in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikipedia
is 'n veeltalige, webgebaseerde
ensiklopedie
met gratis inhoud wat deur enigiemand gewysig kan word. Die naam is saamgestel uit die
Hawaise
woord
wiki
("vinnig") en "ensiklopedie". Dit is 'n samewerkingsprojek wat deur duisende gebruikers gewysig en in stand gehou word. Dit word gedoen deur middel van
wiki
-sagteware, en die gasheerdiens en ondersteuning word gebied deur die nie-winsgewende Wikimediastigting. Alhoewel Wikipedia beoog om tipiese ensiklopediese inligting te bevat, sluit die Wikipediabladsye ook inligting in wat 'n mens in spesialistydskrifte, geografiese woordeboekindekse en ander spesialiteitstydskrifte sou verwag. Boonop verskaf Wikipedia dekking van huidige gebeure.
Oorsig
Die Wikipedia-projek het drie kenmerkende eienskappe:
- Dit is primer 'n ensiklopedie, of het ten doel om een te word.
- Dis 'n wiki omdat dit deur enige persoon gewysig kan word (buiten 'n geblokkeerde gebruiker). Dit sluit beskermde bladsye uit.
- Dit bevat
oopbroninhoud
en gebruik die kopieregvrye
GNU/FDL-lisensie
.
As jy nuut is hier, en graag 'n Wikipedia-bydraer wil word, sien gerus "
Welkom nuwelinge
".