George V
(George Frederick Ernest Albert; 3 Junie 1865 - 20 Januarie 1936) was tot met sy dood in 1936 koning van die
Verenigde Koninkryk
en die Britse dominiums asook
keiser van Indie
en die eerste koning van
Ierland
na die se onafhanklikwording.
George is gebore tydens die bewind van sy ouma,
koningin Victoria
. Hy was die tweede oudste seun van
Albert Edward, die Prins van Wallis
, en die derde aanspraakmaker op die Britse troon na sy vader en oudste broer, prins Albert Victor. Van 1877 tot 1892 het hy in die
Britse Vloot
gedien, tot met die onverwagte dood van sy oudste broer vroeg in 1892 wat hom in die direkte lyn van die troonopvolging geplaas het. George het die volgende jaar met sy broer se verloofde,
prinses Victoria Mary van Teck
, getrou en hulle het ses kinders gehad. Na koningin Victoria se dood in 1901 het George se vader die troon bestyg as
Edward VII
en George het die Prins van Wallis geword. Hy het in 1910 koning geword met die dood van sy vader.
Gedurende George se bewind was daar die opkoms van
sosialisme
,
kommunisme
,
fascisme
, Ierse republikanisme en die Indiese onafhanklikheidsbeweging ? wat alles die politieke landskap van die
Britse Ryk
verander het, terwyl die ryk sy territoriale hoogtepunt aan die begin van die 1920's bereik het. Die Parlementswet van 1911 het die oppergesag van die verkose
Laerhuis
gevestig bo die van die onverkose
Hoerhuis
. Weens die
Eerste Wereldoorlog
(1914-'18) het die ryke van sy neefs
Nikolaas II van Rusland
en
Wilhelm II van Duitsland
geval, terwyl die Britse Ryk sy grootste omvang bereik het.
In 1917 het George die eerste monarg van die
Huis van Windsor
geword nadat hy die
Huis van Sakse-Koburg en Gotha
vanwee anti-Duitse sentiment hernoem het. Hy het in 1924 die eerste ministerie van die
Arbeidersparty
aangestel, en die Verordening van Westminster van 1931 het die ryk se grondgebiede erken as aparte, onafhanklike state binne die
Britse Statebond
.
George het aan die einde van sy bewind aan rookverwante siektes gely. Hy is met sy dood in Januarie 1936 opgevolg deur sy oudste seun,
Edward VIII
. Edward het in Desember die jaar geabdikeer en is opgevolg deur sy jonger broer, Albert, wat die troonnaam
George VI
aangeneem het.
George is op 3 Junie 1865 in
Marlborough House
,
Londen
, gebore. Hy was die tweede oudste seun van Albert Edward, Prins van Wallis, en
Alexandra, Prinses van Wallis
. Sy pa was die oudste seun van koningin Victoria en
prins Albert
, en sy ma was die oudste dogter van
koning Christiaan IX
en
koningin Louise van Denemarke
. Hy is op 7 Julie 1865 in
Windsor-kasteel
deur die
Aartsbiskop van Kantelberg
gedoop.
As 'n jonger seun van die Prins van Wallis was daar min verwagting dat George koning sou word. Hy was die derde aanspraakmaker op die troon, na sy vader en oudste broer. George was net 17 maande jonger as Albert Victor en die twee prinse is saam opgevoed. Nie Albert Victor of George het intellektueel presteer nie.
[1]
Omdat hulle vader geglo het die vloot is "die beste moontlike opvoeding vir enige seun",
[2]
het George in September 1877, toe hy 12 jaar oud was, saam met sy broer by die opvoedingskamp van die HMS Britannia by Dartmouth,
Devon
, aangesluit.
[3]
Van 1879 af het die twee prinse drie jaar lank op die HMS Bacchante diens gedoen. Hulle het deur die kolonies van die Britse Ryk in die
Karibiese See
,
Suid-Afrika
en
Australie
getoer en Norfolk (
Virginie
),
Suid-Amerika
, die
Mediterreense
gebied,
Egipte
en
Oos-Asie
besoek. In 1881, op 'n besoek aan Japan, het George 'n plaaslike kunstenaar 'n
tatoe
van 'n blou-en-rooi draak op sy arm laat aanbring
[4]
en is hy in 'n oudiensie deur
keiser Meiji
ontvang.
[5]
Toe hulle na Engeland terugkeer, het die koningin gekla haar kleinseuns kan nie
Frans
of
Duits
praat nie; hulle het dus ses maande in
Lausanne
deurgebring in 'n onsuksesvolle poging om 'n ander taal aan te leer.
[6]
Na Lausanne is die broers geskei; Albert Victor het aan Trinity College in
Cambridge
studeer, terwyl George sy loopbaan in die vloot voortgesit het. Hy het deur die wereld gereis en baie gebiede van die Britse Ryk besoek.
As 'n jong man wat in die vloot sou dien, het prins George baie jare lank diens gedoen onder bevel van sy oom
prins Alfred, Hertog van Edinburg
, wat in
Malta
gestasioneer was. Daar het hy verlief geraak op sy niggie prinses Marie van Edinburg. Sy ouma, vader en oom het die verhouding goedgekeur, maar sy eie en Marie se moeder was daarteen. Die Prinses van Wallis het gedink die familie is te pro-Duits, en die Hertogin van Edinburg het nie van Engeland gehou nie. Die hertogin, die enigste dogter van
Aleksander II van Rusland
, was gebelgd deur die feit dat sy, as die vrou van die jonger seun van die Britse monarg, sou moes terugstaan vir George se moeder, die Prinses van Wallis, wie se vader 'n mindere Duitse prins was voordat hy onverwags koning van Denemarke geword het. Onder haar moeder se leiding het Marie George se huweliksaanbod van die hand gewys. Sy het daarna getrou met die toekomstige koning van
Roemenie
.
[7]
In November 1891 het prins Albert Victor verloof geraak aan sy agterkleinniggie prinses Victoria Mary van Teck, wat in haar familie as "May" bekend was.
[8]
Haar ouers was Francis, die Hertog van Teck ('n lid van 'n
morganatiese
, jonger seun se tak van die Huis van Wurttemberg), en prinses Mary Adelaide van Cambridge, 'n kleindogter van
George III
en 'n niggie van koningin Victoria.
[9]
Op 14 Januarie 1892, ses weke na die amptelik verlowing, is prins Albert Victor tydens 'n grieppandemie aan
longontsteking
oorlede, en George was nou die tweede aanspraakmaker op die troon en die moontlike opvolger van sy vader. George het self pas herstel van
ingewandskoors
, die siekte wat vermoedelik sy oupa prins Albert se lewe geeis het.
[10]
Koningin Victoria het Mary steeds as 'n paslike vrou vir 'n kleinseun beskou, en George en May het geheg aan mekaar geraak gedurende hulle gesamentlike routydperk.
[11]
'n Jaar na Albert Victor se dood het George Mary om haar hand gevra en sy het ja gese. Hulle is op 6 Julie 1893 in die
Sint James-paleis
getroud. Hulle het deur hulle hele lewe toegewy aan mekaar gebly. George, wat moeilik sy gevoelens verbaal kon uitspreek, en Mary het dikwels liefdesvolle briewe uitgeruil.
[12]
Die dood van sy ouer broer het George se vlootloopbaan beeindig, omdat hy nou die tweede aanspraakmaker op die troon was, na sy vader.
[13]
Koningin Victoria het George op 24 Mei 1892 die Hertog van York, Graaf van Inverness en baron Killarney gemaak,
[14]
en hy het lesse in grondwetlike geskiedenis ontvang.
[15]
Die Hertog en Hertogin van York het vyf seuns en 'n dogter gehad. Volgens
Randolph Churchill
was George 'n streng vader en was sy kinders bang vir hom. George het glo vir die Graaf van Derby gese: "My pa was bang vir sy ma, ek was bang vir my pa en gaan deksels seker maak my kinders is bang vir my." In werklikheid is daar geen direkte bron vir die opmerking nie en sy styl as ouer was waarskynlik maar soos die meeste mense s'n in die tyd.
[16]
Die gesin het meestal in York Cottage gewoon,
[17]
'n relatief klein huis in Sandringham,
Norfolk
, waar hulle eerder 'n gerieflike middelklasbestaan gevoer het as een van koninklikes.
[18]
George het 'n eenvoudige, byna stil, lewe verkies in teenstelling met die lewendige sosiale lewe van sy vader. Hy het 'n groot rol gespeel in die opbou van die Koninklike Filatelieversameling in die omvattendste versameling seels van Brittanje en die Statebond in die wereld.
[19]
In Oktober 1894 is George se ma se swaer,
Aleksander III van Rusland
, dood. Op versoek van sy pa, "uit respek vir die arme, liewe oom Sasja se nagedagtenis", is hy saam met sy ouers na
Sint Petersburg
vir die begrafnis.
[20]
Hulle het in Rusland gebly vir die troue van die nuwe Russiese keiser,
Nikolaas II
, sy ma se susterskind, en een van George se niggies aan vaderskant,
prinses Alix van Hesse-Darmstadt
, wat eens beskou is as 'n paslike bruid vir George se ouer broer.
[21]
As Hertog van York het George 'n groot verskeidenheid pligte uitgevoer. Na die dood van koningin Victoria op 22 Januarie 1901 het sy vader die troon as
koning Edward VII
bestyg.
[22]
George het die titel Hertog van Cornwallis geerf en was vir 'n groot deel van die res van die jaar bekend as die Hertog van Cornwallis en York.
[23]
In 1901 het die hertog en hertogin deur die Britse Ryk getoer, onder meer deur
Gibraltar
,
Malta
,
Ceylon
,
Singapoer
,
Australie
,
Nieu-Seeland
,
Suid-Afrika
en
Kanada
. Die toer is deur die koloniale minister
Joseph Chamberlain
gereel met die steun van die premier,
lord Salisbury
, om die dominions te beloon vir hulle deelname aan die
Tweede Vryheidsoorlog
van 1899-1902 in Suid-Afrika. George het duisende spesiaal ontwerpte medaljes aan koloniale troepe uitgedeel. In Suid-Afrika het die koninklike groep burgerleiers, Afrikaleiers en Boeregevangenes ontmoet. Hulle is onthaal met uitspattige versierings, duur geskenke en vuurwerkvertonings. Desondanks was nie alle burgers tevrede met die toer nie. Baie
Afrikaners
was gebelgd daaroor. Kritici in die Engelse pers het die enorme koste afgekeur in 'n tyd toe baie gesinne finansieel swaargekry het.
[24]
In Australie het George die eerste Australiese parlementsitting geopen na die skepping van die Statebond van Australie.
[25]
Op 9 November 1901 het George die
Prins van Wallis
en Graaf van Chester geword.
[26]
[27]
Koning Edward wou sy seun voorberei op sy toekomstige rol as koning. In teenstelling met Edward, vir wie koningin Victoria met opset van staatsake uitgesluit het, het George by sy vader algemene toegang tot staatsdokumente gekry.
[13]
[28]
George het weer sy vrou toegang tot die dokumente gegee,
[29]
want hy het haar raad hooggeag en sy het dikwels gehelp om sy toesprake te skryf.
[30]
Van November 1905 tot Maart 1906 het George en May deur Brits-
Indie
getoer, waar hy ontstel is deur
rassediskriminasie
en hy 'n beroep gedoen het dat Indiers groter betrokkenheid kry in die land se regering.
[31]
Feitlik direk daarna het die egpaar na
Spanje
gereis vir die troue van koning Alfonso XIII met George se niggie
Victoria Eugenie van Battenberg
. Hier het die bruid en bruidegom ternouernood aan die dood ontkom in 'n sluipmoordaanval. 'n Week nadat hulle na Brittanje teruggekeer het, het George en May na Noorwee gereis vir die kroning van
koning Haakon VII
, George se neef, en
koningin Maud
, George se suster.
[32]
Op 6 Mei 1910 het Edward VII gesterf en het George koning geword. Hy het nooit van sy vrou se gewoonte gehou om dokumente as Victoria May te onderteken nie en het haar gevra om net een van die name te gebruik. Nie een het gehou van die idee dat sy as koningin Victoria bekend sal wees nie en sy het dus koningin Mary geword.
[33]
George het beswaar aangeteken teen die anti-Katolieke bewoording van die troonopvolgingsverklaring wat hy op sy eerste parlementsopening moes voorlees. Hy het geweier om die parlement te open tensy die bewoording verander word. Die verklaring is toe verkort en verander.
[34]
George en Mary se kroning was op 22 Junie 1911 in die
Westminster-abdy
.
[13]
In Julie het die koning en koningin Ierland vir vyf dae besoek, waar hulle hartlik ontvang is.
[35]
[36]
Later in 1911 het hulle na Indie gereis vir die Delhi Durbar, waar hulle op 12 Desember 1911 aan hooggeplaastes voorgestel is as die keiser en keiserin van Indie. George was die enigste keiser van Indie wat by sy eie Delhi Durbar teenwoordig was.
Op 4 Augustus 1914 het Brittanje oorlog teen
Duitsland
verklaar. Tot in 1918 was
Brittanje en sy bondgenote
in 'n
oorlog
met die
Sentrale Moondhede
onder leiding van die
Duitse Keiserryk
gewikkel. Die keiser,
Wilhelm II
, wat vir die Britse publiek al die afgryse van die oorlog versinnebeeld het, was George se neef. George se oupa aan vaderskant was
prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha
; die koning en sy kinders het dus die titels prinse en prinsesse van Sakse-Koburg en Gotha en hertoe en hertoginne van Sakse gehad. Koningin Mary was, hoewel sy nes haar ma in Engeland gebore is, die dogter van die Hertog van Teck, 'n afstammeling van die Duitse hertoe van Wurttemberg. George het swaers en neefs gehad wat Britse onderdane was, maar Duitse titels gehad het, soos die Hertog en Hertogin van Teck, prins en prinses van Battenberg, en prins en prinses van Sleeswyk-Holstein. Toe
H.G. Wells
van Brittanje se "buitelandse en oninspirerende hof" skryf, het George geantwoord: "Ek is dalk oninspirerend, maar ek is verdomp nie buitelands nie."
[37]
Op 17 Julie 1917 het George Britse nasionalistiese gemoedere gekalmeer deur 'n koninklike verordening uit te reik waarin die naam van die koningshuis van die
Huis van Sakse-Koburg en Gotha
verander is na die
Huis van Windsor
.
[38]
Hy en al sy Britse familielede het afstand van hulle Duitse titels gedoen en Engelsklinkende vanne aangeneem. George het sy manlike familielede vergoed deur vir hulle Britse titels te gee. Sy neef prins Louis van Battenberg, wat vroeer in die oorlog as First Sea Lord moes bedank weens anti-Duitse sentimente, het Louis Mountbatten, 1ste Markies van Milford Haven, geword. Koningin Mary se broers het Adolphus Cambridge, 1ste Markies van Cambridge, en Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone, geword.
[39]
In 'n
patentbrief
van 11 Desember 1917 het die koning die aanspreekvorm "Koninklike Hoogheid" en "prins (of prinses) van Groot-Brittanje en Ierland" beperk tot die kinders van die koning, die kinders van die seuns van die koning en die oudste lewende seun van die seun van die Prins van Wallis.
[40]
George se familielede wat aan die Duitse kant geveg het, soos Ernest Augustus, kroonprins van Hannover, en Charles Edward, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, se Britse titels is in 1919 weggeneem.
Toe tsaar
Nikolaas II van Rusland
, George se neef, in die
Russiese Rewolusie van 1917
omvergewerp word, het die Britse regering asiel aan hom en sy familie aangebied, maar verslegtende omstandighede vir die Britse volk en die vrees dat 'n rewolusie in Brittanje kan uitbreek, het George laat dink die teenwoordigheid van die Romanofs sou as onvanpas beskou word.
[41]
Ondanks die latere bewerings van
lord Mountbatten van Birma
dat die premier, Lloyd George, teen die redding van die Romanofs was, dui die briewe van lord Stamfordham daarop dat dit George was wat die idee teengestaan het ondanks die raad van sy regering.
[42]
Nikolaas en sy gesin het in Rusland gebly, waar hulle
in 1918 deur die Bolsjewiste vermoor is
. Die volgende jaar is Nikolaas se moeder,
Maria Fjodorowna
, en ander lede van die uitgebreide Russiese keiserlike familie deur 'n Britse oorlogskip van die
Krim
af gered.
[43]
Twee maande na die einde van die oorlog is die koning se jongste seun, prins John, op 13-jarige ouderdom dood nadat hy sy lewe lank siek was.
[44]
Voor die Eerste Wereldoorlog is die meeste lande in
Europa
regeer deur familielede van George, maar gedurende en na die oorlog is die monargiee
Oostenryk
,
Duitsland
,
Griekeland
en
Spanje
, net soos Rusland, deur rewolusie en oorlog getref. In Maart 1919 is luitenant-kolonel Edward Lisle Strutt in opdrag van die koning gestuur om die voormalige keiser
Karel I van Oostenryk
en sy gesin in veiligheid na Switserland te bring.
[46]
In 1922 is 'n skip van die Britse vloot na
Griekeland
gestuur om sy neef en kleinniggie,
prins
en
prinses Andreas
(
prins Philip
se ouers) te red.
[47]
Politieke onrus het ook in
Ierland
voortgeduur terwyl die nasionaliste vir onafhanklikheid geveg het; George het sy afsku teenoor die premier, Lloyd George, uitgespreek oor die moorde en vergeldingsmaatreels wat deur die regering goedgekeur is.
[48]
Op die openingsessie van die parlement van
Noord-Ierland
op 22 Junie 1921 het die koning 'n beroep om versoening gedoen in 'n toespraak wat deur generaal
Jan Smuts
help skryf en deur Lloyd George goedgekeur is.
[49]
'n Paar weke later is op 'n gewapende vrede besluit.
[50]
Samesprekings tussen Brittanje en die voorstanders van afskeiding het gelei tot die Anglo-Ierse Verdrag.
[51]
Teen die einde van 1922 was Ierland verdeel, die
Ierse Vrystaat
gestig en Lloyd George nie meer premier nie.
[52]
Die koning en sy raadgewers was bekommerd oor die opkoms van
sosialisme
en die groeiende arbeidersbeweging, wat hulle verkeerdelik met republikanisme verbind het. Die sosialiste het egter nie meer in hulle antimonargistiese slagspreke geglo nie en was bereid om die monargie te aanvaar as dit die eerste stap sou neem. George het 'n demokratieser, inklusiewe houding aangeneem wat oor klasgrense gestrek en die monargie nader aan die werkersklas gebring het ? 'n drastiese stap deur die koning, wat op sy gemaklikste was tussen vlootoffisiere en mense van die hoer stand. Hy het vriendskaplike bande aangeknoop met gematigde politici van die
Arbeidersparty
en vakbondleiers. Sy afstanddoening van sosiale afsydigheid het die familie se houding op peil gebring en hulle gewildheid verhoog in die ekonomiese krisisse van die laat 1920's en vir meer as twee geslagte daarna.
[53]
[54]
In die jare tussen 1922 en 1929 was daar dikwels veranderings in die regering. In 1924 het George die eerste premier van die Arbeidersparty,
Ramsay MacDonald
, aangestel nadat nie een van die drie grootste partye 'n volstrekte meerderhed behaal het nie. Sy taktiek om dit te doen (die premier het korter as 'n jaar gehou) het die vermoedens van die party se aanhangers uit die weg geruim dat hy teen hulle belang sou handel. Tydens die algemene staking van 1926 het George die regering van die Konserwatiewe Party van
Stanley Baldwin
afgeraai om opruiende aksie te neem.
[55]
Hy was beswaard oor voorstelle dat die stakers "rewolusionere" was en het gese: "Probeer om op hulle lone te lewe voordat jy hulle oordeel."
[56]
In 1926 het George 'n Rykskonferensie in Londen gehou waarop die ontwikkeling aanvaar is van die Britse dominions tot selfregerende "outonome gemeenskappe binne die Britse Ryk, met gelyke status, op geen manier ondergeskik aan mekaar nie". Daar is ook bepaal die opvolging van die troon mag nie verander word nie, tensy die parlemente van al die dominions en die parlement by Westminster saamstem.
[13]
Aan die vooraand van die
Groot Depressie
het George in 1931 die vorming van 'n nasionale regering onder MacDonald en Baldwin aangemoedig,
[57]
en aangebied om die siviele lys (van koninklikes wat vir hulle dienste betaal word) te verklein om die begroting te laat klop.
[57]
Hy was bekommerd oor die opkoms in
Duitsland
van
Adolf Hitler
en die
Naziparty
.
[58]
In 1934 het George aan die Duitse ambassadeur gese Duitsland is nou 'n gevaar vir die wereld en dat daar beslis binne 10 jaar 'n oorlog sal wees as Duitsland teen die huidige pas voortgaan; hy het die Britse ambassadeur in
Berlyn
gewaarsku om agterdogtig te wees teenoor die Nazi's.
[59]
In 1932 het George ingestem om 'n koninklike Kersboodskap oor die radio uit te saai; dit het daarna 'n jaarlikse instelling geword. Hy was nie aanvanklik ten gunste daarvan nie, maar die regering het hom oortuig die volk wil dit he.
[60]
Teen die tyd van sy silwerjubileum in 1935 was hy 'n geliefde koning. In reaksie op die skare se toejuiging het hy gese: "Ek verstaan dit nie; ek is eintlik maar 'n baie gewone soort ou."
[61]
George se verhouding met sy oudste seun en erfgenaam,
Edward
, het in die jare agteruitgegaan. George was teleurgesteld omdat Edward nie tot rus kon kom nie en was ontsteld oor sy baie verhoudings met getroude vroue.
[13]
In teenstelling hiermee was hy dol oor sy tweede oudste seun, prins Albert (later
George VI
), en baie lief vir sy oudste kleindogter,
prinses Elizabeth
; hy het haar die bynaam "Lilibet" gegee en sy het hom liefderyk "Grandpa England" genoem.
[62]
In 1935 het George van Edward gese: "As ek dood is, sal die seun homself binne 12 maande vernietig." Van prins Albert en Elizabeth het hy gese: "Ek bid my oudste seun sal nooit trou en kinders he nie, en dat niks sal kom tussen Bertie en Lilibet en die troon nie".
[63]
[64]
Die Eerste Wereldoorlog het sy tol geeis wat Gorge se gesondheid betref. Hy is ernstig beseer toe hy op 28 Oktober 1915 van sy perd gegooi is terwyl hy soldate in Frankryk geinspekteer het,
[65]
en sy rookgewoonte het asemhalingsprobleme veroorsaak. Hy het aan chroniese
brongitis
gely. In 1925 het hy op bevel van sy dokters teensinnig op 'n privaat vaart op die
Middellandse See
vertrek ter wille van sy gesondheid. Dit was sy derde reis oorsee sedert die oorlog en sy laaste.
[66]
In November 1928 het hy ernstig siek geword aan
bloedvergiftiging
en Edward het die volgende twee jaar baie van sy pligte oorgeneem.
[67]
In 1929 het die koning 'n voorstel van nog 'n ruskans oorsee "in taamlike sterk taal" van die hand gewys.
[68]
In die plek daarvan het hy vir drie maande in die kusoord Bognor in
Sussex
gaan bly.
[69]
George het nooit heeltemal herstel nie. In sy laaste jaar het hy
suurstof
ontvang.
[70]
Die dood van sy gunstelingsuster, prinses Victoria, in Desember 1935 het hom baie depressief gemaak. Op die aand van 15 Januarie 1936 het George na sy slaapkamer in
Sandringham House
gegaan nadat hy van 'n verkoue gekla het; hy het tot met sy dood in die kamer gebly.
[71]
Hy het geleidelik swakker geword en was soms by sy bewussyn en soms nie.
Teen 20 Januarie was George naby aan die dood. Sy dokters het 'n verklaring uitgereik wat lui die koning nader die einde van sy lewe vreedsaam.
[72]
[73]
Sy hoofarts, lord Dawson van Penn, 'n voorstander van
genadedood
,
[74]
het in sy dagboek erken dat hy die koning se lewe beeindig het.
[75]
[76]
[77]
Dawson het geskryf hy het dit gedoen om die koning se waardigheid te red, om verdere spanning op die familie te voorkom en sodat George se dood net voor middernag in die oggenduitgawe van die koerant
The Times
aangekondig kon word in plaas van in die "minder gepaste" aandkoerante.
[75]
[76]
Nie koningin Mary, wat uiters godsdienstig was en dalk nie genadedood sou goedgekeur het nie, of die Prins van Wallis is geraadpleeg nie. Die koninklike familie wou nie he die koning moes ly of dat hy kunsmatig aan die lewe gehou moes word nie, maar hulle het ook nie Dawson se optrede goedgekeur nie.
[78]
George V is op 28 Januarie 1936 in Sint Goerge-kapel in
Windsorkasteel
begrawe.
[79]
Edward het voor die einde van die jaar geabdikeer en Albert het die troon as George VI bestyg.
[80]
George het nie daarvan gehou om vir portrette te poseer nie
[13]
en ook nie van moderne kuns nie; hy was so ontevrede oor een portret deur die skilder Charles Sims dat hy opdrag gegee het dat dit verbrand word.
[81]
Hy het die beeldhouer Bertram Mackennal bewonder wat standbeelde van hom gemaak het, asook William Reid Dick, wie se standbeeld van George V buite
Westminster-abdy
in Londen staan.
[13]
Hoewel hy en koningin Mary soms deur die Britse Ryk gereis het, het hy verkies om by die huis te bly en seels te versamel of te jag. Sy lewe was volgens latere biograwe redelik vervelig omdat dit so konvensioneel was.
[82]
Hy was nie intellektueel nie: Nadat hy een aand die opera bygewoon het, het hy geskryf: "Is na Covent Garden en het
Fidelio
gesien, en dit was verdomp vervelig."
[83]
George was baie toegewy aan Brittanje en sy Ryk.
[84]
Hy het verduidelik: "Dit was altyd my droom om my met die wonderlike idee van Ryk te identifiseer."
[85]
Hy het hardwerkend voorgekom en is bewonder deur die inwoners van Brittanje en die Ryk, sowel as die "establishment".
[86]
In die woorde van die historikus David Cannadine was koning George V en koningin Mary 'n "onskeibaar toegewyde paartjie" wat "karakter" getoon en "gesinswaardes hoog gehou het".
[87]
George het 'n gedragstandaard vir die Britse koninklikes daargestel wat die waardes van die hoer middelklas weerspieel het en nie van die hoer stand nie.
[88]
Binne sy grondwetlike perke het hy 'n reeks krisisse bekwaam hanteer: Ierland, die Eerste Wereldoorlog en die eerste sosialistiese minderheidsregering in Brittanje.
[13]
Hy was 'n tradisionalis wat nooit die rewolusionere veranderings verstaan of goedgekeur het wat in die Britse gemeenskap plaasgevind het nie.
[89]
Hy het egter sy gesag uitgeoefen as 'n mag van neutraliteit en verandering wat sy rol beskou het as bemiddelaar eerder as finale besluitnemer.
[90]
Wapen as die Hertog van York
Wapen as die Prins van Wallis
Wapen as koning van die Verenigde Koninkryk (Soos buite Skotland gebruik)
Wapen as koning van die Verenigde Koninkryk (Soos in Skotland gebruik)
Wapen as koning van Kanada vanaf 1921
Naam
|
Gebore
|
Oorlede
|
Notas
|
Edward, die Prins van Wallis
later Edward VIII
|
23 Junie 1894
|
28 Mei 1972
|
Later die Hertog van Windsor; getroud met
Wallis Simpson
; geen kinders
|
Prins Albert, die Hertog van York
later George VI
|
14 Desember 1895
|
6 Februarie 1952
|
Getroud met
lady Elizabeth Bowes-Lyon
; het kinders gehad
|
Prinses Mary, Gravin van Harewood
|
25 April 1897
|
28 Maart 1965
|
Getroud met Henry Lascelles, 6de Graaf van Harewood; het kinders gehad
|
Prins Henry, Hertog van Gloucester
|
31 Maart 1900
|
10 Junie 1974
|
Getroud met lady Alice Montagu-Douglas-Scott; het kinders gehad
|
Prins George, Hertog van Kent
|
20 Desember 1902
|
25 Augustus 1942
|
Getroud met prinses Marina van Griekeland en Denemarke; het kinders gehad
|
Prins John
|
12 Julie 1905
|
18 Januarie 1919
|
Dood aan siektetoevalle
|
- ↑
Clay, p. 39; Sinclair, pp. 46?47
- ↑
Sinclair, pp. 49?50
- ↑
Clay, p. 71; Rose, p. 7
- ↑
Rose, p. 13
- ↑
Keene, Donald (2002),
Emperor of Japan: Meiji and his world, 1852?1912
, Columbia University Press, pp. 350?351
- ↑
Clay, p. 92; Rose, pp. 15?16
- ↑
Pope-Hennessy, pp. 250?251
- ↑
Rose, pp. 22?23
- ↑
Rose, p. 29
- ↑
Rose, pp. 20?21, 24
- ↑
Pope-Hennessy, pp. 230?231
- ↑
Sinclair, p. 178
- ↑
13,0
13,1
13,2
13,3
13,4
13,5
13,6
13,7
Matthew, H.C.G. (September 2004; aanlyn, Mei 2009)
"George V (1865?1936)"
Geargiveer
23 Januarie 2013 op
Wayback Machine
,
Oxford Dictionary of National Biography
, Oxford University Press, doi:
10.1093/ref:odnb/33369
, besoek op 1 Mei 2010 (inskrywing nodig)
- ↑
Clay, p. 149
- ↑
Clay, p. 150; Rose, p. 35
- ↑
Rose, pp. 53?57; Sinclair, p. 93
ff
- ↑
Renamed from
Bachelor's Cottage
- ↑
Clay, p. 154; Nicolson, p. 51; Rose, p. 97
- ↑
The Royal Philatelic Collection
, Official website of the British Monarchy, archived from
the original
on 15 April 2012
,
https://web.archive.org/web/20120415133541/https://www.royal.gov.uk/The%20Royal%20Collection%20and%20other%20collections/TheRoyalPhilatelicCollection/History.aspx
, besoek op 1 May 2010
- ↑
Clay, p. 167
- ↑
Rose, pp. 22, 208?209
- ↑
Rose, p. 42
- ↑
Rose, pp. 44?45
- ↑
Buckner, Phillip (November 1999), "The Royal Tour of 1901 and the Construction of an Imperial Identity in South Africa",
South African Historical Journal
41
: 324?348,
doi
:
10.1080/02582479908671897
- ↑
Rose, pp. 43?44
- ↑
"No. 27375"
.
The London Gazette
. 9 November 1901. p. 7289.
- ↑
Previous Princes of Wales
, Household of HRH The Prince of Wales
,
https://www.princeofwales.gov.uk/titles-and-heraldry
, besoek op 19 March 2018
- ↑
Clay, p. 244; Rose, p. 52
- ↑
Rose, p. 289
- ↑
Sinclair, p. 107
- ↑
Rose, pp. 61?66
- ↑
Rose, pp. 67?68
- ↑
Pope-Hennessy, p. 421; Rose, pp. 75?76
- ↑
Wolffe, John (2010), Brown, Callum G.; Snape, Michael F., eds.,
Secularisation in the Christian World
, Farnham, Surrey: Ashgate Publishing, pp. 63?64,
ISBN
978-0-7546-9930-9
- ↑
Rayner, Gordon (10 November 2010),
"How George V was received by the Irish in 1911"
,
The Telegraph]]
,
https://www.telegraph.co.uk/news/uknews/theroyalfamily/8121389/How-George-V-was-received-by-the-Irish-in-1911.html
- ↑
"The queen in 2011 ... the king in 1911"
,
the Irish Examiner
, 11 May 2011
,
http://www.irishexaminer.com/analysis/the-queen-in-2011-the-king-in-1911-154342.html
, besoek op 13 August 2014
- ↑
Nicolson, p. 308
- ↑
"No. 30186"
.
The London Gazette
. 17 Julie 1917. p. 7119.
- ↑
Rose, pp. 174?175
- ↑
Nicolson, p. 310
- ↑
Nicolson, p. 301; Rose, pp. 210?215; Sinclair, p. 148
- ↑
Rose, p. 210
- ↑
Clay, pp. 355?356
- ↑
Pope-Hennessy, p. 511
- ↑
Rein Taagepera (September 1997),
"Expansion and Contraction Patterns of Large Polities: Context for Russia"
,
International Studies Quarterly
41
(3): 475?504,
doi
:
10.1111/0020-8833.00053
,
http://www.escholarship.org/uc/item/3cn68807
, besoek op 28 December 2018
- ↑
"Archduke Otto von Habsburg"
,
The Daily Telegraph
(London, UK), 4 July 2011
,
https://www.telegraph.co.uk/news/obituaries/royalty-obituaries/8616240/Archduke-Otto-von-Habsburg.html
, besoek op 4 April 2018
- ↑
Rose, pp. 347?348
- ↑
Nicolson, p. 347; Rose, pp. 238?241; Sinclair, p. 114
- ↑
Mowat, p. 84
- ↑
Mowat, p. 86
- ↑
Mowat, pp. 89?93
- ↑
Mowat, pp. 106?107, 119
- ↑
Prochaska, Frank (1999), "George V and Republicanism, 1917?1919",
Twentieth Century British History
10
(1): 27?51,
doi
:
10.1093/tcbh/10.1.27
- ↑
Kirk, Neville (2005), "The Conditions of Royal Rule: Australian and British Socialist and Labour Attitudes to the Monarchy, 1901?11",
Social History
30
(1): 64?88,
doi
:
10.1080/0307102042000337297
- ↑
Nicolson, p. 419; Rose, pp. 341?342
- ↑
Rose, p. 340; Sinclair, p. 105
- ↑
57,0
57,1
Rose, pp. 373?379
- ↑
Nicolson, pp. 521?522; Owens, pp. 92?93; Rose, p. 388
- ↑
Nicolson, pp. 521?522; Rose, p. 388
- ↑
Sinclair p. 154
- ↑
Sinclair, p. 1
- ↑
Pimlott, Ben (1996),
The Queen
, John Wiley and Sons,
ISBN
978-0-471-19431-6
- ↑
Ziegler, Philip (1990),
King Edward VIII: The Official Biography
, Londen: Collins, p. 199,
ISBN
978-0-00-215741-4
- ↑
Rose, p. 392
- ↑
Windsor, pp. 118?119
- ↑
Rose, pp. 301, 344
- ↑
Ziegler, pp. 192?196
- ↑
Arthur Bigge, 1ste baron Stamfordham, aan Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone, 9 Julie 1929; aangehaal in Nicolson p. 433 en Rose, p. 359
- ↑
Pope-Hennessy, p. 546; Rose, pp. 359?360
- ↑
Bradford, Sarah (1989),
King George VI
, London, UK: Weidenfeld and Nicolson, p. 149,
ISBN
978-0-297-79667-1
- ↑
Pope-Hennessy, p. 558
- ↑
The Times
(Londen), 21 Januarie 1936, p. 12, col. A
- ↑
Rose, p. 402
- ↑
Lelyveld, Joseph (28 November 1986),
"1936 Secret is out: Doctor sped George V's death"
,
The New York Times
: A1, A3,
PMID
11646481
,
https://www.nytimes.com/1986/11/28/world/1936-secret-is-out-doctor-sped-george-v-s-death.html
, besoek op 18 September 2016
- ↑
75,0
75,1
Watson, Francis (1986), "The death of George V",
History Today
36
: 21?30,
PMID
11645856
- ↑
76,0
76,1
Ramsay, J.H.R. (28 May 1994),
"A king, a doctor, and a convenient death"
,
British Medical Journal
308
(6941): 1445,
doi
:
10.1136/bmj.308.6941.1445
,
PMID
11644545
(inskrywing nodig)
- ↑
Matson, John (1 Januarie 2012).
Sandringham Days: The Domestic Life of the Royal Family in Norfolk,1862?1952
. The History Press.
ISBN
9780752483115
.
- ↑
"Doctor murdered Britain's George V"
,
Observer-Reporter
, 28 November 1986
,
https://news.google.com/newspapers?nid=2519&dat=19861128&id=bkZiAAAAIBAJ&pg=2197,3764364
, besoek op 18 September 2016
- ↑
Rose, pp. 404?405
- ↑
"No. 34350"
.
The London Gazette
. 15 Desember 1936. p. 8117.
- ↑
Rose, p. 318
- ↑
Bv. Harold Nicolson se dagboek, soos aangehaal deur Sinclair, p. 107;
Best, Nicholas (1995),
The Kings and Queens of England
, Londen, VK: Weidenfeld & Nicolson, p. 83,
ISBN
0-297-83487-8
;
Lacey, Robert (2002),
Royal
, Londen, VK: Little, Brown, p. 54,
ISBN
0-316-85940-0
- ↑
Pierce, Andrew (4 August 2009),
"Buckingham Palace is unlikely shrine to the history of jazz"
,
The Telegraph
(Londen)
,
https://www.telegraph.co.uk/culture/music/rockandjazzmusic/5967347/Buckingham-Palace-is-unlikely-shrine-to-the-history-of-jazz.html
, besoek op 11 February 2012
- ↑
Clay, p. 245; Gore, p. 293; Nicolson, pp. 33, 141, 510, 517
- ↑
Harrison, Brian (1996),
The Transformation of British Politics, 1860?1995
, pp. 320, 337
- ↑
Gore, pp. x, 116
- ↑
Cannadine, David (1998),
History in our Time
, p. 3
- ↑
Harrison, p. 332;
"The King of England: George V",
Fortune
: 33, 1936
- ↑
Rose, p. 328
- ↑
Harrison, pp. 51, 327
- Clay, Catrine (2006),
King, Kaiser, Tsar: Three Royal Cousins Who Led the World to War
, Londen: John Murray,
ISBN
978-0-7195-6537-3
- Gore, John (1941),
King George V: a personal memoir
,
https://archive.org/details/kinggeorgevperso0000gore
- Matthew, H.C.G. (September 2004; aanlyn uitgawe Mei 2009)
"George V (1865?1936)"
,
Oxford Dictionary of National Biography
, Oxford University Press, doi:
10.1093/ref:odnb/33369
, Besoek op 1 Mei 2010 (inskrywing nodig)
- Mowat, Charles Loch (1955),
Britain Between The Wars 1918?1940
, London: Methuen
,
https://archive.org/details/britainbetweenwa00mowa
- Nicolson, Sir Harold (1952),
King George the Fifth: His Life and Reign
, Londen: Constable and Co
- Owens, Edward (2019), "2: 'A man we understand': King George V's radio broadcasts",
The Family Firm: monarchy, mass media and the British public, 1932?53
, pp. 91?132,
ISBN
9781909646940
- Pope-Hennessy, James (1959),
Queen Mary
, Londen: George Allen and Unwin, Ltd
- Rose, Kenneth (1983),
King George V
, Londen: Weidenfeld and Nicolson,
ISBN
978-0-297-78245-2
- Sinclair, David (1988),
Two Georges: The Making of the Modern Monarchy
, Londen: Hodder and Stoughton,
ISBN
978-0-340-33240-5
- Vickers, Hugo (2018),
The Quest for Queen Mary
, Londen: Zuleika
- Windsor, HRH The Duke of (1951),
A King's Story
, Londen: Cassell and Co
- Cannadine, David (2014),
George V: The Unexpected King
- Mort, Frank (2019),
"Safe for Democracy: Constitutional Politics, Popular Spectacle, and the British Monarchy 1910?1914"
,
Journal of British Studies
58
(1): 109?141,
doi
:
10.1017/jbr.2018.176
,
https://www.research.manchester.ac.uk/portal/en/publications/safe-for-democracy(05a94f6d-bafb-42e8-9668-0a6a64eb19a4).html
- Ridley, Jane (2022),
George V: Never a Dull Moment
? uittreksel
- Somervell, D.C. (1936),
The Reign of King George V
,
https://archive.org/details/in.ernet.dli.2015.176466
wye politieke, sosiale en ekonomiese dekking, 1910-'35
- Spender, John A. (1935), "British Foreign Policy in the Reign of HM King George V",
International Affairs
14
(4): 455?479