KDE
(
K Desktop Environment
) (
?ke??diː?iː
) is 'n
vrye-sagteware
projek wat poog om 'n kragtige sisteem vir 'n maklik bruikbare
werkskermomgewing
te wees. Die doel van die projek is om basiese werkskermfunksies en toepassingsprogrammatuur vir die gewone gebruiker te skep, asook om die nodige nutsgoed en dokumentasie aan programmeerders te verskaf sodat hulle hul eie toepassingsprogrammatuur vir die omgewing kan ontwikkel. In hierdie opsig dien die KDE-projek as 'n oorkoepelende organiseringsnetwerk vir verskeie selfstandige toepassingsprojekte soos bv.
Amarok
,
K3b
,
KOffice
en vele meer...
KDE is in 1996 begin deur Matthias Ettrich, terwyl hy studeer het aan die Eberhard Karls Universiteit van Tubingen. Op daardie stadium was daar sekere aspekte van die
UNIX
werkskerm wat hom struwelinge besorg het. Een van sy grootste kwellings was dat geen van die werkskermprogrammatuur eenvormig gelyk of opgetree het nie. Hy het toe voorgestel dat daar 'n volledige
werkskermomgewing
geskep word wat bestaan uit elemente wat die gebruiker kon aanvaar sou deurgaans dieselfde lyk en optree. Hy wou ook hierdie omgewing so gebruikersvriendelik as moontlik maak. Hierdie voorstel het baie belangstelling op die internet gelok, en so was die KDE-projek toe gebore.
Matthias het besluit om die
QT
-gereedskapbundel te gebruik vir die KDE-projek. Ander programmeerders het vinnig begin om KDE/Qt toepassingsprogrammatuur te skryf en teen vroeg
1997
het groot en komplekse sagteware vir die omgewing begin verskyn. Op daardie stadium is Qt nie onder
vrye-sagteware
-lisensie vrygestel nie, en daar was dus lede van die
GNU
-projek wat bekommerd begin raak het oor die gebruik van 'n geslote gereedskapbundel om 'n vrye-sagtware werkskerm te bou. Die
GNOME
-projek het dus ontstaan, met die oogmerk om 'n nuwe werkskermomgewing te bou sonder Qt en wat heeltemal bo-op vrye-sagteware ontwikkel is.
Die Qt-gereedskapbundel is in
November
1998
gelisensieer onder die vrye/oopbron
QPL
(
Q Public License
). Gedurende hierdie selfde jaar het die
KDE Vrye Qt-stigting
ontstaan, wat sou waarborg dat Qt sou val onder 'n variant van die uiters liberale BSD-lisensie indien Trolltech sou ophou bestaan of geen vrye/oopbron weergawe van Qt in 12 maande vrygestel is nie. Daar was egter nou steeds debat oor versoenbaarheid met die GNU General Public License (GPL).
In September 2000 het Trolltech die Unix-weergawe van Qt vrygestel onder die GPL, sowel as die QPL. Dit het die bekommernisse van die Vrye-sagteware Stigting finaal uit die weg geruim. Die Qt 4.0 vrystelling (en latere vrystellings) is beskikbaar gemaak as vrye sagteware vir Unix, Windows en Mac, wat aantoon dat toekomstige KDE-weergawes moontlik inheemse vrystellings op hierdie platforms kan he.
Beide KDE en GNOME neem nou deel aan freedesktop.org, 'n poging om die Unix-werkskerm te standardiseer, hoewel daar nog heelwat kompetisie tussen die twee projekte bestaan.
Die naam
KDE
is oorspronklik bedoel as 'n woordspeling op die bestaande
Common Desktop Environment
wat beskikbaar was vir Unix-sisteme. CDE was 'n
X11
-gebaseerde gebruikeromgewing wat gesamentlik deur
HP
,
IBM
en
Sun
ontwikkel is. Dit het 'n koppelvlak en produktiwiteitsnutsgoed gehad wat gebaseer was op die
Motif
-gebruikerskoppelvlakenjin en was veronderstel om 'n maklik-bruikbare en intuitiewe werkskermomgewing te voorsien. Die
K
was bedoel om te staan vir
Kool
, maar daar is spoedig besluit dat dit liewer niks in besonder moet beteken nie.
Die KDE-projek se kenteken is 'n groen draak genaamd Konqi. Konqi kan in verskeie toepassings gevind word, en ook wanneer die gebruik sy sessie afsluit of die "Oor KDE"-skerm raadpleeg.
Organisering van die KDE-projek
[
wysig
|
wysig bron
]
KDE is, soos baie ander vrye-/oopbronsagtewareprojekte, hoofsaaklik 'n vrywilligerspoging, hoewel verkeie maatskappye, soos bv.
Novel
(in die vorm van hul
SuSE
Linux
-verspreiding), Trolltech en
Mandriva
, voltydse werknemers het wat aan die projek bydra. Omdat groot hoeveelhede mense op verskeie maniere (bv. bronkode, vertalings en grafika) tot KDE bydra, is die organisering van die projek ingewikkeld. Die KDE-ontwikkelaars maak veral van e-pos-besprekingslyste gebruik om onderlangs probleme te bespreek.
Hoewel ontwikkelaars en gebruikers deesdae reg oor die wereld gevind kan word, behou die projek 'n sterk basis in
Duitsland
. Die webbedieners is gelee by die
Tubingen
en
Kaiserslautern
universiteite, 'n Duitse nie-winsjaende organisasie (KDE e.v.) besit die
KDE
-
handelsmerk
, en KDE-konferensies vind dikwels plaas in Duitsland.
KDE is ontwikkel met
Trolltech
se
QT
-gereedskapbundel wat op die meeste
Unix
-verwante (bv.
Linux
en
Mac OS X
) en
Microsoft
Windows
werk. Alle KDE 3-vrystellings is gebou op Qt 3, wat slegs vir
Linux
en Unix-verwante bedryfstelsels onder die
GPL
beskikbaargestel is. As gevolg hiervan is KDE 3 slegs op Windows beskikbaar deur van 'n
X bediener
gebruik te maak.
KDE 4 gaan gebaseer wees op Qt 4 - wat onder die GPL vir Windows en Mac OS X beskikbaargestel is. KDE 4-toepassingsprogrammatuur sal dus inheems op hierdie bedryfstelsels kan hardloop.
Basistegnologiee wat in KDE 3 gebruik is
[
wysig
|
wysig bron
]
- aRts
- klankbediener
- DCOP
- sisteem vir interproseskommunikasie
- KDELibs
- KHTML
-
HTML
-enjin
- KIO
- uitbreibare netwerk-agnostiese leertoegang
- Kiosk
- laat toe dat sekere KDE-omgewingsfunksies afgeskakel kan word om vir 'n meer gekontroleerde omgewing te sorg
- KParts
- liggewig intydse grafiese komponentraamwerk
- KWin
- vensterbestuurder
- XMLGUI
- laat toe om
gebruikerskoppelvlak
-elemente met behulp van
XML
-leers te omskryf
Toepassingsprogrammatuur vir KDE sluit in: