Hongarye
(
Hongaars
:
Magyarorszag
, [?m???rorsaː?],
luister
(
hulp
·
inligting
)
) is 'n
landingeslote land
in
Sentraal-Europa
wat 'n groot deel van die
Pannoniese Laagvlakte
beslaan. Die land grens aan
Oostenryk
,
Slowakye
,
Oekraine
,
Roemenie
,
Serwie
,
Kroasie
en
Slowenie
. Dit staan plaaslik bekend as die
Land van die
Magyare
of
Magyarorszag
.
Tot en met 1918 het Hongarye deel uitgemaak van
Oostenryk-Hongarye
, maar dit moes as gevolg van die
Trianon-verdrag
na die
Eerste Wereldoorlog
sowat sewentig persent van sy staatsgebied aan die destydse buurlande
Joego-Slawie
,
Roemenie
en
Tsjeggo-Slowakye
afstaan. 'n Minderheid van meer as 2,8 miljoen Hongare woon steeds in aangrensende lande.
Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. Die
Hongaarse opstand van 1956
was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig teengestaan. Na die val van die
Sowjetunie
is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidland van die
Europese Unie
.
Die inheemse landsnaam verskil sterk van die name wat in die buiteland vir Hongarye gebruik word. Die term
magyar
[madjar] kom reeds in 9de en 10de eeuse
Islamitiese
bronne voor en is waarskynlik 'n samestelling van
magy
(
Oegries
:
*ma??ε
= "mens, man, geslag") en
er(i)
(eweneens "man, mens, geslag"). Hierdie naam het oorspronklik slegs na
een
van sewe halfnomadiese stamme verwys wat in die 9de en vroee 10de eeu rooftogte in
Europa
onderneem en tot by die
Pirenee-bergreeks
getrek het. Die stamme het as
Megyer (Magyar)
,
Tarjan
,
Jen?
,
Ker
,
Keszi
,
Kurt-Gyarmat
en
Nyek
bekend gestaan. Daarnaas is die sambreelterm
hetmagyar
gebruik om na hulle te verwys. Teen die einde van die 10de eeu het die Magyare-stam ? dit wil se die nakomelinge van Arpad ? daarin geslaag om al die Hongaarse stamme onder hul heerskappy te verenig. Vanaf hierdie tydperk is na die hele volk as Magyare verwys.
Die naam
Hongarye
, wat in Europese tale ingeburger geraak het, is vermoedelik uit
Slawiese tale
ontleen en het sy oorsprong in die Bolgaroturkse stamnaam
onogur
(afgelei van
on
= "tien" +
ogur
= "stam"). Die voorvaders van die Hongaarse volk het in die 5de en 6de eeu noue bande met die Onogure-ryk gehandhaaf. Die "H-" in die
Latynse
term
hungarus
is vervolgens ook in ander tale, waaronder
Afrikaans
, oorgeneem nadat dit valslik aan die
Hunne
(Hunni) gelykgestel is.
Volgens tradisie is Hongarye gevestig deur
Arpad
, wat in die 9de eeu die Magyare in die vlaktes van
Pannonia
gelei het. Die Koninkryk Hongarye is gestig in 1000 deur
Stefan die Grote
.
Geleidelik het Hongarye verander in 'n groot, onafhanklike koninkryk, wat 'n gematigde Sentraal-Europese kultuur geskep het, as deel van die Europese samelewing.
Die Goue Eeu het geeindig met die
Ottomaanse
oorname aan die begin van die 16de eeu, toe die res van Hongarye onder
Oostenrykse
beheer geval het en Oostenryk uiteindelik Hongarye teen die 17de eeu geheel en al beset het.
Hongarye is verdeel in 40 administratiewe gebiede. Van hierdie is 19
graafskappe
(
megyek
, enkelvoud ?
megye
) en 20 is sogenaamde landelike
graafskappe
(enkelvoud ?
megyei jogu varos
), en daar is een hoofstad (
f?varos
):
Boedapest
. Die ander 39 is:
Administratiewe gebiede
|
(Hoofstede)
|
|
|
Sokker
is die gewildste
sportsoort
in Hongarye.
[11]
Die Hongaarse nasionale sokkerspan het aan verskeie internasionale toernooie deelgeneem, insluitende die eerste sokkertoernooi op die
Olimpiese Somerspele 1912
in
Stockholm
, nege
FIFA
Sokker-Wereldbekertoernooie
en twee
UEFA Europa-bekertoernooie
. Hul beste prestasies was die goue medaljes op die
Olimpiese Somerspele
in
1952
,
1964
en
1968
, asook naaswenner tydens die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooie in
1938
en
1954
. Die span was ook die eerste nie-Britse span wat Engeland kon klop, toe hulle op
Wembley
met 6?3 geseevier het. Maande later het hulle die Engelse in Boedapest met 7?1 hul ergste nederlaag ooit toegedien.
[12]
[13]
- ↑
(
en
)
Encyclopedia Americana: Heart to India
. Vol. 1. Scholastic Library Pub. 2006. p. 581.
ISBN
978-0-7172-0139-6
.
- ↑
(
en
)
University of British Columbia. Committee for Medieval Studies,
Studies in medieval and renaissance history
, Committee for Medieval Studies, University of British Columbia, 1980, bl. 159
- ↑
(
en
)
"Hungary"
.
Central Intelligence Agency
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Surface water and surface water change"
.
OESO
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"22.1.1.1. Main indicators of population and vital events"
. Hongaarse Sentrale Statistiekkantoor
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
Hungarian Central Statistical Office Census Data 2011
. Besoek op 26 Julie 2014.
- ↑
7,0
7,1
7,2
7,3
(
en
)
"Hungary"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Human Development Report 2021/2022"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2021
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Gini coefficient of equivalised disposable income ? EU-SILC survey"
. Eurostat
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Bundeszentrale fur politische Bildung (bpb), 27 Junie 2019: Vor 30 Jahren: Das Loch im Eisernen Vorhang. Wie Ungarn den Mauerfall einleitete. Besoek op 24 Julie 2019
- ↑
(
en
)
Gergo Racz (7 September 2011).
"Hungarian Soccer Fans Long for Glory Days"
.
The Wall Street Journal
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
Brian Glanville (16 Mei 2009).
"The Hungarian disasters ? England v Hungary, 1953?4"
.
The Guardian
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
Pat Ward-Thomas (26 November 1953).
"Hungary's Famous Victory"
.
The Guardian
. Besoek op
6 Maart
2024
.
- Algemeen
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Hongarye
.
|