in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bhoetan
(
Dzongkha
: ??????????,
Druk Yul
), amptelik die
Koninkryk Bhoetan
(??????????????,
Druk Gyal Khap
), is 'n
landingeslote land
in
Suid-Asie
. Dit is landgebonde tussen die
Volksrepubliek China
in die noorde en
Indie
in die suide, met die
Himalaja
in die weste en word deur die Indiese deelstaat
Sikkim
van
Nepal
geskei. Die land is 'n demokratiese
grondwetlike monargie
, nadat die vorige koning, Jigme Singye Wangchuck, in 2005 bekend gemaak het dat die land van 'n
absolute monargie
gaan oorskakel. Die eerste verkiesing is in 2008 gehou.
[9]
Bhoetan beslaan 'n oppervlakte van 38 394 km² en het 'n bevolking van 727 145 in 2022 gehad.
Bhoetan is na 'n
burgeroorlog
in die 19de eeu onder die
Wangchuck-dinastie
verenig en het politieke bande met die
Britse Ryk
gevestig. Bhoetan is nooit deur
Brits-Indie
beheer nie en het as 'n bufferstaat tussen die Britse besetting in die suide en die
Chinese Keiserryk
in die noorde gedien, saam met die onafhanklike Himalaja-koninkryke Sikkim en Nepal verder wes. Die land se
hoofstad
en grootste stad is
Thimphu
. In 1988 is Dzongkha as amptelike landstaal verklaar. Die grootste persentasie van die bevolking is
Boeddhiste
met ongeveer 25%
Hindoes
.
Bhoetan beskik oor vrugbare valleie en grasvlaktes. Die
klimaat
in die suide is tropies terwyl die noorde bergagtig en koud is. Die meeste inwoners van die land boer met
beeste
of
jakke
(
Engels
:
yaks
). Die land is van
landbou
, bosbou,
toerisme
afhanklik en die verkoop
hidroelektriese
krag aan Indie.
Bhoetan is ook bekend vir die ontwikkeling van die konsep
bruto nasionale geluk
(BNG).
[10]
Boogskiet
word as die land se nasionale
sportsoort
beskou,
[11]
[12]
terwyl
krieket
in onlangse jare ook sterk groei ervaar het, veral weens die gewildheid daarvan op die
Indiese subkontinent
.
- ↑
(
en
)
"9th Five Year Plan (2002?2007)"
(PDF)
. Royal Government of Bhutan. 2002. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 4 Maart 2016
. Besoek op
8 Augustus
2014
.
- ↑
(
en
)
"National Portal of Bhutan"
. Department of Information Technology, Bhutan. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 22 November 2012
. Besoek op
8 Augustus
2014
.
- ↑
(
en
)
"World Population Prospects 2022"
.
Verenigde Nasies
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
(
en
)
"World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100"
.
Verenigde Nasies
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
(
en
)
"Bhutan"
. City Population
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
6,0
6,1
6,2
6,3
(
en
)
"Bhutan"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
(
en
)
"Human Development Report 2021/2022"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2021
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
(
en
)
"Gini Index ? Bhutan"
.
Wereldbank
. Besoek op
2 Februarie
2024
.
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
(
en
)
"Bhutan's Gross National Happiness Index | OPHI"
.
www.ophi.org.uk
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Januarie 2019
. Besoek op
11 November
2018
.
- ↑
(
en
)
"National Symbols"
.
Bhutan Portal8
. Regering van Bhoetan. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 November 2012
. Besoek op
21 Julie
2008
.
National Game: The national sport of Bhutan is archery.
- ↑
(
en
)
"THE NATIONAL SPORT OF BHUTAN"
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019
. Besoek op
11 November
2018
.
- Algemeen