Moeder Teresa
was 'n
Rooms-Katolieke
non wat bekend was vir haar betrokkenheid by die armes en straatmense van
Kalkutta
in
Indie
, asook vir haar kontroversiele nalatenskap wat die vraagstukke van
aborsie
en antikonsepsie betref. Sy het haar omstrede uitlatings en twyfelagtige dade in die naam van die Christelike god en van liefdadigheid, en met ondersteuning van die Rooms-Katolieke Kerk en dikwels kontroversiele politieke figure, die lig laat sien. Ten spyte hiervan het sy 'n geweldig gewilde persona geskep en onderhou en het haar liefdadigheidsstigting, die Sendelinge van Liefdadigheid, vandag meer as 570 sendingstasies wereldwyd met ongeveer 4 000 nonne, 'n sogenoemde broederskap met 300 lede en meer as 100 000 lekevrywilligers. Hulle bestuur vandag steeds die omstrede tuistes vir
vigs
,
melaats
- en
tuberkulosepasi
ente en bestuur skole, kinderhuise en sopkombuise wat meer as 500 000 gesinne per jaar voed.
Moeder Teresa het baie toekennings ontvang, waaronder die
Nobelprys vir Vrede
in 1979.
[1]
In 1996 het sy die vierde persoon in die wereld geword wat die ereburgerskap van die
Verenigde State
ontvang het.
Op 15 Maart 2016 het die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk,
pous Franciscus
, aangekondig dat Moeder Teresa op 4 September 'n heilige van die Kerk gemaak sou word. Die Kerk beskryf heiliges as mense wat heilig genoeg geleef het om nou in die hemel te wees. Twee wonderwerke, altwee die genesing van siekes, word aan Moeder Teresa toegeskryf.
Anjeze Gonxhe Bojaxhiu
is op 26 Augustus 1910 in
Skopje
,
Ottomaanse Ryk
, gebore aan Albanese ouers Nikoll en Drandafille Bojaxhiu. As 'n kind het sy haar ma gehelp om armes en behoeftiges in hulle buurt te versorg en baie gelees oor Sloweense en Kroatiese sendelinge in Indie. Sy het besluit dat sy haar lewe wil wy aan die bediening van die armes. Op die ouderdom van agtien jaar het sy na Dublin, Ierland gereis waar sy aangesluit het by die Orde van die Susters van Ons Dame van Loreto, 'n orde wat baie aktief was in Indie. Daar het sy die naam Teresa van Sint Teresa van Lisieux, die beskermheilige van vreemde sendelinge, gekies. Na 'n jaar in Ierland het sy na die Loretta klooster in Darjeeling aan die voet van die
Himalajas
gegaan waar sy as onderwyser en hoof van St Mary's Hoerskool in Calcutta opgetree het. Die skool was naby aan een van die grootste agterbuurte in Calcutta en sy is geraak deur die siek en sterwende mense in die strate.
In September 1946, terwyl sy per trein onderweg was na Darjeeling, het sy 'n duidelike roepe van God ontvang om "Hom te dien tussen die armstes van die armes". Sy het toestemming gevra om die orde te verlaat om 'n bediening tussen die siekes te begin. In 1948 is haar versoek toegestaan en het sy haar Loreto kleed verruil vir die goedkoop blou en wit sari en na Patna gegaan om as verpleegster opgelei te word. Sy het begin om in Calcutta se strate babas te was, wonde te verbind en kinders te leer lees en skryf. Ander nonne het gou haar voorbeeld gevolg en 'n geloofsorde van nonne, die Sendelinge van Liefdadigheid, is gestig. Later is die orde erken as 'n pontifikale gemeente kragtens die wetgewing van Rome.
Een van haar eerste projekte was om 'n verlate Hindoe-tempel te omskep in die Kalighat Tuiste vir Sterwendes waar selfs die armste mense met respek kon sterf. Daarna het sy die Nirmal Hriday (Rein Hart) Tuiste vir Sterwendes, Shanti Nagar, 'n "vredesdorp" vir melaatses en haar eerste kinderhuis oopgemaak. Moeder Teresa en haar susters het begin om meer en meer huise deur die hele Indie oop te maak waar daar omgesien is na hongeres, haweloses en siekes.
In 1965 het Paul VI haar toestemming gegee om haar orde wereldwyd uit te brei waarna sy haar werk na vyf ander kontinente geneem het, regoor die wereld gereis het om nuwe sentra oop te maak, haar susters raad te gee en geld in te samel vir armes. In 1990 is sy gedwing om haar werkslas te verlig as gevolg van die agteruitgang van haar gesondheid en in Maart 1997 het sy uitgetree as hoof van die orde.
Op 5 September 1997 het Moeder Teresa op die ouderdom van 87 gesterf.