Republiek Zimbabwe
[nota 1]
|
Nasionale leuse
:
Unity, Freedom, Work
[1]
(
Engels
vir: "Eenheid, vryheid, werk")
|
Volkslied
:
Blessed be the land of Zimbabwe
[2]
(
Engels
vir: "Geseend is die land van Zimbabwe")
|
|
Hoofstad
|
Harare
17°50′S
31°3′O
/
17.833°S 31.050°O
/
-17.833; 31.050
|
Grootste stad
|
Harare
|
Amptelike tale
|
Nyanja, Sena,
Engels
, Kalanga, Tshwa, Nambya, Ndau,
Noord-Ndebele
,
Tsonga
,
Shona
,
Gebaretaal
,
Suid-Sotho
, Tonga,
Tswana
,
Venda
,
Xhosa
[3]
|
Regering
?
President
? 1ste adjunkpresident
? 2de adjunkpresident
|
Unitere dominante party
presidensiele
republiek
Emmerson Mnangagwa
Constantino Chiwenga
|
Onafhanklikheid
|
van die
Verenigde Koninkryk
11 November
1965
1 Junie
1979
18 April
1980
15 Mei
2013
|
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
|
390 757 km
2
(
60
ste
)
150 872 myl
2
1
|
Bevolking
- 2016-skatting
- 2012-sensus
-
Digtheid
|
16 150 362
[4]
(
73
ste
)
12 973 808
[5]
26 / km
2
(
170
ste
)
67,3 / myl
2
|
BBP
(
KKP
)
- Totaal
- Per capita
|
2018
-skatting
$34,822 miljard
[6]
$2 282
[6]
|
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
|
2018
-skatting
$18,904 miljard
[6]
$1 239
[6]
|
MOI
(
2015
)
|
0,516
[7]
(
154
ste
) –
laag
|
Gini
(
1995
)
|
50,1
[8]
–
hoog
|
Geldeenheid
|
Zimbabwe Goud
(
-
)
|
Tydsone
-
Somertyd
|
SAT
(
UTC
+2
)
nie toegepas nie (
UTC
+2
)
|
Internet-TLD
|
.zw
|
Skakelkode
|
+263
|
a
Die
Zimbabwiese dollar
word nie meer gebruik nie nadat dit deur die regering weens hiperinflasie amptelik opgeskort is. Die
Amerikaanse dollar
(US$),
Suid-Afrikaanse Rand
(R),
Botswana pula
(P),
Pond sterling
(£),
Euro
(€),
Indiese roepee
(?),
Australiese dollar
(A$), Sjinese
Renminbi
(元/¥) en Japannese
Jen
(¥) word nou in plaas daarvan gebruik.
[9]
[10]
Die Amerikaanse dollar is aanvaar as die amptelike geldeenheid vir al die regering se transaksies.
|
Zimbabwe
, amptelik die
Republiek Zimbabwe
(
Engels
:
Republic of Zimbabwe
), is 'n
landingeslote land
gelee in
Suider-Afrika
en begrens deur
Zambie
in die noordweste,
Mosambiek
in die noordooste,
Suid-Afrika
in die suide en
Botswana
in die suidweste. Die land het eers as
Suid-Rhodesie
, 'n
Britse kolonie
, bekendgestaan en van 1965 af as
Rhodesie
, genoem na
Cecil John Rhodes
. In 1965 het Suid-Rhodesie eensydig sy onafhanklikheid verklaar en in 1970 'n
republiek
geword. Na 'n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge het Rhodesie in 1980 amptelik
Zimbabwe-Rhodesie
geword en aansluitend die Republiek Zimbabwe.
Zimbabwe beslaan 'n oppervlakte van 390 757 km² en het 'n bevolking van 16 150 362 in 2016 gehad. Die
hoofstad
en grootste stad is
Harare
, tot 1980 Salisbury. 'n Ander belangrike stad is
Bulawayo
.
Zimbabwe is 'n multi-etniese land en die
Mashona
vorm die belangrikste inheemse etniese groep, gevolg deur die
Ndebeles
. Die land het 16
amptelike tale
, waaronder
Engels
,
Shona
en
Noord-Ndebele
die mees verspreide tale vorm.
Op 15 November 2017, na een jaar se protes teen sy regering asook Zimbabwe se vinnig dalende ekonomie, is Mugabe tydens 'n
staatsgreep
deur die land se gewapende magte onder huisarres geplaas.
[11]
[12]
Op 19 November 2017 het
ZANU?PF
Robert Mugabe gedwing om as partyleier af te dank en deur die voormalige adjunkpresident
Emmerson Mnangagwa
vervang.
[13]
Op 21 November 2017 het Mugabe sy bedanking aangebied voordat die vervolgingsverrigtinge voltooi is.
[14]
Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die groot
plato
in Suider-Afrika. Die hoeveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoofriviere, naamlik
Zambezi
in die noorde en
Limpopo
in die suide. Die
Karibameer
is net stroomaf van die
Victoria-waterval
in die Zambezi op die grens met
Zambie
en is een van die grootste mensgemaakte mere in die wereld.
Die
grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe
is 230 km lank en word in sy geheel deur die Limpoporivier gevorm. Die belangrikste grenspos is
Beitbrug
langs die
Beitbrug-Bulawayo Spoorweg
.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Vlag van Zimbabwe
.
Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar. Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen, goud, rooi, swart, rooi, goud, groen en 'n swart omlynde wit driehoek met 'n rooi vyfstralige ster en 'n goue voel.
Elkeen van die bande het 'n simboliese betekenis. Groen versinnebeeld die
flora
en
natuurlike hulpbronne
van Zimbabwe, goud versinnebeeld die rykdom aan
minerale
, rooi simboliseer die
bloed
wat tydens die vryheidstryd vergiet is, swart versinnebeeld die
swart bevolking
, die wit driehoek simboliseer die
vrede
en die "pad vooruit", die rooi ster versinnebeeld die
internasionalisme
en vrede, maar weerspieel ook die
sosialistiese
oortuigings van die regerende party. Die "Zimbabwe-voel" is ontleen aan 'n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stad
Groot-Zimbabwe
en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem.
Zimbabwe le in 'n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15,6 °C in die
winter
en 21,1 °C in die
somer
. Die gemiddelde
reenval
vir Zimbabwe is 890 mm vir die hoeveld en 610 mm vir die middelveld.
Die vroee geskiedenis van die Koninkryk van
Monomotapa
(wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit het reeds sedert die
Middeleeue
bestaan. Naas die hoofstad Groot-Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou is, was daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter getoon het.
Landbou
, veeteelt en
mynbou
was die
ekonomiese
fondament van die ryk. Danksy die
goudmynbou
kon die
koninkryk
handel met
Arabiere
,
Perse
en
Ethiopiers
dryf. Goud,
ivoor
en
slawe
is teen
speserye
,
yster
,
sout
en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou het die mag van die konings verswak; 1607 moet hulle die myne aan die
Portugese
afstaan. 1629 het die koninkryk 'n
vasalstaat
van
Portugal
geword. Die Portugese begin ook
koper
,
yster
,
lood
en
tin
te ontgin en het landbou op grootplase bedryf. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu het dit tussen 1889 en 1890 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesie geword.
Suid-Rhodesie,
Noord-Rhodesie
(die huidige Zambie) en
Njassaland
(die huidige
Malawi
) is in 1953 as die
Sentraal-Afrikaanse Federasie
verenig, wat tot 1963 bestaan het. Die blanke regering van Suid-Rhodesie, onder leiding van eerste minister
Ian Smith
het in 1965 onafhanklikheid verklaar, maar dit is nie deur die
Verenigde Koninkryk
en die
Verenigde Nasies
erken nie. Ten spyte van die instel van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesie sy onafhanklike status in stand hou.
In 1970 het Rhodesie 'n republiek geword. Die regering het in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk gesluit wat die erkenning van onafhanklikheid en die invoering van algemene stemreg ten doel gehad het.
Die swart opposisie, wat veral uit die bevrydingsbewegings
ZANU
en
ZAPU
bestaan het, het in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering gevoer. Alhoewel daar reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwe
grondwet
gevoer en in 1979 'n swart regering onder biskop Muzorewa gevorm is, het 'n algemene verkiesing eers in 1980 plaasgevind. Zimbabwe het daarna onder leiding van die eerste minister
Robert Mugabe
onafhanklik geword.
Die politieke situasie was tydens die laaste jare van Robert Mugabe se presidentskap onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdink is om aanhangers van die opposisie te wees, is in die buiteland met skerp kritiek bejeen. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die regime in Harare met lenings gesteun het, is Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tiranniee van die wereld gereken.
Zimbabwe se
inflasiekoers
was in Julie 2007 met 4 500% die hoogste ter wereld.
Buitelandse betrekkinge
[
wysig
|
wysig bron
]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Buitelandse betrekkinge van Zimbabwe
.
Die buitelandse betrekkinge van Zimbabwe fokus op nou bande met die
Volksrepubliek China
[15]
en Suid-Afrika. Zimbabwe het bilaterale betrekkinge met verskeie lande. Na Ian Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde Koninkryk in 1965 is Rhodesie se diplomatieke teenwoordigheid dramaties regoor die wereld teruggerol. Teen die tyd van die Lancaster House-ooreenkoms in 1979 het Rhodesie slegs verteenwoordigende kantore in
Londen
,
Bonn
,
Pretoria
,
Washington, D.C.
en
Tokio
gehad. Sendings in
Maputo
(destyds Lourenco Marques) en
Lissabon
is in 1975 gesluit na die Angelier-rewolusie in
Portugal
. Onder Robert Mugabe het Zimbabwe 'n nuwe buitelandse beleid gevoer wat nouer saamwerk met Afrika-, Oosblok- en
Onverbonde
-lande. Die hoofstad van die land, Harare, huisves tans 51 ambassades. Verskeie ander lande het ambassadeurs van ander hoofstede, veral Pretoria en
Addis Abeba
, geakkrediteer.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Ekonomie van Zimbabwe
.
Zimbabwe beskik oor vyf
Unesco
-
werelderfenisgebiede
: Groot-Zimbabwe,
Khami
,
Mana Pools
,
Matopos
en die
Victoria-waterval
.
Zimbabwe word administratief onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status, Harare en Bulawayo. Die provinsies word verder onderverdeel in 59 distrikte en 1 200 munisipaliteite (sogenaamde
wards
) wat elk uit 'n aantal nedersettings bestaan.
Sowat 'n derde van Zimbabwe se elektrisiteit word in waterkragsentrales opgewek waarvan die Karibadamprojek die bekendste en belangrikste is. Toe dit in 1960 beplan is, was dit die grootse hidroelektriese aanleg ter wereld. Termiese kragsentrales voorsien in die res van die land se kragbehoefte.
Spoorwee, pad- en lugvervoer
[
wysig
|
wysig bron
]
Zimbabwe se nasionale spoorwee bedryf een van die gevorderdste netwerke in
Afrika suid van die Sahara
met 'n totale lengte van sowat 2 700 km, waarvan sowat tien persent geelektrifiseer is. Dit word aangevul deur 'n uitgebreide padnetwerk waarvan 'n vyfde geasfalteer is. Harare se internasionale lughawe verbind die land met bestemmings in Afrika en oorsee. Die nasionale lugvervoernetwerk verbind die grootste stedelike sentra met mekaar.
Cara Black
(saam met haar Amerikaanse dubbelspeelvennoot
Liezel Huber
) en
Kevin Ullyett
(saam met die Sweedse
Jonas Bjorkman
) was van die bestes ter wereld in tennisdubbelspelkompetisies. Nog beter bekend is egter die uitstekende swemmer
Kirsty Coventry
, wat met haar Olimpiese oorwinnings in
2004
en
2008
'n volksheldin en baken van hoop vir haar land geword het; sy het aan Zimbabwe al twee goue medaljes op Olimpiese Spele besorg, die enigste ander was deur die nasionale vroue
veldhokkiespan
tydens die
Olimpiese Somerspele 1980
in
Moskou
.
Sokker
is Zimbabwe se gewildste
sportsoort
. Die
Zimbabwiese nasionale sokkerspan
kon drie keer vir die
Afrikanasiesbeker
kwalifiseer (in 2004, 2006 en 2017). Hulle kon egter nog nie vir 'n
FIFA
Sokker-Wereldbekertoernooi
kwalifiseer nie. Van die bekende Zimbabwiese sokkerspeler sluit in
Benjamin Mwaruwari
en
Matthew Rusike
. Die voormalige nasionale doelwagter
Bruce Grobbelaar
het in die 1980's en 1990's gespeel vir die Engelse sokkerklub
Liverpool FC
en saam met hulle talle titels ingepalm.
Dynamos FC
is tot dusver die enigste Zimbabwiese sokkerklub wat die
CAF Kampioene-liga
-eindstryd gehaal het.
Rugby
is 'n belangrike sportsoort in Zimbabwe en die
Zimbabwiese nasionale rugbyspan
kon twee keer vir 'n
rugbywereldbekertoernooi
kwalifiseer (in
1987
en
1991
), maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-Afrikaanse
Springbokke
en die Namibiese
Welwitschias
beskou en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Afrikabeker mee. Hulle het die toernooi al een keer gewen, in 2012, en drie keer as naaswenner geeindig. Van die bekendste Zimbabwiese rugbyspelers sluit in
Tonderai Chavhanga
,
Ian McIntosh
,
Ray Mordt
,
Tendai Mtawarira
,
Bobby Skinstad
en
Gary Teichmann
.
Krieket
word veral deur
Blanke Zimbabwiers
beoefen en die land is een van die
toetskrieketlande
. Die beheerliggaam
Zimbabwe Krieket
is in 1992 gestig en sedertdien 'n volle lidland van die
Internasionale Krieketraad
(IKR). Die
Zimbabwiese nasionale krieketspan
kon van 1983 tot 2015 vir elke
krieketwereldbekertoernooi
kwalifiseer, maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Zimbabwe het in
2003
saam met Suid-Afrika en Kenia as gasheer van die krieketwereldbeker opgetree, wat deur
Australie
gewen is. In November 2021 is Zimbabwe saam met Namibie en Suid-Afrika as medegasheer vir die
Krieketwereldbeker 2027
benoem.
[16]
Bekende Zimbabwiese krieketspelers sluit in
Andy Flower
en
Brendan Taylor
.
- ↑
Die volgende 15 name is amptelik: Republic of Zimbabwe (
Engels
), Nyika yeZimbabwe (
Shona
), Ilizwe leZimbabwe (
Noord-Ndebele
), Dziko la Zimbabwe (
Chichewa
), Dziko la Zimbabwe (
Chisena
), Hango yeZimbabwe (
Kalanga
), Zimbabwe Nu (
Khoisan
), Inyika yeZimbabwe (
Nambya
), Nyika yeZimbabwe (
Ndau
), Tiko ra Zimbabwe (
Shangani
), Naha ya Zimbabwe (
Suid-Sotho
), Cisi ca Zimbabwe (
Chitonga
), Naga ya Zimbabwe (
Tswana
), Shango ?a Zimbabwe (
Venda
), Ilizwe leZimbabwe (
Xhosa
).
- ↑
(
en
)
"Zimbabwe"
. The Beaver County Times. 13 September 1981
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"Zimbabwe"
.
Central Intelligence Agency
. Besoek op
6 Desember
2022
.
- ↑
(
en
)
(
Constitution of Zimbabwe (final draft)
Geargiveer
2 Oktober 2013 op
Wayback Machine
).
- ↑
(
en
)
"World Population Prospects: The 2017 Revision"
.
ESA.UN.org
(custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"Census Results in Brief"
(PDF)
. Zimbabwe National Statistical Agency. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 17 Oktober 2013
. Besoek op
25 Augustus
2013
.
- ↑
6,0
6,1
6,2
6,3
(
en
)
"Zimbabwe"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"2016 Human Development Report"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2016.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"GINI Index"
.
Wereldbank
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020
. Besoek op
21 Julie
2013
.
- ↑
(
en
)
"Currency in Zimbabwe"
.
GreenwichMeanTime.com
. Greenwich 2000
. Besoek op
2 Februarie
2015
.
- ↑
(
en
)
Hungwe, Brian.
bbc.com:
Zimbabwe’s multi-currency confusion
, 6 Februarie 2014, besoek op 1 Mei 2018.
- ↑
(
en
)
CNN
, David McKenzie, Brent Swails and Angela Dewan, (16 November 2017).
"Zimbabwe in turmoil after apparent coup"
.
CNN
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019
. Besoek op
1 Mei
2018
.
AS1-onderhoud: ekstra leestekens (
link
) AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
(
en
)
"Zimbabwe's Robert Mugabe confined to home as army takes control"
.
The Guardian
. 15 November 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"Ruling party sacks Mugabe as leader"
.
BBC
. BBC. 19 November 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
"Zimbabwe's President Mugabe 'resigns'
"
.
BBC
. 21 November 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020
. Besoek op
1 Mei
2018
.
- ↑
(
en
)
The Great Wall and the Empty Fortress: China's Search for Security
. p. 48.
- ↑
(
en
)
Nagraj Gollapudi (16 November 2021).
"USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup"
. ESPNcricinfo
. Besoek op
9 Junie
2023
.
- Algemeen
- Arnold, Marion: The stone sculpture of Zimbabwe. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 31, nr. 4, September 1982
- (
en
)
"Zimbabwe"
.
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
6 Desember
2022
.
- (
en
)
"Zimbabwe"
.
Central Intelligence Agency
. Besoek op
6 Desember
2022
.
- (
af
)
Louw, A.A. (ds.): Die morester in Mashonaland. Stellenbosch: C.S.V.-boekhandel, 1954.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Zimbabwe
.
|
|
---|
Lidlande
| |
---|
Leiers
| Voorsitters
| |
---|
Sekretarisse-Generaal
| |
---|
|
---|
Sien ook
| |
---|