in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Hertzogprys
is 'n bekroning wat toegeken word deur die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
. Dit word jaarliks toegeken aan 'n skrywer met hoogstaande werk, beurtelings, in die veld van
drama
,
poesie
of
prosa
. Die jaarlikse wenner word bepaal deur die Letterkundekommissie van die SA Akademie. Die toekenning van die prys is onderhewig aan bekragtiging deur die Akademieraad. Dit word beskou as die hoogste eer wat 'n
Afrikaanse
skrywer kan toekom.
Die Hertzogprys is die belangrikste prestigeprys in die Afrikaanse letterkunde en heet na een van die grootste kampvegters vir Afrikaans: genl.
J.B.M. Hertzog
.
Dit het in
1914
tot stand gekom deur 'n skenking van £1 200 wat genl. Hertzog vir die doel gemaak het. Hy was in
1910
in 'n lastergeding gewikkel wat voortgevloei het uit sy stryd vir die onderrig van Hollands in die skole van die Vrystaat. Die geld het oorgebly uit 'n fonds vir die vereffening van genl. Hertzog se gedingkoste waartoe die Afrikaanse volk bygedra het en is deur hom onder beheer van die Akademieraad geplaas vir belegging en aanwending van die rente daarop vir 'n Afrikaanse letterkundige prys. Dit is gedoen ingevolge 'n notariele skenkingsakte, onder datum 27 Mei 1914.
Oorspronklik, so blyk uit die skenkingsakte, was dit 'n wedstrydprys vir ingesonde stukke, maar op 15 Februarie
1923
het genl. Hertzog skriftelik toegestem dat alle gepubliseerde boeke vanself in aanmerking mag kom. In
1928
is met genl. Hertzog se toestemming, soos in 'n brief van 3 April 1928 te kenne gegee, besluit om die drie literere vorme, nl. prosa, poesie en drama, afsonderlik om die beurt te bekroon. Volgens voorskrif van die skenkingsakte self, kon tydens genl. Herzog se lewe veranderinge in die voorwaardes aangebring word met sy toestemming. Na sy oorlye mag dit geskied by eenparige besluit van die Akademieraad.
Gedurende enkele jare het ook "wetenskaplike prosa" vir die Hertzogprys in aanmerking gekom. So het prof.
J. du P. Scholtz
in
1943
die Hertzogprys ontvang vir "Die Afrikaner en sy taal" en dr. Coenraad Beyers in
1944
vir "Die Kaapse Patriotte". In
1946
is die afdeling "wetenskaplike prosa" afgeskaf. Hieruit het in
1947
die Akademieprys vir Geesteswetenskappe ontstaan, wat sedert
1955
bekend staan as die '
Stalsprys vir Geesteswetenskappe
'.
Die prys behels 'n kontantbedrag soos bepaal deur die borg, asook 'n 18
karaat
goue Hertzoggedenkpenning.
Die prys word slegs toegeken aan oorspronklike werke in Afrikaans. Die wisseling tussen die drie letterkundige formate het begin in
1968
met poesie, daarna drama en daarna prosa. Die kommissie oorweeg slegs werk gepubliseer uit die vorige drie kalenderjare, en kan die toekenning maak op 'n enkelwerk of die oeuvre van 'n skrywer.
Lys van Hertzogpryswenners
[
wysig
|
wysig bron
]
|
---|
Akademiepryse
| |
---|
Akademiemedaljes
| |
---|
Erepennings
|
Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde
·
Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentere Televisieprogramme
·
Erepenning van die Akademie
·
Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering
·
Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie
|
---|
Ander
| |
---|