Die
Atlantiese Oseaan
is die wereld se tweede grootste
oseaan
. Dit beslaan ongeveer een vyfde van die
aarde
se oppervlakte en le tussen die ooskus van
Noord-
en
Suid-Amerika
en die weskus van
Europa
en
Afrika
.
[1]
Die oseaan se naam, van
Griekse mitologie
verleen, beteken "See van
Atlas
".
Die oseaan beslaan 'n verlengde, S-vormige kom wat in 'n noord-suid-rigting strek en is verdeel in die Noord-Atlantiese en Suid-Atlantiese oseane deur ewenaar-teestrome by omtrent 8° Noord breedteligging. Dit word aan die weste afgesper deur Noord- en Suid-Amerika en Europa en Afrika aan die ooste. Verder word die Atlantiese Oseaan aan die
Stille Oseaan
verbind deur die
Arktiese Oseaan
aan die noorde en die
Drakedeurgang
, wat tussen
Antarktika
en
Kaap Hoorn
le, aan die suide. 'n Mensgemaakte verbinding na die Stille Oseaan word deur die
Panamakanaal
verskaf. Aan die ooste word die skeidslyn tussen die Atlantiese en
Indiese Oseaan
getrek op die 20° Oos lengtelyn. Die skeiding tussen die Atlantiese en Arktiese Oseaan word deur 'n lyn vanaf
Groenland
tot die suidelike
Svalbard
tot die noordelike
Noorwee
gevorm.
Die Atlantiese Oseaan beslaan sowat 20% van die aarde se oppervlak en is die tweede grootste oseaan ter wereld (naas die
Stille Oseaan
). Met die aanliggende see beslaan dit 'n oppervlakte van sowat 106 450 000
km²
sonder hulle het dit 'n oppervlakte van 82 362 000 km². Die landoppervlakte wat in die Atlantiese Oseaan dreineer is vier keer die van die Stille of Indiese oseane. Die volume van die Atlantiese Oseaan met die aanliggende see is 354 700 000 km³ en 323 600 000 km³ sonder hulle.
Die gemiddelde diepte van die oseaan, tesame met die aanliggende see, is 3332
m
sonder hulle is dit 3926 m. Die grootste diepte, 8 605 m (28 232 voet), is in die Puerto Rico-trog. Die wydte van die oseaan wissel van 2 848
km
tussen
Brasilie
en
Liberie
, tot omtrent 4 830 km tussen die
Verenigde State
en
Noord-Afrika
.
Die oseaan het onreelmatige kuslyne wat deur baie baaie, golwe en see ingekeep word. Hulle sluit die
Karibiese See
, die
Golf van Meksiko
, die Golf van Sint-Lourens, die
Middellandse See
, die
Swartsee
, die
Noordsee
, die
Oossee
en die Noorwee-Groenland See in. Eilande in die oseaan sluit in
Svalbard
,
Groenland
,
Ysland
, Rockall,
Groot-Brittanje
,
Ierland
, Fernando de Noronha, die
Asore
, die Madeira-eilande, die
Kanariese Eilande
, die
Kaap-Verdiese Eilande
,
Bermuda
,
Wes-Indie
,
Ascension-eiland
,
Sint Helena
,
Tristan da Cunha
, die
Falkland-eilande
en
Suid-Georgie en die Suidelike Sandwicheilande
.
Die grootste kenmerk van die bodemtopografie van die Atlantiese Oseaan is 'n groot onderwater bergreeks genaamd die
Middel-Atlantiese Rif
. Dit strek vanaf Ysland in die noorde tot ongeveer 58° suid breedteligging en bereik 'n maksimumwydte van ongeveer 1600 km. 'n Groot rifvallei loop langs die rif vir meeste van sy lengte. Die waterdiepte bo-oor die rif is minder as 2700 m in meeste plekke en verskeie bergspitse verrys bo die water en vorm eilande. Die Suid-Atlantiese Oseaan het 'n verdere onderwaterrif, genaamd die Walvisrif.
Die Middel-Atlantiese Rif skei die Atlantiese Oseaan in twee groot troe, met dieptes wat gemiddeld tussen 3600 en 5485 m is. Dwarsriwwe wat loop tussen die vastelande en die Middel-Atlantiese Rif breek die oseaanvloer op in verskeie komme. Sommige van die groter komme sluit die Guiana, Noord-Amerikaanse, Kaap Verde en Kanariese komme in die Noord-Atlantiese oseaan in. Die grootste Suid-Atlantiese komme is die Angola, Kaapse, Argentinie en Brasilie-komme.
Die diep oseaanvloer is betreklik plat, alhoewel verskeie seeberge en 'n paar guyote ('n afgeplatte onderwater berg) bestaan. Verskeie dieptes of troe word ook gevind in die oseaanvloer: Die Puerto Rico-trog, in die Noord-Atlantiese oseaan, is die diepste. In die Suid-Atlantiese oseaan bereik die Suid Sandwich-trog 'n diepte van 8428 m. 'n Derde groot trog, die Romanche-trog, is te vinde naby die ewenaar en bereik 'n diepte van sowat 7760 m. Die plate langs die rande van die vastelande vorm sowat 11% van die bodemtopografie. Verder sny 'n aantal diep kanale dwarsoor die kontinentale verrysing.
Oseaansedimente bestaan uit grondstowwe, (diep)seestowwe en sedimentgesteentes. Die grondstowwe, ook genoem terrigeendeposito's, bestaan uit sand, modder en klipdele wat deur erosie, verwering en vulkaniese aktiwiteit op land gevorm word en dan see toe gespoel word. Hierdie stowwe word grootliks op die kontinentale plate gevind en is die dikste by groot riviermonde of langs woestynkuste. Die (diep)seestowwe (of pelagiese deposito's), wat die oorblyfsels van organismes wat na die oseaanvloer gesink het bevat, sluit rooi kleie, die organismes
Globigerina
en
pteropod
, en silikahoudende slik in. Hulle beslaan meeste van die oseaanvloer, wissel in dikte van 60 m tot 3300 m en is die dikste in die samestromingsgordel en in opwellingsones. Die sedimentgesteentes, of outigeendeposito's, bestaan uit stowwe soos mangaanklont, en kom voor waar sedimentasie stadig vorder, of seestrome die deposito's sorteer.
Die soutgehalte van oppervlakwater in die oop oseaan wissel van 33 tot 37 dele per duisend, afwisselend van die breedteligging en seisoen. Alhoewel die minimum soutgehalte net noord van die ewenaar gevind word, word die laagste waardes in die algemeen by hoe breedteliggings en langs kuste met groot riviermonde gevind. Maksimum soutgraad word by sowat 25° noord breedteligging gevind. Die oppervlak se southeid word deur
verdamping
, neerslag, afvloei uit riviermondings en die smelt van see-ys beinvloed.
Die watertemperatuur by die oppervlak, wat ook met breedteligging, stromingstelsel en seisoen wissel, vertoon die breedteverspreiding van sonenergie en wissel van minder as 2° tot 29 °C. Maksimumtemperature kom noord van die ewenaar voor en minimumwaardes word in die poolstreke gevind. In die middelbreedteliggings, die streek met die grootste temperatuurwisselings, kan waardes met tussen 7 en 8 °C wissel.
Die Atlantiese Oseaan bestaan uit vier groot watermassas. Die Noord- en Suid-Atlantiese sentrale waters maak die oppervlakwaters uit. Die sub-Antarktiese tussenwater strek tot dieptes van 1000 m en die Noord-Atlantiese diepwater strek so ver as 4000 m. Die
Antarktiese
bodemwater beslaan oseaankomme met dieptes groter as 4000 m.
As gevolg van Coriolis-kragte sirkuleer water in die Noord-Atlantiese oseaan kloksgewys, waar water anti-kloksgewys in die Suide sirkuleer. Die Suidelike
getye
in die oseaan is halfdaagliks, d.w.s. twee hooggetye kom binne elke 24 maanure voor. Die getye is 'n algemene golf wat van die suide na die noorde beweeg. In breedteliggings verder as 40° noord kom oos-wes-ossilasie voor.
Die klimaat van die Atlantiese Oseaan en die omliggende landgebiede word beinvloed deur die oppervlaktemperatuur van die water en seestrome, asook deur die winde wat oor die water waai. As gevolg van die oseane se groot kapasiteit vir hitteretensie, is maritieme klimate gematigder en nie so blootgestel aan uiterse seisoenale veranderinge nie.
Neerslag
kan ook geskat word van die weerdata van die kus en die
lugtemperatuur
vanaf die watertemperatuur. Die oseane is die grootste bron van atmosferiese vogtigheid, wat verkry word deur verdamping. Klimaatsones verskil met die lengtegraad; die warmste klimaatsones strek oor die Atlantiese noorde van die ewenaar. Die koudste sones is in die hoer lengtegrade, met die koudste gebiede wat ooreenstem met die wat met ys bedek is. Seestrome dra by tot klimaatbeheer deurdat dit warm en koue water vervoer na ander gebiede. Omliggende landgebiede word geaffekteer deur die winde wat afgekoel of verhit word wanneer dit oor hierdie strome waai. Die
Gulf Stream
, byvoorbeeld, verhit die atmosfeer van die Britse Eilande en noordwes
Europa
, en die koue seestrome dra by tot die dik mis langs die kus van noordoos
Kanada
en die noordwestelike kus van
Afrika
. Oor die algemeen neig die winde om vogtige en warm of koue lug oor die landgebiede te vervoer. Tropiese siklone ontwikkel in die suidelike deel van die Noord-Atlantiese oseaan.
Tropiese siklone ontwikkel langs die kus van Afrika naby
Kaap Verde
en beweeg weswaarts die Karibiese See binne; tropiese siklone kan voorkom van Mei tot Desember, maar is meer algemeen tussen Augustus en November. Storms is algemeen in die Noord-atlantiese streek gedurende die noordelike winters, wat dit moeilik en gevaarlik maak om die oseaan oor te steek.
Geskiedenis en ekonomie
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Atlantiese Oseaan blyk die jongste van die wereld se oseane te wees. Bewyse toon dat dit nie bestaan het voor 'n 100 miljoen jaar gelede nie, toe die kontinente wat gevorm het uit die opbreek van die superkontinent,
Pangea
, uitmekaar gedruk is deur die proses van seebodemvergroting. Die Atlantiese Oseaan is wyd verken seder die vroegste nedersettings opgerig is langs die kus. Die
Wikings
,
Portugese
en
Christophorus Columbus
is van die bekendste van die vroee verkenners van die oseaan.
Na Columbus het Europese ontdekkingsreise drasties toegeneem en baie handelsroetes is gevestig, met die gevolg dat die Atlantiese Oseaan die ruggraat geword het tussen
Europa
en die Amerikas (bekend as transatlantiese handel). Talle wetenskaplike verkennings is onderneem, insluitende die van die Duitse Meteoorekspedisie, Columbia Universiteit se Lamont Geologiese Observatorium en die
Amerikaanse Vloot
se Hidrografiese Kantoor.
Die oseaan het ook noemenswaardige bydraes gemaak tot die ontwikkeling en ekonomiee van die lande rondom dit. Behalwe vir die groot transatlantiese vervoer- en kommunikasieroetes, bied die oseaan ook genoegsame petroleumneerslae in die sedimentere gesteentes van die kontinentale riwwe en ook die wereld se rykste visbronne, veral in die water om die kontinentale riwwe. Die belangrikste
visspesies wat gevang
word is
Atlantiese kabeljou
,
skelvis
,
stokvis
,
haring
en
makriel
. Die produktiefste areas sluit in die
Grand Banks
van
Newfoundland
, die rif-area van
Nova Scotia
, Georges-bank van
Cape Cod
, die Bahama-banke, die waters rondom
Ysland
, die Ierse See, die
Doggersbank
van die
Noordsee
en die Falkland-banke.
Palings
,
kreef
en
walvisse
is ook al in groot hoeveelhede gevang. Al hierdie faktore saam in ag geneem, verhoog die kommersiele waarde van die Atlantiese Oseaan aansienlik. As gevolg van die bedreiging vir die oseaanomgewing deur olie, plastiese afval en die verbranding van toksiese afval op die see, bestaan 'n aantal internasionale ooreenkomste om sommige van die vorms van besoedeling te verminder.
Noemenswaardige togte in die 20ste eeu
[
wysig
|
wysig bron
]
- In
1919
word die Amerikaanse
Curtiss NC-4
die eerste
vliegtuig
wat die Atlantiese oseaan oorsteek (alhoewel dit 'n paar tussenlandings gemaak het op eilande langs die roete).
- Later in 1919, het 'n Britse vliegtuig onder die beheer van twee mans bekend as
Alcock en Brown
die eerste ononderbroke transatlantiese vlug onderneem van
Newfoundland
na
Ierland
.
- In
1921
het die Britte die eerste geword om die Atlantiese oseaan met 'n
lugskip
oor te steek.
- In
1927
onderneem
Charles Lindbergh
die eerste solo ononderbroke transatlantiese vlug in 'n vliegtuig (tussen
New York Stad
en
Parys
).
- Nadat sy vir 81 dae en 2 962 myl geroei het, het
Tori Munden
die eerste vrou geword wat die Atlantiese oseaan per roeiboot oorgesteek het op 3 Desember
1999
. Sy was alleen toe sy
Guadeloupe
bereik, nadat sy vanaf die
Kanariese Eilande
vertrek het.
Die oseaan is 'n watermassa tussen
Afrika
,
Europa
, die
Suidelike Oseaan
en die
Amerikas
, met 0 00 N, 25 00 W as sy aardrykskundige koordinate. Die oseaan se totale oppervlak is 76 762 miljoen km²; dit sluit die
Oossee
,
Swartsee
, Karibiese See,
Davisstraat
, deel van die
Drake Passage
,
Golf van Meksiko
,
Middellandse See
,
Noordsee
,
See van Noorwee
en omtrent die hele
Scotiasee
en ander watermassas in. Altesaam is die oppervlak minder as 6,5 keer die grootte van die
Verenigde State
.
Die oppervlak is gewoonlik bedek met see-ys in die
See van Labrador
,
Straat van Denemarke
en die
Oossee
van Oktober tot Junie. 'n Kloksgewyse kolkbeweging van warm water bestaan in die noord-Atlantiese oseaan, terwyl 'n anti-kloksgewyse kolkbeweging van warm-water in die suid-Atlantiese oseaan bestaan. Die oseaanbodem word oorheers deur die
Mid-Atlantiese Rif
, 'n ruwe noord-suid middellyn vir die hele Atlantiese bekken, die eerste keer ontdek deur die
Challenger Ekspedisie
.
Hoogste en laagste punte
[
wysig
|
wysig bron
]
Olie
- en
gasvelde
,
vis
,
soogdiere
(
robbe
en
walvisse
), sand en gruis aggregate, poli-metaal nodules en edelgesteentes.
Ysberge
is algemeen in die
Davis Straat
,
Straat van Denemarke
en die noordwestelike Atlantiese Oseaan vanaf Februarie tot Augustus en is selfs al sover suid gewaar as
Bermuda
en die
Madeiraeilande
; skepe is ook onderworpe aan vriesing in die ekstreme noordelike Atlantiese oseaan van Oktober tot Mei. Aanhoudende mis kan ook 'n maritieme gevaar wees vanaf Mei tot September, en so ook orkane noord van die ewenaar (Mei tot Desember).
Omgewing ? huidige probleme
[
wysig
|
wysig bron
]
Bedreigde marienespesies sluit in die
manatee
,
robbe
,
seeleeus
,
skilpaaie
, en
walvisse
; dryfnet
visvang
veroorsaak die dood van
dolfyne
,
albatrosse
en ander seevoels, wat die afname in visgetalle versnel en bydra tot internasionale dispute. Munisipale slykbesoedeling langs die
Amerikaanse
ooskus, die suidkus van
Brasilie
, en oostelike
Argentinie
is ook onder die huidige omgewingsprobleme wat die Atlantiese oseaan in die gesig staar. Oliebesoedeling is ook 'n rede tot kommer, veral in gebiede soos die Karibiese See, die
Golf van Meksiko
, die
Maracaibomeer
, die
Middellandse See
en die
Noordsee
. Verder is daar ook besoedeling deur munisipale en industriele afval in die
Oossee
,
Noordsee
en die
Middellandse See
.
Belangrike wurgpunte sluit in die
Dardanelles
, die
Straat van Gibraltar
, toegang tot die
Panama-
en
Suezkanale
. Strategiese strate sluit in die
Straat van Dover
, die
Floridastrate
,
Mona deurgang
,
"The Sound"
(
Oresund
), en die
Windward deurgang
. Die ewenaar verdeel die Atlantiese Oseaan in die Noord-Atlantiese en die Suid-Atlantiese Oseaan (Voorheen bekend as die Ethiopiese Oseaan). Gedurende die
Koue Oorlog
was die sogenaamde
Groenland
-
Ysland
-
VK
-deurgang van uiterste strategiese belang, die seebodem in daardie gebied is uitgele met uitgebreide hidrofoonstelsels om Sowjet-
duikbote
te monitor.
Aangrensende lande en gebiede
[
wysig
|
wysig bron
]
Die lande (gebiede in kursief) met 'n kuslyn aan die Atlantiese Oseaan (uitgesluit die Swart, Baltiese en Middellandse See) is:
Noord- en Sentraal-Amerika
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Noord-Oossee-kanaal
in Duitsland en die Amerikaans-Kanadese
Sint-Laurensrivier
is twee belangrike waterwee.