Gregorius XIII
was die 227ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1572
tot
1585
. Hy is veral bekend vir die invoering van die
Gregoriaanse kalender
. Gregorius was ook betrokke by die onderdrukking van die Protestantisme in Europa, veral by die pogings om
Elizabeth I van Engeland
af te set en by die massamoord op die
Hugenote
in
Frankryk
tydens die
Bartolomeusnag
.
Pous Gregorius XIII
[1]
is gebore as
Ugo Boncompagni
op
7 Januarie
1502
in
Bologna
, Pouslike Staat (nou
Italie
). Hy was die vyfde seun van Cristoforo Boncompagni en sy vrou Angela Marescalchi. Hy was die oom van kardinale Filippo Boncompagni en Filippo Guastavillani. Aanvanklik het hy regte studeer aan die Universiteit van Bologna en later ook doseer. Onder sy studente was kardinaal Alessandro Farnese, kardinaal Reginald Pole en kardinaal Carlo Borromeo. Op dertigjarige leeftyd verhuis hy na Rome en werk aanvanklik vir
Pous Paulus III
die hom op
23 Februarie
1539
aanstel as "abbreviatore del Parco Maggiore" en as "solleciatore" van pouslike briewe op
2 Maart
1539
. Op
1 Junie
1539
tree hy toe tot die priesterskap in Bologna. Op
15 Oktober
1539
word hy regter van die Campidoglio en op
7 Januarie
1545
referendaris van die tribunaal van die Apostoliese hof vir geregtigheid en genade. Op
7 April
1552
koop hy die pos van pouslike sekretaris. Op
20 Julie
1558
word hy verkies tot biskop van Viesti. Op
12 Maart
1565
stel
Pous Pius IV
hom aan as kardinaal-priester en stuur hom na die konsilie van Trente. Hy dien ook as pouslike gesant na Spanje vanaf
13 Julie
1565
, waar hy 'n hegte band met die Spaanse koning
Filips II van Spanje
opbou, wat hom later goed gepas het. Op
13 Mei
1572
volg hy
Pous Pius V
op en word gekroon op
25 Mei
1572
deur kardinaal Innocenzo del Monte. Hy regeer tot sy dood op Woensdag
10 April
1585
en word opgevolg deur
Pous Sixtus V
.
Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Ugo Boncompagni
is tot pous verkies binne 24 uur na die dood van sy voorganger
Pous Pius V
. Vermoedelik het die invloed van die Spaanse koning daartoe bygedra. Hy kies die naam
Gregorius XIII
[2]
en in teenstelling met sy voorgangers het hy baie sober gelewe en sy persoonlike lewe was onberispelik. Sy briljante juridiese kennis en sy bestuursvermoe het die kerk goed te staan gekom. Na sy kroning het hy onmiddellik aan die kerkhervorming begin werk. Hy het hom daartoe verbind om die aanbevelings van die konsilie van Trente te implementeer. Kardinale en biskoppe moet in hulle streke woon en werk. Die kerkreg word versterk met die uitgawe van die "Corpus Juris canonici". Hy sentraliseer mag en vervang die konsistorie van kardinale met kolleges wat vir spesifieke take benoem word. Dit het die mag van die pous aansienlik versterk en die mag van die kardinale laat afneem.
Opleiding van priesters en bevordering van die kuns en wetenskap
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Gregorius XIII
was 'n liberale beskermer van die Jesuiete. Die kollege van die Jesuite in Rome het onder sy beskerming gegroei tot 'n belangrike sentrum van kennis in sy tyd. Dit staan tans bekend as die Pontifikale Gregoriaanse Universiteit. Die pous het ook talle seminaries (teologiese skole) gestig onder andere die Duitse seminarie op
6 Augustus
1573
, die Griekse seminarie op
13 Januarie
1577
, die seminarie vir bekeerde Jode en heidene in 1577, die Engelse seminarie op
1 Mei
1579
, die Maroniete seminarie op
27 Junie
1584
en die Hongaarse seminarie in 1589. In 1575 gee hy amptelike status aan die Kongregasie van die Oratorium, 'n priesterorde sonder gelofte, gewy aan gebed en prediking. Die orde is gestig deur die heilige Filippo Neri. In 1580 gee hy opdrag aan onder andere Inazio Danti om die verfraaiing van die Vatikaan klaar te maak en om die kaartgalery op te rig. In 1578 laat hy 'n
sterrewag
oprig wat tans nog as die Vatikaanse Sterrewag bestaan.
Die Gregoriaanse kalender
[
wysig
|
wysig bron
]
Gregorius is veral bekend vir die invoering van die Gregoriaanse kalender met die hulp van die Jesuiet en sterrekundige Christopher Clavius. Die hervorming was nodig omdat die bestaande kalender, die
Juliaanse kalender
, te lank was en die lente dag-en-nag-ewening van
21 Maart
tot
10 Maart
gegly het. Vir die bepaling van Paasfees is 21 Maart egter steeds gebruik.
Christopher Clavius het die nodige berekenings gemaak en die pous het beveel in die bul "Inter gravissimas" van
24 Februarie
1582
dat die dag na Donderdag 4 Oktober 1582, Vrydag 15 Oktober 1582 sou wees. Die nuwe kalender (die
Gregoriaanse kalender
) het die Juliaanse kalender wat sedert
45 v. Chr.
in gebruik was, vervang.
Die algemene bevolking was bitterlik gekant teen die verandering, aangesien hulle maandelikse huur moes betaal vir 'n maand wat 10 dae korter was. Die katolieke lande Spanje, Portugal, Pole en Italie het die nuwe kalender dadelik aanvaar. Frankryk, die Nederlande en verskeie dele van Duitsland en Switserland na twee jaar en Hongarye in 1587. Groot-Brittanje en sy Amerikaanse gebiede volg eers in 1752, waar Woensdag 2 September gevolg is deur Donderdag 14 September en Swede is die laaste Wes-Europese land wat die kalender aanvaar op 1 Maart 1753. In die Ortodokse Christelike lande is dit nog baie later aanvaar; Rusland in 1917, Turkye in 1923 en in Griekeland eers in 1923.
Saam met die datum het ook die begin van die jaar met die invoering van die Gregoriaanse kalender verskuif van
1 April
na 1 Januarie.
[3]
Party mense was onbewus van die verskuiwing, of wou dit nie aanvaar nie en het aangehou om Nuwejaar steeds op 1 April te vier. Hulle is uitgelag en as gekke beskou. Die gebruik het gelei tot die viering van 1 April as
Gekkedag
(Eng. "All Fools day")
Hoewel hy die konvensionele gevaar van die Turke besef het, het Gregorius meer gekonsentreer op onderdrukking van die Protestantisme. Hy het die planne van Filips II van Spanje om
Elizabeth I van Engeland
te onttroon, gesteun en daardeur agterdog onder die Engelse gesaai wat elke Katoliek begin sien het as 'n verraaier. Hy stuur in 1578 die avonturier Thomas Stukely met 'n skip en 800 soldate na Ierland om te probeer om die bewind van Elizabeth omver te werp. Stukely het hom egter by koning Sebastiaan van Potugal aangesluit vir die stryd teen keiser Abdul Malik van Marokko. 'n Tweede poging in 1579 onder die bevel van James Fitzmaurice was ook onsuksesvol. Die pous het geen aandeel gehad in die sluipmoordpoging op Elizabeth deur Henri, hertog van Guise en sy broer Charles, hertog van Mayenne nie.
Na afloop van die Sint Bartolomeus-nag bloedbad
[4]
op Sondag
24 Augustus
1572
in Frankryk teen die Hugenote, het pous Gregorius 'n plegtige "Te Deum"-mis opgedra in danksegging. Daar word algemeen aanvaar dat die pous onkundig was oor die ware toedrag van sake en gedink het dat 'n staatsgreep deur die Hugenote gefnuik is.
[5]
Op
22 Maart
1585
ontvang die pous vier ambassadeurs van Japan wat deur die bekeerde konings Bungo, Arima en Omura gestuur is. Hulle het die pous bedank vir die sendelinge wat hy na hulle gestuur het.
In Rome het Pous Gregorius XIII die pragtige Gregoriaanse kapel van die Sint Pieterskerk laat bou. Hy het die Quirinaal-paleis vergroot in 1580 en die baddens van Diocletianus in 'n graanskuur laat ombou in 1575.
Die pous het sy buite-egtelike seun Giacomo
[6]
(gebore in Bologna voor die pous se klerikale loopbaan begin het en gelegitimeer op
5 Julie
1548
deur die biskop van Feltre) kasteelheer van Sint Angelo gemaak. Koning
Filips II van Spanje
maak Giacomo 'n generaal in sy leer. Pous Gregorius het hom ook gehelp om 'n leenheer te word deur die verkryging van die hertogdom Sora op die grens van die pouslike staat en die koninkryk van Napels.
Heilig- en saligverklarings
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1582: Sint Norbert
- 1582: Sint Romauld
- 1584: Sint Alipius
Bulle, ensiklieke en dekrete
[
wysig
|
wysig bron
]
- 20 Mei
1574
? "Dominus ac Redemptor noster Jesus" Proklamasie van die Jubileum van 1575.
- 24 Februarie
1581
? "Inter Gravissimas" Invoering van die Gregoriaanse kalender.
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Gregorius XIII
het 34 nuwe kardinale aangestel in agt konsistories.
[7]
- Filippo Boncompagni, kardinaal-nepoot, priester van Bologna.
- Filippo Guastavillani, kardinaal-nepoot, priester van Bologna.
- Andreas van Oostenryk, seun van Aartshertog Ferdinand van Oostenryk.
- Albrecht van Oostenryk, aartshertog van Oostenryk, seun van keiser Maximiliaan II.
- Alessandro Riario, patriarg van Alexandrie.
- Claude de La Baume, aartsbiskop van Besancon, Frankryk.
- Louis II de Guise, verkose aartsbiskop van Reims, Frankryk.
- Gerard van Groesbeeck, prins-biskop van Luik, Belgie.
- Pedro de Deza, president van Valladolid, Spanje.
- Fernando de Toledo Oropesa, priester van Sevilla, Spanje. Hy het die aanstelling geweier.
- Rene de Birague, priester van Milaan.
- Charles II de Lorraine de Vaudemont, broer van die Franse koningin.
- Giovanni Vincenzo Gonzaga, ridder in die Orde van die Hospitalers, prior van Barletta.
- Gaspar de Quiroga y Vela, aartsbiskop van Toledo, Spanje.
- Giovanni Antonio Facchinetti
, senior patriarg van Jerusalem, later
Pous Innocentius IX
.
- Giovanni Battista Catagna
, voormalige aartsbiskop van Rossano, later
Pous Urbanus VII
- Alessandro Ottaviano de' Medici
, ambassadeur van die groothertog van Toskane, aartsbiskop van Florence, later
Pous Leo XI
- Rodrigo de Castro Osorio, aartsbiskop van Seville, Spanje.
- Francois de Joyeuse, aartsbiskop van Narbonne, Frankryk.
- Michele Della Torre, biskop van Ceneda.
- Giulio Canani, biskop van Adria.
- Niccolo Sfondrati
, biskop van Cremona, later
Pous Gregorius XIV
.
- Antonmaria Salviati, biskop van Saint-Papoul, Frankryk, pouslike nuntius in Frankryk.
- Agostino Valier, biskop van Verona.
- Vincenzo Lauro, biskop van Mondovi, pouslike nuntius in Savoje.
- Filippo Spinola, biskop van Nola.
- Alberto Bolognetti, biskop van Massa maritima, nuntius in Pole.
- Jerzy Radziwiłł, biskop van Vilnius, Litoue.
- Matthieu Cointerel, priester in die Vatikaan.
- Simeone Tagliavia d'Aragonia, ab.
- Scipione Lancelotti, ouditeur van die Heilige Roomse Rota.
- Charles III de Bourbon de Vendome, mede-aartsbiskop van Rouen, Frankryk.
- Francesco Sforza, priester van Rome.
- Andras Bathory, ambassadeur van Pole in die Vatikaan.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
- Oorspronklike teks van die 9de uitgawe (1880) van 'n ensiklopedie sonder naam.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Bulle
'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur
Pius V
|
Pous (Pontifex Maximus)
1572 ? 1585
|
Opgevolg deur
Sixtus V
|
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|