in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Aquatics Centre
(Akwatiese Sentrum) is die fasiliteit waar verskillende
swemitems
tydens die
Olimpiese Somerspele
en daaropvolgende
Paralimpiese Somerspele
van 2012 beoefen is. Hierdie stadion is in die
Olimpiese Park
in
Stratford, Londen
in die
Verenigde Koninkryk
gelee.
Die stadion is op
27 Julie
2011
, presies een jaar voor die aanvang van die Spele, amptelik geopen. Tydens die opening het
Thomas Daley
die swembad ingewy deur 'n duikslag vanaf die 10-meter toring uit te voer.
Die stadion is deur
Zaha Hadid
ontwerp en beskik oor twee Olimpiese grootte
Swembaddens
en 'n aparte duik-swembad. Die gebou het 'n opvallende argitektuur en is die eerste stadion wat besoekers sien soos hulle die park binnekom.
Tydens die Somerspele is die volgende dissiplines in die Akwatiese Sentrum beoefen:
- Duik
- Gesinchroniseerde swem
- Swem
Tydens die Paralimpiese Somerspele is die volgende sport hier beoefen:
- Swem