Lodewyk XIV
(*
5 September
1638
, †
1 September
1715
), ook bekend as die
Sonkoning
(
Frans
:
le Roi-Soleil
), was koning van
Frankryk
en Navarra.
Hy het reeds op vierjarige leeftyd aan die bewind gekom onder regentskap van die
Italiaanse
kardinaal en minister Mazarin. Na Mazarin se afsterwe in 1661 het hy self geregeer. Sy regeringstyd van 72 jaar, 3 maande en 18 dae was een van die langstes in die gedokumenteerde geskiedenis van Europese monargiee.
Karel VIII van Frankryk
Lodewyk XIV as regeerder
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar was nie 'n parlement nie. Lodewyk het deur ministers, wat hy self aangestel en ontslaan het, geregeer. Niemand is toegelaat om sy optrede te kritiseer nie. Sy denke word die beste saamgevat in sy beroemde uitspraak: "Ek is die staat" (
Frans
: "L'e'tat, c'est moi").
Koning Lodewyk se berugste prestasie was dat hy die adelstand, wat voor sy tyd min agting vir die Monarg gehad het, aan die kroon onderhorig gemaak het. Dit het hy gedoen sonder gewelddadige optrede. Die adellikes is na die hof van
Versailles
genooi waar hulle spoedig deur die uitspattige leefstyl verarm het. Lodewyk het daarna aan hulle ampte aan die hof toegeken het met 'n vaste inkomste. So het die trotse edelmanne dienaars van die Koning geword.
Tydens
Lodewyk XIV
se bewind was
Frankryk
die toonaangewende moondheid in Europa. Tog was Lodewyk se bewind 'n mislukking. Sy oorloe het Frankryk uitgeput en die volk ontevrede gelaat. Die skare het met sy afsterwe, langs die roete van die begrafnisstoet, beledigings na sy doodskis geslinger.
Die Franse Volk se antagonisme teenoor Lodewyk was ook te wyte aan sy eersug, sy haat vir
Protestantisme
, sy spandabelrigheid en sy korrupte administrasie.
In
1685
het Lodewyk XIV die
Edik van Nantes
teruggetrek en Protestantisme onwettig verklaar deur die
Edik van Fontainebleau
. Die
Hugenote
is uit Frankryk verdryf. Hulle was egter van die beste matrose, ambagslui en boere in Frankryk. Ironies het hul Vaderland nog verdere verlies gely aan die hand van die Koning.
Die paleis van Versailles
[
wysig
|
wysig bron
]
Om aan homself 'n residensie te verskaf wat in ooreenstemming met sy eie beeld van die mag en grootheid van die Koning van
Frankryk
was, het Lodewyk XIV die beskeie jagkasteel van sy vader in die woud van Versailles, 20 km van
Parys
, laat herbou tot die grootste en pragtigste paleis van Europa. Die lang hoofgebou is omring deur talle bygeboue.
Die voorgewel van die paleis was meer as 500 m lank. Die troon- en balsaal was die beroemde Spieelsaal, wat so genoem word na die sewentien enorme spieels teenoor die vensters wat oor die park uitkyk. Die plafonversiering toon Lodewyk as heerser oor Europa en die wereld. Geen moeite en koste is ontsien om Versailles in elke opsig die Sonkoning waardig te maak nie.
Die meubels was weelderig, en oral was daar standbeelde, spieels, vase en kandelare van goud, silwer, kristal en brons. Die paleis is omring deur 'n manjifieke park met talle spuitfonteine, vywers en kunsmatige watervalle. Snags is die park met duisende fakkels verlig. Jagpartye, konserte en opvoerings is in hierdie pragtige park gehou. Tydens die bewind van Lodewyk XIV het daar soms tot 10 000 mense in die
Paleis van Versailles
gewoon.
Lodewyk self het tot in die kleinste besonderheid bepaal hoe die lewe aan die hof moes verloop. Hy was die spil waarom alles gedraai het. Elkeen van sy handelinge, van opstaantyd tot slapenstyd, is met soveel seremonie gevul dat dit 'n vreemde skouspel geword het.
Vir die edelmanne was dit 'n groot eer en 'n teken van die Koning se guns as hulle hom selfs maar met die eenvoudigste dinge kon help. Soggens het een edelman sy hemp aangegee, ʼn tweede die regterkous en ʼn derde die linkerkous; nog ʼn edelman het ʼn skoen aangebring en ʼn ander het die vir die Koning aangetrek. Dit is alles met die grootste vertoon van plegstatigheid gedoen.
Die hofetiket van Versailles is reeds gou deur baie ander Europese koningshowe nageaap, en dit het die begeerte van elke klein vors geword om soos die Franse koning te leef.
Die meubels vir die
Paleis van Versailles
is deur die voorste Franse meubelmakers vervaardig. Hulle het slegs die beste houtsoorte gebruik. Die meubels is delikaat versier met vergulde bronsbeslag, marmerplate en figuurtjies van
porselein
. Goudbrons is dikwels gebruik om die hout mee oor te trek. Weldra is hierdie styl in die buiteland nageboots.
Geweldige naywer onder die howelinge was aan die orde van die dag. Elke adellike wat die eer ontvang het om by die Franse hof toegelaat te word, moes bereid wees om reuse bedrae geld aan klere te bestee. Die elegante howelinge het egter nie soveel aandag aan persoonlike
higiene
geskenk nie. Hulle het geglo dat
water
en
seep
nie goed vir die vel is nie. Gesigte is met geparfumeerde wattepluisies afgevee. Die vel is dan met poeier en grimering bedek. Pruike is algemeen gedra. Elegante
ivoor
stafies is gedra om onopsigtelik die luisbelaaide te kon krap.
Parfuum
is kwistig gebruik om die reuke te verbloem.
- Swart, Marius J.: Raar leiers. Stellenbosch: U.U.B., 1967.
- Kennis, vol 2, bl. 290-291,
ISBN 0 7981 0824 X