in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Innocentius XIII
was die 244ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
vir 2 jaar, 9 maande en 25 dae, van
1721
tot
1724
.
Pous Innocentius XIII
[1]
is gebore as
Michelangelo Conti
(of Michelangelo Conti di Poli) op
13 Mei
1655
in
Poli
,
Kerklike Staat
. Hy was 'n lid van die Conti familie, heersers van Segni. Sy voorouers sluit in
Pous Innocentius III
,
Pous Gregorius IX
en
Pous Alexander IV
. Sy vader was Carlo II, graaf van Poli en sy moeder Isabella Monti. Hy studeer in Ancona en aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome.
Pous Alexander VIII
stel hom aan as ere-kamerheer en onder
Pous Innocentius XII
word hy lid van die Romeinse prelatuur. Op
14 Augustus
1691
word hy referendaris van die Tribunaal van die Apostoliese Signatura van Geregtigheid en Genade. Op
17 Augustus
1691
goewerneur van Ascoli. Op
13 Junie
1695
word hy tituler aartsbiskop van Tarsus en word as nuntius na Luzern gestuur. In
1698
word hy nuntius in Lissabon en op
7 Junie
1706
stel
Pous Clemens XI
hom aan as kardinaal. In
1709
word Conti biskop van Osimo en in
1712
biskop van Viterbo. Op
8 Mei
1721
volg hy
Pous Clemens XI
en word gekroon op
18 Mei
1721
deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op
7 Maart
1724
en word opgevolg deur
Pous Benedictus XIII
.
Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.
Pous Innocentius XIII
[2]
word verkies nadat die gunsteling, kardinaal Fabrizio Paolucci deur die Duitse keiser geveto is. Hy kies die naam Innocentius ter nagedagtenis aan sy voorouer Lotario de Conti, (
Pous Innocentius III
).
Op
9 Junie
1722
leen hy die koninkryk van Napels en Sisilie aan keiser Karel IV. In
1723
maak hy van Wene 'n aartsbisdom. Die pous kom in stryd met die Jesuite wat nie sy gesag volledig wil aanvaar nie. Die Janseniste het egter vergeefs probeer om die
bul
"Unigenitas" te laat annuleer.
Innocentius III het soos sy voorganger
Pous Clemens XI
, James Francis Edward Stuart gesteun in sy aansprake op die Britse troon. Die pous se neef Francesco Maria Conti was die kamerheer van James se hofhouding in Rome.
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Innocentius XIII het slegs drie nuwe kardinale aangestel in twee konsistories.
- Bernardo Maria Conti, O.S.B.Cas., voormalige biskop van Terracina.
- Guillaume Dubois, aartsbiskop van Kameryk.
- Alessandro Albani, O.S.Io.Hieros., priester van die apostoliese kamer.
- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing.
http://www.saint-mike.org/library/
papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Inskrywing
in die Giga Catholic Information (Engels).
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|