys as 'n landswye dag van 'gebed en besinning' en op 10 Desember word daar 'n reuse gedenkbyeenkoms vir die ontslape oud-president in die FNB-stadion te
Soweto
gehou. Mandela is op
15 Desember
2013 in
Qunu
in die teenwoordigheid van sy familie en duisende roubeklaers begrawe, en die volle dag se verrigtinge is direk op TV gebeeldsend.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
|
---|
1901?1925
| |
---|
1926?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001-hede
| |
---|
|
---|
1927?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001?hede
| |
---|
|