in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Ruimtestasie
is 'n
ruimtetuig
wat bedoel is om vir 'n kort of langer tydperk beman te word. Die bemanning reis na en van die ruimtestasie in 'n aparte ruimtetuig. Daar is tans (2020) een, die
Internasionale Ruimtestasie
IRS, aangesien ruimtestasies wat nog nie beman is nie, maar waarheen 'n bemanning uiteindelik op pad is, word nie ingesluit nie.
Die IRS is in 'n
wentelbaan
om die
aarde
(soos die geval was met voormalige ruimtestasies), maar daar is planne vir 'n Lunar Orbitale Platform Gateway in 'n wentelbaan om die
maan
.
[1]
In die praktyk word ruimtestasies onbeman gelanseer, hoewel dit teoreties moontlik is om ruimtestasies met bemanning en al te lanseer. Tot nou toe het alle ruimtestasies in 'n lae wentelbaan om die aarde, op 'n hoogte van tot 440 kilometer, gewentel. Afgesien van die feit dat minder energie benodig word vir die lansering, bly hulle ook binne die relatief lae bestraling in die Van Allen-gordels, sodat bewoners minder blootgestel word aan
kosmiese straling
. Dit is egter vir hulle moontlik om in 'n hoer wentelbaan of selfs om 'n ander hemelliggaam as die aarde te draai. Met twee hemelliggame, waarvan die een om die ander wentel (byvoorbeeld die maan om die aarde of die aarde om die
son
), is dit ook moontlik om 'n ruimtestasie te laat draai in 'n vaste relatiewe posisie relatief tot albei met die kleinste hemelliggaam. Vyf relatiewe posisies is moontlik vir twee hemelliggame, die sogenaamde
lagrange-punte
.
Die eerste ruimtestasies is in hul geheel gelanseer, die lateres is in dele gelanseer en in die ruimte aammekaar gesit. Ruimtestasies word in die praktyk nie ontwerp om op die aarde of op 'n ander hemelliggaam te land nie. Hulle keer terug na die
atmosfeer
aan die einde van hul lewe en word so vernietig. Dit kan op 'n gekontroleerde manier gedoen word, sodat alle puin wat die reis deur die atmosfeer oorleef beland in 'n onbewoonde deel van die aarde (gewoonlik die suidelike deel van die
Stille Oseaan
). In die praktyk het dit egter 'n paar keer gebeur dat puin van 'n ruimtestasie in 'n bewoonde gebied beland het.
Sedert die begin van
ruimtereise
in die vyftigerjare, is planne beraam vir ruimtestasies. Daar was vroeer sprake van ruimtestasies in wetenskapfiksieverhale sedert die tyd van
Jules Verne
. Na die oorlog het
Wernher von Braun
onder meer voorstelle gemaak vir reuse-draaiende wiele in 'n wentelbaan om die aarde waarin kunsmatige
swaartekrag
sou bestaan.
[2]
Hulle moet as 'n tussenstasie tussen die aarde en die maan en planete funksioneer. Die
VSA
het egter verkies om die
Apollo-program
op te onderneem wat
ruimtevaarders
direk na die maan kon bring. Na die Apollo-era was daar nog baie planne om groot ruimtestasies te bou, soos die wat in die 1970's deur die Amerikaanse fisikus Gerard O'Neil voorgestel is. Dit het selfs ware ruimtekolonies gebied waar groot getalle mense die sonnestelsel sou begin koloniseer. Vanwee die koste bly die verwesentliking beperk tot die Amerikaanse
Skylab
en die Russiese
Mir
, en later tot die huidige IRS, onder andere.
Oorsig van ruimtestasies
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Amerikaanse skrywer Edward Everett Hale beskyf al in 1869 in die kortverhaal
The Brick Moon
van 'n ruimtestasie wat van bakstene gebou is, bedoel om te help met navigasie op die see. Dit was die eerste fiktiewe beskrywing van 'n ruimtestasie.
[3]