Paul Petrowitsj
(
Russies
: Павел Петрович; Pawel Petrowitsj) (
Sint Petersburg
,
1 Oktober
1754
?
Sint Petersburg
,
23 Maart
1801
) was van
1796
tot 1801
keiser
van
Rusland
.
Paul is op 1 Oktober 1754 in die paleis van keiserin
Elisabeth
in
Sint Petersburg
gebore. Hy was die seun van die latere
Pieter III
en
Katharina die Grote
. Katharina het later beweer Paul se regte pa was haar destydse minnaar, Sergei Saltikof. Paul het egter baie na Pieter III getrek en daar word al meer geglo dat Katharina slegs twyfel wou wek oor Paul se aanspraak op die troon om haar eie wankelrige posisie te versterk. As seun is Paul beskryf as intelligent en aantreklik. Sy voorkoms later in sy lewe word toegeskryf aan tifuskoors wat hy in
1771
opgedoen het.
Op 25 Desember 1762 sterf Elisabeth en Pieter III word keiser. Na ses maande op die troon, op 28 Junie 1762, word sy bewind omvergewerp en word sy vrou Katharina II van Rusland. Op 18 Julie word Pieter vermoor.
In 1773 trou Paul met Wilhelmina Louisa van Hesse-Darmstadt en sy kry die nuwe naam Natalia Aleksejewna. Katharina neem Paul op in die keiserlike raad. Sy wil he hy moet ondervinding opdoen vir sy toekomstige amp as keiser. Toe sy eerste vrou op 26 April 1776 met die geboorte van hul kind sterf, reel Katharina ’n nuwe huwelik op
7 Oktober
1776
met die beeldskone Sophia Dorothea van Wurttemberg, wat die nuwe naam Maria Fjodorowna kry. In die tyd is Paul in ’n paar intriges gewikkel. Hy beweer dat daar ’n aanslag op sy lewe was en beskuldig selfs sy ma daarvan dat sy hom wil laat vermoor. Daarna verwyder Katharina hom uit die keiserlike raad en hou hom op ’n afstand.
Na die dood van Katharina die Grote in 1796 word Paul op 42 keiser van Rusland. Hy doen dadelik navraag oor Katharina se testament met die idee om dit dalk te vernietig, want daar is gerugte dat sy hom onterf het ten gunste van sy oudste seun, Aleksander. Hierdie vrees dra waarskynlik by tot Paul se uitvaardiging van die Pauliniese Wette oor die opvolging van die troon volgens eersgeboortereg. Dit is nooit deur sy opvolgers verander nie.
Tydens die eerste jaar van sy bewind verander Paul baie van sy ma se beleidsrigtings. Hy beeindig die
Persiese ekspedisie van 1796
, wat deur Katharina begin is, binne ’n maand nadat hy keiser word. Sy pa, Pieter III, word met groot prag en praal herbegrawe in die
Petrus-en-Pauluskatedraal
in
Sint Petersburg
. Op die beweringe dat hy ’n buite-egtelike kind is, reageer hy deur sy afkoms van
Pieter die Grote
wyd en syd te verkondig.
Sy bewind word gekenmerk deur sy stryd teen die nagevolge van die
Franse Rewolusie
in Rusland en Europa. In 1798 sluit hy aan by ’n koalisie van Europese lande teen
Napoleon I
. Paul is idealisties en in staat tot groot vrygewigheid, maar hy is ook wispelturig en in staat tot wraaksugtigheid. Hy vergoed adellikes wat lojaal aan hom is, maar verlaag die aansien van ander wat hy vermoed ontrou is.
Paul se vrees dat hy vermoor gaan word, is nie ongegrond nie. Van sy beleidrigtings vervreem hom van sy raadgewers en die adel. Dit spoor sy vyande aan tot aksie. In 1801 word hy deur ’n groep offisiere vermoor sodat sy seun
Aleksander I
, Katharina die Grote se gunsteling-kleinseun, hom kan opvolg.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel
nl:Paul I van Rusland
Tsesarewitsji van Rusland
|
---|
|
Groothertoe van Rusland
|
---|
|
1
Titel toegeken deur groothertog Kirill Wladimirowitsj as aanspraakmaker op die troon.
2
Titel toegeken deur groothertog Wladimir Kirillowitsj as aanspraakmaker op die troon.
|