- Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien
Soedan (gebied)
.
Soedan
(
Arabies
: ???????,
as-S?d?n
;
Engels
:
Sudan
, [su?d?ːn, -?dæn],
luister
(
hulp
·
inligting
)
), amptelik die
Republiek Soedan
(Arabies: ??????? ???????,
Jumh?riyyat as-S?d?n
; Engels:
Republic of the Sudan
), ook bekend as
Noord-Soedan
sedert
Suid-Soedan
se
onafhanklikheid
, is 'n
land
in
Noord-Afrika
en die derde grootste land van
Afrika
na
Algerie
en die
Demokratiese Republiek van die Kongo
. Dit grens aan
Libie
in die noordweste,
Egipte
in die noorde,
Tsjad
en die
Sentraal-Afrikaanse Republiek
in die weste, Suid-Soedan in die suide,
Ethiopie
en
Eritrea
in die ooste en die
Rooisee
in die noordooste.
Khartoem
is die
hoofstad
en
Omdoerman
die grootste stad van Soedan.
Soedan beslaan 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en het in 2021 'n bevolking van 44 909 353 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voor dit was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika. Die
Nylrivier
vloei in 'n noordelike rigting deur die land, wat deur die samevloeiing van die
Blou Nyl
en die
Wit Nyl
in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-
Bahri
gevorm word.
Die naam van die land is afgelei van die geografiese gebied
Soedan
, wat suid van die
Sahara
van
Wes-
tot Oos-
Sentraal-Afrika
strek. Dit is afkomstig van die Arabiese
bil?d as-s?d?n
(???? ???????) en beteken "land van die
swartes
", 'n uitdrukking wat na Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.
[8]
Die naam is een van verskeie toponieme wat soortgelyke
etimologie
e deel, met die uiteindelike betekenis "land van die swartes" of soortgelyke betekenisse, met verwysing na die donker vel van die inwoners. Oorspronklik het die term Soedanese 'n negatiewe konnotasie in die gearabisierde Soedan gehad weens sy verband met swart slawe uit Afrika.
Die idee van 'n "Soedanese" nasionalisme het sy oorsprong in die 1930's en 1940's, toe dit deur jong intellektuele gewild gemaak is.
[9]
Die vorige regering van Soedan onder president
Omar al-Bashir
is gereeld vir sy
menseregskendings
teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Hy word deur die
Internasionale Strafhof
weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.
[10]
Vanwee sy enorme afmetinge strek die land oor verskillende
klimaatstreke
. Noordwaarts neem die
reenval
vir elke breedtegraad met 100 mm per jaar af en word die droe tye langer, maar in die suide le 'n deel van Soedan nog binne die tropiese reenwoudgebied ? die neerslag is daar tot 1 600 mm per jaar. Noord van die reenwoudstreek is 'n uitgestrekte savanne- en steppegebied met kleibodems wat deur afsettings van die Nyl gevorm word.
Die gebied, wat tussen 400 en 1 400 mm reen per jaar kry, bevat die vrugbaarste grond in Afrika en die moerasse wat hier deur die sytakke van die
Wit Nyl
gevorm word, is ook die uitgestrekste ter wereld. Sentraal-Soedan le in die
Sahelgebied
en is 'n golwende, sanderige steppegebied met 'n gemiddelde reenval van 200 mm per jaar ? die noordelike rand word weens oorbeweiding in 'n tempo van 5 km per jaar deur die Noord-Soedannese woestyne ingeneem.
Die woestyne vorm deel van die suidoostelike Sahara, naamlik die Libiese Woestyn (wes), die Nubiese Woestyn (oos) en die Bajoeda-woestyn (noord van Khartoem) en is uiters warm gebiede sonder plantegroei met 'n skrale reenval van 75 mm per jaar. Soedan se belangrikste topografiese aspek is die Nyl. Die rivier speel in Soedan selfs ’n belangriker rol as in Egipte, wat verder stroomaf gelee is.
Die belangrikste gebiede in Soedan was teen die 16de eeu v.C. onder die koloniale bewind van Egipte, wat reeds in ongeveer 3000 v.C. sy invloed in die land laat geld het.
Die Noord-Soedannese het Egipte in die 8ste en 7de eeu v.C. verower en in omstreeks 500 n.C. het die
Nubiers
die
Christendom
in drie noordelike Soedannese koninkryke aangeneem ? hulle het later geleidelik gearabiseer.
Nadat Egipte in 1820/21 weer groot dele van Noord-Soedan beset het, het 'n tydperk van ernstige koloniale uitbuiting (slawehandel) gevolg. Pogings om die slawejag en -handel te beeindig, is onder leiding van 'n Engelse goewerneurgeneraal wat in 1877 in Soedan aangestel is, aangewend, maar dit het gelei tot 'n opstand onder leiding van 'n religieuse leier, die Mahdi.
Die Anglo-Egiptiese troepe moes Khartoem in 1885 aan die Mahdiste afstaan en Anglo-Egiptiese bestuur is eers weer in 1898 deur lord
Horatio Herbert Kitchener
(1850?1916) herstel. Die Egiptiese troepe is in 1924 ? na die moord op 'n oud-goewerneur-generaal in Khartoem en op aandrang van die Britte ? teruggetrek.
Soedan het in 1955 onder leiding van Ismail el Azhari onafhanklik geword, maar herinnerings aan die slawejag het wantroue van die suide teenoor die noorde tot gevolg gehad, en 'n
burgeroorlog
wat 17 jaar lank geduur het, het ontstaan. Duisende Soedannese het na die omliggende lande gevlug en ongeveer 'n halfmiljoen mense het gesterf voordat die drie suidelike provinsies Bahr el Ghazal, Bo-Nyl en Equatoria in 1972 onafhanklik geword het.
Na Soedan se onafhanklikwording in 1955 het verskeie staatsgrepe gevolg. Kol. Jaafar el Numeiry, wat in Mei 1969 die Demokratiese Republiek Soedan uitgeroep het, het daarin geslaag om twee staatsgrepe af te weer, onder meer vanwee sy aansien omdat hy die burgeroorlog in 1972 beeindig het.
Numeiry se versoenende houding teenoor die Mahdiste, wat nalewing van die
Koran
nastreef, het ook daartoe gelei dat
Saoedi-Arabie
en
Koeweit
bereid was om die grootskaalse
landbouprojekte
te finansier. Soedan kon daardeur 20 jaar na sy onafhanklikwording uiteindelik met die opbou van die land begin.
- ↑
(
en
)
"2005 constitution in English"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 30 Mei 2013
. Besoek op
6 Augustus
2019
.
- ↑
(
en
)
Rayah, Mubarak B. (1978).
Sudan civilization
. Democratic Republic of the Sudan, Ministry of Culture and Information. p. 64.
- ↑
(
en
)
"Sudan Population 2021 (Live)"
. World Population Review
. Besoek op
21 November
2021
.
- ↑
(
en
)
"Discontent over Sudan census"
.
Kaapstad
:
News24
. AFP. 21 Mei 2009.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 September 2019
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
(
en
)
"Sudan"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Oktober 2021
. Besoek op
21 November
2021
.
- ↑
(
en
)
"Human Development Report 2020"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2020
. Besoek op
21 November
2021
.
- ↑
(
en
)
"Gini Index"
.
Wereldbank
. Besoek op
21 November
2021
.
- ↑
(
en
)
International Association for the History of Religions (1959),
Numen
, Leiden: EJ Brill, p. 131, "West Africa may be taken as the country stretching from Senegal in the West, to the Cameroons in the East; sometimes it has been called the central and western Sudan, the
Bilad as-S?dan
, 'Land of the Blacks', of the Arabs"
- ↑
(
en
)
Sharkey, Heather J. (2007).
"Arab Identity and Ideology in Sudan: The Politics of Language, Ethnicity and Race"
(PDF)
.
African Affairs
.
107
(426): 29?32.
doi
:
10.1093/afraf/adm068
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 12 Oktober 2020
. Besoek op
24 Februarie
2019
.
- ↑
(
en
)
"The world's enduring dictators"
. CBS News. 16 Mei 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- Algemeen
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Soedan
.
|