in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Celestinus III
[1]
was die 175ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1191
tot
1198
.
Pous Celestinus III
is gebore as
Giacinto Bobone
(ook Jacinto Bobo of Hyacinto Bobo) ongeveer in
1106
in
Rome
,
Italie
, seun van Pietro Bobone. Hy was die eerste pous uit die Orsini familie. In
1126
word hy sub-diaken van die Lateraanse basiliek. Hy was 'n leerling van Pierre Abelard en het hom later verdedig teen kerklike kritiek oor sy rasionalistiese denke. In
1144
word hy kardinaal-diaken van Santa Maria in Cosmedin en in
1154
en
1172
reis hy na
Spanje
as pouslike legaat. Op vyf-en-tagtig jarige leeftyd op
30 Maart
1191
volg hy
Pous Clemens III
op en regeer tot sy dood op
8 Januarie
1198
. Hy word opgevolg deur
Pous Innocentius III
.
Die naam ‘Celestinus’ beteken 'hemelse'.
Pous Celestinus III
[2]
was 'n kompromie-kandidaat. Hy was slegs 'n diaken en nie priester toe hy verkies is nie. Op Paassaterdag
13 April
1191
word hy as priester gewy, op Paassondag daarna as biskop gewy en as pous gekroon. Op tweede Paasdag
15 April
1191
kroon hy Hendrik VI en sy vrou Constance van Sisilie tot keiser en keiserin. Ondanks die aansprake van die keiserin, hou Celestinus by die beleid van sy voorganger om Tancred van Lecce as koning van Sisilie te erken. Self na die dood van Tancred en sy seun en erfgenaam in
1194
en die verowering van Sisilie deur Hendrik, wou die pous nie Hendrik se aansprake op Sisilie erken nie. Self toe die keiser aanbied om op kruistog te gaan, het die pous nie van houding verander nie.
Celestinus
ekskommunikeer
in
1193
Leopold V van Oostenryk omdat hy
Richard Leeuehart
gevange geneem het terwyl hy van die kruistog af teruggekom het. Oostenryk word onder 'n pouslike interdik geplaas. Hy het egter nie Hendrik bestraf nie omdat Richard 'n bondgenootskap met Tancred teen die keiser gehad het.
In
1191
erken die pous die
Duitse Orde
(Teutoniese ridderorde) wat in
1190
gestig is tydens die derde kruistog om hospitale vir die siekes en gewondes te beman. Hy het ook die Orde van die
Tempeliers
en die Orde van Malta gesteun.
Die pous weier egter om 'n egskeiding aan koning Filips II van Frankryk van sy vrou koningin Ingeborg toe te staan en het koning Alfonso IX van Leon oortuig om sy verhouding met 'n Portugese prinses te laat staan..
Pous Celestinus het St. Malachy van Armagh, St. Bernward van Hildesheim (
1193
), St. Johannes Gualbert (
1193
) en St. Ubaldus van Gubbio (
1192
)heilig verklaar.
Aan die einde van
1197
wou Celestinus vrywillig aftree ten gunste van kardinaal Giovanni di San Paolo, maar die kardinale het dit nie toegelaat nie.
- Baaken, Gerhard. (1971) Die Verhandlungen zwischen Kaiser Heinrich VI. und Papst Coelestin III. in den Jahren 1195-1197, in: DA 27 (1971) S. 457-513
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|