Pelote
(
Spaans
:
pelota
,
Baskies
en
Katalaans
:
pilota
,
Frans
:
pelote
van die
Latyns
:
pila
) is die naam wat gebruik word vir 'n aantal sportsoorte wat met 'n bal gespeel word met 'n mens se hand, 'n raket, 'n hout spaan (
pala
), of 'n mandjie (propulsor), teen 'n muur (
fronton
in Spaans,
frontoi
in Baskies,
fronto
in Katalaans) of, meer tradisioneel, met twee spanne teenoor mekaar geskei deur 'n lyn op die grond of deur 'n net. Die oorsprong van die spele kan teruggespoor word na Griekse
[1]
en ander antieke kulture, maar in Europa is hulle almal van die voorganger van
tennis
,
Jeu de paume
, afkomstig. Vandag word Baskiese Pelote in verskeie lande gespeel insluitend
Frankryk
en
Spanje
, veral in die
Baskeland
en omliggende gebiede.
In
Valencia
word Valensiese pilote beskou as 'n nasionale sport. Pelote of soortgelyke spele word ook in
Belgie
, die Noorde van
Italie
,
Meksiko
,
Argentinie
en sommige state in die
Verenigde State
, soos
Florida
, as ook in landelike dele van
Ierland
as Gaeliese handbal gespeel.
Sedert die stigting van die Internasionale Federasie van Baskiese Pelota (FIPV van die Spaanse en Franse name:
Federacion Internacional de Pelota Vasca
en
Federation Internationale de Pelote Basque
) het die liggaam die verskillende weergawes van die spel gestandaardiseer tot 'n paar eenvoudiger weergawes met vasgestelde bal gewigte, reels en baan groottes.
Ontstaan in die Baskeland
[
wysig
|
wysig bron
]
Oor die geskiedenis heen het talle beskawings verskeie soorte pelote-agtige spele beoefen. Verskeie materiale soos groentes, toue en lappe, velle en rubber is gebruik om 'n bal te maak. Pelote is dus 'n universele spel. Die mees gereguleerde vorms het in
Suid-Amerika
, die Middeooste en
Wes-Europa
ontstaan. In Frankryk sou veral Jeu de paume baie gewild word. Baskiese pelote en tennis is direkte afstammelinge van die spele.
[1]
Die uitbreiding van die
Romeinse Ryk
het "pila" na die
Franse
grondgebied gebring. Dit sou later tot Jeu de paume ontwikkel, wat weer na die
Verenigde Koninkryk
versprei het as
Saaltennis
waaruit
lawn tennis
later ontwikkel het. Van die
12de eeu
af is daar geleidelik al hoe meer dokumente wat die uitbreiding van die pelote en verwante spele beskryf. In die
Middeleeue
het die
courtiers
, adelikes en konings beskik oor sogenaamde "trinquetes". In die
13de-
en
14de eeue
het die "paume' spel oor die hele Frankryk versprei. Hoewel daar minder oor die geskiedenis van die spel in
Spanje
bekend is, is daar wel verwysings daarna deur Quevedo, Cervantes, Calderon de la barca, Zabaleta en in
Francisco Goya
se
1779
skildery "Juego de pelota a pala" word 'n pala (spaan) spel deur 'n groep courtesans uitgebeeld.
[1]
In die
Baskeland
het unieke vorms van die ou spel behou gebly. Die spel is plaaslik aangepas volgens die beskikbare speelplekke en materiale wat tot 'n wye verskeidenheid van vorms gelei het. In die
17de eeu
was die gewildste vorm van pelote die "lang spel" wat met 'n handskoen of "laxoa" gespeel is. Tasbare bewyse van die beoefening van die spel kan gevind word in die skyfvormige
stela
van 1629 en 1784 wat onderskeidelik in Garruze en Banka ontdek is. In Baskiese begrafnis rituele verskaf die half-heidense half-Christelike gebruik om graverings op tablette te maak bewyse dat pelotespelers aansien in die samelewing geniet het. Die spel is in die Baskeland veral tydens jaarlikse feeste gespeel wat aanleiding gegee het tot die term "Jai Alai", wat in
Baskies
fees beteken. Die eerste binnemuurse
fronton
is in
1798
in Marquena gebou.
[1]
In die laaste dekade van die
19de eeu
het meeste van die verteenwoordigende modaliteite van die spel vastrap plek gekry: mano (hand), pala (spaan), "remonte" en "cesta-punta". Die modaliteite is na ander dele van die wereld uitgevoer. Cesta-punta is die modaliteit wat die mees universele geword het.
Die spel is aan die
Verenigde State
voorgestel in
1904
by die St. Louis World's Fair.
Baske
het vir die eerste keer in beduidende getalle na die VSA gegaan tydens die
Kaliforniese
Goudstormloop wat in
1849
begin het. Die hoogtepunt van Baskiese immigrasie na Amerika was egter van die laat 1880's tot die middel van die 1920's. Baske het na die Pasifiese Noordweste begin trek in die laat 1880's. Baskiese immigrante het hulle eie pelotebaan in die Jordanvallei in
Oregon
begin bou in
1915
en dit twee jaar later voltooi. Die baan is tot die 1930's gebruik maar dit het in die dekades daarna agteruitgegaan. Dit is Oregon se enigste pelote baan en is in
1972
tot die National Register of Historic Places gevoeg en in
1997
volledig gerestoureer. 'n Fronton arena is in
Miami
,
Florida
gebou in
1926
. Weddenskappe op
jai alai
is in
1934
gewettig. Florida, Connecticut en Rhode Island het belangrike state geword vir die spel in Amerika. Baske het ook bane in
Arizona
gebou, die staat se enigste histories beteknisvolle baan wat in Flagstaff in 1926 gebou is, is in 2004 op die Arizona Preservation Foundation se lys van bedreigde historiese eiendomme geplaas. Die 40-voet
sandsteen
mure is aan die verkrummel en die baan se vloer is oorgroei met bossies en gras.
[2]
Die eerste jai alai baan in
Meksiko
was in
Meksiko Stad
in
1928
.
Tijuana
se baan het in
1947
gevolg. Meer onlangs is bane in
1994
en
1995
in
Acapulco
en
Cancun
voltooi.
In die
20ste eeu
is die spel op professionele vlak begin speel met georganiseerde kompeties wat in
1925
begin het. Toernooie het oral opgeskiet onder die inisiatief van federatiewe en sake entiteite. Gewildheid het oor die hele eeu gestrek. Dit is egter gekenmerk deur sikliese periodes van voorspoed en agteruitgang.
Die eeu het inderwaarheid op 'n hoe noot begin met die insluiting daarvan in die
1900 Somer Olimpiese Spele
in
Parys
. Dit was later ook weer 'n demonstrasie sport in 1924, 1968, en 1992.
Alhoewel die sport hoofsaaklik in
Spanje
en
Frankryk
gespeel word, is daar ook federasies in
Argentinie
,
Belgie
,
Bolivia
,
Brasilie
,
Kanada
,
Costa Rica
,
Kuba
,
Chili
,
Dominikaanse Republiek
,
Ecuador
,
Filippyne
,
Guatemala
,
Italie
,
Meksiko
,
Paraguay
,
Peru
,
Puerto Rico
,
Uruguay
,
Verenigde State
,
Venezuela
,
Nederland
,
Indie
en
Griekeland
.
[3]
As gevolg van die oorsprong van die spel is baie van die spelers steeds
Baske
, of Baskiese boorlinge of Baskiese diaspora.
[4]
Modaliteit
|
Baan
|
Spesialiteite
|
30-meter Fronton
|
Die speelarea wat die fronton genoem word bestaan uit 'n voorste muur, linker muur, agterste muur en baan (vloer). Die fronton is 30 meter lank.
|
Frontenis (mans en vroue)
Paleta goma (mans en vroue)
|
36-meter Fronton
|
Die lengte van die fronton is 36 meter.
|
Mano (mans enkelspel en dubbelspel)
Pala corta (mans)
Paleta met 'n leer pelota (mans)
|
54-meter Fronton
|
Die lengte van die fronton is 54 meter.
|
Cesta Punta (mans)
Remonte (mans)
Pala larga (mans).
|
Trinquete
|
Die speelarea of fronton word ingesluit deur vier mure. Die fronton is 28.50 meter lank.
|
Mano (mans)
Paleta Goma (mans en vroue)
Paleta cuero (mans)
Xare (mans).
|
Baskiese pelote word gespeel op 'n twee murige baan wat in die veskilldne tale bekend staan as:
Baskies
:
frontoi
of
pilotaleku
,
Frans
:
fronton
,
Spaans
:
fronton
. Soos in die beelde gesien kan word is daar ook bane met slegs een muur, die word egter nie deur die IFBP erken nie.
Hierdie bane word baie keer 'n dorpies gebou deur die muur van 'n stadsaal of kerk vir die voorste muur te gebruik en dan nog 'n laterale muur by te bou met merke op die grond om die speeloppervlak aan te dui. Die laterale muur word altyd aan die linkerkant van die voorste muur gebou terwyl die regterkant oop gelaat word. Die gewildheid van die spel het daartoe gelei dat baie Baskiese kerke tekens aangebring het wat die speel van pelote op hulle stoepe verbied.
Die agterkant van die baan het in geslote en veral professionele bane gewoonlik ook 'n agterste muur, maar in landelike bane word die agterkant gewoonlik met slegs 'n lyn op die grond aangedui.
Die FIPV erken vier modaliteite wat bepaal word deur die tipe baan wat gebruik word met veertien amptelike spesialiteite waarvan twee deur vroue gespeel word. Die vier modaliteite is: Trinquete, 30-meter Fronton, 36-meter Fronton en 54-meter Fronton:
[5]
- Die
Trinquete
word gebruik om Paleta [spaan] met 'n rubber pelota (mans en vroue) of met 'n leer pelota, Mano [hanbal] (enkelspel of dubbelspel) en Xare (of Deel) te speel.
- Die 36-meter Fronton (ook genoem die Kort- of Linkermuur Fronton) word gebruik om Pala Corta [kort spaan], Paleta met 'n leer pelota en Mano (enkelspel of dubbelspel) te speel.
- Die 30-meter Fronton word gebruik om Frontenis (mans en vroue) en Paleta met 'n rubber pelota te speel.
- Die 54-meter Fronton (ook genoem Lang Fronton of Jai Alai) word gebruik om Cesta Punta te speel.
Die spesialiteite is as volg:
- Mano
- Handbalweergawe waarin sonder 'n instrument (raket of spaan) gespeel word. 'n Tradisionele bal, gemaak van wol om 'n harde kern en met leer bedek, word gebruik.
- Pala corta
- Word met 'n kort (51 cm) spaan en 'n rubberbal gespeel
- Pala larga
- Word met 'n lang spaan en 'n rubberbal gespeel
- Cesta Punta
of
Jai alai
- Word met 'n spesiale handskoen, wat geheg is aan 'n lang gepunte mandjie, en 'n rubberbal gespeel. Die spelers gebruik die mandjie om die bal te vang en dit terug te werp teen die hoofmuur. Die Baskiese owerheid bevorder dit as "die vinnigste spel ter wereld" met 'n rekordbalspoed van 302 km/h wat deur Jose Ramon Areitio by die Newport Jai Alai, Rhode Island, VSA op
3 Augustus
1979
aangeteken is.
[6]
- Remonte
- 'n variant van Cesta Punta met 'n korter handskoenmandjie waar die speler die bal tydelik kan behou.
- Paleta Goma
- Word met 'n kort wye spaan en 'n rubberbal gespeel
- Paleta cuero
- Word met 'n kort wye spaan en 'n leerbal gespeel
- Xare
- Gebruik 'n primitiewe sagte raket. Sare of xare beteken web in Baskies.
- Frontenis
-Word met tennisrakette en 'n rubberbal gespeel
In die algemeen is speleruniforms wit. Spelers se hemde of polohemde is wit of rooi en moet altyd 'n kraag he. Broek, romp, culotte of Bermudabroek vir vroue moet wit wees. Tennisskoene wat oorwegend wit is word saam met wit kouse gedra. Spanne dra of 'n rooi of blou gerriko (gordel) om hulle van mekaar te onderskei. In alle spesialiteite waar met 'n instrument (spaan of raket) en 'n leer pelota gespeel word moet alle spelers 'n wit beskermende helm dra. In die Paleta Goma, Paleta cuero, Frontenis en Xare spesialiteite moet alle voorbaan- en agterbaanspelers oogbeskerming dra.
- ↑
1,0
1,1
1,2
1,3
The International Federation of Basque Pelota
,
From Greece to the rest of the world
Geargiveer
7 Augustus 2007 op
Wayback Machine
, Besoek op 14 Oktober 2007
- ↑
Preservation Online
Geargiveer
22 Augustus 2006 op
Wayback Machine
,
What the Basques Left In the American West, Traces of the Spanish Culture Are Disappearing
, Besoek op 14 Oktober 2007
- ↑
International Federation of Basque Pilote
,
Federations
Geargiveer
30 Junie 2009 op
Wayback Machine
, Besoek op 14 Oktober 2007
- ↑
Pelota vasca (campeonatos)
at Aunamendi Encyclopedia
- ↑
The International Federation of Basque Pelota
,
Playing areas
Geargiveer
15 Julie 2007 op
Wayback Machine
, Besoek op 14 Oktober 2007
- ↑
Libro de los records Guinness
, page 320, 1986 Spanish edition, Ediciones Maeva,
ISBN 84-86478-00-6
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Pelota
.
|
Olimpiese somersporte
|
---|
Somerspele
| | |
---|
Voormalige Olimpiese sporte
| |
---|