in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
More
was die
Moslem
-inwoners wat in die
Middeleeue
op die
Iberiese Skiereiland
(
Spanje
en
Portugal
),
Sisilie
, dele van Suid-
Frankryk
en
Noord-Afrika
gewoon het. In Europa word die woord dikwels gebruik om na mense wie se voorvaders van Noord-Afrika was te verwys.
Die More kom oorspronklik van Noord-Afrika en was aanvanklik hoofsaaklik van
Berberse
afkoms. Hulle het oor die jare na die gebiede wat vandag as
Spanje
en
Portugal
bekend is gestroom en 'n groot invloed op die lande se kultuur gehad.
In die jaar 711 het die More Spanje onder leiding van Tariq ibn Zijad binnegeval. In die dekades daarna het hulle die hele Spanje en die suidelike dele van Portugal verower. Die More het die gebied Al-Andalus (ook bekend as Moslem-Spanje of Islamitiese Iberie) genoem. Dit beteken land van die
Vandale
. Vanaf ongeveer 800 het die
Reconquista
begin, waartydens die More teruggedruk is. Die gebeure word jaarlikse in Spanje herdenk. Optogte word gehou om die Christene se oorwinning oor die More te vier.