in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Johannes X
was die 122ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Johannes X
is ongeveer in
860
gebore in
Tossignano
by Imola,
Italie
uit die familie van die Cenci. Hy was
biskop
van
Bologna
en word
aartsbiskop
van
Ravenna
in
905
. In Maart of April
914
volg hy
Pous Lando
op en regeer tot hy afgeset word in Mei
928
. Hy word opgevolg deur
Pous Leo VI
.
Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Tydens die bewind van
Pous Johannes X
is Italie aangeval deur die Sarasene. Johannes het staat gemaak op die beskerming van Alberik, markies van Camerino, wat toe goewerneur van die hertogdom van Spoleto was. Die pous met behulp van Berengarius I, koning van Italie verslaan die Sarasene in Augustus
915
tydens 'n veldslag aan die oewer van die van Garigliano-rivier. In Desember van dieselfde jaar kroon die pous Berengarius tot keiser van die
Heilige Romeinse Ryk
. Nadat Berengarius in April
924
vermoor is, sluit die pous op
9 Julie
926
in Mantua 'n verbond met Hugo van die Provence, die nuwe koning van Italie.
In
925
stuur die pous 'n brief aan Koning Tomislav van Kroasie waar in hy aandui dat die Kroatiese ryk sy ontstaan aan die pousdom te danke het. Tomislav het die brief waardeer omdat dit sy aansprake op die troon versterk het.
Pous Johannes X het ook sy getroue vriend Petrus, biskop van Orte na Duitsland getuur. Petrus hou in
916
'n sinode by Hohenaltheim en het goeie betrekkinge met koning Koenraad gehandhaaf. Johannes het hom ook bemoei met kerksake in Frankryk. Hertog Heribert van Akwitanie het koning Karel die Eenvoudige gevange geneem in
923
en geeis dat sy vyfjaar oue seun Hugo van Vermandois, aartsbiskop van
Reims
word. Die pous het toegegee aan die eis toe Heribert belowe het om die koning vry te laat.
Weens sy verbond met Hugo van die Provence het Johannes X in onguns geraak by Marozia van die familie van Theophyilactus en word hy afgeset en in die Engeleburg opgesluit in
928
, waar hy in Desember van dieselfde jaar sterf. Hy is waarskynlik op aanstigting van Marozia vergiftig of versmoor.
[1]
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|