Joego-Slawie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jugoslavija /?угослави?а
Joego-Slawie

1918  ?  1992
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse : Jedan narod, jedan kralj, jedna dr?ava (1919?1941)
?едан народ, ?едан кра?, ?една држава
(Serwo-Kroaties vir: "Een nasie, een koning, een staat")
Bratstvo i jedinstvo (1919?1941)
Братство и ?единство
(Serwo-Kroaties vir: "Broederskap en eenheid")
Volkslied : Himna Kraljevine Jugoslavije (1919?1941)
Химна Кра?евине ?угослави?е
(Serwo-Kroaties vir: "Volkslied van die Koninkryk Joego-Slawie")

Hej, Slaveni /Хе?, Славени (1945?1992)
(Serwo-Kroaties vir: "Hey, Slawiers")
Ligging of Joego-Slawië
Ligging of Joego-Slawie
Ligging van Joego-Slawie
Hoofstad Belgrado (Beograd / Београд)
Taal/Tale Serwo-Kroaties , Masedonies , Sloweens , Albanees
[[Regering|]] Nie gespesifiseer nie
Monarg/President
 - 1918?1921 Pieter I van Joego-Slawie
 - 1921?1934 Alexander I van Joego-Slawie
 - 1934?1945 Pieter II van Joego-Slawie
 - 1953?1980 Josip Broz Tito
Historiese tydperk 20ste eeu
 - Stigting 1 Desember   1918
 - Ontbinding 27 April   1992
Oppervlakte
 - 1918 247 542 km 2
95 577 sq mi
 - 1991 255 804 km 2
98 766 sq mi
Bevolking
 - 1918 skatting 12 017 323 
     Digtheid 48,5 /km² 
125,7 /sq mi
 - 1991 skatting 23 229 846 
     Digtheid 90,8 /km² 
235,2 /sq mi
Geldeenheid Joego-Slawiese dinar
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Koninkryk Serwie
Koninkryk Montenegro
Oostenryk-Hongarye
Vrystaat Fiume
Kroasie
Slowenie
Noord-Masedonie
Bosnie en Herzegowina
Serwie en Montenegro

Joego-Slawie ( Serwo-Kroaties : Jugoslavija /?угослави?а, [ju??slaː?ija]; Sloweens : Jugoslavija , [ju???slaː?ija]; Masedonies : ?угослави?а, [ju???s?avija]; Albanees : Jugosllavia , Hongaars : Jugoszlavia ; letterlik: "Suid-Slawie") was tussen 1918 en 2003 die naam van drie opeenvolgende state in Suidoos-Europa op die Balkanskiereiland . Die hoofstad van hierdie state was telkens Belgrado .

Die ontbinding van Joego-Slawie
  • Die eerste Joego-Slawie (1918?1941) was 'n koninklike diktatuur wat van 1918 tot 1929 bekend was as die Koninkryk van die Serwiers, Kroate en Slowene en van 1929 tot 1941 as die Koninkryk Joego-Slawie. Dit het bestaan tot dit deur Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wereldoorlog ingeval is.
  • Die tweede Joego-Slawie (1943?1992) was die bekendste. Die staat het van 1943 tot 1945 as die Federale Demokratiese Republiek Joego-Slawie bekend gestaan, van 1945 tot 1963 die Federale Volksrepubliek Joego-Slawie en van 1963 tot 1992 die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawie.
  • Die derde Joego-Slawie (1992?2003) het ontstaan na die Joego-Slawiese Oorlog en het bestaan uit Serwie en Montenegro. Die amptelike naam was die Federale Republiek van Joego-Slawie.

Vanaf 2003 het hierdie staat as Serwie en Montenegro bekend gestaan, maar in 2006 het dit verdeel in twee afsonderlike state, naamlik Serwie en Montenegro .

Sport [ wysig | wysig bron ]

In sport was die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan een van die mededingendste spanne; hulle het agt keer aan die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi deelgeneem en twee keer die vierde plek behaal (in 1930 en 1962 ). Vir die UEFA Europa-beker kon Joego-Slawie vier keer kwalifiseer en was twee keer (in 1960 en 1968) die naaswenner. Die Europese Sokkerkampioenskap is in 1976 in Joego-Slawie aangebied, waartydens die gasheer die vierde plek verower het. Tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome het die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan die goue medalje verower. Sarajevo, die destydse hoofstad van die Sosialistiese Republiek Bosnie en Herzegowina, het die Olimpiese Winterspele 1984 gehuisves.

Galery [ wysig | wysig bron ]

Deelrepublieke van die sosialistiese Joego-Slawie [ wysig | wysig bron ]

Naam
Hoofstad
Vlag
Wapen
Sosialistiese Republiek Bosnie en Herzegowina Sarajevo
Sosialistiese Republiek Kroasie Zagreb
Sosialistiese Republiek Masedonie Skopje
Sosialistiese Republiek Montenegro Titograd
Sosialistiese Republiek Serwie
Sosialistiese Outonomie Provinsie Kosovo
Sosialistiese Outonomie Provinsie Vojvodina
Belgrado
Pristina
Novi Sad
Sosialistiese Republiek Slowenie Ljubljana

Opvolging van Joego-Slawie [ wysig | wysig bron ]

Naam Hoofstad Vlag Wapen Onafhanklikheidsverklaring Verenigde Nasies lidmaatskap [1]
Federale Republiek Joego-Slawie
later hernoem tot
Serwie en Montenegro
Belgrado 27 April 1992
datum van die proklamasie van FR Joego-Slawie
1 November 2000
lidmaatskap opgevolg deur Serwie op 3 Junie 2006
Kroasie Zagreb 25 Junie 1991 22 Mei 1992
Slowenie Ljubljana 25 Junie 1991 22 Mei 1992
Noord-Masedonie Skopje 8 September 1991 8 April 1993
Bosnie en Herzegowina Sarajevo 1 Maart 1992 22 Mei 1992

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "Member States" . Verenigde Nasies . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]