in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Keiser
is 'n manlike
monarg
en leier van 'n keiserryk.
Keiserin
is die vroulike eweknie. Die titel is afkomstig van die latynse
Caesar
afkomstig van Gaius
Julius Caesar
. ’n Keiser word beskou as hoer as 'n
koning
. Van die lande soos die
Duitse Keiserryk
en die
Keiserryk Oostenryk
was in hul geheel onder die gesag van 'n keiser, terwyl enkele dele van die lande as 't ware koninkryke gevorm het en dus deur konings beheer is. Byvoorbeeld was die
Koninkryk Pruise
deel van die Duitse Keiserryk en die Pruisiese koning was in personele unie gelyktydig keiser van die Duitse Ryk, terwyl lande soos
Beiere
,
Sakse
en Wurttemberg hul eie konings gehad het. In Oostenryk-Hongarye was die Keiser van Oostenryk gelyktydig koning van Hongarye.
'n Keiser kom gewoonlik aan bewind wanneer een van sy ouers sterf. In sommige lande stem mense vir 'n nuwe keiser vanuit 'n lys van kandidate.
Die enigste oorblywende keiser in die wereld vandag is die
Keiser van Japan
. Oor die geskiedenis het verskeie lande op verskillende tye keisers gehad, insluitende
Brasilie
,
Meksiko
,
Ethiopie
,
Indie
(
Mogolryk
en
Brits-Indie
),
Iran
,
Korea
, die
Chinese Keiserryk
, die
Duitse Keiserryk
, die
Keiserryk Oostenryk
,
Oostenryk-Hongarye
, die
Romeinse Ryk
, die
Bisantynse Ryk
, die
Ottomaanse Ryk
,
Frankryk
en die
Russiese Ryk
.