in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Clemens IX
was die 238ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1667
tot
1669
.
Pous Clemens IX
[1]
is gebore as
Giulio Rospigliosi
op
28 Januarie
1600
in
Pistoia
,
Groothertogdom Toskane
. Hy stam uit 'n adellike familie en word opgevoed deur die Jesuite. Hy verkry 'n doktoraat in die wysbegeerte van die Universiteit van Pisa en doseer teologie daar. Op
14 Maart
1644
word hy aangestel as tituler aartsbiskop van Tarsus. Tydens die pontifikaat van
Pous Urbanus VII
is hy nuntius aan die Spaanse hof vanaf
14 Julie
1644
. Urbanus maak hom vikaris van Santa Maria Maggiore in Rome. Op
9 April
1657
word hy kardinaal-priester van San Sisto en kardinaal-staatsekretaris. Rospiglione was 'n skrywer van gedigte, drama's en libretto's. In
1632
publiseer hy die libretto vir "Il Sant'Alesio" vir die musiek van Stefano Landi, in
1639
die libretto vir "Chi soffre, speri" vir die musiek van Marco Marazzoli en Virgilio Mazzochi en in
1653
die libretto vir "Dal male il bene" vir die musiek van Antonio Maria Abbatini en Marco Marazzoli. "Chi soffre speri" is die eerste bekende komiese opera, die premiere het plaasgevind op
27 Februarie
1639
in Rome. Op
20 Junie
1667
volg hy
Pous Alexander VII
en word gekroon op
26 Junie
1667
deur kardinaal Rinaldo d'Este. Hy regeer tot sy dood op
9 Desember
1669
en word opgevolg deur
Pous Clemens X
.
Die naam ‘Clemens’ beteken 'die sagmoedige'.
Pous Clemens IX
[2]
se kort pontifikaat het nie belangrike verwikkelinge opgelewer nie. Hy het die dispuut met die Franse kerk oor die Jansenisme probeer besleg. Die tydelike vrede staan bekend as die Pax Clementina. Hy was ook 'n tussenganger by die vrede van Aken in
1668
waar die devolusie-oorlog tussen Frankryk, Spanje, Engeland en Nederland beeindig is.
Die pous het 'n lewendige belangstelling getoon vir die kunste. Hy het Bernini opdragte gegee soos die engele van die "Ponte Sant'Angelo". Hy het egter nie sy naam op enige publieke werk laat aanbring nie. Vir die karnavalfees van 1668 het hy Antonio Maria Abbatini opdrag gegee om sy Italiaanse vertaling van die Spaanse religieuse drama "La Baltasara" te toonset.
Clemens het probeer om die verdediging van Kreta teen aanvalle van die Turke te versterk, maar op
5 September
1669
het die Turke die vesting Candia (die teenswoordige Iraklion) op Kreta verower.
Clemens het die goeie gewoonte gehad om daagliks dertien armes na sy tafel te nooi vir 'n ete waar hyself bedien het.
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Clemens IX het twaalf nuwe kardinale aangestel in drie konsistories.
- Giacomo Rospigliosi, kardinaal-nepoot, sy neef.
- Leopoldo de' Medici.
- Sigismondo Chigi.
- Emmanuel Theodose de la Tour d'Auvergne de Bouillon.
- Luis Manuel Fernandez de Portocarrero-Bocanegra y Moscoso-Osorio, deken van die katedraal van Toledo, Spanje.
- Francesco Nerli, senior, aartsbiskop van Florence.
- Emilio Bonaventura Altieri
, voormalig biskop van Camerino, later
Pous Clemens X
.
- Carlo Cerri, dekaan van die Heilige Roomse Rota.
- Lazzaro Pallavicino.
- Giovanni Bona, O.Cist., ab.
- Nicolo Acciaioli, ouditeur-generaal van die Apostoliese Kamer
- Buonaccorso Buonaccorsi, tesourier-generaal.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
- ↑
Clement IX. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑
Loughlin, J. (1908). Pope Clement IX. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Augustus 4, 2010 by:
http://www.newadvent.org/cathen/04028a.htm
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Inskrywing
in die Giga Catholic Information (Engels).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Clemens IX
.
|
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur
Alexander VII
|
Pous (Pontifex Maximus)
1667 ? 1669
|
Opgevolg deur
Clemens X
|
Voorafgegaan deur
Fabio Chigi
|
Kardinaal-staatsekretaris
1655
? 1667
|
Opgevolg deur
Decio Azzolini
|
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|