Die
Statebond
(vroeer
Britse Statebond
,
Engels
:
Commonwealth of Nations
, tot 1947
British Commonwealth of Nations
) is 'n vrywillige vereniging van 56
onafhanklike
, soewereine lande, wat uit die
Verenigde Koninkryk
en, meestal, sy voormalige
kolonies
bestaan.
Nie alle lede van die Statebond erken die
Britse monarg
as
staatshoof
nie. Die wat dit wel doen, is bekend as Statebondgebiede, maar die meeste lede is
republieke
, en 'n handvol ander is inheemse monargiee. Alle lede erken wel
koning Charles III
as hoof van die Statebond, 'n rol wat miskien die beste met die van 'n seremoniele
president
vergelyk kan word.
Die Statebond het die Britse Ryk vervang, en sy oorsprong le in die Rykskonferensies van die laat 1920's (konferensies van Britse en koloniale eerste ministers het gebeur vanaf
1887
), waar die
onafhanklikheid
van selfregerende kolonies en dominiums erken is, en is uiteindelik geformaliseer deur die Statuut van Westminster in 1931. Die Statebond is geskep as 'n vereniging van vrye en gelyke state, en lidmaatskap was gebaseer op die gemene trou aan die Britse Kroon.
Na die
Tweede Wereldoorlog
is die Ryk stadig afgebreek, wat deels aan die groei van onafhanklikheidsbewegings in die onderdanige streke (mees belangrik in
Indie
onder die invloed van
Mahatma Gandhi
) toegeskryf kan word, asook die Britse Regering se verkrampte omstandighede as gevolg van die koste van die oorlog.
Burma
(1948) en Suid-Jemen (1967) was onder die paar vorige kolonies/protektorate wat nie tot die Statebond toegetree het by onafhanklikheidswording nie. Miskien die mees bekende groep vorige Britse kolonies, die
Verenigde State
, is ook nie lid van die Statebond nie, omdat die onafhanklikheid van die VSA hierdie instelling met oor 'n honderd jaar voorafgaan. Die
Republiek Ierland
was 'n lid, maar het die Statebond verlaat met
republiekwording
in 1949.
Die kwessie van republiekstatus binne die Statebond is eers in 1950 opgelos toe daar ooreengekom is, volgens 'n formule voorgestel deur Kanadese
eerste minister
Louis St. Laurent, dat Indie 'n lid mag bly ten spyte van sy huidige republiekgrondwet
1
. (Voorheen het Ierland en Burma die Statebond verlaat na republiekwording.) Hierdie besluit, soos uiteengesit in die
London Declaration
, het toegelaat dat lede die Britse monarg as Hoof van die Statebond aanvaar ongeag van hulle binnelandse grondwetlike opset, en word deur baie gesien as die begin van die moderne Statebond.
Soos die Statebond gegroei het, het Brittanje en die vorige "blanke Dominiums" informeel (en meestal veragtend) bekend geraak as die Wit Statebond, spesifiek wanneer hulle met die armer, meestal nie-blanke Statebondslede verskil het oor verskeie kwessies by die Statebond Regeringshoofde-ontmoetings. Aantygings dat die "Wit Statebond" ander belange as spesifiek die Afrika Statebondnasies het, asook beskuldigings van
rassisme
en
kolonialisme
het gereeld voorgekom gedurende debatte oor
Rhodesie
in die 1970's, die oplegging van sanksies teen die
apartheidsera
Suid-Afrika
in die 1980's, en meer onlangs oor die kwessie van om druk uit te oefen vir demokratiese hervorming in
Nigerie
en later
Zimbabwe
in onlangse jare.
Sedert die toetrede van
Mosambiek
(in 1995),
Rwanda
(in 2009) asook
Gaboen
en
Togo
(albei in 2022) het die Britse Statebond ook lidlande wat nooit deel van die Britse Ryk was nie, maar onderskeidelik
Portugese
,
Belgiese
of
Franse kolonies
.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Statebondspele
.
Die Statebond hou die Statebondspele elke vier jaar, twee jaar na elke
Olimpiese Somerspele
.
Lys van Statebondslede volgens kontinent
[
wysig
|
wysig bron
]
Datum van lidmaatskap tussen hakies.
[1]
)
- Koning
Charles III
: 8 September 2022 ? tans
- Koningin
Elizabeth II
: 6 Februarie 1952 ? 8 September 2022
- Koning
George VI
: 11 Desember 1936 ? 6 Februarie 1952
- Koning
Edward VIII
: 20 Januarie 1936 ? 11 Desember 1936
- Koning
George V
: 11 Desember 1931 ? 20 Januarie 1936
Sekretarisse-generaal van die Britse Statebond:
[16]
- Patricia Scotland (Verenigde Koninkryk): 1 April 2016 ?
hede
- Kamalesh Sharma (Indie): 1 April 2008 ? 1 April 2016
- Don McKinnon (Nieu-Seeland): 3 April 2000 ? 1 April 2008
- Emeka Anyaoku (Nigerie): 1 Julie 1990 ? 3 April 2000
- Shridath Ramphal (Guyana): 1 Julie 1975 ? 30 Junie 1990
- Arnold Smith (Kanada): Junie 1965 ? 30 Junie 1975
- Paul Kagame
(Rwanda): 24 Junie 2022 ?
hede
- Boris Johnson
(Verenigde Koninkryk): 24 Julie 2019 ? 24 Junie 2022
- Theresa May
(Verenigde Koninkryk): 19 April 2018 ? 24 Julie 2019
- Joseph Muscat (Malta): 27 November 2015 ? 19 April 2018
- Maithripala Sirisena (Sri Lanka): 9 Januarie 2015 ? 27 November 2015
- Mahinda Rajapaksa (Sri Lanka): 15 November 2013 ? 9 Januarie 2015
- Tony Abbott
(Australie): 18 September 2013 ? 15 November 2013
- Kevin Rudd
(Australie): 27 Junie 2013 ? 18 September 2013
- Julia Gillard
(Australie): 28 Oktober 2011 ? 27 Junie 2013
- Kamla Persad-Bissessar (Trinidad en Tobago): 2010?2011
- Patrick Manning (Trinidad en Tobago): 2009?2010
- Yoweri Museveni (Uganda): 2007?2009
- Lawrence Gonzi (Malta): 2005?2007
- Olusegun Obasanjo
(Nigerie): 2003?2005
- John Howard
(Australie): 2002?2003
- Thabo Mbeki
(Suid-Afrika): 1999?2002
Streeksorganisasies
|
---|
Liggame
| |
---|
Onderwerpe
| |
---|