Honorius III
was die 177ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1216
tot
1227
.
Pous Honorius III
[1]
is gebore as
Cencio Savelli
in
1148
in
Rome
,
Italie
, die seun van Aimerico. Daar bestaan twyfel of die familienaam Savelli korrek is.
[2]
Aan die begin van sy loopbaan was hy kanunnik van Santa Maria Maggiore en word kamenier van die Roomse Kerk in Desember
1189
. Op
20 Februarie
1193
benoem
Pous Celestinus III
hom as kardinaal-diaken van St. Lucia in Sisilie. Onder
Pous Clemens III
en
Pous Celestinus III
was hy skatmeester van die kerk en skryf hy die "Liber Censuum" 'n opname van die vaste bates van die Kerk. Van
1194
tot
1198
was hy vise-kanselier. In
1197
word hy tutor van die toekomstige keiser Frederik II wat die pleegseun was van
Pous Innocentius III
. Hy word kardinaal-priester op
13 Maart
1200
met die titel van Heilige Johannes en Paulus. Op
18 Julie
1216
volg hy
Pous Innocentius III
op en regeer tot sy dood op
18 Maart
1227
. Hy word opgevolg deur
Pous Gregorius IX
.
Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbare'.
Op
18 Julie
1216
het al die kardinale wat by
Pous Innocentius III
se dood teenwoordig was
[3]
in Perugia bymekaar gekom om 'n nuwe pous te kies. Weens die staatsprobleme in Italie, die bedreiging van die
Tartare
en die moontlikheid van kerkskeuring aanvaar die kardinale 'n kompromie-oplossing. Kardinale Ugolino van Ostia (later
Pous Gregorius IX
) en Guido van Praeneste is aangestel om die nuwe pous te kies. Hulle kies toe Cencio "Camerario" wat die keuse onwillig aanvaar het en die naam
Pous Honorius III
[4]
aanneem. Hy is bevestig in Perugia op
24 Julie
1216
, in
Rome
gekroon op
31 Augustus
1216
en neem sy intrek in die Lateraanse paleis op
3 September
1216
.
Die vyfde kruistog is aangekondig deur die vierde Lateraanse konsilie van
1215
en Honorius het voorbereidings getref om die kruistog in
1217
te laat begin. Om genoeg geld te bekom sou die pous en die kardinale 'n tiende en alle ander geestelikes 'n twintigste deel van hulle inkomste vir die doel bydra. Hoewel die bedrag wat sodoende bekom is, aansienlik was, was dit geensins genoeg nie.
Dit het gelyk of die kruistog 'n sukses sal word toe die pous vir Pierre de Courtenay as Latynse keiser van
Konstantinopel
kroon in April
1217
, maar die nuwe keiser is gevange geneem op sy reis na die Ooste en sterf in gevangeskap. Die keiser Frederik II se deelname was noodsaaklik om die kruistog 'n sukses te maak. Hoewel die keiser 'n eed gesweer het om na die Heilige Land te vertrek in
1217
, het Frederik getalm en die pous moes die kruistog keer op keer uitstel. Op
22 November
1220
is Frederik gekroon as keiser van die
Heilige Romeinse Ryk
, maar die keiser het steeds nie op kruistog vertrek nie. Damietta het op
8 September
1221
geval, maar die meeste Europese vorste het hulle eie oorloe gehad om te voer en kon nie lank hulle eie lande verlaat nie. Andries II van Hongarye en 'n vloot van kruisvaarders van die Benede-Ryn vertrek uiteindelik na die Heilige Land. Hulle herower Damietta, maar as gevolg van interne struwelinge misluk die kruistog uiteindelik. Uiteindelik word op
24 Junie
1225
besluit as die datum waarop Frederik na die Heilige Land sou vertrek en Honorius het die keiser se huwelik met Isabella, erfgenaam van die koninkryk van Jerusalem bespoedig. Die verdrag van San Germano in Julie
1225
het egter vir nog twee jaar vertraging gesorg. Honorius is uiteindelik dood voordat die kruistog vertrek het.
Die situasie in Engeland
[
wysig
|
wysig bron
]
Sedert
Pous Innocentius III
was Engeland 'n vassaalstaat van die pous. Koning
Jan sonder Land
sterf op
16 Oktober
1216
en sy tienjarige seun Hendrik III is sy opvolger. Die Engelse baronne was in opstand teen koning Jan en het die kroon aan Lodewyk, seun van die Franse koning Philip aangebied. Honorius het sy legaat Gualo opdrag gegee om by die baronne aan te dring dat hulle hulle wettige koning moet ondersteun en het hom (Gualo) die mag gegee om enigiemand wat aanhou om Lodewyk te ondersteun, te
ekskommunikeer
. Op
19 Januarie
1217
skryf die pous aan William, hertog van Pembroke, wat die jong koning se voog en regent was, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne en prins Lodewyk. Hierdie maatreels het daartoe gelei dat Hendrik as onbestrede koning van Engeland erken is op
11 September
1217
. Toe Pembroke in Mei
1219
sterf, het Honorius self die de facto regering van Engeland geword deur sy legaat Pandulf wat Gualo opgevolg het. Die situasie het voortgeduur solank as wat Hendrik minderjarig was.
Behalwe vir die herowering van die Heilige Land het die pous die
Kathare
vervolg. Hy het Simon de Montfort bevestig as die heerser oor die gebied van Raymond VI van
Toulouse
en het dit reggekry om die Franse koning by die konflik te betrek. Avignon is verower in weerwil van Frederik II se aansprake op die stad.
Honorius III het die orde van die Dominikane goedgekeur in die
bul
"Religiosam vitam" op
22 Desember
1216
en die Franciskane in die bul "Solet annuere" op
29 November
1223
. In
1221
keur hy die Orde van die Franciskane Sekuliere (O.F.S.) goed in die bul "Memoriale Propositi" en op
30 Januarie
1226
die orde van die Karmeliete met die bul "Ut vivendi normam". Hy gee ook goedkeuring aan die "Val des Ecoliers", 'n groep gevorm deur vier vrome professore in die teologie aan die Universiteit van Parys.
Pous Honorius III het aangedring daarop dat die geestelikheid behoorlik opgelei moet wees. In die geval van 'n sekere Hugo, wat verkies is tot biskop van Chartres, het hy sy goedkeuring weerhou in 'n brief op
8 Januarie
1219
weens "quum pateretus in litteratura defectum" (tekortkoming in die kennis van die literatuur). Om die studie van die teologie aan te moedig in die platteland het hy in die bul "Super specula Domini" die bevel gegee dat talentvolle jong mans na teologiese skole gestuur moet word, met die doel dat hulle na voltooiing van hulle studie teologie in hulle eie gebiede sal doseer.
In
1217
verleen Honorius die titel van koning aan Stefan I van Serwie. Op
17 Mei
1218
verklaar hy William, aartsbiskop van Bourges heilig, op
18 Februarie
1220
Hugo, biskop van Lincoln, op
21 Januarie
1224
William, ab van Roschild in
Denemarke
en op
18 Maart
1226
William, aartsbiskop van York.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|