Herakleios
(
Latyn
:
Flavius Heraclius Augustus
,
Grieks
:
Φλ?βιο? ?ρ?κλειο?
; omstreeks 575 ? 11 Februarie 641) was van 610 tot 641 keiser van die
Bisantynse Ryk
. Hy het onder meer Grieks as die amptelike taal aanvaar. Hy het in 608 bekend geword nadat hy en sy pa, Herakleios die Ouere, die
eksarg
van
Afrika
, ’n suksesvolle opstand teen die ongewilde keiser
Phokas
gelei het.
In 608 het Herakleios sr. en sy seun ’n opstand begin teen Phokas, wat al hoe ongewilder geword het. Hulle het munte uitgereik met hulle twee in konsulere (maar nie keiserlike) regalia. Phokas het gereageer met teregstellings, onder meer van die oudkeiserin Constantina en haar drie dogters. Nicetas. ’n neef van Herakleios sr., het ’n inval in
Egipte
gelei en Herakleios jr. het ooswaarts geseil met ’n ander mag via
Sisilie
en
Siprus
. In die daaropvolgende burgeroorlog is Phokas se general Bonosus in Egipte verslaan. Die
Perse
het die konflik uitgebuit en ’n groot deel van die oostelike provinsies ingeneem; hulle het selfs
Anatolie
begin binnedring.
Teen 610 het Herakleios jr. in die omgewing van Konstantinopel aangekom terwyl die grootste deel van die Bisantynse leer wat Phokas ondersteun het, of verslaan is of gedros het. ’n Paar vooraanstaande lede van die aristrokrasie het Herakleios tegemoet gegaan en hy het gereel dat hy tot keiser verklaar word. Hy het Konstantinopel sonder teenstand binnegegaan en Phokas doodgemaak.
Daar was tydens Herakleios se bewind verskeie militere veldtogte. Die jaar toe hy aan die bewind gekom het, is die ryk aan verskeie fronte bedreig. Hy het dadelik werk gemaak van die lang oorlog teen die Persiese Sassaniede. In die eerste gevegte van die veldtog is Bisantium verslaan; die Persiese leer het hul pad na die
Bosporus
oopgeveg. Omdat
Konstantinopel
beskerm is deur ondeurdringbare mure, het die Bisantyne egter nie ’n algehele nederlaag gely nie. Herakleios het die weermag daarna versterk en die Perse uit
Klein-Asie
verdryf. Hy het hul gebied diep binnegedring en hulle in 627 finaal oorwin. Die Persiese koning,
Khosrau II
, is kort daarna vermoor en toe was daar vrede in die twee ryke.
Kort na hierdie oorwinning het ’n nuwe bedreiging op die Bisantynse Ryk gewag: die Moslem-inval. In 629 het die
Islamitiese
profeet
Mohammed
al die Arabiese volke van die
Arabiese Skiereiland
verenig. Die stamme was voorheen te verdeel om ’n ernstige militere bedreiging vir die Bisantyne of Perse in te hou. Die verenigde volk, aangespoor deur hul nuwe geloof, Islam, was egter nou een van die magtigste state in die streek.
[1]
Die eerste botsing tussen die Moslems en Bisantyne was in September 629. ’n Klein Moslem-mag het die provinsie Arabie aangeval, maar is afgeweer.
Die volgende jaar het die Moslems verskeie streke aangeval, tot so ver as
Gaza
.
[2]
Toe die Moslems
Sirie
en
Palestina
in 634 aanval, kon Herakleios hulle nie persoonlik teenstaan nie. Hoewel hy strategies in beheer was, het sy generaal hom in veldslae gefaal. Met die Slag van Jarmoek in 636 het die Bisantynse leer ’n groot nederlaag gely. Teen die tyd van Herakleios se dood op 11 Februarie 641 het hulle die grootste deel van
Egipte
ook verloor.
Historici glo Herakleios het baie bereik. Hy het die ryk vergroot en sy reorganisasie van die regering en weermag was baie suksesvol. Hoewel die grond wat hy gewen het in die oorlog teen die Perse weer verloor is met die inval van die Moslems, tel Herakleios steeds onder die groot Romeinse keisers.
Een van sy grootste nalatenskappe was om die amptelike taal van die ryk in 620 van Latyn na Grieks te verander. Wat godsdiens betref, was Herakleios die dryfkrag agter die bekering van mense wat na die
Balkanse Skiereiland
gemigreer het. Op sy versoek het
pous Johannes IV
(640?642) Christenonderwysers en sendelinge na
Dalmasie
gestuur waar Slawiese gode nog aanbid is. Hy het ook eenheid in die kerk probeer bewerkstellig, maar dit het misluk en hom ongewild onder kerkleiers gemaak.
Herakleios was twee keer getroud: eers met Fabia Eudokia, ’n dogter van Rogatus, en toe met sy niggie
Martina
. Hy het twee kinders by Eudokia gehad en nege by Martina. Baie van die kinders was sieklik.
Twee van Herakleios se seuns sou keiser word: Martina se seun
Heraklonas
, van 638 tot 641, en
Konstantyn III
, sy seun by Eudokia, van Februarie 641 tot Mei 641. Herakleios het minstens een buite-egtelike seun, Johannes Athalarichos, gehad en die het teen sy pa saamgesweer. Toe Herakleios daarvan uitvind, het hy Johannes se neus en hande laat afkap en hom verban.
In die laaste jare van Herakleios se bewind was daar ’n stryd tussen Konstantyn III en Martina, wat wou he haar seun Heraklonas moes keiser word. Herakleios het by sy dood die ryk aan albei seuns nagelaat om saam te regeer met Martina as regent.
Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia