Simon Bolivar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Simon Bolivar
Simón Bolívar

President van die Tweede Republiek van Venezuela
Ampstermyn
7 Augustus 1813  –  16 Julie 1814
Voorafgegaan deur Francisco de Miranda
(as 3de president van die Eerste Republiek van Venezuela)
Opgevolg deur Homself

President van die Derde Republiek van Venezuela
Ampstermyn
Oktober 1817  –  17 Desember 1819
Voorafgegaan deur Homself
Opgevolg deur Jose Antonio Paez
(as 1ste president van Venezuela)

1ste President van Gran Colombia
Ampstermyn
17 Desember 1819  –  4 Mei 1830
Vise Francisco de Paula Santander
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Domingo Caycedo

1ste President van Bolivie
Ampstermyn
12 Augustus 1825  –  29 Desember 1825
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Antonio Jose de Sucre

8ste President van Peru
Ampstermyn
8 Februarie 1824  –  28 Januarie 1827
Voorafgegaan deur Jose Bernardo de Tagle y Portocarrero, Marquis of Torre Tagle
Opgevolg deur Andres de Santa Cruz

Persoonlike besonderhede
Gebore 24 Julie 1783
Caracas , Kapteinskap-generaal van Venezuela, Spaanse Ryk (tans Venezuela )
Sterf 17 Desember 1830
Santa Marta, Groot-Colombia (tans Colombia )
Eggenoot/-note Maria Teresa Rodriguez del Toro y Alaysa
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Simon Jose Antonio de la Santisima Trinidad Bolivar y Palacios Ponte y Blanco ( 24 Julie 1783 ? 17 Desember 1830 ), algemeen bekend as Simon Bolivar , was 'n Venezolaanse vryheidsvegter en politieke leier. Hy het verskeie Suid-Amerikaanse lande, soos Venezuela , Colombia , Ecuador , Peru en Bolivie van die Spanjaarde bevry. Hy was ook vir 'n paar jaar die president van Groot-Colombia , 'n land wat nie meer bestaan nie. Die land Bolivie is na hom vernoem. Hy word vandag as een van die mees invloedryke politici in die geskiedenis van Suid-Amerika beskou. Hy staan in Latyns-Amerika as El Libertador , oftewel Die Bevryder bekend. [1]

El Libertador [ wysig | wysig bron ]

Hy het in Madrid gestudeer en in 1807 na sy tuisland Venezuela teruggekeer, nadat Napoleon sy ouer broer Jozef Bonaparte as koning van Spanje en die Spaanse kolonies benoem het. Hier het hy aan verskeie opstande deelgeneem. In 1812 skryf hy die Manifiesto de Cartagena (die Cartagena Manifes), tydens sy verblyf in Cartagena , in die hedendaagse Colombia , waarheen hy gevlug het, nadat Francisco de Miranda hom in Julie van daardie jaar in Caracas aan die Spanjaarde oorgegee het.

In 1813 lei hy 'n inval in Venezuela. Op 23 Mei arriveer hy in Merida, waar hy sy bynaam El Libertador ('Die Bevryder') kry. Op 29-jarige leeftyd het hy reeds generaal geword. Na 'n veldtog van drie maande het hy op 6 Augustus 1813 Caracas verower, en die Republiek van Venezuela is uitgeroep. Daarna is Bolivar na Colombia, waar hy die nasionaliste gelei het en waar hy Bogota in 1814 verower het.

In die daaropvolgende periode het Bolivar 'n aantal militere nederlae gely. In 1815 moes hy voor die Spanjaarde vlug en na Jamaika uitwyk, waar hy die Haitiese president Alexandre Petion om hulp gevra het. Hy het finansiele en morele steun van Petion ontvang om 'n inval-vloot toe te rus om die opstand teen Spanje voort te sit. In ruil daarvoor het Petion die afskaffing van slawerny in Venezuela geeis. Met die Haitiaanse steun en die hulp van die llanero Jose Antonio Paez, verower Bolivar vanaf 1816 weer die nodige gebiede.

In 1819 kon die hele Colombia bygevoeg word tot die gebied wat nie meer onder Spaanse beheer was nie. In Desember van daardie jaar het Bolivar die Republiek van Groot-Colombia uitgeroep: 'n federasie wat groot dele van die huidige Venezuela, Colombia, Panama en Ecuador omvat. Bolivar het self president geword.

Bolivar het in die 1820's sy aktiwiteite na Peru en Bolivie verskuif. Hy word in 1824 president van Peru (sy amptelike titel was die van dictador , of 'diktator', wat aandui dat hy politieke sowel as militere leierskap gehad het), en het die stryd teen die Spanjaarde gelei om hulle uit die land te verdryf. In Augustus 1825 is die Republiek Bolivie na hom vernoem ter ere van Bolivar.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Bron [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.