- Pond kan ook na 'n eenheid van massa verwys; sien
pond (eenheid)
.
Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1]
[2]
Rang
|
Geldeenheid
|
Simbool
ISO 4217
|
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
|
1
|
Amerikaanse dollar
|
USD ($)
|
87,0%
|
2
|
Euro
|
EUR (€)
|
33,4%
|
3
|
Japannese jen
|
JPY (¥)
|
23,0%
|
4
|
Pond sterling
|
GBP (£)
|
11,8%
|
5
|
Switserse frank
|
CHF (CHF)
|
8,6%
|
6
|
Kanadese dollar
|
CAD ($)
|
5,2%
|
7
|
Australiese dollar
|
AUD ($)
|
4,6%
|
8
|
Meksikaanse peso
|
MXN ($)
|
2,5%
|
9
|
Chinese juan
|
CNY (¥)
|
2,2%
|
10
|
Nieu-Seelandse dollar
|
NZD ($)
|
2,0%
|
11
|
Sweedse kroon
|
SEK (kr)
|
1,8%
|
12
|
Russiese roebel
|
RUB (?)
|
1,6%
|
13
|
Hongkong-dollar
|
HKD ($)
|
1,4%
|
14
|
Noorse kroon
|
NOK (kr)
|
1,4%
|
15
|
Singapoer-dollar
|
SGD ($)
|
1,4%
|
16
|
Turkse lira
|
TRY (?)
|
1,3%
|
17
|
Suid-Koreaanse won
|
KRW (\)
|
1,2%
|
18
|
Suid-Afrikaanse rand
|
ZAR (R)
|
1,1%
|
19
|
Brasiliaanse real
|
BRL ($)
|
1,1%
|
20
|
Indiese roepee
|
INR (?)
|
1,0%
|
Ander
|
6,3%
|
Totaal
[n 1]
|
200%
|
Die
pond sterling
(
Engels
:
Pound sterling
,
Kornies
:
Peuns sterling
,
Iers-Gaelies
:
Punt steirling
,
Manx-Gaelies
:
Punt Sostynagh
,
Skots
:
Poond sterling
,
Skots-Gaelies
:
Punnd Sasannach
,
Wallies
:
Punt sterling
,
Frans
:
Livre sterling
; ook
Britse pond
of kortweg
pond
) is die
geldeenheid
van die
Verenigde Koninkryk
en die
afhanklike gebiede
Falkland-eilande
(saam met die Falklandse pond),
Gibraltar
(saam met die Gibraltarese pond),
Guernsey
(saam met die pond sterling van Guernsey), die
Eiland Man
(saam met die Manx pond),
Jersey
(saam met die
Pond Sterling van Jersey
),
Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha
(saam met die Sint Heleense pond in
Sint Helena
en
Ascension
) en
Suid-Georgie en die Suidelike Sandwicheilande
(saam met die Falklandse pond). Die amptelike
ISO-kode
is GBP en die valutateken is £.
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wereld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word (na die
Amerikaanse dollar
, die Europese
euro
en die
Japannese jen
) en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015.
[3]
Die oorspronge van die pond sterling strek terug tot 760 toe die silwerpennie in omloop gebring is en vinnig in alle Angel-Saksiese koninkryke as geldeenheid aanvaar is. Die oorspronklike ontwerp van suiwer silwermuntstukke is in 1158 gewysig, en nuwe munte, wat as pond sterling bekend gestaan het, is van 92,5 persent
silwer
geslaan. Silwerpennies was die enigste muntstukke in Engeland voordat die sjieling in 1487 ingevoer is en twee jaar later ook die pond.
Die eerste banknote, wat deur
goud
in plaas van silwer gedek is, is in 1694 uitgereik, en een jaar later is die
Bank van Engeland
as een van die eerste sentrale banke ter wereld gevestig. Nog tot in 1855 was alle banknote handgeskrewe en eers daarna is oorgeskakel na die drukpers.
In die vroee 20ste eeu het steeds meer lande begin om hul geldeenhede deur fisieke goud te dek. Die invoering van 'n goudstandaard het vir die eerste keer in die geskiedenis die ruil van een geldeenheid teen 'n ander moontlik gemaak. Die wereldhandel het vervolgens 'n omwenteling ondergaan. Die Verenigde Koninkryk het die goudstandaard amptelik in 1816 aanvaar, al was die stelsel de facto reeds sedert 1670 in gebruik. Die waardestyging in die Britse pond, wat daaruit voortgespruit het, het aanleiding gegee tot 'n tydperk van aansienlike ekonomiese groei wat tot in 1914 sou voortduur.
[4]
- ↑
Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.