in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dom Pedro
, Keiser van Brasilie (Pedro I) en Koning van
Portugal
(Pedro IV) (
12 Oktober
1789
tot
24 September
1834
) het
Brasilie
onafhanklik verklaar en die Brasiliaanse Keiserryk gestig.
Dom Pedro is in die Queluz paleis naby
Lissabon
gebore as
Pedro de Alcantara Francisco Antonio Joao Carlos Xavier de Paula Miguel Rafael Joaquim Jose Gonzaga Pascoal Cipriano Serafim de Braganca e Bourbo
. Hy was die tweede seun van die koninklike egpaar. Toe sy ouer broer Antonio Francisco in 1801 sterf, ontvang Dom Pedro die titel prins van Beira en word die tweede in lyn van die Portugese kroon.
In 1807 vlug die koninklike familie uit Lissabon en arriveer in Brasilie in 1808 waar hulle vir die volgende 13 jaar sou bly. Hul teenwoordigheid het bygedra dat
Rio de Janeiro
die
de facto
hoofstad van die Portugese koninkryk geword het. Met die dood van Koningin Maria I word Dom Pedro se vader gekroon as
Koning John VI
. Dom Pedro ontvang die titel Prins van Brasilie en Hertog van Braganza. Op 5 November 1817 trou hy met Groothertoging Maria Leopoldina van
Oostenryk
.
Brasiliaanse Onafhanklikheid
[
wysig
|
wysig bron
]
Toe Koning Johannes VI terug na Portugal vertrek het, het hy van die voorregte ontneem. Dom Pedro het in Brasilie agtergebly en op 7 September 1820 op die oewer van die Ipiranga rivier sy swaard uitgetrek en onafhanklikheid van Portugal verklaar. Op
12 Oktober
is hy as Keiser van Brasilie verklaar en op die eerste Desember as Keiser gekroon.
Dom Pedro I het die titel keiser in plaas van koning gekies om die verskeidenheid van die Brasiliaanse kultuur te beklemtoon asook die feit dat
Napoleon
die term keiserryk beklemtoon het as 'n moderne idee. Met die dood van sy vader Koning Johannes VI op
10 Maart
1826
, proklameer Dom Pedro homself as Koning Pedro IV van Portugal maar moes ten gunste van sy dogter Maria II, toe sewe jaar oud, abdikeer.
Op
17 Oktober
1829
trou hy met sy tweede vrou prinses Amelie de Beauharnais von Leuchtenberg.
Te midde van 'n ekonomies- en politieke krisis abdikeer Dom Pedro ten gunste van sy seun
Dom Pedro II
op
7 April
1831
(wat 5 jaar oud was). Hy gebruik toe weer sy ou titel as Hertog van Braganza.
Dom Pedro sterf later op die ouderdom van 36 in die stad van sy geboorte aan tuberkulose.
- Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel
Pedro I of Brazil
.
- Fausto, Boris. A Concise History of Brazil. Vertaal deur Arthur Brakel. New York: Cambridge University Press, 1999.
- Manchester Alan K. The Paradoxical Pedro, First Emperor of Brazil. The Hispanic American Historical Review, Vol. 12, No. 2. (May, 1932), pp. 176-197.