'n
Duikboot
(vroeer ook
onderseeboot
en
onderseer
) is 'n watervoertuig wat spesifiek ontwerp is om onderwater te vaar. Duikbote word gebruik om onderwaternavorsing te doen en om dieper onder die water te werk as wat mense kan duik. Sulke gebruike sluit eksplorasie in en die terugbring van voorwerpe wat gesink het. Die meeste groot
vlote
gebruik duikbote vir militere doeleindes.
Die Engelsman,
William Bourne
het in
1580
die eerste beskrywing van 'n duikboot gepubliseer. Die eerste werkende duikboot is in
1623
ontwerp vir koning
Jakobus I
van
Engeland
deur die
Hollander
Cornelius Drebbel. Volgens berigte was die duikboot 'n omgekeerde
roeiboot
met twaalf roeiers wat langs die
Teemsrivier
af gevaar het. Daar is egter geen aanvaarde verduidelikings van hoe die boot werklik gewerk het nie.
Die eerste duikbote is gebruik om navorsing te doen onder die water. Daar is egter gou gesien dat duikbote geweldige voordele inhou op militere gebied. Die eerste militere duikboot is die Skilpad ("Turtle") genoem. Die Turtle het plek gehad vir een persoon en moes met die hand bestuur word. Die geskiedenis van duikbote is deurspek met verhale van duikbote wat gesink of verdwyn het.
Sommige moderne duikbote is kernaangedrewe, kan baie diep duik en kan maande lank onder die water bly.
Diesel-/elektriese duikbote
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste duikbote is aangedryf deur 'n kombinasie van diesel en elektriese enjins. Wanneer 'n duikboot op die oppervlak van die see vaar het dit sy dieselenjin gebruik. Terselfdertyd het die dieselenjin dan 'n stel batterye gelaai. Wanneer die duikboot terug onder die water gaan is die dieselenjin afgeskakel en die elektriese motor aangeskakel.
Die duikboot se vermoe om lank onderwater te bly is beperk deur twee faktore: die kapasiteit van die batterye en die hoeveelheid suurstof beskikbaar in die duikboot. In beide gevalle moes die duikboot na die oppervlaktterugkeeryg sodra een van die faktore krits min k raak. Sodra die dieselenjin aangeskakel is, het dit ook
suurstof
in die duikboot ingesuig.
Duikbote se
spoed
tydens die
Tweede Wereldoorlog
op die oppervlakte was ongeveer 18
knope
en onderwater sowat 7 knope. Tydens die Tweede Wereldoorlog het die Duitsers spesiale voorraadskepe gehad wat die Duitse duikbote van voorrade (voedsel, brandstof en
torpedo
's) voorsien het in die middel van die oseaan. Sodoende kon duikbote langer operasioneel bly.
Kernaangedrewe duikbote
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste kernaangedrewe duikboot was die Amerikaanse
Nautilus
wat op
21 Januarie
1954
te water gelaat is. Die
Nautilus
was toegerus met 'n hoedruk waterverkoelde
kernreaktor
. Die volgende kernaangedrewe duikboot was die
Seawolf
wat in
1957
te water gelaat is, en toegerus was met 'n vloeibare
natrium
verkoelbare reaktor. Dit was egter nie 'n groot sukses nie en is twee jaar later ook met 'n hoedrukwaterverkoelde reaktor toegerus. Die
Seawolf
het egter 'n rekord opgestel deurdat dit vir sestig dae aaneen onderwater was en het in die tyd 13 000
seemyl
afgele.
Gedurende 1960 het die Amerikaanse kernaangedrewe duikboot
Triton
van amper 8 000 ton verplasing (onder die water en amper twee keer so groot as die
Nautilus
en
Seawolf
) die rekord verbeter toe dit 41 500 seemyl onderwater afgele het en in die proses om die wereld gevaar het. Dit het 60 dae en 21 uur geneem om die tog te voltooi.
Die kernduikboot se vermoe om onderwater te bly hang net van een faktor af: die uithouvermoe van die bemanning, dit wil se hoe lank hulle voedsel hou en hul uithouvermoe in so 'n beperkte omgewing. Die duikboot het toerusting wat die lug suiwer hou.
Die volgende groot stap in kernaangedrewe duikbote was die traandruppelontwerp; die duikboot se voorkoms was meer spoelvormig soos die van 'n
vis
en is spesifiek gebaseer op die voorkoms van die
walvis
. Die
USS
Albacore
was 'n eksperimentele duikboot wat met die vorm ontwerp is. Die
Albacore
was dieselaangedrewe maar het aanleiding gegee tot die
Skipjack-klas duikbote
. Alhoewel die hantering van die duikboot op die oppervlakte baie moeiliker was, kon die duikboot 'n groter spoed van sowat 33 knope onderwater handhaaf. Die vinnigste wat 'n tradisionele diesel-/elektriese duikboot in die 1950's onderwater kon vaar was 16 knope. Vandag word alle duikbote met die spoelvorm ontwerp.
Ongelukke van kernaangedrewe duikbote
[
wysig
|
wysig bron
]
Die ontwikkeling van kernaangedrewe duikbote het egter ook sy kwota ongelukke opgelewer.
[1]
- Die
USS Thresher
, 'n aanvalsduikboot, het op 10 April 1963 in die
Atlantiese Oseaan
met sy hele bemanning gesink. Gebaseer op die kommunikasie tussen die
Thresher
en sy basis, word daar vermoed dat 'n hoedrukwaterpyp moontlik gebars het wat elektriese foute veroorsaak het. Die wrak le 2 600 m onderwater.
- Op 22 Mei 1968 het die
USS Scorpion
gesink (die tweede duikboot met die naam
Scorpion
nadat die eerste herdoop is na
George Washington
tydens 'n ombouing) met sy bemanning van 66 naby die
Asore
. Geen amptelike verklaring is ooit uitgereik omtrent die oorsaak van die ongeluk nie en die wrak le 3 006 m onderwater.
- Op 11 April 1970 het 'n Russiese duikboot van die November-klas naby
Spanje
gesink. Die wrak le 4 680 m diep.
- Op 3 Oktober 1986 sink 'n Russiese duikboot,
K219
, oos van
Bermuda
. Die radioaktiewe
plutonium
het die seebodem vergiftig. Die wrak le 5 000 m diep.
- Op 7 April 1989 sink die Russiese duikboot
Komsomolets
naby die kus van
Noorwee
. Die wrak le 1 371 m diep.
- Op 12 Augustus 2000 sink die Russiese kernduikboot,
Koersk
in die
Barentssee
en 118 seemanne sterf.
Kernduikbootontwikkeling in ander lande
[
wysig
|
wysig bron
]
Met die beskikbaarheid van twee kernkragaangedrewe duikbote gedurende die 1950's het
Amerika
'n groot strategiese voordeel gehad. Die duikbote kon onder die
Noordpool
deurvaar en onder die yspak skuil en het selfs by die pool deur die ys gebreek.
Die
Sowjetunie
het hul eerste kernduikbote in die loop van 1958 voltooi, die
Novemberklas
. Die
Verenigde Koninkryk
het eers in 1963 oor 'n kernkragduikboot beskik nadat hulle 'n kernaangedrewe reaktor van Amerika gekoop en dit in die
Dreadnought
geinstalleer het. Op 15 September 1966 het Brittanje die
HMS Resolution
te water gelaat, die eerste duikboot wat geheel en al in Brittanje gebou is.
Frankryk
het eers in 1969 oor 'n kernaangedrewe duikboot beskik toe die
Le Redoutable
met toetsvaarte begin het.
Wapenstelsels in duikbote
[
wysig
|
wysig bron
]
Tradisioneel is duikbote toegerus met
torpedo
's en enkele ligte kanonne en masjiengewere. Na afloop van die
Tweede Wereldoorlog
het die groot militere moondhede hulself toegerus met interkontinentale ballistiese
missiele
(
(
en
)
ICBM) wat op land gebaseer en met
kernplofkoppe
toegerus was. Amerika het op daardie stadium ook voortdurend strategiese
bomwerpers
in die lug gehad wat
kernwapens
gedra het.
Die Amerikaners was onseker oor die betroubaarheid van die stelsel en het beplan om hulle Jupitermissiele op die duikbote aan te bring. Uiteindelik het hulle die Polaris A.1 missiel ontwerp wat uit duikbote gelanseer kon word terwyl hulle onderwater is. Die eerste duikboot (die voormalige
Scorpion
word
USS George Washington
na die ombouing) het sestien sulke missiele gedra. Die latere Polaris A.3 missiel se reikafstand is 2 500 myl.
Die voordeel van missieldraende duikbote is dat hulle voortdurend rondbeweeg onder die water, byna nooit sigbaar is nie, selfs onder die
Noordpool
se ys kan skuil en letterlik uit enige plek in die
oseaan
missiele kan lanseer. Sulke duikbote kan slegs met groot moeite opgespoor word. Jagterduikbote is spesiaal ontwerp en toegerus met
sonar
onderwateropsporingstoerusting vir die taak.
Wetenskaplike navorsing
[
wysig
|
wysig bron
]
Duikbote word gebruik om navorsing te doen en die oseane te bestudeer aangesien die mens nie op sy eie so diep kan duik nie. Op 23 Januarie 1960 het die
Trieste
, met Lt. Don Walsh en Jacques Piccard aan boord, die bodem van die
Marianatrog
bereik, sowat 35 800 voet diep.
[2]
Die
onderwatervaartuig
Geo
is gebruik om
selakante
te bestudeer naby die
Comore
gedurende Januarie 1987.
[3]
Alhoewel duikbote ontwikkel word as vaartuie wat grootliks onder die wateroppervlak opereer, word daar verwag dat dit net so funksioneel as oppervlakvaartuie sal wees. Onder die wateroppervlak kan 'n duikboot egter geen lug van binne die romp met die skoon lug bo die see verwissel nie, en is gevolglik aangewese op die instandhouding van 'n kunsmatige atmosfeer. Aangesien daar verder verwag word dat die vaartuig vir lang tye ondergedompel sal bly, bied dit uitdagings vir die skep van 'n gesonde en gerieflike leefruimte vir die bemanning.
[4]
Lugdruk en lugsamestelling word deurlopend gemonitor en beheer, en twee van die belangrikste parameters is CO
2
- en O
2
-vlakke. CO
2
-vlakke moet naamlik nie te hoog styg nie, en O
2
-vlakke moet weer nie te laag daal nie. Dit is moontlik om atmosferiese druk en die
suurstof
-,
stikstof
- en
koolsuurgasverhouding
dieselde as bo die wateroppervlak te hou. Om 'n brand aanboord te voorkom of te onderdruk, kan die druk binne die romp egter met 10% verhoog word, terwyl die
parsiele druk
van suurstof op 'n minimum van 140 mmHg gehou word. Asemhaling word geensins hierdeur beinvloed nie, en enige vuur sal hoogstens smeul en maklik geblus kan word.
[5]
Duikbote in Suid-Afrika
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Suid-Afrikaanse Vloot
het gedurende die vroee sewentigerjare hulle eerste drie
Daphne-klas duikbote
van
Frankryk
gekoop met diesel/elektriese aandrywing. Die duikbote was:
- SAS
Johanna van der Merwe
(herdoop na SAS
Assegaai
)
- SAS
Emily Hobhouse
(herdoop na SAS
Umkhonto
)
- SAS
Maria van Riebeeck
(herdoop na SAS
Spear
)
Al drie die duikbote is uit diens gestel.
Die volgende duikbote is later aangekoop:
- SAS
Manthatisi
- 2007
- SAS
Charlotte Maxeke
- 2007
- SAS
Queen Modjadji
- 2008
[6]