in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jeu de paume
was 'n
Franse
voorganger van
tennis
wat oorspronklik sonder rakette gespeel is. Die spelers het die bal met hulle hande geslaan soos in
palla
,
vlugbal
, of sekere weergawes van
pelota
.
Jeu de paume
beteken letterlik: spel van palm (oftewel hand). Met verloop van tyd het handskoene kaal hande vervang. Selfs toe spane en eindelaas rakette in gebruik geneem is, het die naam van die spel nie verander nie. Die spel het in Engels as "tennis" bekend geword en later as "
real tennis
" nadat die moderne sport
lawn tennis
, meer gewild as die oorspronklike spel geword het.
Die term word vandag in Frankryk gebruik om na saaltennis te verwys of na 'n baan waarin die ou of moderne spel gespeel is, of gespeel word. Die binnemuurse weergawe word soms
jeu de courte paume
of net
courte paume
(kortpalm) genoem om dit te onderskei van die buitemuurse weergawe,
longue paume
, wat op 'n groter baan gespeel word.
'n Aantal belangrike geboue in Frankryk staan bekend onder die naam
jeu de paume
, merendeels weens hulle ligging naby tennisbane of plekke waar die bane vroeer bestaan het. Verskeie kunswerke dra ook die naam, insluitend die
serment du jeu de paume
('die
Eed op die Kaatsbaan
') in die
Paleis van Versailles
. Dit beeld die formele aankondiging van die
Franse Rewolusie
uit wat op
20 Junie
1789
in die
Salle du Jeu de paume
afgele is.
'n Kunsmuseum met roterende uitstallings, die
Galerie nationale du Jeu de Paume
, dra ook nie naam. Dit is gelee aan die noordekant van die
Tuileriespark
in die middel van
Parys
.
Verskeie sportsoorte se oorsprong kan teruggespoor word na die ou Franse spel.
Handspele:
Raketspele
Olimpiese somersporte
|
---|
Somerspele
| | |
---|
Voormalige Olimpiese sporte
| |
---|