in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Julie
is die sewende
maand
van die
jaar
in die
Gregoriaanse kalender
, en het 31 dae. Julie is vernoem na
Julius Caesar
; voorheen is dit
Quintilis
genoem in
Latyn
, aangesien dit die vyfde maand was in die Romeinse Kalender, wat in
Maart
begin.
As gevolg van die woord se oorsprong, is die maand tot die 18de eeu uitgespreek soos die Engelse meisienaam
Julie
.
Julie begin elke jaar op dieselfde dag van die week as April en ook soos Januarie in skrikkeljare. In die Ierse Kalender word die maand
Iuil
genoem en is dit die derde en laaste maand van die somer.