in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Shane Warne
|
|
Volle naam
|
Shane Keith Warne
|
Lengte
|
1,83 m
|
Kolfstyl
|
Regshandig
|
Boulstyl
|
Regterarm draaibouler
|
Rol
|
Bouler
|
Internasionale geskiedenis
|
Nasionale span
|
Australie
|
Toetsdebuut
|
2 Januarie 1992 v
Indie
|
Laaste Toets
|
2 Januarie 2007 v
Engeland
|
EDI debuut
|
24 Maart 1993 v
Nieu-Seeland
|
Laaste EDI
|
10 Januarie 2005
Wereld XI
v
Asie XI
|
Eersterangse spaninligting
|
Jaar(e)
|
Span
|
1990/91?2006/07
|
Victoria
|
2000?2007
|
Hampshire Graafskap Krieketklub
|
2008?2012
|
Rajasthan Royals
|
2011/12?2012/13
|
Melbourne Stars
|
Loopbaanstatistiek
|
Kompetisie
|
Toetse
|
EDI
|
1e rang
|
Wedstryde
|
145
|
194
|
301
|
Lopies aangeteken
|
3,154
|
1,018
|
6,919
|
Kolfgemiddeld
|
17.32
|
13.05
|
19.43
|
100s/50s
|
0/12
|
0/1
|
2/26
|
Hoogste telling
|
99
|
55
|
107 *
|
Aflewerings geboul
|
40,705
|
10,642
|
74,830
|
Paaltjies
|
708
|
293
|
1,319
|
Boulgemiddeld
|
25.41
|
25.73
|
26.11
|
5 paaltjies in 'n kolfbeurt
|
37
|
1
|
69
|
10 paaltjies in 'n wedstryd
|
10
|
0
|
12
|
Beste boulontleding
|
8/71
|
5/33
|
8/71
|
Vangskote/Stonkings
|
125/?
|
80/?
|
264/?
|
Bron:
ESPNcricinfo
, 29 Maart 2008
|
Shane Keith Warne
(
13 September
1969
?
4 Maart
2022
) was 'n Australiese
krieketspeler
. Hy was 'n regterarm draaibouler en word wyd beskou as een van die grootste boulers in krieketgeskiedenis.
[1]
In 2008 is hy deur 'n paneel van krieketkenners as een van vyf van
Wisden se Krieketspelers van die Eeu
aangewys, die enigste spesialis bouler en die enigste speler wat ten tyde van die aanwysing steeds gespeel het. Hy het onder meer tydens die
Krieketwereldbeker 1996
,
Krieketwereldbeker 1999
,
Kampioenetrofee 2002
en
Krieketwereldbeker 2003
vir
Australie
gespeel.
Warne het sy eerste
Toetswedstryd
in 1992 gespeel en meer as 1 000 paaltjies in toetse en
Internasionale eendagwedstryde
(EDI's) geneem.
[2]
Warne se 708 toetspaaltjies was tot 2007 die rekord vir die meeste paaltjies wat deur enige bouler in toetskrieket geneem is.
[3]
Hy is as een van die Wisden Krieketspelers van die Jaar gekies in die 1994
Wisden Krieketalmanak
,
[4]
en was die
Wisden Voorste Krieketspeler in die Wereld
in 1997 en 2004.
[5]
[6]
Hy was 'n nuttige stertkolwer en het meer as 3 000 toetslopies aangeteken, met 'n hoogste telling van 99 ? en is steeds die kolwer wat die meeste lopies behaal het sonder 'n toetshonderdtal agter sy naam.
[7]
Warne het plaaslike krieket vir sy tuisstaat van
Victoria
en Engelse plaaslike krieket vir die Hampshire Graafskap gespeel. Hy was vir drie seisoene (vanaf 2005 tot 2007) kaptein van die span.
Warne het in Januarie 2007, aan die einde van Australie se
Reeks om die As
reeksoorwinning oor Engeland uitgetree. Sy loopbaan het egter ook 'n reeks skandale opgelewer, insluitende 'n verbod op die speel van krieket na aanleiding van 'n positiewe toetsuitslag vir 'n verbode middel, aanklagte dat hy die sport in oneer gebring het, deurdat hy geld aanvaar het van beroepswedders, en seksuele wangedrag.
In 2007 is Warne as deel van Australie se beste EDI-span van alle tye gekies. Hy het in die eerste vier seisoene (2008?2011) van die Indiese Premierliga vir die Rajastan Royals gespeel, beide as kaptein en afrigter, en die kompetisie in 2008 gewen. Tydens die 150ste herdenking van die
Wisden Cricketers' Almanack
is Warne as deel van 'n "all-time Test World XI" gekies.
[8]
In 2012 is hy ook in die "Cricket Hall of Fame" ingelyf deur
Krieket Australie
.
[9]
In 2013 is Warne in die
IKR
se "Cricket Hall of Fame" ingelyf.
[10]
Tydens 'n peiling deur die
Cricketers' Almanack
in 2017 is hy as deel van Australie se beste elftal vir die "Reeks om die As" van die laaste 40 jaar gekies.
[11]
In Februarie 2018 het die Rajasthan Royals Warne as hul spanmentor aangestel vir die 2018-seisoen van die Indiese Premierliga.
[12]
Na sy uittrede het hy gereeld as krieketkommentator gewerk, vernaam op Australie se Nine Network. Hy het sy tyd gegee aan liefdadigheidsorganisasies en ook kommersiele produkte bemark. Ter erkenning van sy bemeestering van die kuns van draaiboul en sy vaardighede is 'n standbeeld van hom by die
Melbourne-krieketveld
opgerig.
- Warne, Shane (2006).
My Illustrated Career
. Cassell Illustrated.
ISBN
1-84403-543-3
.
- Shane Warne's Century ? My Top 100 Cricketers
by Shane Warne (Mainstream Publishing, 2008) ISBN
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Shane Warne
.
|
Toekennings en prestasies
|
Voorafgegaan deur
Ricky Ponting
|
Wisden se Voorste Krieketspeler in die Wereld
2005
|
Opgevolg deur
Andrew Flintoff
|
Voorafgegaan deur
Roger Federer
|
BBC Sportpersoonlikheid Wereldsportster van die Jaar
2005
|
Opgevolg deur
Roger Federer
|
Sportposisies
|
Voorafgegaan deur
John Crawley
|
Hampshire Graafskap Krieketklub kapteine
2004?2007
|
Opgevolg deur
Dimitri Mascarenhas
|
Rekords
|
Voorafgegaan deur
Muttiah Muralitharan
|
Meeste paaltjies in toetskrieketloopbaan
708 paaltjies (25.41) in 141 Toetse
Rekord is gehou vanaf 15 Oktober 2004 tot 3 Desember 2007
|
Opgevolg deur
Muttiah Muralitharan
|