Spele van die XXXe Olimpiade
|
|
Die
Olimpiese Somerspele 2012
(
Engels
:
2012 Summer Olympics
), amptelik bekend as die
Spele van die XXXste Olimpiade
, is tussen 27 Julie en 12 Augustus 2012 in
Londen
,
Verenigde Koninkryk
, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 568 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 26 verskillende
sportsoorte
deelgeneem. Danksy die insluiting van vroueboks was daar vir die eerste keer in alle sporte vroulike deelnemers.
Saoedi-Arabie
,
Katar
en
Broenei
het vir die eerste keer vroulike atlete gestuur, sodat elke land wat tans in aanmerking kom, 'n vroulike mededinger na minstens een
Olimpiese Spele
gestuur het.
Dit was die dertigste aanbieding van die Somerspele sedert
1896
. Dit was ook die derde keer dat Londen die spele georganiseer het na hulle eerste spele in
1908
en daarna in
1948
. Daarmee het Londen die eerste stad geword wat driemaal
Olimpiese Somerspele
aangebied het. Naas Londen was
Parys
,
Madrid
,
New York Stad
en
Moskou
kandidate vir die organisasie van die 2012-Somerspele.
Die opening- en sluitingseremonies het in die
Olimpiese Stadion
plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met
Griekeland
die eerste en die gasheer die Verenigde Koninkryk die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is die taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.
Caster Semenya
, atleet en Wereldkampioen tydens die Atletiekwereldbeker in 2009, het die
Suid-Afrikaanse vlag
ingedra.
[4]
Vir die Olimpiese Somerspele 2012 is die 200 ha
Queen Elizabeth Olympic Park
in
Stratford
opgerig. Die Spele het ook gebruik gemaak van plekke wat reeds voor die bod bestaan het. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou, met stygende standaarde van kompetisie onder nasies regoor die wereld, verpakte stadions en gladde organisasie. Verder is die fokus op nalatenskap en na-wedstryd-volhoubaarheid as 'n bloudruk vir toekomstige Olimpiese Spele beskou.
[5]
[6]
Die
Paralimpiese Somerspele 2012
is tussen 29 Augustus en 9 September in Londen gehou.
Londen is op 6 Julie 2005 in
Singapoer
deur die
Internasionale Olimpiese Komitee
gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2012. Ander kandidate was: Parys, New York, Madrid en Moskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.
Die stemming het as volg verloop:
Terwyl die beplande besteding aan die Spele in sommige kringe kritiek uitgelok het, het ander die herontwikkeling van baie stadsdele in Londen, waar Olimpiese wedstryde sal plaasvind, verwelkom ? veral omdat die meeste infrastruktuurprojekte volgens die konsep van volhoubaarheid verwesenlik is.
[8]
Byna 90 persent van alle nuwe geriewe en die benodigde infrastruktuur was reeds in Julie 2011 voltooi ? een jaar voor die begin van die Spele en sonder dat die beplande begroting oorskry is.
[9]
Die laaste skatting van die totale koste in 2007 was egter aansienlik hoer as die oorspronklike beplande begroting.
Die hooffokus van die Spele was nuwe Olimpiese Park met 'n oppervlakte van 200 hektaar wat op 'n voormalige nywerheidsterrein in
Stratford
oos van Londen ontstaan het. Vir die Spele is ook verskeie sportgeriewe gebruik wat reeds voor en onafhanklik van Londen se kandidatuur bestaan het.
Akkommodasie
|
Funksie
|
Queen Elizabeth Olympic Park
|
Die hoofligging van die Spele gelee in
Stratford
met 'n getal nuwe sportsentra, die
Olimpiese dorp
en die sentrale
Olimpiese Stadion
. Die openbare vervoernetwerk rondom die naasliggende Stratford-stasie, is uitgebreid om die groot getal reisigers effektief te kan vervoer.
|
Olimpiese Stadion
|
Hoofligging waar die begin- en eindseremonie opgevoer en veldatletiek beoefen is.
|
Basketball Arena
|
Basketbal
en
handbal
(eindstryde en halfeindstryde)
|
Copper Box
|
Handbal
,
moderne vyfkamp
,
skermsport
en
skyfskiet
|
London Aquatics Centre
|
Sierduik
,
gesinchroniseerde swem
,
swem
en die eindstryd van
waterpolo
|
London Velopark
|
BMX en Baanfiets
|
Olympic Hockey Centre
|
Veldhokkie
|
Earls Court
|
Vlugbal
|
ExCeL Exhibition Centre
|
Boks
,
gewigoptel
,
judo
, skermsport,
taekwondo
,
tafeltennis
en
stoei
|
Greenwich Park
|
Ruitersport
(dressuur, eventing en springconcours)
|
Hadleigh Country Park
|
Bergfiets
|
Horse Guards Parade
|
Strandvlugbal
|
Hyde Park
|
Driekamp
, swem (oopwater)
|
Lord’s Krieketgronde
|
Boogskiet
|
Regent's Park
|
Padfietswedrenne
|
Royal Artillery Barracks
|
Skyfskiet
|
The O2 Arena
|
Basketbal (eindstryde) en
gimnastiek
|
Wimbledon
|
Tennis
|
Wembley-stadion
|
Sokker
(eindstryde)
|
Wembley Arena
|
Pluimbal
|
Lee Valley White Water Centre
|
Kanovaart
(slalom)
|
Dorney Lake
van
Eton-kollege
|
Kanovaart (sprint),
Roei
|
Engelse Kanaal
by
Weymouth
|
Seilvaart
|
Die "Olympic Park" is na afloop van die Spele, in 2013, na
koningin Elizabeth
genoem en staan nou bekend as
Queen Elizabeth Olympic Park
.
[10]
Die uitbreiding van Londen se openbare vervoerstelsel was 'n belangrike element van Londen se kandidaatskap.
Transport for London
(TfL)
het met die oog op die Olimpiese Spele 'n verskeidenheid verbeterings aan die vervoerinfrastruktuur aangebring, waaronder die verlenging van die
East London Line
, wat deel uitmaak van die bogrondse spoornetwerk, asook die uitbou van die
Docklands Light Railway
en die
North London Line
. Op die hoespoed-spoorweglyn
High Speed One
sal 'n pendeldiens bedryf word wat as
Olympic Javelin
bekend staan. Volgens
Network Rail
is tydens die Olimpiade 4 000 bykomende treinverbindings asook langer treinstelle beskikbaar gestel.
Sowat 240 000 besoekers per uur kan na die twee nuwe treinstasies in die Olimpiese Park, Stratford International en Stratford, vervoer word. Ook alle ander wedstrydplekke word deur spoorvervoer (treine, moltreine en
Docklands Light Railway
) met ander stadsdele verbind. 'n Sweefspoor tussen die O2 Arena en die
ExCel Exhibition Centre
, die
Emirates Air Line
, is op 28 Junie 2012 in bedryf gestel.
Die meeste wedstrydplekke is binne kort ryafstande gelee. Reistye na wedstryde het vir 80 persent van alle atlete minder as 20 minute beloop, en 93 persent van deelnemers kon hul oefenterreine in minder as 'n halfuur bereik. Ook padvervoer is vir deelnemers en amptelike verteenwoordigers vergemaklik ? 'n
Olympic Route Network
met 'n totale lengte van 170 km is geskep waarvolgens rylane op belangrike hoofroetes tussen die Olimpiese dorp en wedstrydplekke vir Olimpiade-deelnemers gereserveer is.
Die streng veiligheidsmaatreels, wat deur die Britse polisiediens getref word en waarvoor 10 000 polisiebeamptes en 13 500 weermaglede ontplooi is, is as die grootste vredestydse veiligheidsoperasie in die Britse geskiedenis beskryf.
[11]
Vloot- en lugmageenhede is ter beskerming van die Spele aangewend, en terwyl vlootskepe in die
Teemsrivier
gestasioneer is, is
Eurofighter-vegvliegtuie
, helikopters en lugafweermissiele (waaronder
Rapier
-vuurpyllanseerders) ontplooi om moontlike lugaanvalle af te weer.
Vanaf 14 Julie is 'n gedeeltelike lug-spersone oor Londen ingestel. Die amfibiese aanvalskip
HMS Ocean
, wat in die Teems voor anker le, het as helikopter-landingsblad, logistiese basis en verblyfplek vir 800 soldate gedien. Die koste vir hierdie veiligheidsoperasie het van 'n oorspronklik beraamde £282 miljoen gestyg tot £553 miljoen.
In Julie 2012 het nuus oor die probleme, wat die privaat veiligheidsmaatskappy G4S by die werwing van geskikte personeel ondervind het, bekend geword. Die leemte moes met 3 500 Britse weermaglede gevul word.
Vir die Spele is sowat 4 700 medaljes deur die Koninklike Munt te Llantrisant in
Wallis
vervaardig. Hulle is deur David Watkins (Olimpiese Spele) en Lin Cheung (Paralimpiese Spele) ontwerp. Feitlik alle
goud
,
silwer
en
koper
wat in die vervaardiging gebruik is, is in Salt Lake County in die
Verenigde State
ontgin.
Elke medalje weeg tussen 375 en 400 gram (13,2?14,1 ons), het 'n deursnee van 85 mm (3,34 duim) en is 7 mm (0,27 duim) dik. 'n Gravure op die rand verwys na die betrokke sport en dissipline. Volgens 'n ou tradisie is
Nike
, die Griekse godin van oorwinning, op die voorkant uitgebeeld. Sy stap uit die
Atheense
Panathinaiko-stadion, waar die eerste moderne
Olimpiese Spele in 1896
gehou is, met die
Parthenon
-tempel in die agtergrond. Die agterkant toon die kenteken van die Spele, die Teemsrivier en 'n reeks lyne wat "die energie van atlete en 'n saamstaan-gees" versinnebeeld. Die medaljes is op 2 Julie na die
Londense Tower
se gewelwe geneem waar hulle tot die aanvang van die Spele bewaar is.
Elke goue medalje is uit 'n legering van 92,5 persent silwer, 1,34 persent goud asook koper saamgestel. Die silwermedaljes is van silwer (92,5 persent) en koper gemaak. Die bronsmedaljes is uit 'n legering van koper (97 persent),
sink
(2,5 persent) en
tin
(0,5 persent) saamgestel. Die goue medalje se materiele waarde word op $644 beraam (volgens markpryse wat op 30 Julie 2012 vasgestel is), die van die silwermedalje op $330 en die van die bronsmedalje op $4,71.
Die Olimpiese Spele se kenteken is deur die konsultasieonderneming
Wolff Olins
ontwerp en op 4 Junie 2007 aan die publiek bekend gestel. Die kenteken, wat teen 'n koste van £400 000 ontwikkel is en op glasskerwe lyk, is 'n abstrakte weergawe van die jaargetal 2012 waarby die Olimpiese ringe in die nul-syfer en die woord
London
in die syfer 2 bo-aan ingebed is. Hierdie kenteken sal met klein wysigings ook vir die Paralimpiese Spele 2012 gebruik word. Die standaardkleure is groen, magenta, oranje en blou, maar enige ander kleurkombinasie kon ook gebruik word sodat borge die kenteken maklik aan hul spesifieke behoeftes kon aanpas.
[12]
Kort na sy bekendstelling het die kenteken negatiewe reaksies by die publiek uitgelok. Binne enkele ure het tienduisende Britte 'n petisie onderteken waarin beswaardes die organiseerders versoek het om 'n nuwe kenteken te ontwerp. 'n Getal dagblaaie het hul eie kompetisies gehou waartydens lesers hul ontwerpe kon indien.
In Februarie 2011 het ook
Iran
se
Nasionale Olimpiese Komitee
beswaar teen die kenteken aangeteken wat volgens hulle baie op die woord "Zion" sou lyk en dus as rassisties beskou kon word.
[13]
Wenlock en Mandeville
is as amptelike gelukbringers vir die Olimpiese en die Paralimpiese Spele gekies. Die twee figuurtjies is op 19 Mei 2010 aan die publiek bekend gestel.
Wenlock en Mandeville beeld twee staaldruppels in 'n menslike gedaante uit en word met die staalbedryf in
Bolton
in
Groter Manchester
verbind. Hul name gaan terug op die klein nedersetting Much Wenlock in die graafskap
Shropshire
naby die Walliese grens, waar reeds in 1850 die
Wenlock Olympian Society Annual Games
as voorloper van die moderne Olimpiese Spele gehou is, en
Stoke Mandeville
, 'n nedersetting in
Buckinghamshire
wat as gasheer van die
eerste Paralimpiese Spele opgetree het.
[14]
Die skrywer Michael Morpurgo het 'n storiekonsep vir
Wenlock en Mandeville
geskryf, en 'n animasierolprent is vervaardig. Twee verhale oor die twee gelukbringers is geskep:
Out of a Rainbow
en
Adventures on a Rainbow
.
Die Olimpiese fakkelloop het vanaf 18 Mei tot en met 27 Julie 2012 in die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Nadat die
Olimpiese vlam
op 10 Mei tradisioneel in
Olimpia
,
Griekeland
, aangesteek is, is dit tussen 10 en 17 Mei tydens 'n fakkelloop oor 'n afstand van sowat 3000 kilometer deur Griekeland gedra en het op die volgende in Land's End, die mees suidelike punt van
Engeland
in
Cornwall
, aangekom. Die vlam is van hier deur altesaam 8000 lopers langs 70 roetes en oor 'n afstand van 12 800 km deur die hele land gedra.
By die fakkelloop is eilandgroepe langs die kus soos die
Kanaaleilande
, die
eiland Man
, die
Orkney-eilande
, die
Shetland
-eilande en die
Hebride
-eilande ingesluit, so ook die
Ierse
hoofstad
Dublin
. 'n Getal kulturele aanbiedings is ter geleentheid van die Olimpiese fakkelloop gehou.
Vir die fakkelloop is 8000 fakkels vervaardig wat uit 'n
aluminium
-legering bestaan het en met goud oortrek is. Hulle was 80 sentimeter lank en 800 gram swaar. Elke fakkel is met 8000 klein gaatjies geperforeer wat die fakkeldraers versinnebeeld het. Kort nadat die fakkel-ontwerp op 8 Junie 2011 aan die publiek bekend gestel is, het dit ironiese kommentaar uitgelok en die bynaam
Golden Cheesegrater
("Goue Kaasrasper") gekry.
Die organisasiekomitee was egter onseker oor die betroubaarheid van die fakkels. Die Britse filiaal van die Duitse motorvervaardiger
BMW
, een van die amptelike borge van die Olimpiese Somerspele 2012, het aangebied om die fakkel-ontwerp in hul klimaatkanaal te toets. Die fakkels is hierby aan 'n verskeidenheid weerstoestande blootgestel, waaronder
reen
,
sneeu
, koue en hitte.
Sedert die eerste Olimpiese fakkelloop in 1936 in
Berlyn
is al 'n verskeidenheid brandstowwe getoets, waaronder
magnesium
,
kruit
,
hars
en olyfolie. Vir die Londense Spele is gaspatrone gebruik, maar die toetse deur BMW-ingenieurs het getoon dat die brander te swak was vir tipiese Engelse wind en reenweer. Die ontwerp is dus aangepas. Na bewering is die Olimpiese vlam nogtans twee keer op sy pad geblus ? onder meer terwyl dit per renboot vervoer is: BMW se toetse het nie voorsiening vir hierdie uiterste blootstelling aan sterk seewind gemaak nie aangesien die ingenieurs nie daaroor ingelig is nie.
[15]
Olympic Broadcasting Services (OBS)
, 'n agentskap van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), het as gasheer-uitsaaidiens opgetree. OBS het van sy eie kameras en van gehuurde personeel van ander Olimpiese uitsaaiers gebruik gemaak om die Spele te dek. Basiese video- en oudio is aan ander uitsaaiers verkoop wat dan hul eie kommentaar en aanbieding by te voeg.
Die amptelike opnameformaat van die Olimpiese Somerspele 2012 het gebruik gemaak van Panasonic se digitale tegnologiee waarby die amptelike videodekking, wat deur die Internasionale Uitsaaisentrum, die
London Olympics Media Centre
, vervaardig en versprei is, in 1080/50i hoedefinisie (HD) aangebied is. Panasonic het vooraf bekend gemaak dat DVCPRO HD die amptelike opnameformaat sou wees.
Olympic Broadcasting Services London (OBSL)
, die gasheer-uitsaaier, het P2-HD-uitrusting gebruik vir die beeldsaai van Olimpiese wedstryde. Volgens die IOK se wens is die Spele vir wereldwye gehore met terrestriele nasionale en streekgebonde uitsaaidienste gedek. In die gasheerland is die Olimpiese Spele deur die
British Broadcasting Corporation (BBC)
gebeeldsaai, terwyl
Channel 4
die Paralimpiese Spele 2012 sal uitsaai. Die
BBC
het alle 5 000 ure se wedstryde op verskeie kanale uitgesaai. Naas uitgebreide dekking op
BBC Three
was altesaam 24 Olimpiese
BBC
-kanale beskikbaar wat deur Britse toeskouers per satelliet, kabel en die internet ontvang kon word.
Televisie-uitsaairegte vir die VSA is aan die
NBC
-netwerk verkoop en het meer as die helfte van die IOK se inkomste uit uitsaairegte verteenwoordig.
YouTube
het die Spele in 64 gebiede in
Asie
en
Afrika suid van die Sahara
gebeeldsaai waar geen amptelike uitsaaier verkies is nie. Alle uitsaaidienste, wat regte verkry het, het hulle dekking vanuit die Internasionale Uitsaaisentrum gebeeldsaai wat binne die Olimpiese Park se veiligheidskordon gelee was.
Die openingseremonie het op 27 Julie 2012 in die Olimpiese Stadion plaasgevind. Die skouspel van £27 miljoen is deur
William Shakespeare
se toneelstuk
The Tempest
("Die Storm") geinspireer en onder die titel
The Isles of Wonder
as 'n wipwa-rit deur die Britse geskiedenis aangebied.
[16]
Die vervaardiger en kunsdirekteur was die rolprentregisseur en
Oscar
-wenner Danny Boyle, terwyl twee lede van die elektroniese musiekgroep
Underworld
, Rick Smith en Karl Hyde, as musiekdirekteur gefungeer het. Engelse vermaaklikheidsterre en sporthelde het hul verskyning gemaak.
Die eerste deel van die openingseremonie was aan die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van die Verenigde Koninkryk gewy en het die tradisionele landelike lewe, die nywerheidsomwenteling en die 1960's behandel. 'n Verruklike landskap, waarvoor die heuwelpiek
Glastonbury Tor
as voorbeeld gedien het, is gaandeweg deur fabrieke, rokende skoorstene en stomende enjins verdring. Boere is deur 'n stedelike bevolking vervang. Werkers het 'n Olimpiese ring gesmee, terwyl betogers opgeruk het.
In 'n kort humoristiese film het die akteur Daniel Craig as
James Bond
saam met koningin Elizabeth II in 'n helikopter gevlieg. Die koningin het daarna in lewende lywe in die stadion verskyn.
In die tweede deel van die seremonie is die Verenigde Koninkryk as 'n kultuurnasie uitgebeeld. Belangrike elemente was Engelse kinderliteratuur,
Rowan Atkinson
as
Mr. Bean
, die Britse alledaagse kultuur en popmusiek asook die maatskaplike veranderinge wat aan die wereldwye web te danke is.
Daarna het meer as tweehonderd lande se atlete die stadion binnegemarsjeer. Die vlae van deelnemerstate is op die terrasse van die namaaksel van Glastonbury Tor geplaas. Die amptelike deel van die seremonie het toesprake, die opening van die Spele deur die koningin en die hys van die
Olimpiese vlag
ingesluit. Sewe jong Britse atlete het die Olimpiese Vlam aangesteek. Paul McCartney het die seremonie met twee liedere afgesluit.
Die sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen het op 12 Augustus 2012 in die Olimpiese Stadion plaasgevind. Dit was getiteld
A Symphony of British Music
. Die kreatiewe direkteur en choreograaf was Kim Gavin, Es Devlin was die hoofontwerper en David Arnold het as musiekdirekteur gefungeer. Die beligting is deur Patrick Woodroffe gereel, terwyl die toneel- en rolprentregisseur Stephen Daltry weer as vervaardiger opgetree het.
Sowat 4 100 akteurs het opgetree, waaronder 3 500 volwassenes en 380 skoolkinders uit die ses Londense gasheerdistrikte as leke-akteurs, en 250 professionele akteurs. Vir die leke-akteurs is vyftien oefensessies in die Three Mills-ateljees asook 'n repetisie in die
Ford
-motorfabriek in Dagenham, waar 'n skaalmodel-oefensaal gebou is, gereel.
Die plegtige oorhandiging van die Olimpiese vlag aan die gasheerstad van die volgende
Olimpiese Somerspele 2016
,
Rio de Janeiro
, was tradisioneel 'n vaste bestanddeel van die sluitingseremonie.
Finansiele en ekonomiese impak
[
wysig
|
wysig bron
]
Die totale begroting vir die Olimpiese Spele in Londen was £9,3 miljard (aansienlik meer as die £2,4 miljard soos beraam in die oorspronklike begroting), waarvan £6,2 miljard deur die Britse regering en £2,1 miljard uit loteryfondse bygedra is. 'n Verdere £900 miljoen is deur die Londense Ontwikkelingsagentskap (
London Development Agency
) en die
Greater London Authority
beskikbaar gestel.
Daar is lewendige debatte oor die finansiele en ekonomiese impak van die Spele gevoer. Terwyl daar tydens die voorbereiding van die Olimpiade wel nuwe werkgeleenthede geskep is, het kleinhandelverkope in Julie en Augustus nie die verwagte styging getoon nie.
[17]
Weens waarskuwings oor erge verkeersopeenhopings het baie Londenaars die Spele tuis op televisie gekyk of met vakansie gegaan. Ook toeriste het weggebly. Hotelle, wat hul kamerpryse vooraf aansienlik verhoog het, het minder oornagtings geregistreer as wat voorspel is.
26 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 302 goue medaljes oorhandig.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
[18]
OS
|
Openingseremonie
|
●
|
Wedstryde
|
1
|
Wedstryde met medaljes
|
SS
|
Sluitingseremonie
|
Julie / Augustus
|
25
Wo
|
26
Do
|
27
Vr
|
28
Sa
|
29
So
|
30
Ma
|
31
Di
|
1
Wo
|
2
Do
|
3
Vr
|
4
Sa
|
5
So
|
6
Ma
|
7
Di
|
8
Wo
|
9
Do
|
10
Vr
|
11
Sa
|
12
So
|
Items
|
Seremonies
|
|
|
OS
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
SS
|
|
Atletiek
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
|
6
|
6
|
5
|
4
|
4
|
5
|
6
|
8
|
1
|
47
|
Basketbal
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
2
|
Boks
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
3
|
●
|
5
|
5
|
13
|
Boogskiet
|
|
|
●
|
1
|
1
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
4
|
Driekamp
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
1
|
|
|
1
|
|
|
|
|
|
2
|
Fietsry
|
|
|
|
1
|
1
|
|
|
2
|
2
|
2
|
1
|
1
|
1
|
3
|
●
|
●
|
2
|
1
|
1
|
18
|
Gesinchroniseerde swem
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
●
|
●
|
1
|
|
●
|
1
|
|
|
2
|
Gewigoptel
|
|
|
|
1
|
2
|
2
|
2
|
2
|
|
2
|
1
|
1
|
1
|
1
|
|
|
|
|
|
15
|
Gimnastiek
|
|
|
|
●
|
●
|
1
|
1
|
1
|
1
|
1
|
1
|
3
|
3
|
4
|
|
●
|
●
|
1
|
1
|
18
|
Handbal
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
2
|
Judo
|
|
|
|
2
|
2
|
2
|
2
|
2
|
2
|
2
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
14
|
Kanovaart
|
|
|
|
|
●
|
●
|
1
|
1
|
2
|
|
|
|
●
|
●
|
4
|
4
|
●
|
4
|
|
16
|
Moderne vyfkamp
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
1
|
1
|
2
|
Pluimbal
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
2
|
2
|
|
|
|
|
|
|
|
5
|
Roei
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
3
|
3
|
4
|
4
|
|
|
|
|
|
|
|
|
14
|
Ruitersport
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
2
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
1
|
1
|
|
|
|
6
|
Seilvaart
|
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
2
|
2
|
2
|
1
|
|
2
|
1
|
|
10
|
Sierduik
|
|
|
|
|
1
|
1
|
1
|
1
|
|
●
|
●
|
1
|
●
|
1
|
●
|
1
|
●
|
1
|
|
8
|
Skermsport
|
|
|
|
1
|
1
|
1
|
1
|
2
|
1
|
1
|
1
|
1
|
|
|
|
|
|
|
|
10
|
Skyfskiet
|
|
|
|
2
|
2
|
1
|
1
|
1
|
1
|
2
|
2
|
1
|
2
|
|
|
|
|
|
|
15
|
Sokker
|
●
|
●
|
|
●
|
●
|
|
●
|
●
|
|
●
|
●
|
|
●
|
●
|
|
1
|
●
|
1
|
|
2
|
Stoei
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
|
3
|
2
|
2
|
2
|
2
|
3
|
2
|
18
|
Swem
|
|
|
|
4
|
4
|
4
|
4
|
4
|
4
|
4
|
4
|
|
|
|
|
1
|
1
|
|
|
34
|
Taekwondo
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
|
2
|
2
|
2
|
|
8
|
Tafeltennis
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
|
|
|
|
4
|
Tennis
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
2
|
3
|
|
|
|
|
|
|
|
5
|
Veldhokkie
|
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
|
2
|
Vlugbal
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
1
|
●
|
1
|
1
|
4
|
Waterpolo
|
|
|
|
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
●
|
1
|
●
|
|
1
|
2
|
Totaal
|
0
|
0
|
0
|
12
|
14
|
12
|
15
|
20
|
18
|
22
|
25
|
23
|
18
|
21
|
16
|
22
|
17
|
32
|
15
|
302
|
Kumulatief
|
0
|
0
|
0
|
12
|
26
|
38
|
53
|
73
|
91
|
113
|
138
|
161
|
179
|
200
|
216
|
238
|
255
|
287
|
302
|
|
Julie / Augustus
|
25
Wo
|
26
Do
|
27
Vr
|
28
Sa
|
29
So
|
30
Ma
|
31
Di
|
1
Wo
|
2
Do
|
3
Vr
|
4
Sa
|
5
So
|
6
Ma
|
7
Di
|
8
Wo
|
9
Do
|
10
Vr
|
11
Sa
|
12
So
|
Items
|
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die
Nasionale Olimpiese Komitees
wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
[
wysig
|
wysig bron
]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
.
Suid-Afrika het in totaal 3 goue, 2 silwer- en 1 bronsmedalje gewen:
- Suid-Afrika se
Cameron van der Burgh
het 'n goue medalje in die 100 m-borsslag vir mans met 'n nuwe wereldrekord van 58.46 sekondes gewen.
- Chad le Clos
van Suid-Afrika het 'n goue medalje in die 200 m-vlinderslag met 'n tyd van 1:52,96 sekondes gewen. Hy het
Michael Phelps
van die VSA uitgestof wat met 'n tweede plek tevrede moes wees. In die 200 m-wisselslag het hy tweede geeindig en 'n silwer medalje ontvang.
- Suid-Afrika se liggewig-roeiers het 'n onverwagte goue medalje gewen. Brittanje moes met silwer tevrede wees en Denemarke in die derde plek met 'n brons medalje. Die spanlede was:
Matthew Brittain
,
Sizwe Ndlovu
,
John Smith
en
James Thompson
.
- Bridgitte Hartley
het 'n bronsmedalje in die eindstryd van die 500 meter-
kanowedvaart
(K1) vir vroue gewen.
- Caster Semenya
het silwer in die 800 meter-naellope gewen.
- Oscar Chalupsky
se
roeispan
het tot die halfeindronde deurgedring.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: