in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Benedictus II
was die 81ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Volgens oorlewering is
Pous Benedictus II
gebore in
Rome
, die seun van Johannes. Hy het skool gegaan in die "Schola cantorum" en priester geword. Op
26 Junie
684
byna 'n jaar na die dood van sy voorganger, volg hy
Pous Leo II
op en regeer tot sy dood op
8 Mei
685
. Hy word opgevolg deur
Pous Johannes V
. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'die geseende'.
Die lang tyd tussen sy verkiesing en sy bevestiging as pous is veroorsaak deur die vereiste dat keiser
Konstantyn IV
goedkeuring moes verleen vir die bevestiging. Volgens die "Liber Diurnus Romanorum Pontificum" het Pous Benedictus egter 'n dekreet van die keiser bekom wat bepaal het dat die
eksarg
van
Ravenna
in die toekoms die goedkeuring sou gee. Benedictus het die twee seuns van Konstantyn, Justinianus en Heraclius, simbolies geadopteer.
Soos sy voorganger was pous Benedictus 'n sterk teenstander van die monotelitisme. Hy het probeer om ook die
Spaanse
biskoppe en die afgesette biskop van
Antiogie
, Macarius, so ver te kry om die besluite van die Sesde Ekumeniese konsilie te aanvaar. Koning Ervig en Sint Julianus, aartsbiskop van
Toledo
, het die besluite tydens die sinode van Toledo in November
684
aanvaar, maar Macarius het 'n ketter gebly. Benedictus het ook Sint Wilfrid as biskop van
York
gesteun.
Pous Benedictus II het die beginsel van "veilige hawe" (Eng. Sanctuary) weer ingestel, wat 'n lang tyd deur verskillende groepe verontagsaam is.
In die 15de eeu is beweer dat die pous 'n gesamentlike voorvader van die Savelli-familie was, maar die bewering kon nie dokumenter gestaaf word nie en is baie onwaarskynlik.
Pous Benedictus II word as heilige vereer in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Sy feesdag is op
8 Mei
.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon.
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press, 2001. bl. 62?63.
ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G.
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson, 2002, bl. 47.
ISBN 0500017980
.
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing
in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|