Seemyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Berekening van 'n seemyl.

'n Seemyl (simbool M , NM of nmi ) is 'n meeteenheid van lengte en is ongeveer gelyk aan die lengte van een meridiaan-minuut (60 boogsekondes ) by die ewenaar . Een seemyl is, in terme van internasionale konvensie, presies gelyk aan 1 852 meter (ongeveer 6 076 voet). Dit word hoofsaaklik in die maritieme bedryf gebruik. [1]

Berekening van 'n seemyl:

  • Diameter van die aarde by die ewenaar = 12 756 km
  • Omtrek van die aarde by die ewenaar = π × 12 756 = 40 075 km
  • 1 boogminuut = 60 boogsekondes = 1/60 grade = 1/60/360 omwentelinge
  • Lengte van seemyl is dus = 40 075 × 1/60/360 = 1,855 km (dit stem ooreen met die amptelike afstand van 'n seemyl wat presies 1,852 km is)

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]