Paleis van Versailles
Frankryk
Spieelsaal ? Galerie des Glaces
Begin in
1623
Voltooi
Onbepaal ? wysigings en restourasiewerk duur voort
Boustyl
Klassisistiese Barokstyl
Boumeesters
Louis Le Vau
Jules Hardouin-Mansart
Robert de Cotte
Jacques V Gabriel
Ange-Jacques Gabriel
Andre Le Notre
Frederic Nepveu
Webtuiste
chateauversailles.fr
Die
Paleis van Versailles
(
Frans
:
Chateau de Versailles
), gelee in die gelyknamige westelike buurstad van
Parys
, is een van die grootste paleiskomplekse in
Europa
wat vanaf die middel van die 17de eeu tot die begin van die
Franse Rewolusie
in 1789 as die hoofresidensie van die konings van
Frankryk
gedien het. Die kompleks is in die Klassisistiese Barokstyl uitgevoer, met 'n maksimale lengte van sowat 500 meter, en word as die hoogtepunt van
Europese
paleisboukuns beskou. Dit het tussen die 17de en 19de eeu as argitektoniese voorbeeld vir talle ander paleise gedien.
Die paleis het sy oorsprong in 'n klein jagkasteel wat deur Philibert Le Roy vir koning
Lodewyk XIII
ontwerp is. Vanaf 1661 het die boumeesters Louis Le Vau, Francois II d'Orbay, Jules Hardouin-Mansart en Robert de Cotte die kompleks in opdrag van koning
Lodewyk XIV
stapsgewys herbou en uitgebrei tot 'n uitgestrekte representatiewe regeringsetel met 'n streng simmetriese vloerplan.
Die paleis se interieur is deur Charles Lebrun ontwerp, die beroemde park, wat 800 hektaar beslaan (waarvan 80 hektaar tuine), het volgens planne van Andre Le Notre ontstaan. Gedurende die regeringstyd van Lodewyk XIV het die paleis as die kulturele en politieke sentrum van Frankryk gedien en 'n hofstaat van 15 000 persone gehuisves waarvan 3 000 permanent in die gebou gewoon het. Om van hulle permanente lede van sy hofstaat te maak, was vir die Sonkoning 'n maklike manier om Franse adellikes in bedwang te hou.
In 1789 het die Franse Rewolusie groot politieke omwentelinge gebring. 'n Woedende volksmassa het die paleis binnegestorm en geplunder, die Franse koningspaar is uit Versailles verdryf. Die oorspronklike meubilering het verlore gegaan, alhoewel 'n deel daarvan in die 19de eeu teruggeplaas kon word en deur nuwe meubelstukke aangevul is.
Sedert die 19de eeu staan die Paleis van Versailles as museum oop vir die publiek. Die kompleks is een van die gewildste toeristeaantreklikhede in Frankryk met jaarliks meer as sewe miljoen besoekers. In die uitgestrekte parklandskap kan drie kleiner kastele besigtig word ? Grand Trianon, Petit Trianon en Hameau de la Reine. Die paleis se sentrale gedeelte met 17de en 18de eeuse staatsale het in sy oorspronklike vorm bewaar gebly. In die 19de eeuse syvleuels is die "Museum van die Franse Geskiedenis" ingerig. As deel van omvattende herstelwerk, wat in 2003 begin is en nog voortduur, is die goue koninklike omheining, wat gedurende die Franse Rewolusie verwyder en ingesmelt is, herbou en die beroemde Spieelsaal sorgvuldig tot sy volle glorie gerestoureer. Daarnaas word gefokus op brandvoorkoming en brandbeskerming. So word die elektriese bedrading, wat uit die 1950's dateer, vervang deur moderne en meer veilige installasies.
Die Paleis van Versailles is tans in Franse staatsbesit en word deur
Unesco
sedert 1979 as
werelderfenis
gelys.
- Wiki-webtuistes
- Unesco
- Amptelike webtuiste en media
Koordinate
:
48°48′17.28″N
2°7′13.08″O
/
48.8048000°N 2.1203000°O
/
48.8048000; 2.1203000