Honorius IV
was die 190ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1285
tot
1287
.
Pous Honorius IV
[1]
is gebore as
Giacomo Savelli
ongeveer in
1210
in
Rome
,
Italie
. Hy is die seun van 'n Romeinse senator Luca Savelli en sy vrou Giovanna Aldobrandeschi en die kleinneef van
Pous Honorius III
. Hy is getroud en het minstens twee seuns. Een van hulle word podesta van Urbino en sterf voor
1279
, die ander een was 'n senator in Rome en sterf in
1306
. Na sy vrou se dood word hy 'n geestelike. Hy is die laaste pous wat getroud was. Hy het aan die Universiteit van Parys studeer en
Pous Urbanus IV
maak hom kardinaal-diaken van Santa Maria in Cosmedin. Kardinaal Savelli was 'n kerklike diplomaat.
Pous Clemens IV
stuur hom en drie ander kardinale om Karel van Anjou te kroon as koning van Sisilie in Rome op
28 Julie
1265
. Hy was een van die ses kardinale wat
Pous Gregorius X
gekies na die drie jaar lange
sedis vacatio
na die dood van
Pous Clemens IV
.
In
1274
neem hy deel aan die konsilie van Lyon wat bepaal het dat daar slegs vier bedelordes mag wees i.e. die Dominikane, Franciskane, Augustyne en die Karmelite. Op bevel van
Pous Adrianus V
het hy met die Duitse koning Rudolf I van Habsburg onderhandel oor die betrekkinge met Karel van Anjou. Die dood van Adrianus het die onderhandelinge vrugteloos gemaak. Hy word die Eerste diaken van die Kollege van Kardinale in November
1277
en het
Pous Nicolaas III
en
Pous Martinus IV
gekroon. Sy graf is in die kerk van die Heilige Maria in Aracoeli in Rome.
Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbare'.
Pous Honorius IV
[2]
is onbestrede verkies in een van die kortste pousverkiesings in die geskiedenis op
2 April
1285
in Perugia. Hy is toe reeds 75 jaar oud en het so erg aan jig gely dat hy nie kon loop of staan nie. Op
19 Mei
1285
word hy priester gewy deur kardinaal Malabranca Orsini van Ostia en op
20 Mei
1285
biskop gewy en tot pous gekroon.
Die Sisiliaanse konflik het onmiddellik aandag vereis. Tydens die bewind van
Pous Martinus IV
het die Sisiliane Karel van Anjou as koning afgesit en Pedro III van Aragon as koning gekies sonder die pous se goedkeuring.
Die volksopstand en massamoord van
31 Maart
1282
wat bekend staan as die Sisiliaanse Vespers het versoening onmoontlik gemaak en pous Martinus het Sisilie en Pedro onder 'n interdik geplaas. Hy het ook Aragon van Pedro af weggevat en dit aan Karel van Valois die jonger seun van koning Philip III van Frankryk gegee. Die Sisiliane het egter die Franse en pouslike magte verslaan en die Anjou erfgenaam, Karel van Salerno, (die seun van Karel van Anjou) gevange geneem.
Honorius was meer vredeliewend as Martinus en het nie die tirannie van Karel van Anjou goedgekeur nie. In sy grondwet van
17 September
1285
"Constitutio ordinatione regni Siciliae" verklaar hy dat geen regering kan slaag sonder reg en geregtigheid nie. Hy maak vyf-en-veertig wette wat die Sisiliane teen hulle heersers en owerhede beskerm.
Toe Pedro III op
11 November
1285
sterf word sy koninkryk verdeel tussen sy twee seuns. Alfonso III word koning van Aragon en James II koning van Sisilie. Honorius het nie een van die twee erken nie en op
11 April
1286
ekskommunikeer
hy James en die biskoppe wat aan sy kroning op
2 Februarie
1286
deelgeneem het.
Karel van Salerno het moeg geword vir sy lang gevangeskap en 'n kontrak geteken op
27 Februarie
1287
waarin hy sy koninkryk van Sisilie opgee. Honorius het egter die kontrak ongeldig verklaar.
Honorius het nie sy posisie ten opsigte van Sisilie verander nie, maar het meer toegeeflik geword tot Alfonso III van Aragon. Koning
Edward I van Engeland
het bemiddel, maar die pous het nie lank genoeg gelewe om die vrede te smaak nie. Die konflik met beide Aragon en Sisilie is bygele in
1302
onder die bewind van
Pous Bonifatius VIII
.
Rome en die Pouslike Staat het rustigheid soos lanklaas belewe tydens die bewind van Honorius IV. Die pous het sy belangrikste teenstander graaf Guido van Montefeltro verslaan en die pous se gesag is erken deur die hele Pouslike Staat. Die Pouslike Staat het in die tyd bestaan uit die eksargaat van Ravenna, die
vleiland
van Ancona, die graafskap van Spoleto, die Bertinoro-gebied, die Mathilde gebied en die Pentapolis d.w.s. die stede Rimini, Pesaro, Fano, Senigallia en Ancona. Pous Honorius IV was die eerste pous wat die groot bankiers van Noord Italie gebruik het om sy belasting in te vorder. Op
16 Maart
1286
hef Honorius die interdik wat deur
Pous Martinus IV
teen Venesie ingestel is, op.
Die Romeine was in hulle skik met Pous Honorius, want hy was 'n Romein en sy broer Pandulf was 'n Romeinse senator. Die vorige pous,
Pous Martinus IV
kon weens die voortdurige oproerigheid nie in
Rome
bly nie, maar Honorius was baie welkom het permanent in Rome gewoon. Eers het hy in die Vatikaan gebly, maar in die herfs van
1285
verhuis hy na 'n nuwe pragtige paleis op die Aventine.
Na die val van die Hohenstaufen was die keiserryk nie meer 'n gevaar vir die pous nie. Honorius volg die gematigde politiek van
Pous Gregorius X
. Rudolf I van Duitsland het biskop Hendrik van Basel na Rome gestuur met die versoek dat die pous hom tot keiser sou kroon. Honorius het Hendrik aangestel as aartsbiskop van Mainz, 'n datum vir die kroning bepaal op
2 Februarie
1287
en kardinaal Johannes van Tusculum na Duitsland gestuur om Rudolf te help. In Duitsland was daar egter teenstand teen die pous se inmenging en die volksvergadering van Wurzburg (
12 Maart
tot
16 Maart
1287
) het heftig geprotesteer. Rudolf moes die pous se afgesant beskerm teen liggaamlike leed. Beide Rudolf en die pous se planne het skipbreuk gely.
Die Mongoolse leier Arghun het 'n ambassadeur en 'n brief na Pous Honorius in
1285
. 'n Latynse kopie van die brief word vandag nog in die Vatikaan bewaar. Die brief bevat 'n verwysing na Christene in Arghun se familie en stel 'n verbond voor om die Moslemlande te verower. Die pous kon egter nie die nodige militere ondersteuning verkry om die plan ten uitvoer te bring nie.
Pous Honorius IV het planne vir nog 'n
kruistog
van sy voorganger geerf. Hy het egter net die tiendes wat deur die konsilie van
Lyon
vasgestel is, te vorder waarvoor hy die bankiers van Florence, Siena en Pistoia gebruik het.
Die twee groot monnikordes, die Franciskane en die Benediktyne het baie nuwe voorregte van die pous ontvang. Hy het hulle aangestel vir spesiale sendings, geinstalleer as biskoppe en hulle in bevel van die Inkwisisie geplaas. Hy het ook die voorregte van die Karmeliete en die Augustyne goedgekeur en Karmeliete toegelaat om hulle habyt van gestreep na wit te verander. Hy het ook die orde wat gestig is deur Willem X van Akitanie bevoordeel. Hy het hulle abdye wat deur die Benediktyne verlaat is, gegee en ook die klooster van St. Paulus in Albano wat hy self gestig het toe hy nog 'n kardinaal was.
Salimbene, die geskiedskrywer van Parma beweer dat Honorius die monnikordes nie goed gesind was nie. Dit spuit waarskynlik uit Honorius se teenstand van die Apostoliese Broeders. Die Broeders, gestig deur Gerard Segarelli in Parma het evangeliese armoede voorgestaan. Die pous het hulle op
11 Maart
1286
tot ketters verklaar.
Aan die Universiteit van Parys het voorgestel dat 'n leerstoel in Oosterse tale ingestel word. Die kennis kon dan gebruik word om Moslems te bekeer en die skeuring met die Oosterse Kerk te beeindig.
Pous Honorius IV het slegs een kardinaal geskep, sy nefie Giovanni Boccamazza, aartsbiskop van Monreale, op
22 Desember
1285
.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0300091656
.
- Grousset, Rene (1935).
Histoire des Croisades III, 1188-1291
, Editions Perrin.
ISBN 9782262025694
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0500017980
.
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Honorius IV
.
|
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|