Jigme Khesar Namgyel Wangchuck
(??????????????????????????????????,
Wylie
:
jigs med ge sar rnam rgyal dbang phyug
;
[3]
gebore
21 Februarie
1980
) is die huidige koning van Bhoetan.
Nadat sy pa,
Jigme Singye Wangchuck
, geabdikeer het, het hy op 9 Desember 2006 die troon bestyg. Hy is op
6 November
2008
gekroon ? ’n veelbelowende jaar aangesien dit die 100ste bewindsjaar van die
Huis van Wangchuck
was.
[4]
Khesar is die oudste seun van die vierde
Druk Gyalpo
[5]
en sy derde vrou, koningin
Ashi
Tshering Yangdon.
[6]
Hy het ’n jonger suster, prinses
Ashi
Dechen Yangzom, en broer, prins
Gyaltshab
Jigme Dorji, asook vier halfsusters en drie halfbroers.
[7]
Na die voltooiing van sy sekondereskoolloopbaan aan die Yangchenphug-hoerskool in Bhoetan het Khesar in
Amerika
studeer en daarna aan Magdalen-kollege aan die
Universiteit van Oxford
afstudeer.
[8]
As kroonprins was hy gewild en het hy sy pa op baie toere vergesel. Op 8 Mei 2002 het hy Bhoetan by die 27ste Algemene Vergadering van die
Verenigde Nasies
verteenwoordig en sy eerste toespraak voor die VN gehou.
[9]
In 2006, tydens ’n besoek aan
Thailand
, het hy ’n sensasie veroorsaak en ’n horde vroulike aanhangers in die land gekry.
In Desember 2005 het koning Jigme Singye Wangchuck aangekondig hy gaan abdikeer en onmiddellik verantwoordelikheid aan sy seun begin oordra.
[10]
Hy het sy abdikasie amptelik op 9 Desember 2006 aangekondig.
[11]
Khesar is op 6 November 2008 gekroon. Godsdienstige en openbare feesvierings is gehou en die antieke, kleurryke kroningseremonie in
Thimphu
is deur duisende buitelandse ampsdraers bygewoon.
[12]
[13]
Op 20 Mei 2011 het Khesar sy verlowing aan Jetsun Pema aangekondig. Hulle is op 13 Oktober van die jaar getroud
[14]
[15]
en hul eersteling is op 5 Februarie 2016 gebore. Hulle het sy geboorte op
Facebook
aangekondig.
[16]
[17]
Die jong koning het sy bewind begin deur sy land na
demokrasie
te lei. Volgens hom is dit die huidige geslag Bhoetanese se verantwoordelikheid om die sukses van demokrasie te verseker. Hy het die regering versterk in voorbereiding vir die demokratiese veranderinge van 2008. Die eerste verkose parlement het die land se grondwet op 18 Julie 2008 aanvaar.
Net die vorige jaar het hy ’n nuwe vriendskapsverdrag met
Indie
gesluit wat die ou verdrag van 1949 vervang het.
[18]
Hy het in Maart 2009 ’n veldtog geloods om lank bestaande grondkwessies op te los
[19]
en so onder meer die lewe van mense in afgelee gebiede verbeter.
[20]
Die koning le klem op opvoeding en besoek dikwels skole om daaroor te praat. Verskeie beurse om oorsee te studeer is ingestel.
Die jong koning het nog geen humanitere of politieke standpunt ingeneem oor die Bhoetanese burgers van
Nepalese
herkoms wat sy pa se regering uit die land verban het om Bhoetan se "unieke nasionale identiteit" te behou nie.
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
Dit het na bewering die meeste vlugtelinge per capita in die 1990's tot gevolg gehad.
[23]
Sowat 108 000 van die staatlose Bhoetanese bly nog in sewe vlugtelingkampe in Nepal, hoewel baie in
Westerse
lande hervestig is.
[26]
[27]
[28]