in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eulalius
[1]
[2]
was die vierde
teenpous
van die
Rooms Katolieke Kerk
. Hy en
Pous Bonifatius I
is gelyktydig deur twee verskillende faksies verkies. Die hulp van keiser Honorius is ingeroep om die saak te besleg. Die keiser roep 'n sinode bymekaar, maar dit bring geen uitsluitsel nie. Daar word toe deur die keiser besluit om beide Eulalius en Bonifatius uit
Rome
te verban totdat 'n besluit geneem is. Eulalius het egter in weerwil van die keiser se bevel vir die Paasfees na Rome teruggekeer en die keiser het sy verkiesing nietig verklaar op
3 April
419
. Eulalius het die keiser se bevinding aanvaar en op
29 April
419
vlug hy na Antium. Later word Eulalius 'n biskop onder
Pous Celestinus
- ↑
Eulalius. (2008).
Encyclopædia Britannica
. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑
Wace, Henry. (1911) Dictionary of Christian Biography and Literature to the End of the Sixth Century A.D. with an Account of the Principle Sects and Heresies. Peabody: Hendrickson Publishers.
ISBN 1-56563-460-8
. “Eulalius, an antipope”