in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Frekwensie
word gemeet as die aantal voortdurende herhalings van 'n handeling of gebeurtenis per eenheid tyd. Dit word ook gedefinieer as die mate van verandering in fase van 'n sinusvormige golfvorm.
Die frekwensie van 'n gebeurtenis word bepaal deur die aantal voorkomste van die gebeurtenis te tel binne 'n bepaalde tydperk en dan dit te deel deur die tydsduur.
Dit kan ook bepaal word deur die tydsduur van 'n bepaalde hoeveelheid gebeurtenisse te neem. Net soos voorheen word die aantal gebeurtenisse gedeel deur die tydsduur om die frekwensie te bereken.
Die
SI
-eenheid van frekwensie is
hertz (Hz)
. Dit is vernoem na die Duitse fisikus
Heinrich Rudolf Hertz
. 1 Hz beteken dat die gebeurtenis een keer per
sekonde
herhaal, 2 Hz beteken dat die gebeurtenis twee keer per sekonde herhaal. Ander eenhede wat gebruik word om frekwensie te meet sluit revolusies per minuut (rpm) in. Hartklop en musiektempo word in polsslae per minuut gemeet. Soms word hoekfrekwensie eerder gebruik. Dit word in radiale per sekonde (rad/s) gemeet.
'n Alternatiewe metode om frekwensie te bereken is om die tydsduur tussen twee opeenvolgende gebeurtenisse te meet (die periode) en dan die frekwensie te bereken as die omgekeerde van die tyd:
waar
- T
die
periode
is en
- f
die frekwensie is.
Die is akkurater om 'n aantal periodes te neem en die gemiddeld te bereken.
Frekwensie het 'n omgekeerd eweredige verhouding met
golflengte
. Die frekwensie van 'n golf is gelyk aan die spoed van die golf gedeel deur die golflengte van die golf.
waar
- v
die spoed van die golf is,
- die golflengte van die golf is en
- f
die frekwensie van die golf is.
In die spesiale geval waar elektromagnetiese golwe in 'n
vakuum
beweeg word die spoed van die golf
v
met die
spoed van lig
in 'n vakuum
c
vervang. Dus word die frekwensie bereken as:
waar
- c
die spoed van lig in 'n vakuum is,
- die golflengte van die golf is en
- f
die frekwensie van die golf is.
Wanneer 'n golf van een medium na 'n ander beweeg bly die frekwensie konstant, maar die golflengte en spoed van die golf verander.