Pous Leo XIII
(
2 Maart
1810
?
20 Julie
1903
), was die 256ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
, hy regeer van 1878?1903 vir 25 jaar 5 maande en 1 dag. Hy was die oudste
pous
(regeer tot die ouderdom van 93), en sy pontifikaat was die derde langste, na sy onmiddellike voorganger
Pous Pius IX
, en
Pous Johannes Paulus II
.
Hy is bekend vir intellektualisme, die ontwikkeling van die sosiale milieu met sy ensikliek Rerum Novarum en sy pogings om die posisie van die kerk te definieer met betrekking tot moderne denke. Hy het Rooms-Katolieke Mariologie beinvloed en bevorder beide die Rosekrans en die skapulier. Hy het 'n rekord van elf ensiklieke geskrywe oor die Rosekrans, twee nuwe Maria-skapuliere goedgekeur en was die eerste pous om die konsep van Maria as middelares ten volle te deurgrond.
Pous Leo XIII
[1]
is gebore as
Vincenzo Gioacchino Raffaele Luigi Pecci
(hy word algemeen
Gioacchino Pecci
genoem) op
2 Maart
1810
in Carpineto Romano, Kerklike Staat. Die dorpie le net suid van
Rome
en was toe deel was van die Franse keiserryk. Hy was die sesde van sewe kinders van graaf Ludovico Pecci en sy vrou Anna Prosperi Buzzi, 'n gesin van lae adel. Hy was die broer van kardinaal Giuseppi Pecci. Hoewel sy lae adelstand hom nie daarvoor kwalifiseer nie, word hy tog opgelei aan die Accademia dei Nobili (Akademie vir die adel). Hy word priester op
31 Desember
1837
nadat hy op
14 Februarie
1837
al aangestel is as persoonlike priester van die pous. Op
27 April
1843
word hy aartsbiskop van Damietta. Hy maak vinnig opgang en op
28 Januarie
1843
word hy nuntius in
Belgie
. Koning
Leopold I van Belgie
was die protestante matig gesind. Pecci instigeer die oprigting van die Belgiese Pouslike Kollege in Rome in 1844. Hy kom in konflik met die liberale party in Belgie en meng hom in met die skoolstryd. Koning Leopold versoek die Vatikaan om hom terug te roep in 1846. Pecci word toe aartsbiskop van Perugia op
27 Julie
1846
. Hy word bekend vir sy bestryding van die anti-klerikale wetgewing in Italie en die bevordering van die neo-thomisme (die teologie van
Thomas van Aquino
).
Op
19 Desember
1853
word hy kardinaal met die basiliek San Crisogono in Trastevere as sy titelkerk. Op
20 Februarie
1878
volg hy
Pous Pius IX
op en word gekroon op
3 Maart
1878
. Hy regeer tot sy dood op
20 Julie
1903
en word opgevolg deur
Pous Pius X
. Die naam ‘Leo’ beteken '
leeu
'.
Pous Leo XIII
[2]
[3]
volg
Pous Pius IX
op
20 Februarie
1878
op. Hy probeer om die kerk en die moderne samelewing nader aan mekaar te bring. Die “Syllabus Errorum” van
Pous Pius IX
het 'n wig tussen die kerk en die samelewing gedrywe deur verskeie politieke en wetenskaplike beskouinge te veroordeel. Te midde van die demokratisering van die tweede helfte van die 19de eeu het Leo XII egter bly verkondig dat God en die kerk die bron van alle mag moet wees en nie volk en die nasie nie. Hy bestry persvryheid en vryheid van meningsuiting asook die idee dat alle kerke gelyk is. Hy droom van die herstel van die Pouslike Staat en die geestelike leierskap van die Christelike wereld. Saam met sy staatsekretaris Mariano Rampolla versoen hy die Vatikaan met
Otto von Bismarck
en beeindig sodoende die “Kulturkampf”. Leo XIII is die eerste pous wat die Franse republiek gesteun het. Die Franse monargiste was nie baie gelukkig daarmee nie. Die pous het ook goeie kontakte gesmee met die nuwe republieke in
Suid-Amerika
.
Pous Leo XIII lewe as vrywillige gevangene van die Italiaanse staat en hy roep Italiaanse katolieke op om nie aan die Italiaanse verkiesings deel te neem nie. Hy skryf verskeie ensiklieke waarvan “Rerum Novarum” (oor nuwe sake) van 1891 die bekendste is. Hy beskrywe hierin sy sosiale siening van kapitaal en arbeid. In die ensikliek “Aeterni Patris” (Ewige vader) beveel hy aan dat die teologie van Thomas van Aquino beter bestudeer word. In die algemeen bepleit hy katolieke wetenskapsbeoefening veral van die natuurwetenskappe wat in daardie tyd met wantroue bejeen is. Die konserwatiewe “ultramontane” was nie gelukkig daarmee nie. In 1833 open Leo XIII die Vatikaanse argiewe vir enige wetenskaplike ongeag sy of haar geloof met die voorbehoud dat dokumente slegs 75 jaar na hulle ontstaan bekend gemaak mag word.
Leo se toenadering tot die
Anglikaanse Kerk
het misluk en in sy bul “Apostolicae Curae” verklaar hy hulle priester- en biskopwydings asook die apostoliese suksessie ongeldig. Die Ortodokse Kerke se wydings is wel geldig verklaar. Leo XIII probeer om die verlies van die wereldlike mag te herstel. Hy strewe konkordate na met verskeie lande en slaag daarin om die aansien van die pousdom aansienlik te verbeter. Hy sterf op
20 Julie
1903
en word opgevolg deur
Pous Pius X
. Sy grafmonument is gemaak deur Giulio Tadolini en kan gesien word in die basiliek St. Jan van Laterane.
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Leo XIII het 147 nuwe kardinale aangestel in 27 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit
hier
gehou.
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Leo XIII het 'n groot aantal publikasies die lig laat sien. Die belangrikste ensiklieke word hieronder gegee, maar 'n volledige lys van sy publikasie kan
hier
gevind word.
- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing.
http://www.saint-mike.org/library/
papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
- ↑
De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
- ↑
Benigni, U. (1910). Pope Leo XIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek 30 Januarie 2012 by:
http://www.newadvent.org/cathen/09169a.htm
- ↑
Leo XIII. (2008).
Encyclopædia Britannica
. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Leo XIII
.
|
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Bulle
'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- Inskrywing
in die Giga Catholic Information (Engels).
- Inskrywing
in die Saint-Mike Papal Library (Engels).
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur
Filipo de Angelis
|
Kamerlengo van die Kollege van Kardinale
1877 ? 1878
|
Opgevolg deur
Camillo di Pietro
|
Voorafgegaan deur
Pius IX
|
Pous (Pontifex Maximus)
1878 ? 1903
|
Opgevolg deur
Pius X
|
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|