in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sint Pous Pius X
|
Gebore
|
2 Junie
1835
,
Riese
,
Lombardye
|
Sterfte
|
20 Augustus
1914
,
Rome
,
Italie
|
Vereer in
|
Rooms-Katolieke Kerk
|
Saligverklaring
|
3 Junie
1951
, Sint Pieterskerk,
Vatikaanstad
deur
Pous Pius XII
|
Heiligverklaring
|
29 Mei
1954
, Sint Pieterskerk,
Vatikaanstad
deur
Pous Pius XII
|
Feesdag
|
21 Augustus
3 September
(Algemene Romeinse Kalender 1955?1969)
|
Beskermheilige
|
Genootskap van Sint Pius X,
[1]
Aartsbisdom van
Atlanta
,
Georgia
; Bisdom van
Des Moines
,
Iowa
; Bisdom van Great Falls-Billings,
Montana
; Aartsbisdom van Kottayam,
Indie
; Esperantiste; pelgrims; Santa Lu?ija,
Malta
; Bisdom van Springfield-Cape Girardeau,
Missouri
; Aartsbisdom van Zamboanga,
Filippyne
; emigrante uit Treviso; Patriargie van Venesie; kategete
[2]
|
Die
heilige
Pous Pius X
was die 257ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
vir 11 jaar en 17 dae, van
1903
tot
1914
. Hy is bekend weens die instelling van die kindernagmaal en die bestryding van modernistiese dwalinge.
Pous Pius X
[3]
[4]
is gebore as Giuseppe Melchiorre Sarto op
2 Junie
1835
in
Riese
,
Lombardye
. Hy was 'n seun van Giovanni Battista Sarto en Margarita Sanson, vermoedelik 'n immigrant uit
Pole
. Hy het drie broers en ses susters gehad. Hy is gedoop op
3 Junie
1835
. Sy familie was baie arm en hy het sy skoolopleiding gesien as 'n groot voorreg. Hy kry 'n beurs vir priesteropleiding en begin sy kerklike loopbaan as priester in Tombolo. Uiteindelik word hy kardinaal-patriarg van
Venesie
. Op
4 Augustus
1903
volg hy
Pous Leo XIII
en word gekroon op
9 Augustus
1903
deur kardinaal Luigi Macchi. Hy regeer tot sy dood op
20 Augustus
1914
en word opgevolg deur
Pous Benedictus XV
. Die naam ‘Pius’ beteken 'die vrome'.
Sarto word op
18 September
1858
tot priester gewy en kry Tombolo as sy eerste gemeente. Hy studeer verder terwyl hy werk en konsentreer op die teologie van Thomas van Aquino en kerklike reg. In
1867
word hy aartspriester van die katedraal in Salzano. In die vroee 1870’s word hy kanunnik van die katedraal in Treviso en rektor van die seminarie in die stad. Op
10 November
1884
word hy aangestel as biskop van Mantua deur
Pous Leo XIII
. Op
12 Junie
1893
word hy kardinaal met San Bernardo alle Terme as titelkerk. Drie dae na sy benoeming as kardinaal word hy patriarg van Venesie.
Na die dood van
Pous Leo XIII
was die verwagting dat die kardinaal-staatssekretaris kardinaal Mariano Rampolla del Tindaro pous sou word. Sy verkiesing is egter geveto deur keiser
Frans Josef I van Oostenryk
. Die rede daarvoor was waarskynlik dat Rampolla dat
Frankryk
,
Rusland
en
Duitsland
gesteun het, eerder as
Oostenryk
en
Pole
. Giussepi Sarto is toe verkies omdat hy as konserwatief 'n teenstelling tot Rampolla was.
Die eerste daad van Pius X
[5]
was om die vetomag van staatshoofde af te skaf en te dreig dat enige kardinaal wat sy veto tot voordeel of in opdrag van 'n wereldlike mag sou uitbring, geekskommunikeer sou word. Hy tree streng op teen die modernisme veral in Frankryk, Duitsland en die
Verenigde Koninkryk
. In
1907
publiseer hy die ensikliek “Pascendi Dominici Gregis” wat die kerk probeer suiwer van die moderniste. Die uitwerking daarvan was problematies. Pius se opvolger
Pous Benedictus XV
het die stryd later verswak en die modernisme het herleef onder latere pouse. Pius X bestry ook die "
fundamentalisme
" van die
verligting
, die
liberalisme
en die
kommunisme
. Hy was voorstander van vrywillige liefdadigheid onder leiding van die kerk, eerder as
sosialisme
deur die staat. Hy tree ook op teen korrupsie en simonie in die kerk. Met sy pouslike brief “Tra le sollecitudini” van 1903 probeer hy die Gregoriaanse kerkmusiek te herstel. Een jaar later gee hy die Benediktynse klooster in Solsesmes opdrag om 'n nuwe “Graduale” (gesangboek) op te stel waarin die Gregoriaanse musiek in al sy glorie herstel is. Op
5 April
1906
ekskommunikeer
Pius die Maria-aanbidders (“Mariavite”) Feliksa Kozlowska en Jan Maria Michal Kowalski. Kozlowska was die eerste vrou wat ooit deur 'n pous geekskommunikeer is. Pius X is veral bekend weens die bevordering van die nagmaalgebruik in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Hy het leeftydsgrens vir nagmaalgebruik van 12 of 14 tot 7 jaar verminder. Die pous sterf 'n paar weke naas die uitbreek van die
Eerste Wereldoorlog
.
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Pius X het 50 nuwe kardinale aangestel in 7 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
- 1903 ? Johannes van Vercelli.
- 9 Desember
1903
? Amadeus van Lausanne.
- 9 Desember
1903
? Arigius van Gap.
- 9 Desember
1903
? Hugh (Hugo) van Bonnevaux.
- 1904
? Eldrad (of Heldrad) van Novalese.
- 1 Januarie
1904
? Cassian Vas Lopez-Neto.
- 29 Augustus
1904
? Gaspare del Bufalo.
- 23 Oktober
1904
? Agathatange Nourry van Vendome.
- 1905
? Stephanus Pongracz.
- 8 April
1905
? Jean Baptiste Marie Vianney.
- 13 Mei
1906
? Julie Billart.
- 20 Mei
1906
? Valentine Berrio-Ocha.
- 27 Mei
1906
? Die sestien martelaresse van Compiegne:
- Anne Petras.
- Anne-Marie-Madeleine Thouret.
- Marie Genevieve Meunier.
- Rose Chretien de la Neuville.
- Marie Claude Cyprienne Brard.
- Madeleine-Claudine Ledoine.
- Marie-Anne Brideau.
- Marie-Anne Piedcourt.
- Marie-Antoinette (Anne) Hanisset.
- Marie-Francoise Gabrielle de Croissy.
- Marie-Gabrielle Trezel.
- Angelique Roussel.
- Julie (of Juliette) Verolot.
- Marie Dufour.
- Catherine Soiron.
- Teresa Soiron.
- 1907 ? Magdalen Albrizzi.
- 1907 ? Clarus van Vienne.
- 1907 ? Zdislava Berka.
- 1907 ? Don Giovanni Bosco.
- 1908
? Maria Magdalena Postel.
- 24 Mei
1908
? Madeline Sophie Barat.
- 31 Mei
1908
? Gabriel Marie Possenti.
- 12 Augustus
1908
? Christina van Stommeln (ook Kristina Bruso of Bruzo)
- 1 Desember
1908
? Jan van Ruysbroeck.
- 1909
? Andrew Nam Thung.
- 1909 ? Agnes De.
- 11 April
1909
?
Johanna van Arkel
(Jeanne d’Arc).
- 25 April
1909
? Jean Eudes.
- 1 Mei
1909
? Giuse Nguyen Van Luu.
- 2 Mei
1909
? Agatha Lin.
- 2 Mei
1909
? Hieronimus Lu.
- 25 Augustus
1909
? Otto (of Utto) van Metten.
- 1911
? Giacomo (Jakobus) van Viterbo.
- 1911 ? Bonaventure Tornielli
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
[
wysig
|
wysig bron
]
Pius X is op
3 Junie
1951
salig verklaar deur
Pous Pius XII
. Dieselfde pous het Pius X heilig verklaar op
29 Mei
1954
veral as teken teen die modernisme. Sy feesdag is op
21 Augustus
maar in die tridentynse liturgie op
3 September
.
- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing.
http://www.saint-mike.org/library/
papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Pius X
.
|
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- Bulle
'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- Inskrywing
in die Giga Catholic Information (Engels).
- Inskrywing
in die Saint-Mike Papal Library (Engels).
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur
Giovanni Berengo
|
Biskop van Mantua
1884 ? 1893
|
Opgevolg deur
Paolo Origo
|
Voorafgegaan deur
Domenico Agostini
|
Patriarg van Venesie
1893 ? 1903
|
Opgevolg deur
Aristide Cavallari
|
Voorafgegaan deur
Leo XIII
|
Pous (Pontifex Maximus)
1903 ? 1914
|
Opgevolg deur
Benedictus XV
|
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|