- Hierdie artikel handel oor Parys in
Frankryk
. Vir die dorp in die
Vrystaat
, sien
Parys, Vrystaat
.
Parys
(
Frans
:
Paris
[pa??i]
luister
(
hulp
·
inligting
)
) is die
hoofstad
en grootste stad van
Frankryk
met 'n bevolking van 2,14 miljoen en 'n oppervlakte van 105,4 km². Saam met sy voorstede vorm Parys 'n metropolitaanse gebied met sowat 12,6 miljoen inwoners. Administratief is Parys tegelykertyd 'n stad en 'n
departement
.
Parys is ? na
Brussel
? die stad waar die meeste hoofkantore van internasionale organisasies gesetel is, soos
Unesco
,
OESO
, die Internasionale Handelskamer (ICC/CCI), die Internasionale Energie-agentskap (IEA), die Europese afdeling van Interpol en die
Europese Ruimtevaartorganisasie
(ESA). Dit is verreweg die grootste Franssprekende
metropool
ter wereld en die kulturele spilpunt vir die internasionale gemeenskap van Franssprekendes (die sogenaamde Frankofonie).
Parys, sy voorstede (
La Petite Couronne
? "Klein Randgebied") en die omgewing (
La Grande Couronne
? "Groot Randgebied") word
L'Ile-de-France
genoem ? dit is die historiese hartland van Frankryk en sy geestelike middelpunt. Die
Seineoewer
is in 1991 deur Unesco as
werelderfenisgebied
gelys.
Daar is geen ander stad wat dieselfde bevoorregte stelling in sy eie land en op sy kontinent inneem soos Parys nie ? dit is tradisioneel die stad van die avant-garde asook die stad wat aan die voorpunt van belangrike ontwikkelings staan. Parys het oorheersende invloed in Frankryk wat
mode
,
kuns
,
politiek
,
argitektuur
,
filosofie
,
musiek
en filmkuns betref en laat hierdie invloed ook elders in Europa en die wereld geld.
Die metropolitaanse gebied van Parys is een van die belangrikste finansiele en sakespilpunte van Europa waar sowat veertig persent van alle Franse maatskappye hul hoofkwartiere het. Die bruto nasionale produk van hierdie gebied is groter as die van
Australie
. Die voorstad
La Defense
in die departement
Hauts-de-Seine
huisves die grootste sentrale besigheidsgebied van Europa en op een na ook die grootste Europese aandelebeurs. Parys het as gasheerstad van die
Olimpiese Somerspele van 1900
en
1924
opgetree en sal naas
Londen
in
2024
die tweede stad wees wat vir 'n derde keer as gasheerstad vir
Olimpiese Somerspele
optree.
[2]
Die oppidum
oppidum
op die gebied van die huidige stad Parys is in die middel-1ste eeu v.C. deur
Julius Caesar
genoem as
Luteciam Parisiorum
("
Lutetia
van die Parisii") en na die stad is in die vyfde eeu n.C. verwys as
Parision
en toe as
Paris
in 1265.
[3]
[4]
Gedurende die
Romeinse tydperk
was die stad algemeen bekend in
Latyn
as
Lutetia
of
Lutecia
en in
Grieks
as
Leukotekia
, wat albei moontlik ontleen is aan of die
Keltiese
wortel
*lukot-
("muis") of aan *
luto-
("moeras", vleiland").
[5]
[6]
[4]
Die naam "Parys" is afgelei van sy vroee inwoners, die Parisii, 'n
Galliese
stam uit die
Ystertydperk
en die Romeinse tydperk.
[7]
Die betekenis van die Galliese etnoniem bly egter omstrede. Volgens
Xavier Delamarre
is dit moontlik ontleen aan die Keltiese wortel
pario-
("ketel).
[8]
Alfred Holder
interpreteer die naam as "die vervaardigers" of "die bevelvoerders", deur om dit te vergelyk met die
Walliese
peryff
("heer", "bevelvoerder"), albei stam moontlik af van 'n
Proto-Keltiese
vorm wat gerekonstrueer word as *
kwar-is-io
-.
[9]
Alternatiewelik stel
Pierre-Yves Lambert
voor om
Parisii
te vertaal as "spiesmense" en verbind die eerste deel aan die Oudierse woord
carr
("spies"), ontleen aan die vroee vorm *
kwar-s?
.
[4]
Die stadsnaam hou in elk geval nie verband met
Paris
in die
Griekse mitologie
.
Die kernstad ? amptelik
Ville de Paris
? vorm administratief 'n selfstandige departement met 'n oppervlakte van 105,4 vierkante kilometer en 'n bevolking van 2,2 miljoen wat van Parys die mees digbevolkte hoofstad in Europa maak. Dit word administratief onderverdeel in twintig
arrondissements
(stadsdistrikte) en tagtig
quartiers
(stadsbuurte).
Uitgestrekte voorstede ? in Frans
banlieues
genoem ? omring die kernstad in twee konsentriese ringe. Die binnekring daarvan word gevorm deur die drie departements
Hauts-de-Seine
,
Val-de-Marne
en
Seine-Saint-Denis
. Die buitekring, waarin die vier departements
Seine-et-Marne
,
Essonne
,
Val-d'Oise
en
Yvelines
gelee is, het nog 'n relatief sterk landelike karakter.
Die bogenoemde agt departements met 'n totale oppervlakte van 14 518 vierkante kilometer en 'n bevolking van twaalf miljoen vorm saam die administratiewe gewes Ile-de-France ? die derde grootste metropolitaanse gebied in Europa en die welvarendste streek in Frankryk.
Parys en sy voorstede is op 'n gemiddelde hoogte van 65 meter bo seevlak in die sentrum van die
Paryse Bekken
, 'n vrugbare landboustreek, gelee. Die stadsgebied word deur twee groot bosgebiede omring wat as ontspanningsgebiede vir die stedelike bevolking dien. Die hoogste van sewe heuwels binne die stadsgrense is
Butte Montmartre
(130 meter). 'n Kabelkar, die
Funiculaire de Montmartre
, neem besoekers na die bergpiek. Teen die hange van die Montmartre is die enigste wingerd in die Franse hoofstad aangele.
Die Paryse meridiaan, wat in 1718 deur die Franse sterrekundige en geodeet Jacques Cassini (1677?1756) vasgele en in 1806 deur die natuurkundige en menseregte-aktivis Francois Arago (1786?1853) noukeurig bereken is, het tot en met 1884, toe die Internasionale Meridiaan-konferensie in
Washington, D.C.
gehou is, een van baie nulmeridiane gevorm. Dit loop regdeur die Paryse sterrewag en word sowel deur 'n aantal suile asook deur die Arago-bronsmedaljonne aangedui wat in 1995 deur die Nederlandse konsepkunstenaar Jan Dibbets op 'n diskrete manier in die straatplaveisel, sypaadjies, binnehowe en verskeie geboue (waaronder die
Louvre
-museum) versink is. Die medaljonne is 'n eerbetuiging vir hierdie bekende Franse natuurkundige en menseregte-aktivis. Van die oorspronklik 135 plakette, wat aanvanklik min belangstelling gewek het, is na die vrystelling van
The Da Vinci Code
, die Amerikaanse skrywer
Dan Brown
se blitsverkoper-riller, gesteel. Die skrywer se verwysing na 'n sogenaamde "Roselyn" in verband met die medaljonne is suiwer fiktief.
Parys het 'n gematigde oseaniese klimaat wat deur die Noord-Atlantiese Stroom beinvloed word. Daar is dus gewoonlik geen ekstreme weerstoestande wat met buitengewoon hoe of lae temperature gepaardgaan nie. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 10,9 °C. Die gemiddelde jaarlikse hoogste temperatuur is sowat 15 °C, die gemiddelde laagste jaarlikse temperatuur sowat 7 °C.
Die hoogste temperatuur wat nog aangeteken is, was 40,4 °C op 28 Julie 1948, en die laagste ?23,9 °C op 10 Desember 1879. In die laaste jare is die gebied van Parys met die Europese hittegolf van 2003 en die baie koue winter van 2006 deur twee ekstreme weerverskynsels getref.
Reenval
kom dwarsdeur die jaar voor, en Parys is bekend vir sy skielike reenbuie. Die gemiddelde jaarlikse neerslae is 641,6 millimeter.
Sneeuvalle
word in Parys nouliks aangeteken; gewoonlik is dit 'n baie kortstondige dun sneeulaag wat in Januarie en Februarie kan voorkom.
Weergegewens vir Parys (Parc Montsouris), 1981?2010
|
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Hoogste maksimum (°C)
|
16,1
|
21,4
|
25,7
|
30,2
|
34,8
|
37,6
|
40,4
|
39,5
|
36,2
|
28,4
|
21
|
17,1
|
40,4
|
Gemiddelde maksimum (°C)
|
7,2
|
8,3
|
12,2
|
15,6
|
19,6
|
22,7
|
25,2
|
25,0
|
21,1
|
16,3
|
10,8
|
7,5
|
16,0
|
Gemiddelde temperatuur (°C)
|
5,0
|
5,6
|
8,8
|
11,5
|
15,3
|
18,3
|
20,6
|
20,4
|
16,9
|
13,0
|
8,3
|
5,5
|
12,5
|
Gemiddelde minimum (°C)
|
2,7
|
2,8
|
5,3
|
7,3
|
10,9
|
13,8
|
15,8
|
15,7
|
12,7
|
9,6
|
5,8
|
3,4
|
8,5
|
Laagste minimum (°C)
|
?14,6
|
?14,7
|
?9,1
|
?3,5
|
?0,1
|
3,1
|
6
|
6,3
|
1,8
|
?3,1
|
?14
|
?23,9
|
?23,9
|
|
Neerslag (mm)
|
53,7
|
43,7
|
48,5
|
53
|
65
|
64,6
|
63,1
|
43
|
54,7
|
59,7
|
51,9
|
58,7
|
649,6
|
Bron: Meteo-France,
[10]
Infoclimat.fr
[11]
|
Die vroegste
Keltiese
nedersettings het verrys op twee klein eilande in die rivier Seine, wat deur die stad vloei. In daardie tyd het die nedersetting bekend gestaan as
Louk-teih
(Plek van die Moeras) of
Lutu-hezi
(Waterwoning). Hoewel dit net uit 'n klompie houthutte bestaan het, was dit 'n plek van strategiese belang.
Gaius Julius Caesar
, wat
Gallie
in die 1ste eeu v.C. verower en onder Romeinse bewind gebring het, was die eerste wat na die
oppidum
of Keltiese nedersetting as
Lutetia
verwys het. Ander antieke bronne gee die naam as
Lucotecia
. In elk geval is die nedersetting met die plaaslike Galliese stam verbind wat in
Latyns
Parisii
genoem is ? as
Lutetia Parisiorum
. Topografies is die nedersetting, meer nog as vandag, deur die Seinerivier oorheers. Die rivierbedding, wat in die stadsgebied vandag 'n maksimum breedte van tweehonderd meter bereik, was in die Kelties-Romeinse tydperk op plekke moontlik 'n halwe kilometer breed. Aangesien
winters
indertyd redelik koud was, was die Seine gedurende die koudste maande met 'n yslaag bedek wat die bou van brue bemoeilik het. Die ys kon geweldige druk daarteen uitoefen en die brue meesleur. Daarnaas kon voedselvoorrade gedurende lang koue periodes opgebruik wees sodat bewoners deur hongersnode geteister is.
Die antieke Seine was ook minder diep, met uitgestrekte moerasse aan weerskante. Aan die linkeroewer het 'n syrivier, die Bievre, in die Seine uitgemond (waarskynlik naby die huidige Austerlitz-stasie). Die laagliggende grond langs die regteroewer is deur oorstromings bedreig. Dieselfde geld vir die antieke Ile de la Cite, die eiland waarop die Parisii hul nedersetting gebou het, wat sowat ses meter laer as vandag gelee was. Die eiland was betreklik kleiner as vandag ? sewe of agt hektaar in vergelyking met die huidige sewentien ? en slegs die grootste en belangrikste temidde 'n hele eilandgroep. Drie kleiner eilandjies was aan sy westelike kant gelee, vier aan sy oostelike kant. Hulle het eers in latere eeue met die oewerland of die Ile versmelt; in die antieke tyd het die topografie navigasie op die rivier bemoeilik en beperk tot skepe met weinig diepgang.
As Romeinse veldheer het Julius Caesar nie soseer belang in Lutetia se strategiese waarde of topografiese besonderhede gestel nie. Die
Romeinse Republiek
was teen omstreeks 50 v.C. besig om sy magsgebied aansienlik uit te brei en uiteindelik die hele Gallie onder sy beheer te kry. Die suidelike deel van Gallie, wat destyds as
Gallia Narbonensis
bekend gestaan het, het reeds sedert 121 v.C. deel uitgemaak van die
Romeinse Ryk
en was 'n belangrike landverbinding tussen die Italiese en
Iberiese Skiereilande
. Casar het sy Galliese Oorloe tussen 58 en 51 v.C. gevoer om die Romeinse invloedsfeer in Suid-Gallie te beskerm, Galliese en Germaanse aanvalle uit die noorde af te weer en die Ryksgrens verder noordwaarts te verskuif ? na die "Harige Gallie", soos dit ter onderskeiding van die geromaniseerde suide genoem is.
[12]
Dit was dus allesbehalwe spesifiek op die Parisii-stam gemik, maar eerder op ander, magtige stamme in Galliese streke suid van Lutetia soos die Averni in die
Sentraalmassief
, die Carnutes in die gebied van die huidige
Orleans
en die Senones rondom die huidige Sens. Die Parisii het aanvanklik moeite gedoen om nie by die konflik betrokke te raak nie. Hulle het selfs Caesar se guns geniet. In 53 v.C. het die veldheer in Lutetia 'n vergadering van alle Galliese stamme byeengeroep.
In die volgende jaar het die Parisii egter na die vyand oorgeloop. Caesar het troepe onder bevel van sy getroue luitenant Labenius na Lutetia ontbied waar die Parisii onder bevel van Camulogenus in 'n beslissende veldslag gedwing en verpletterend verslaan is. Parisii-stryders wat kon ontsnap het suidwaarts gevlug om by
Vercingetorix
se Galliese weerstandsmag aan te sluit. Volgens Caesar se verslae het sowat 8 000 Parisii aan die
Slag van Alesie
in 52 v.C. deelgeneem wat nog eens in 'n rampspoedige Galliese neerlaag geeindig het.
Na die Galliese Oorlog is Gallie by die Romeinse Ryk ingelyf en in drie provinsies verdeel, waarby Lutetia deel uitgemaak het van
Gallia Belgica
, die mees noordelike van die drie administratiewe eenhede.
Argeologiese
vondse dui daarop dat Lutetia in die beginjare van die Romeinse bewind 'n fase van ekonomiese agteruitgang beleef het, sigbaar in die verminderde metaalwaarde van muntstukke wat in die stad geslaan is. Hierdie munte kontrasteer met indrukwekkende goue munte wat dekades voor die Romeinse verowering deur die Parisii vervaardig is en van die florerende ekonomie en handel in die gebied getuig.
[13]
So het Lutetia uiters stadig tot 'n stedelike nedersetting volgens die klassieke Romeinse model ontwikkel. Die stad het heel waarskynlik 'n roostervormige straatuitleg gehad, waarby vir die tradisionele
cardo
, die hoofstraat wat in noord-suidelike rigting aangele is, 'n bestaande pad gekies is wat parallel met die huidige Rue Saint-Jacques geloop het. Die grootste deel van die Romeinse nedersetting was aan die linkeroewer van die Seine in die huidige Vde arrondissement gelee. Die stadsgebied het vanaf die huidige Rue Mouffetard in die ooste tot Rue de Vaugirard (VIde arrondissement) in die weste en vanaf die huidige
Boulevard Saint-Germain
tot die heuwelpiek Montagne Sainte-Genevieve gestrek.
Volgens oorlewering het Sint Genoveva (Frans:
Sainte-Genevieve
, 422?502 of 512), wat later die beskermheilige van Parys sou word, in die tyd van die Hunne-invalle 'n beroep op Parysenaars gedoen om nie uit die Gallo-Romeinse stad te vlug nie. Almal sou bid en boete doen. Parys is inderdaad in 451 deur die
Hunne
? wat toe groot dele van Europa verwoes het ? gespaar.
[14]
Onder die Frankiese bewind het Parys as die hoofstad van die Neustriese Deelryk gedien, maar dit is in die
Karolingiese
tydperk weer afgeskaal tot hoofstad van die graafskap, terwyl die politieke magsentrum ooswaarts verskuif het. Maar desondanks het die stad as handelsplek gefloreer en die bevolking teen omtrent 800 reeds 20 000 beloop. Ongelukkig het ook
Wikings
aangetrokke gevoel tot Parys se rykdomme en die stad verskeie kere geplunder. Eers in 885 het graaf Odo uit die Robertynse dinastie daarin geslaag om die Noormanne te verslaan. Met die bekroning van hertog
Hugo Capet
as koning van Frankryk in 987 het Parys sy status as hoofstad van die ryk herwin.
Parys het groot welvaart uit sy ligging ervaar ? belangrike handelsroetes het hier bymekaar gekom. Tydens die heerskappy van die konings
Lodewyk VI
en
Lodewyk VII
het die stad meer en meer administratiewe funksies as hoofstad van Frankryk begin waarneem, en sy beroemde skole ? soos byvoorbeeld die katedraalskool van Sainte-Genevieve ? het die vernaamste geleerdes en 'n groot aantal studente van verskillende Europese lande gelok. Hierdie skole wat hulle hoofsaaklik aan die linkeroewer van die rivier Seine gelee was, was die voorlopers van die Universiteit van Parys wat in die twaalfde eeu gestig is. Die studente het gewoonlik Latyn met mekaar gepraat sodat na hulle woonbuurt (wat vandag nog bestaan) as die
Quartier Latin
verwys is.
Nogtans was Parys in die 12de eeu nog 'n betreklik klein hoofstad wat naas die Ile de la Cite uit verskeie klein nedersettings aan weerskante van die Seine bestaan het. Hierdie nedersettings het oorspronklik rondom abdye ontstaan. Aan die linkeroewer is die abdye van St-Germain-des-Pres, St-Marcel en St-Gervais danksy koninklike finansiele steun oor 'n tydperk van sowat 150 jaar geleidelik heropgebou na verwoestende Wiking-aanvalle. Die Seine se regteroewer het oor beter aanleplekke beskik en kon sodoende voordeel trek uit die groeiende rivierhandel. Hier was drie nedersettings rondom die abdye van St-Germain-l'Auxerrois, St-Martin-des-Champs en St-Gervais gelee.
Die regentskap van koning Filips-Augustus tussen 1180 en 1223 word as wentelpunt in die geskiedenis van Parys beskou. In hierdie periode het die eerste permanente markgeboue in Les Halles ontstaan. Die bou van 'n stadsmuur, waarmee aanvanklik die sakesentrum aan die regteroewer, later ook buurte op die linkeroewer beskerm is, het 'n veilige omgewing vir 'n verskeidenheid gildes geskep wat ekonomiese welvaart vir die stad en hoer belastinginkomste vir die monarg verseker het. In die weste van Parys het Filips-Augustus 'n kasteel, die Louvre, laat bou om Parys teen moontlike aanvalle te beskerm. In 'n tyd, toe die hertog van Normandie ook as koning van Engeland geregeer het, is die pad tussen Parys en Normandie as potensiele invalsroete beskou.
Die stad het ook in die 13de eeu nog sterk gegroei; die koninklike paleis is vergroot en die
Gotiese
katedraal
in die
cite
(historiese stadskern) is opgerig.
Koning
Filips II van Frankryk
het die stad, wat nou sowat 80 000 inwoners getel het, laat versterk, en onder koning
Lodewyk IX
het dit uiteindelik tot een van die grootste en belangrikste stede in Europa ontwikkel. Die stad het saam met die
monargie
gegroei, maar weens sy oorgrote politieke belang is dit nooit stadstatus toegestaan nie. 'n Koninklike
provost
het Parys geregeer, en behalwe vir die gildes ? by name die koopliede van die Seine ? het die burgerskap nie daarin geslaag om 'n stadsraad of ander verteenwoordigende liggame te skep nie. Die Sonkoning
Lodewyk XIV
het verkies om in die nabygelee
Versailles
te bly waar die
Paleis van Versailles
as uitgestrekte koninklike residensie ontstaan het. Versailles het sodoende tussen 1643 en 1715 as koninklike hoofstad gedien.
Die burgerlike verset teen die absolutistiese "Ancien Regime" het 'n hoogtepunt in die
Franse Rewolusie
bereik. Op 14 Julie 1789 het die burgers die gevangenis
Bastille
gestorm. Die Rewolusionere het geprobeer om die land van die adelsheerskappy, die geestelikheid en ook die Christelike "bygeloof" te bevry. Die nekslag wat die adel en kerk toegedien is, het verseker dat Frankryk tot 'n sekulere maatskappy van selfstandige burgers ontwikkel het.
Die skepping van 'n wereldstad
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1848 is Parys sterk deur rewolusionere onluste geraak.
Louis-Napoleon
, wat Frankryk aanvanklik as president geregeer het en vanaf 1852 'n diktatoriese bewind as
keiser
daargestel het, was van voorneme om Parys in 'n monumentele wereldstad om te skep. Georges Eugene Haussmann (1809?1891), 'n bekwame provinsiale prefek sonder enige formele opleiding in argitektuur of stadsbeplanning, is deur die keiser in 1852 as prefek van die departement Seine ? en dus Parys ? benoem om die plan te verwesenlik.
[15]
Dit was die begin van vier dekades se ongekende boubedrywighede. Altesaam 2,5 miljard goudfrank is gedurende die Tweede Keiserryk tussen 1852 en 1870 aan die projek bestee (banklenings, wat hiervoor aangegaan is, was eers in 1929 afbetaal). In die twee dekades het die Franse hoofstad ongekende groei ervaar ? die inwonertal het van 1,2 miljoen in 1850 toegeneem tot twee miljoen in 1870.
[16]
In daardie tyd het die binnestad van Parys in baie opsigte nog 'n sterk middeleeuse karakter gehad, terwyl voorstede en krotbuurte langs die stadsrand uitgebrei het. Die
onhigieniese
toestande in kwartiere soos die Marais het nie net ernstige gesondheidsrisiko's vir hul bewoners ingehou nie (
cholera
en
tifus
was 'n konstante bedreiging), ook die stank was ondraaglik.
[17]
Die veranderinge, wat Parys gedurende Haussmann se stadsvernuwing ondergaan het, was radikaal en omvattend. Geen ander stad is ooit in vredestye so ingrypend omgevorm soos die Franse hoofstad gedurende Haussmann se ampstermyn nie. Die herstrukturering is in drie fases deurgevoer en het die sloping van 19 730 historiese geboue (waaronder Haussmann se geboortehuis in 55 rue de Faubourg-du-Roule) en die bou van 34 000 nuwe woonhuise behels. Parys se historiese nou straatjies is vervang deur nuwe pragtige lane nie net vanwee hul wydte en lengte besonder indrukwekkend was nie, maar eers deur lang rye van reelmatige ruim woonstelgeboue in die neo-klassieke styl met helder, roomkleurige fasades hul besondere karakter gekry het.
Die buurt rondom die treinstasie Saint- Lazare was een van die kerngebiede van Haussmann se radikale herstrukturering. Wes daarvan was 'n heuwelagtige buurt gelee wat vanwee die groot getal
Poolse
immigrante "Klein-Pole" genoem is; die meeste van hulle is in barakke gehuisves. Nadat die bewoners verdryf is, is die terrein vlak gemaak en nuwe reguit strate aangele. Kruisende strate het skerp hoeke gevorm.
Die Place d'Europe, 'n plein wat reeds voor Haussmann se herstrukturering bestaan het, is in 'n soort brug bo-oor die spore van die Saint-Lazare-stasie omgeskep. Ter geleentheid van die wereldtentoonstelling in 1867 is grootskaalse bouprojekte aangepak. Groot getalle nuwe woonhuise met vyf verdiepings het 'n besondere karakter aan die kwartier gegee. Hul neoklassieke ontwerpe met hoe "Paryse" vensters, gietysterbalkonne en 'n maksimale hoogte van 35 meter oorheers vandag nog steeds die binnestad van Parys.
Die nuwe Quartier de l'Europe was 'n aantreklike woonbuurt vir die voorstanders van 'n "moderne stedelike lewe", waaronder talle
impressionistiese
skilders soos
Edouard Manet
,
Claude Monet
en
Gustave Caillebotte
, maar ook digters soos Stephane Mallarme en skrywers soos Maxime du Camp. Haussmann se nuwe kwartier was daarnaas 'n geskikte woonplek vir
Emile Zola
se romanheld Jacques Lantier.
Naas elegante woonkwartiere en lane het Haussmann se ontwerpe voorsiening gemaak vir 'n moderne stedelike infrastruktuur met ruim openbare pleine, groot stadsparke (waarvoor
Londen
se
Hyde Park
as voorbeeld gedien het), 'n nuwe rioleringstelsel, 'n nuwe akwaduk wat Parysenaars van vars
drinkwater
voorsien het, 'n netwerk van ondergrondse gaspyplyne vir die beligting van strate en woonhuise, kunsvolle fonteine, ryk versierde openbare toilette en lang rye nuutgeplante bome.
Ewe elegant was die ontwerpe vir nuwe spoorwegstasies soos die Gare du Nord en Gare de l'Est, die opulente Paryse Operahuis, nuwe teaters op die plein Place du Chatelet, die Les Halles-markgebou met sy kunsvolle ysterraamwerk (onsterflik gemaak deur Emile Zola se roman "Die buik van Parys"), maar ook nuwe kerk- en skoolgeboue. Een van Hausmann se meesterwerke was die Place de l'Etoile (tans Place Charles de Gaulle) met sy netwerk van twaalf radiale lane.
Die skadukant van Haussmann se projek was die verdrywing van armer bewoners (van Parys se arm buurte het voor die verwesenliking van Haussmann se plan tot vlakby die keiserlike paleis gestrek), onteienings en die grootskaalse sloping van bestaande woongeboue. Woonstelle in die Paryse binnestad was nou nog net vir die nouveaux riches, die nuwe welgestelde
bourgeoisie
, bekostigbaar.
Haussmann se planne was ook na sy gedwonge aftrede in 1870 ? die keiser is skerp gekritiseer vir die buitensporige koste wat aan die stadsvernuwing verbonde was en moes van sy prefek ontslae raak ? rigtingwysend vir die ontwikkeling van Parys. Groot woonstelle en die nabyheid van openbare vervoer soos treine vir naweekuitstappies langs die Seinerivier het middelklashuurders na die kwartier gelok. Dit was hul leefstyl wat die Franse impressioniste in hul skilderye sou uitbeeld.
Die militere nederlaag teen Pruisiese troepe in die slag van Sedan gedurende die
Franko-Pruisiese Oorlog
van 1870?1871 en die gevangeneming van keiser Napoleon III het die Tweede Keiserryk se ondergang ingelui. 'n Provisoriese regering het op 4 September 1870 in die Paryse Raadsaal die
Derde Franse Republiek
geproklameer, terwyl die stad deur Pruisiese troepe beleer is. Op 28 Januarie 1871 is Parys deur Pruisiese magte beset.
Die beleg van Parys het in die winter van 1870?1871 tot 'n hongersnood gelei en rewolusionere neigings aangespoor. Tussen Maart en Mei 1871 het
kommunistiese
en
sosialistiese
arbeiders, die sogenaamde
Commune van Parys
, in opstand teen die heersende regering gekom. Die rebellie is deur regeringstroepe genadeloos onderdruk.
As gevolg van die oorlog het Frankryk sy leidende politieke rol in Europa kwytgeraak, maar desondanks het Parys in die tagtigerjare van die 19de eeu weer 'n tydperk van bloeiende welvaart beleef wat later as
Belle Epoque
bekend sou staan. In hierdie tydperk het weelderige afdelingswinkels en paleise ontstaan, net soos die
Eiffeltoring
? 'n projek wat, toe dit in (1889 as die destyds hoogste gebou op aarde voltooi is, nog omstrede was onder Parysenaars, maar uiteindelik die bekendste baken van die Franse hoofstad geword het. Ander opspraakwekkende bouprojekte in die tyd sluit die eerste veelverdieping-staal-betongebou (voltooi in 1892), die
Grand Palais
en Petit Palais (1900), die brug
Pont Alexandre III
, die basiliek Sacre-Cœur (1900) en die
Metro
(moltreinlyn) tussen Maillot en Vincennes (1900) in. Naas die wereldtentoonstellings van 1878, 1889 en 1900 het Parys ook as gasheerstad van die
Olimpiese Somerspele 1900
opgetree.
Die tydgees van die Belle Epoque is weerspieel in 'n bloeiende kunslewe, Parys se operahuise en teaters, in elegante modestyle, straatkafees en salonne. As kulturele spilpunt van Europa het Parys 'n magneet vir kunstenaars en intellektueles geword, terwyl jong welvarendes 'n besoek aan die Franse hoofstad as die afronding en bekroning van hul opleiding beskou het.
[18]
In 1921 het die bevolking van Parys sy historiese maksimum van meer as 2,9 miljoen bereik.
[19]
Die
Tweede Wereldoorlog
en die Duitse
blitzkrieg
het die bitter jare van Duitse besetting gebring. In die laat somer van 1944 is Parys deur
Geallieerde
Anglo-Franse Magte bevry.
Teen die middel van die 20ste eeu het groot getalle binnelandse migrante uit landelike gebiede en immigrante uit
oorsese Franse besittings
hulle in Parys kom vestig en nuwe demografiese uitdagings soos oorbevolking vir die stedelike administrasie gebied. 'n Maklike, maar kortsigtige oplossing was om mense in buitewyke, die sogenaamde
banlieues
buite die kringsnelweg
Boulevard peripherique
, te huisves waar in die 1960's en 1970's uitgestrekte satellietstede ontstaan het wat hoofsaaklik uit groot woonstelblokke bestaan het, sogenaamde
grands ensembles
met onvermydelike hoe bevolkingsdigthede.
Die bevolking van Sarcelles, die eerste van hierdie residensiele nedersettings, het van slegs 8 000 in 1954 gegroei tot 35 000 sewe jaar later. Ontoereikende beplanning en die gebrek aan infrastruktuur het die lewensgehalte van satellietstadsbewoners verswak. So is byvoorbeeld min nuwe werksgeleenthede geskep en is inwoners genoodsaak om lang pendelritte na die binnestad af te le. Grootskaalse werkloosheid het mense hulself dikwels tot misdaad laat wend.
Studenteproteste en stakings dwarsoor die land
het die Paryse regering in 1968 geskud. Anders as byvoorbeeld in Duitsland het die studente- en werkersbewegings in Frankryk saamgesluit, en die eskalerende betogings en proteste het vir sommige destydse waarnemers selfs die gevaar van 'n
burgeroorlog
ingehou.
Die sestigerjare was nogtans 'n tydperk van ekonomiese vooruitgang; die ontwikkeling van die wolkekrabberbuurt
La Defense
het in hierdie periode 'n aanvang geneem. Parys het sy rol as wereldstad in die volgende dekades met 'n reeks asemrowende argitektoniese projekte bevestig wat deur die Franse Staatspresidente bevorder is. President
Georges Pompidou
was die dryfkrag agter die bou van die
Centre Culturel
in die stadswyk Beaubourg; President
Valery Giscard d'Estaing
het die
Musee d'Orsay
, die
Institut du Monde arabe
en die
Cite des Sciences et de l'Industrie
bevorder; terwyl die glaspiramide van die Louvre, die
Opera-Bastille
, die
Bibliotheque de France
en die
Grande Arche
in La Defense onlosmaaklik met President
Francois Mitterrand
verbind is.
In Desember 2005 het die EPAD, die organisasie wat tans die ontwikkeling van La Defense beheer, planne bekend gestel om 'n nuwe reeks van wolkekrabbers (waarvan een met 'n hoogte van sowat vierhonderd meter) en 'n nuwe skouburg met 5 000 sitplekke op te rig.
Parys se
banlieues
, 'n ring van voorstede wat onder meer as woonkwartiere vir minderbevoorregte bevolkingsgroepe soos immigrante uit
Noord
- en Swart-Afrika dien, was in die herfs van 2005 weer eens die skouplek van gewelddadige onluste, wat vinnig oor die hele land versprei het. Grootskaalse immigrasie van ongeskooldes, wat werkloosheid, armoede, woningnood en misdaad tot gevolg het, het 'n ernstige probleem vir Franse metropole geskep. Die opgehoopte frustrasie van veral jeugdiges word vergroot deur die feit dat hulle grotendeels Franse burgerskap het, maar desondanks nie in die Franse maatskappy geintegreer is nie. Baie van hulle kan selfs nie die bus- of treinkaartjie vir 'n besoek aan die Paryse binnestad bekostig nie en staan dus geen kans op 'n werkgeleentheid nie.
Die onluste in 2005 het na die dood van twee jeugdiges in 'n ongeluk uitgebreek. Hulle het valslik geglo dat hulle deur polisiemanne agternagesit sou word en gevlug. Gewelddadige betogings en opmerkings deur die destydse Franse Minister van Binnelandse Sake,
Nicolas Sarkozy
, dat die voorstede "skoongemaak" moet word, het die aanleiding tot die landswye onluste gegee.
Op 7 Januarie 2015 het twee Moslem-ekstremiste, albei Franse burgers wat in die metropolitaanse gebied van Parys grootgemaak is, die Paryse redaksiekantoor van
Charlie Hebdo
, 'n satiriese tydskrif wat met die
Islamitiese
profeet
Mohammed
spot gedryf het, aangeval en dertien mense doodgeskiet, onder wie vyf bekende spotprenttekenaars, die tydskrif se direkteur en drie polisielede. Twee dae later het 'n derde terroris vier gyselaars in 'n aanval op 'n
Joodse
supermark naby die Porte de Vincennes vermoor. Al drie aanvallers is nog op dieselfde dag deur die Paryse polisie doodgeskiet. Die twee aanvalle was die dodelikste terreuraanvalle in die Paryse hoofstad sedert 1961.
[20]
Op 11 Januarie het 'n geskatte 1,5 miljoen mense, waaronder politieke leiers uit die buiteland, aan 'n betoging teen terrorisme en vir die vryheid van spraak deelgeneem.
[21]
Op 13 November 2015 het Moslem-ekstremiste en beweerde aanhangers van die sogenaamde
"Islamitiese Staat"-organisasie
(IS) 'n reeks aanvalle op burgerlike teikens geloods. Tientalle besoekers van drie straatkafees is doodgeskiet; 'n selfmoordbommer het homself buite die stadion
Stade de France
opgeblaas waar op die tydstip 'n sokker-wedstryd tussen Frankryk en Duitsland se nasionale spanne gehou is wat ook deur die Franse president
Francois Hollande
en die Duitse minister van buitelandse sake, Frank-Walter Steinmeier, bygewoon is; en terroriste, wat met Kalasjnikof-gewere bewapen was, het die
Bataclan
-teater- en konsertsaalgebou aangeval waar hulle tientalle toeskouers doodgeskiet het voordat hulle hulself opgeblaas het. Terwyl sewe aanvallers gesterf het, kon twee terroriste ontsnap. Altesaam 130 mense het in die terreuraanvalle gesterf en meer as 350 is beseer.
President Hollande het die aanvalle as 'n oorlogsdaad van die IS beskryf,
[22]
die noodtoestand in heel Frankryk verklaar, grenskontrole heringestel en vyftienhonderd soldate in Parys ontplooi. Skole en universiteite is net soos ander openbare instellings in Parys op die volgende dag gesluit.
Vroeg op 18 November is drie verdagte terroriste, onder wie Abdelhamid Abaaoud wat die aanvalle na bewering beplan en gekoordineer het, in die voorstad
Saint-Denis
deur polisielede doodgeskiet.
Administratiewe struktuur
[
wysig
|
wysig bron
]
Volgens die Wet oor die administratiewe herstrukturering van Parys van 10 Julie 1964, wat op 1 Januarie 1968 volledig in werking getree het, vorm Parys tegelykertyd 'n nedersetting (
commune
) en 'n departement. Voorheen was Parys sedert 1790 die administratiewe setel van die departement Seine. Die stad word onderverdeel in twintig stedelike
arrondissements
of stadsdistrikte waarvan die grense in 1860 afgebaken is. Hulle het die twaalf oorspronklike arrondissements vervang wat gedurende die Franse Rewolusie op 11 Oktober 1795 geskep is. Tans word die Paryse hoofstad verder verdeel in agttien kiesafdelings.
Die arrondissements word op hulle beurt elkeen onderverdeel in vier
quartiers
of stadsbuurte. Daar is dus altesaam tagtig stadsbuurte wat spiraalvormig gerangskik is. Die spiraal loop vanaf die Louvre, die 1ste Arrondissement, kloksgewys twee keer rondom die historiese middestad van die Ile de la Cite tot by die 20ste Arrondissement by die Place de la Nation. Ook die
poskode
? in Frankryk 'n reeks van vyf syfers ? dui aan in watter arrondissement 'n posadres gelee is. Die eerste twee syfers (75) dui die departement aan (Parys), die laaste twee die arrondissement.
Die name van tradisionele stadsbuurte is afgelei van vroeere dorpe wat gaandeweg by Parys ingesluit is namate die stadsgebied uitgebrei het, soos byvoorbeeld La Villette, Belleville en Chaillot, van kerke soos
Saint-Germain-des-Pres
, van historiese of belangrike geboue soos Les Halles en Opera of van historiese besonderhede soos die
Quartier Latin
.
Faubourgs
? histories buurte wat buite koning Lodewyk XIII se stadsmuur gelee was ? is tans voorstede wat meestal na die mees nabygelee vroeere nedersetting vernoem is. So was Montmartre byvoorbeeld die voorstad wat in rigting van die gelyknamige dorp gelee was.
[23]
Die stadsraad van Parys, die
Conseil de Paris
met 163 lede, word deur Paryse stemgeregtigdes vir 'n termyn van ses jaar verkies. Die stadsraad benoem nie net die burgemeester (
Maire
) nie, maar vorm tegelykertyd as
Conseil General
(Algemene Raad) die wetgewende liggaam van Parys as departement. In 2014 is die Sosialistiese Party se kandidaat, Anne Hidalgo, vir 'n ampstermyn van ses jaar as burgemeesteres verkies.
Die prefek (
Prefet de Paris
) as administratiewe hoof van die departement word deur die Franse regering benoem. Tans beklee Daniel Canepa die pos. Canepa dien gelyktydig as prefek van die administratiewe gewes Ile-de-France en as voorsitter van die administratiewe gewestelike raad (
Conseil Regional
). Die Paryse polisiediens word deur 'n polisieprefek bestuur.
Historiese ontwikkeling
[
wysig
|
wysig bron
]
Water het 'n sentrale rol by die ontwikkeling van Parys se stedelike administrasie gespeel aangesien dit histories teruggevoer kan word na die invloedryke gilde van "Koopliede te water" wat in die middeleeue alle handelsaktiwiteite op die Seine en sy syriviere beheer het. Teen die middel van die 13de eeu het koning Lodewyk die Heilige leidende lede van die vereniging as stadsregering benoem. Hierdie
echevins
of raadslede het onder leiding van 'n
prevos des marchands
(provoos van handelaars) vergader wat die bevoegdhede van 'n burgemeester uitgeoefen het. Die koopmansgilde se embleem ? 'n boot ? maak steeds deel uit van Parys se stadswapen.
[24]
In 1357 is die setel van die stadsregering op inisiatief van Etienne Marcel, die destydse provoos van handelaars, na die
Maison des Piliers
, 'n 14de eeuse gebou op die
Place de la Greve
("Sandoewerplein") verskuif. Die ou raadsaal is in die 16de eeu afgebreek en deur 'n nuwe gebou in die
Renaissance
-styl vervang. Hier is op 4 September 1870 die Derde Franse Republiek geproklameer. Een jaar later is die raadsaal gedurende die Paryse Commune-opstand deur 'n brand vernietig nadat die opstandelinge dit as hul hoofkwartier gebruik het.
Die derde en huidige raadsaal (
Hotel de Ville
) is deur die argitekte Theodore Ballu (1817?1885) en Edouard Deperthes (1833?1898) volgens die Neorenaissancestyl met enkele Gotiese elemente ontwerp en tussen 1874 en 1882 gebou. Die fasade is met 'n groot horlosie en 146 standbeelde van bekende persoonlikhede soos wetenskaplikes, skrywers en kunstenaars versier.
Die plein voor die raadsaal het deur die eeue verskeie kere in die brandpunt van politieke gebeure gestaan. In die middeleeue was die plein aan die Seine-oewer die oudste ankerplek en bakermat van die stad Parys. Hier is die belangrikste in- en uitvoergoedere gehanteer. Hier is groot feeste gehou, maar ook teregstellings het hier plaasgevind. Gedurende die Franse Rewolusie het die plein in die skadu van die
guillotine
gestaan en is koning Lodewyk IV hier gedwing om die
Franse driekleurvlag
(
tricolore
) te soen. Die raadsaal het vir die rewolusioneres
Danton
,
Marat
en Robespierre as hoofkwartier tydens hul Skrikbewind gedien.
Weens die groot aantal werkers, wat gedurende stakings en betogings op die
Place de la Greve
vergader het, het idiome soos
faire (la) greve
en
etre en greve
("staak") ingang tot Frans gevind. Op 19 Maart 1803 is die plein se naam gewysig na
Place de l'Hotel-de-Ville
("Raadhuisplein"). In 1982 is motors van die plein verban.
Parys is die hoofstad van die Franse Republiek, setel van die staatspresident, die regering en die twee kamers van die Franse parlement ? die Nasionale Vergadering as laer- en die Senaat as hoerhuis. Ondanks alle pogings om politieke, administratiewe en ekonomiese verantwoordelikhede na die provinsiale sentra te verskuif, word die meeste belangrike politieke en ekonomiese besluite steeds in Parys geneem.
Die feit dat 'n vyfde van die Franse bevolking in die metropolitaanse gebied van Parys saamgetrek is en byna dertig persent van die land se bruto binnelandse produk hier gegenereer word, verleen 'n enorme gewig aan die hoofstad.
Metropole du Grand Paris
[
wysig
|
wysig bron
]
Op 1 Januarie 2016 is die sogenaamde
Metropole du Grand Paris
gevorm, 'n samesluiting van die Stad Parys en 130 munisipaliteite in die omliggende departements Essonne, Hauts-de-Seine, Seine-Saint-Denis, Val-de-Marne en Val-d'Oise, wat die ekonomiese, kulturele, opvoedkundige, sosiale en ekologiese ontwikkeling van Groter Parys, 'n gebied met 'n oppervlakte van 814 km
2
en 'n bevolking van sewe miljoen, koordineer.
Parys is die vernaamste ekonomiese sentrum van Frankryk, wat met sy reusagtige afsetgebied nog steeds aantreklik is vir die vervaardigers van verbruikersgoedere. Meer as 'n kwart van alle Franse nywerhede het hulle hoofkwartiere in die metropolitaanse gebied van Parys, en altesaam 593 000 ondernemings is in die hoofstadgewes Ile-de-France gesetel. Tans is die
farmaseutiese
nywerheid, die telekommunikasiebedryf, die uitgewersbedryf en navorsing die suksesvolste sektore van die Paryse ekonomie. Ten opsigte van navorsing en ontwikkeling het Parys nou die belangrikste stad in Europa geword, en vyf van die twaalf grootste banke het hulle hoofkwartiere in die stad, net soos talle versekeringsmaatskappye en 'n groot aantal ondernemings uit die mediabedryf. Parys is tradisioneel die sentrum van die Franse uitgewers- en
drukkerybedryf
.
Die stad staan tradisioneel bekend vir sy groot verskeidenheid luukse artikels, wat van haute couture-mode en juweliersware tot
reukwater
en skoonheidspreparate strek. Ander belangrike nywerhede vervaardig chemiese produkte, elektroniese toerusting, motors en masjiene.
Die meeste ondernemings van die Franse dienstesektor, veral finansiele instellings soos banke, opereer eweneens vanuit die hoofstad. Die finansiele sektor met die
multinasionale
banke
BNP Paribas
,
Societe Generale
en
Credit Agricole
bied tans werksgeleenthede aan sowat 270 000 mense.
Sy rol as een van die belangrikste handelsmetropole in Europa verseker ook dat groot multinasionale ondernemings soos
Sony
,
IBM
,
Hewlett-Packard
France,
Siemens
en Motorola hulle Franse hoofkwartiere hier het. 38 multinasionale ondernemings het hulle internasionale hoofkwartier in die stad. Parys is ook die setel van die Europese beurs Euronext.
Parys trek as een van die gastronomiese hoofstede van die wereld voordeel uit sy ligging in die hart van een van die vrugbaarste landboustreke in Europa. Landbou vorm dan ook eeue lank die ekonomiese basis van die omgewing en verskaf die voedsel vir 'n vinnig groeiende bevolking.
Ondanks die feit dat Parys een van die welvarendste gebiede in die
Europese Unie
is, bly die
werkloosheidsyfer
met sowat tien persent (7,5 persent in die metropolitaanse gebied) steeds sorgwekkend. Na raming is daar meer as 50 000 dakloses wat skuiling in die metrostasies en ander plekke moet vind.
Parys se posisie in die globale ekonomie
[
wysig
|
wysig bron
]
Parys en sy onmiddellike omgewing, die Ile-de-France, behoort met 'n bruto geografiese produk (BGP) van €449 miljard (VSA-$507 miljard) in die jaar 2003 tot die enjins van die wereldekonomie en sou as 'n onafhanklike staat as die vyftiende grootste ekonomie ter wereld gelys word.
Met slegs 18,7 persent van Frankryk en 2,5 persent van die Europese Unie se totale bevolking genereer die hoofstad en sy omgewing naastenby dertig persent van Frankryk en 4,5 persent van die Europese Unie se BGP. In
Noord-Amerika
is daar net twee metropolitaanse gebiede met 'n groter BGP as Parys,
New York Stad
en
Los Angeles
, terwyl in
Asie
slegs
Tokio
en
Osaka
meer dienste en goedere produseer as die Franse hoofstadgewes Ile-de-France.
In teenstelling met wereldstede soos Londen en New York, wat hulle in die wereldekonomie op die verskaffing van finansiele dienste gespesialiseer het, beskik Parys nog oor 'n relatief sterk nywerheidsbasis. Met sy 650 000 werknemers is die Paryse nywerhede die belangrikste in Frankryk, nog voor die gebied
Rhone-Alpes
met sy metropool
Lyon
.
Desondanks bly die verskaffing van dienste met toegevoegde waarde die belangrikste groeisektor van die Paryse ekonomie. Ten spyte van Frankryk en Parys se gewildheid as die vernaamste toeristebestemmings ter wereld verskaf die
toerismebedryf
minder as vier persent van die werksgeleenthede.
Parys is een van die gewildste reisbestemmings op aarde, met 40 miljoen besoekers in 2018. Daarnaas is dit 'n belangrike gasheerstad vir internasionale konferensies met jaarliks meer as 1 000 byeenkomste, waarvan 300 internasionale vergaderings en 300 handelskoue is. Sakereise verskaf 'n jaarlikse inkomste van 3,5 miljard Euro aan die stad, terwyl die
toerismebedryf
meer as 9,9 miljard Euro per jaar verdien. Massatoerisme plaas nogtans toenemende druk op die stad se infrastruktuur. So is die stadsregering volgens nuusberigte van plan om toeristebusse uit die historiese middestad te verban. Besoekers en toeraanbieders word aangeraai om gebruik te maak van omgewingsvriendelike alternatiewe soos openbare vervoer, fietse of verkenning te voet.
[25]
- Die
Arc de Triomphe
is 'n reusagtige triomfboog in die neoklassieke styl. Keiser
Napoleon I
begin die bouwerk in 1806. Die boog, wat veertien jaar later voltooi is, verrys nou bo die twaalf strate wat straalvormig van die Place de l'Etoile uitgaan. Sedert 1920 huisves die boog die
Graf van die Onbekende Soldaat
. Ter nagedagtenis van alle gesneuwelde Franse soldate brand hier 'n ewige vlam.
- Die
Cathedrale Notre-Dame de Paris
is in 1163 deur die destydse biskop Maurice de Sully begin en eers in 1345 voltooi. Die katedraal verteenwoordig twee eeue van gotiese boukuns.
- Die
Conciergerie
is 'n reusagtige gebou aan die oewer van die Seine, wat eers as koningspaleis van die Capet-dinastie en later, tydens die Franse Rewolusie, as kerker gedien het. Die gevangenes wat hier aangehou is sluit prominentes soos Marie-Antoinette, Danton, Robespierre en Andre Chenier in. Die gebou, wat vandag 'n deel van die Paleis van Justisie is, beskik oor vier torings en drie sale in die gotiese styl.
- Die
Eiffeltoring
aan die noordwestelike kant van die
Champ-de-Mars
is die bekendste baken van die Franse hoofstad, Parys. Die toring wat van
staal
gemaak is, is deur die Franse ingenieur
Alexandre Gustave Eiffel
(1832?1923) beplan en vir die
Wereldtentoonstelling
en die eeufees van die Franse Rewolusie in 1889 gebou. Die toring is 300,5 meter hoog (met sy antenne 320,8 meter) en dien vandag as uitkykpunt en uitsaaitoring. Daar is hysbakke na die uitkykplekke wat 'n voortreflike uitsig oor die stad bied, en in goeie weersomstandighede kan 'n mens sowat 70 kilometer ver sien. Waagmoediges kan met die 1 652 trappies op na die boonste platform stap. Die toring huisves 'n poskantoor, 'n rolprentteater wat met sy films die geskiedenis van die Eiffeltoring behandel, en op die tweede verdieping, die bekende
Jules Verne
restourant
. Dit is so gewild dat besprekings weke vooraf gemaak moet word.
- Die
Grande Arche de la Defense
is 'n soort moderne weergawe van die Paryse Triomfboog (
Arc de Triomphe
). Die reusagtige, hoekige boog wat sowat 110 m hoog is, le op die as van die Champs-Elysees. Die boog is met Italiaanse Carraramarmer en glas beklee en bied 'n asemrowende uitsig oor die stad. Die Roete van Hedendaagse Kuns met sowat 60 beeldhouwerke maak van
La Defense
? die grootste en modernste sakesentrum van Europa ? 'n soort opelugmuseum.
- Die
Hotel National des Invalides
/
Tombeau de Napoleon
is in 1670 deur koning Lodewyk XIV (Louis XIV) vir die invalides opgerig. In die pragtige goue koepel word keiser Napoleon se as bewaar. Die gebou huisves ook die groot oorlogsmuseum
Musee de l'Armee
met 300 000 historiese voorwerpe.
- Die indrukwekkende moderne gebou van die
Opera National de Paris-Bastille
verrys op die Place de la
Bastille
. Die operateater, wat deur die bekende argitek Carlos Ott ontwerp en in 1989 ingewy is, beskik oor 2 700 sitplekke.
- Die
Opera National de Paris-Garnier
is deur die argitek Garnier in die ryk versierde styl van Napoleon III ontwerp. Die Italiaanse Saal beskik oor uitstekende akoestiese eienskappe;
Marc Chagall
het die pragtige skildery aan die plafon geskep.
- Die
Pantheon
is 'n indrukwekkende kerk wat in 1758 deur die argitek Jacques-Germain Soufflot (1713?1780) opgerig is. Dit verrys bo die stadswyk
Quartier Latin
op die hoogtes van die Montagne Sainte-Genevieve. In 1791 neem die
Assemblee Nationale
die besluit om van die Pantheon die begraafplaas van die groot persoonlikhede van Frankryk te maak.
- Sainte-Chapelle
is 'n kunsvolle gebou wat in 1246 deur
Lodewyk die Heilige
opgerig is om die lydensrelikwiee te bewaar. Die glasvensters uit die 13de eeu maak 'n groot deel van die mure uit.
- Die
Jardin du Luxembourg
in die Quartier Latin (6de
arrondissement
) vorm die pragtige omgewing van die
Palais du Luxembourg
. Die paleis is tussen 1615 en 1627 deur die argitek Salomon de Brosse in die Florentynse styl opgerig. Vandag is dit die setel van die Franse Senaat. Die park met sy pragtige paaie, bome en poele is 'n gewilde ontspanningsplek vir die Parysenaars. Die talle standbeelde van Franse konings en koninginne maak van die park ook 'n historiese buitelugmuseum.
- La Defense
in die weste van Parys is die grootste en belangrikste sentrale besigheidsdistrik van Europa. Dit dien as 'n gekombineerde woonbuurt en sakesentrum wat die hoofkwartiere van die belangrikste internasionale maatskappye huisves. Die stadswyk is 'n reusagtige wandellaan, terwyl die parkeerplekke, stasies, buslane en ander geriewe ondergronds aangele is. Die futuristiese karakter van hierdie wolkekrabberbuurt word deur die reusagtige
Grande Arche
beklemtoon.
- Faubourg Saint-Honore
is die hoofkwartier van die creme-de-la-creme van die internasionale modeontwerpers ? rondom die kerk La Madeleine is name soos
Hermes
, Yves Saint-Laurent, Dior en Versace ou bekendes.
- La Place de la Concorde, Champs-Elysees
: Aan die einde van een van die mooiste lanings ter wereld le die grootste plein van Parys: La Place de la Concorde. Sedert 1836 staan hier 'n obelisk uit die Egiptiese stad
Luxor
.
- Quartier du Marais, place des Vosges
: Tydens die 17de eeu is die Quartier Marais die gewildste woonbuurt van die Paryse adel wat hier sy stadspaleise oprig. Vandag huisves die stadswyk talle kroee en boetieke. Die Place des Vosges bekoor met sy harmoniese huisfasades.
- Quartier Montmartre, place du Tertre
: Tot die 19de eeu bly die Quartier Montmartre 'n klein dorpie. Na sy inlywing by die stad Parys word dit die gewildste ontmoetingsplek vir die Paryse kunstenaars en intellektueles. Vandag lok dit baie toeriste.
- Die
Centre National d'Art Moderne et de Culture Georges Pompidou
met sy hipermoderne argitektuur, wat deur die Italiaanse meesterargitek
Renzo Piano
ontwerp is, is in een van Parys se oudste woonbuurte en lok miljoene in- en uitheemse besoekers. Dit stel die kuns van die 20ste eeu ten toon en beskik oor een van die omvattendste versamelings. 'n Verskeidenheid uitstallings, konserte en rolprentvertonings is deel van die konsep.
- Die
Institut du Monde Arabe
is in 1980 gestig om die verwisseling van gedagtes tussen die Westerse en die Islamitiese beskawings te bevorder. In die gebou met sy kenmerkende fasades van glas en staal is 'n museum en 'n ouditorium ingerig. Die instituut bied ook gereeld uitstallings aan. Die restourant op die boonste verdieping bied 'n pragtige uitsig oor die stad.
- Die
Musee du Louvre
is 'n voormalige koningspaleis wat nou een van die rykste museums wereldwyd huisves. Die reusagtige glaspiramide in die binnehof is deur die Chinees-Amerikaanse argitek Ieoh Ming Pei ontwerp.
- Die
Pavillon de Marsan
, in die noordelike vleuel van die
Louvre
, huisves twee museums: Die
Musee des Arts Decoratifs
en die
Musee des Arts de la Mode
. Meubels, sierade, tapyte, klere en ander voorwerpe uit die verlede word hier vertoon.
- Die
Musee d'Orsay
is 'n voormalige stasiegebou ? die
Gare d'Orsay
? wat nou een van die grootste en belangrikste museums van Parys huisves. Sy versamelings stel die kuns van die jare 1848 tot 1914 ten toon en word deur wisselende uitstallings aangevul.
- 'n Voormalige herehuis uit die 17de eeu, die
Hotel Sale
, huisves die
Musee Picasso
. Die naam van die herehuis verwys na sy oorspronklike eienaar, Pierre Aubert, Seigneur de Fontenay, wat verantwoordelik is vir die belasting op sout, die sogenaamde
gabelle
. Die herehuis word in die jare 1656 tot 1659 deur die argitek Jean de Bouiller in die tipiese boustyl van die stadswyk Marais opgerig. Die huis word in 1964 deur die stad Parys gekoop, en in die jaar 1974 word die besluit geneem om die Picasso-museum in die Hotel te huisves. Die museum word in 1985 geopen. Meer as 200 skilderye, 150 beeldhouwerke, 3 000 tekeninge en prente van
Pablo Picasso
kan hier bewonder word.
- Die
Musee Rodin
in die Hotel Biron, 'n meesterlike voorbeeld van die Rocaille-boustyl en voormalige stadspaleis uit die 19de eeu, vertoon die grootste kunswerke van die beroemde beeldhouer soos
Les Bourgeois de Calais
,
La Porte de l'Enfer
,
Le Penseur
en
Balzac
.
- Die
Museum vir Natuurgeskiedenis ? Grande Galerie de l'Evolution
beskik oor aansienlike versamelings fossiele en diergeraamtes, halfedelgesteentes (die grootste van sy soort wereldwyd), reusagtige kristalle en meteoriete.
- Die
Stad van die Wetenskap en die Nywerheid van La Villette (Cite des Sciences et de l'Industrie de la Villette)
bied 'n reeks permanente en wisselende uitstallings, mediateke, 'n planetarium, die Geode met sy hipermoderne rolprentteater en 'n
duikboot
wat nou as museum dien. Die omliggende park van 55 ha huisves 'n aantal kulturele instellings soos die Stad van die Musiek (Cite de la Musique).
- Die
Musee Carnavalet
in die historiese Hotel Carnavalet behandel die geskiedenis van Parys van die prehistoriese tydperk tot by die 18de eeu. Hier word die ou sleutels van die
Bastille
, die Verklaring van Menseregte uit die jaar 1789 en ander voorwerpe en dokumente bewaar.
- Die
Musee du Quai Branly
behandel die etniese kuns en kultuur van Afrika, Oseanie en Amerika. Die museum met 'n oppervlak van 39 000 vierkante meter, wat deur die argitek Jean Nouvel ontwerp is, is naby die Eiffeltoring gelee en op 20 Junie 2006 deur die Staatspresident
Jacques Chirac
ingewy. Sy kunswerke kom oorspronklik uit die Musee de l'Homme en die Musee national d'Arts d'Afrique et d'Oceanie; ander objekte is aangekoop of skenkings.
- Die
Grand Rex
, opgerig in 1931, is die grootste rolprentteater in
Europa
met 2 650 sitplekke, ontwerp in die
Art Deco-styl
en gelee op boulevard Poissonniere.
Sestig persent van jaarliks meer as dertig miljoen toeriste, wat 'n besoek aan die Frane hoofstad bring, noem inkopiebesoeke as die hoofrede vir hul reis.
[26]
Met sowat 62 000 winkels ? waarvan sowat 5 500 binne die pret-a-porter-segment val ? maak Parys daarop aanspraak om Europa se hoofstad van handel, mode en kreatiwiteit te wees.
Die groot
afdelingswinkels
van Parys is tydens die 19de eeu gestig ? die oudste van hulle is
Le Bon Marche
? en bied 'n oordaad van artikels vir elke smaak. Die indrukwekkendstes is
Les Galeries Lafayette
en
Le Printemps
met sy opvallende koepel op die Boulevard Haussmann.
Le Bon Marche
en
La Samaritaine
bekoor bowendien deur hulle argitektuur.
Tati
bied die laagste pryse. Die internasionale winkelsentrum
Val d'Europe
is 'n voorbeeld van 'n hipermoderne inkopiesentrum.
Parys beskik daarnaas oor 'n aantal passages (winkelsentra met 'n oordekte wandellaan as middelpunt) wat as die voorlopers van moderne afdelingswinkels beskou word. Tydens hul bloeityd in die 19de eeu was daar 'n honderdtal passages in die Franse hoofstad, en by drie van hulle wat vandag nog bestaan moet die toeris 'n besoek afle. Die
Passage Jouffroy
huisves die wasbeeldemuseum
Musee Grevin
, terwyl die elegante neoklassisistiese
Galerie Vivienne
met sy spieeldekorasies en skilderye in die Pompejaanse styl onder meer 'n winkel van die bekende mode-ontwerper Jean-Paul Gaultier huisves. Die
Passage des Panoramas
is die oudste in Parys.
Eeue lank was Parys vir besoekers 'n doolhof met nou en vuil straatjies wat geen name gedra het nie en huise wat nie genommer was nie. In die 15de eeu is daarmee begin om winkels met betreklik groot metaalborde te merk wat aan metaalstange opgehang is. Teen die middel van die 18de eeu is winkels van kleiner plakkette voorsien wat oor hul deure of teen hul fasades aangebring is en waarvan historiese voorbeelde in die
Musee Carnavelet
besigtig kan word.
Straatname, soos hulle vandag bekend is, het eers vanaf 1728 verpligtend geword ? aanvanklik net vir straatkruisings, maar kort voor lank is borde met straatname dwarsoor die stadsgebied aangebring. Parys se befaamde blou emaljeborde het hul verskyning in 1844 gemaak. In enkele historiese kwartiere soos
Le Marais
is oor die blou borde nog die ou straatname te sien wat in die klip van huisfasades gebeitel is. Baie Paryse strate is verskeie kere hernoem. So is in die tyd van die Franse Rewolusie alle straatname met godsdienstige of monargistiese agtergrond verwyder. Die
Rue de Berlin
is om politieke redes na die Eerste Wereldoorlog hernoem tot
Rue de Liege
. Soms het ook plaaslike bewoners op naamwysigings aangedring ? soos in die rooiligbuurt rondom die
Rue Poil-au-Coin
('n straatnaam wat opsigself as aanstootlik ervaar is omdat dit as "Straat van die Harige Agterste" vertaal kan word), tans bekend as
Rue Pelicain
.
Lig in die ≪Stad van Ligte≫
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1318 kon daar nog nouliks sprake wees van 'n "Stad van Ligte" nie ? tenminste nie gemeet aan die aantal openbare lanterne. In totaal was daar drie ? een voor die vesting
Grand Chatelet
(wat destyds as gevangenis gedien het), een by die Nesle-toring (gelee langs die Seine by die mees westelike punt van die stadsmuur vir die orientasie van skepe) en een by die begraafplaas
Cimetiere des Innocents
? die "Lantern van oorledenes".
Hoe meer straatrowers en moordenaars die duisternis die duisternis hul skuilplek gemak het, hoe meer het 'n behoefte aan een of ander vorm van straatbeligting ontstaan. In die eerste helfte van die 16de eeu ? tydens die regentskap van die konings Lodewyk XII, Frans I en Hendrik II ? is Parysenaars verplig om tenminste een venster straatkant toe met 'n
kers
te verlig. Desondanks is elke nag 'n gemiddeld van vyftien mense op Paryse strate vermoor.
[27]
So is in 1662 'n mobiele beligtingstelsel ingevoer waarvoor nagwagters aangestel is om nagtelike voetpatrollies te hou. Waar moontlik, is Parysenaars op pad huis toe van wagters met fakkels of olielampe begelei. Vir hierdie diens moes betaal word na gelang van die brandstof wat verbruik is.
Koning Lodewyk XIV het tydens sy regentskap (tussen 1643 en 1715) sowat 3 000 straatlanterns laat installeer wat geleidelik deur olielampe vervang is. In 1837 was daar reeds 37 000 van hulle. 240 lampaanstekers is aangestel om die lampe binne 'n driekwart uur na sononder aan te steek. In die Restourasietydperk is met die installasie van gaslampe begin. In 1845 was daar reeds sowat 8 000 van hierdie lampe. Die eerste elektriese straatbeligting is in 1878 op die plein
Place de l'Opera
geinstalleer.
Die mees onlangse tegniese innovasie is
halogeenlampe
wat onder meer gebruik word om die beeldhouwerke en ander argitektoniese besonderhede en versierings van brue kunsvol te belig. Die Eiffeltoring is 'n uitsondering ? dit word nie volgens die tradisionele manier met vloedligte van buite belig nie, maar van binne.
Parys en die omliggende
Ile-de-France
beskik oor drie internasionale lughawens met jaarliks meer as 100 miljoen passasiers ?
Roissy-Charles de Gaulle
(sowat 25 km noord van Parys, met 61,6 miljoen passasiers in 2012),
Orly
(14 km suid van Parys, met 27,2 miljoen passasiers in 2012) en
Parys-Beauvais
(84 km noord van Parys naby Beauvais in
Pikardie
, met 3,9 miljoen passasiers in 2012). Die lughawe Charles de Gaulle is die derde grootste en Orly die negende grootste in Europa.
Die ses stasies van die Franse Spoorwee (Societe nationale des Chemins de Fer Francais, SNCF) is
Gare du Nord
,
Gare de l'Est
,
Gare de
Lyon
,
Gare d'Austerlitz
,
Gare Montparnasse
en
Gare Saint-Lazare
. Openbare vervoerdienste word deur die RATP verskaf (Metro, busse, tramway en RER). Die stadstreine van die RER (Reseau Express Regional) beskik oor vyf linies wat tussen 5:30 en 0:30 uur ry.
Die Paryse Metropolitain is deur die ingenieur Fulgence Bienvenue ontwerp, maar dit is die kunstenaars wat die stasies tot kunswerke veral in die Art Deco-styl omskep. Vandag is daar nog sowat 90 van hierdie Art deco-pawiljoene.
Die
Metro
of Paryse moltrein, met veertien linies, sowat driehonderd stasies en 'n netwerk van sowat 200 kilometer, is die belangrikste openbare vervoermiddel met daagliks sowat vyf miljoen passasiers. Tegelykertyd is dit 'n soort Parys in 'n neutedop. In spitstye wemel dit van duisende beroepsmense, maar vir die grootste deel van die dag is dit die wereld van die dakloses (
les clochards
of
les sans-abri
), die musikante en kleinhandelaars.
Parys is een van min stede wat reeds twee keer die
Olimpiese Somerspele
aangebied het:
1900
en
1924
. Die komende
Olimpiese Somerspele 2024
sal weer in Parys gehou word, waarmee dit net na Londen die tweede stad wereldwyd sal word om drie Olimpiese Somerspele te huisves.
Die
Tour de France
, die bekendste en belangrikste fietswedren ter wereld, begin en eindig tradisioneel in Parys. Net tydens spesiale geleenthede begin of eindig dit elders.
Van Parys se bekende
rugbyspanne
sluit in Racing 92 en Stade Francais. Internasionale wedstryde word op die
Stade de France
in
Saint-Denis
, net noord van Parys, gespeel. Die eindstryd van die
Rugbywereldbeker 2007
tussen die
Springbokke
van
Suid-Afrika
en die
Engelse nasionale rugbyspan
is op 20 Oktober 2007 hier beslis, en deur die Springbokke met 15?6 gewen. Die
Rugbywereldbeker 2023
-eindstryd, wat die Springbokke teen die
Nieu-Seelande
All Blacks
met 12?11 kon wen, is ook hier beslis, die keer op 28 Oktober. Die Stade de France word tydens die
Sesnasies-toernooi
as
Frankryk
se tuisstadion ingespan.
Die Paryse
Paris Saint-Germain
is een van die
Ligue 1
se suksesvolste
sokkerspanne
. Hulle het die liga reeds nege keer gewen en agt keer as naaswenner geeindig. Hul tuisstadion is die
Parc des Princes
. Die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1938
se eindstryd is op die Paryse Stade Olympique de Colombes gespeel, terwyl die eindstryd van beide die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998
en
Europese Sokkerkampioenskap 2016
op die Stade de France gehou is.
Tussen middel-Mei en vroeg-Junie word vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in
tennis
aangebied: Die
Franse Ope
. Dit vorm saam met die
Australiese Ope
,
Wimbledon-kampioenskap
en
VSA Ope
die vier "
Grand Slam
"-toernooie van elke jaar.
Internasionale verhoudings
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Italiaanse hoofstad
Rome
is tans die enigste amptelike susterstad van Parys. Met ander metropole en stede is nogtans ooreenkomste oor samewerking en vriendskaplike verhoudinge onderteken.
- Kioto
,
Japan
, sedert 1958.
[28]
- Tokio
, Japan, sedert 1982.
[28]
- Kairo
,
Egipte
, sedert 1985.
[28]
- Amman
,
Jordanie
, sedert 1987.
[28]
- Sanaa
,
Jemen
, sedert 1987.
[28]
- Berlyn
,
Duitsland
, sedert 1987.
[28]
- Seoel
,
Suid-Korea
, sedert 1991.
[28]
- Moskou
,
Rusland
, sedert 1992.
[28]
- Beiroet
,
Libanon
, sedert 1992.
[28]
- Djakarta
,
Indonesie
, sedert 1995.
[28]
- Chicago
,
Verenigde State
, sedert 1996.
[28]
- Quebecstad
,
Kanada
, sedert 1996.
[28]
- San Francisco
, Verenigde State, sedert 1996.
[28]
- Santiago de Chile
,
Chili
, sedert 1997.
[28]
- Tbilisi
,
Georgie
, sedert 1997.
[28]
- Riaad
,
Saoedi-Arabie
, sedert 1997.
[28]
- Beijing
,
Volksrepubliek China
, sedert 1997.
[28]
- Sint Petersburg
, Rusland, sedert 1997.
[28]
- Praag
,
Tsjeggie
, sedert 1997.
[28]
- Lissabon
,
Portugal
, sedert 1998.
[28]
- Sofia
,
Bulgarye
, sedert 1998.
[28]
- Sydney
,
Australie
, sedert 1998.
[28]
- Jerewan
,
Armenie
, sedert 1998.
[28]
- Meksikostad
,
Meksiko
, sedert 1999.
[28]
- Warskou
,
Pole
, sedert 1999.
[28]
- Washington, D.C.
, Verenigde State, sedert 2000.
[28]
- Madrid
,
Spanje
, sedert 2000.
[28]
- Athene
,
Griekeland
, sedert 2000.
[28]
- Londen
,
Verenigde Koninkryk
, sedert 2001.
[28]
- Geneve
,
Switserland
, sedert 2002.
[28]
- Algiers
,
Algerie
, sedert 2003.
[28]
- Sao Paulo
,
Brasilie
, sedert 2004.
[28]
- Dakar
,
Senegal
, sedert 2011.
[28]
- Jerewan
,
Armenie
, sedert 2011.
[28]
- Amsterdam
,
Nederland
, sedert 2013.
[28]
- Montevideo
,
Uruguay
, sedert 2013.
[28]
- Meksikostad
,
Meksiko
, sedert 2014.
[28]
- Seoel
,
Suid-Korea
, sedert 2014.
[28]
- Rome
,
Italie
, sedert 2014.
[28]
- Kinshasa
,
Demokratiese Republiek die Kongo
, sedert 2014.
[28]
- Brazzaville
,
Republiek die Kongo
, sedert 2015.
[28]
- ↑
(
fr
)
insee.fr: Statistiques. Besoek op 27 Februarie 2019
- ↑
(
en
)
"Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively"
.
BBC
. 13 September 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020
. Besoek op
15 September
2017
.
- ↑
(
fr
)
Ernest Negre (1990).
Toponymie generale de la France
. Librairie Droz. p. 155.
ISBN
978-2-600-02883-7
.
- ↑
4,0
4,1
4,2
(
fr
)
Alexander Falileyev (2010).
Dictionary of Continental Celtic Place-names: A Celtic Companion to the Barrington Atlas of the Greek and Roman World
. CMCS.
ISBN
978-0-9557182-3-6
.
- ↑
(
fr
)
Pierre-Yves Lambert (1994).
La langue gauloise: description linguistique, commentaire d'inscriptions choisies
. Errance. p. 38.
ISBN
978-2-87772-089-2
.
- ↑
(
fr
)
Xavier Delamarre (2003).
Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental
. Errance. p. 211.
ISBN
978-2-87772-369-5
.
- ↑
(
fr
)
Xavier Delamarre (2003).
Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental
. Errance. p. 247.
ISBN
978-2-87772-369-5
.
- ↑
(
fr
)
Xavier Delamarre (2003).
Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental
. Errance. p. 247.
ISBN
978-2-87772-369-5
.
- ↑
(
en
)
Peter E. Busse (2006). "Belgae". In John T. Koch (red.).
Celtic Culture: A Historical Encyclopedia
. ABC-CLIO. pp. 195?200.
ISBN
978-1-85109-440-0
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2020
. Besoek op
19 Augustus
2020
.
- ↑
(
fr
)
"Donnees climatiques de la station de Paris"
. Meteo France. 15 September 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 April 2020
. Besoek op
15 September
2017
.
- ↑
(
fr
)
"Normales et records pour la periode 1981?2010 a Paris-Montsouris"
. Infoclimat.fr
. Besoek op
22 Julie
2015
.
- ↑
(
en
)
Colin Jones:
Paris. Biography of a City
. London: Penguin Books 2006. Kindle e-boek-uitgawe, pos. 497
- ↑
(
en
)
Jones (2006), pos. 522
- ↑
(
en
)
www.catholic-saints.net: St Genevieve Catholic Church Biography, Patron Saint Life Prayers. Besoek op 20 Februarie 2019
- ↑
(
de
)
Bernhard Schulz:
Wie Paris zur Weltstadt wurde
. In:
Der Tagesspiegel
, Berlyn, 21 November 2010
- ↑
(
de
)
Dr. Madeleine Reincke en Hilke Maunder:
Paris
. Ostfildern: Mairdumont ? Karl Baedeker 2013, bl. 29
- ↑
(
en
)
BBC Culture, 26 Januarie 2016: The man who created Paris. Besoek op 17 Februarie 2016
- ↑
(
de
)
Martina Padberg:
Paris. Kunst & Architektur
. Potsdam: H.F. Ullmann Publishing 2013, bl. 18
- ↑
(
en
)
Demographia ? Ville de Paris Population History: Analysis and Data. Besoek op 3 Maart 2019
- ↑
(
fr
)
Le Monde, 15 Januarie 2015: Attentats terroristes : les questions que vous nous avez le plus posees. Besoek op 24 November 2015
- ↑
(
fr
)
Le Figaro, 11 Januarie 2015: Les politiques s'affichent a la marche republicaine. Besoek op 24 November 2015
- ↑
(
en
)
BBC News/bbc.com, 14 November 2015: Paris attacks: Hollande blames Islamic State for 'act of war'. Besoek op 24 November 2015
- ↑
(
de
)
Reincke/Maunder (2013), bl. 16
- ↑
(
de
)
Lisa Davidson & Elizabeth Ayre:
Der National Geographic Traveler: Paris
. Tweede hersiene uitgawe. Hamburg: National Geographic Deutschland 2004, bl. 94
- ↑
(
en
)
Microsoft News / The Independent, 3 Julie 2019: Paris to ban tourist buses from city centre. Besoek op 3 Julie 2019
- ↑
(
en
)
Paris Convention and Visitors Bureau: Paris Shopping. Besoek op 12 Maart 2019
- ↑
(
de
)
Lisa Davidson & Elizabeth Ayre:
Der National Geographic Traveler Paris
. Tweede hersiene uitgawe. Hamburg: National Geographic Deutschland 2004, bl. 108
- ↑
28,00
28,01
28,02
28,03
28,04
28,05
28,06
28,07
28,08
28,09
28,10
28,11
28,12
28,13
28,14
28,15
28,16
28,17
28,18
28,19
28,20
28,21
28,22
28,23
28,24
28,25
28,26
28,27
28,28
28,29
28,30
28,31
28,32
28,33
28,34
28,35
28,36
28,37
28,38
28,39
28,40
28,41
(
fr
)
"International relations: special partners"
. Mairie de Paris. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 Desember 2021
. Besoek op
14 Desember
2021
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Paris
.
|
|
Sien
Parys
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|
- Amptelike webwerwe
- Ensiklopediese inligting
- Privaat webwerwe
- Reisgidse
- Media